SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Allerlei vrae na ASV-vergadering

deur Heindrich Wyngaard

Gedink dit is slim toe ek dit gesê het: dat die ASV se grootste struikelblok die afwesigheid van gevestigde wit skrywers is. Maar toe kom ons by die jaarvergadering en Elias Nel, ontwikkelingskoördineerder, se verslag wys dat die groot probleem eintlik die (vorige) bestuur se gebrek aan visie en ’n werksplan was.
    Tog is die afwesigheid tot ’n groot mate steeds daar. Die byna skandelike afwesigheid, het ek dit in Julie verlede jaar in ’n artikel vir Boekewêreld genoem, en verduidelik: skandelik omdat dit die wit skrywers is wat voordeel getrek het uit die dinge van die verlede. Ons mag dit nooit vergeet nie. En hulle wéét dit, net so goed soos ons, wat nie wit is nie, dit weet.
    Dis ook ’n feit, het Gabriël Botma in 1995 ná die stigtingsvergadering in Die Burger gewaarsku, “dat baie bruin ‘verontregtes’ die apatie aan blanke kant ... as net nóg ’n klap in die gesig deur die ‘witbroodjies van die establishment’ sal sien.”
    Só kom ek toe by die slotsom dat daar dus nou ’n spesiale verantwoordelikheid op die skouers van die gevestigde wit skrywers rus om die ASV te help met sy spesiale doel. Dié doel is om die “agtergelate” deel van die Afrikaanse skryfgemeenskap te bemagtig.
    En wat meer is, is dat die vereniging ’n tuiste probeer wees vir álle Afrikaanse skrywers, dié wat lig van kleur is én dié wat donker van kleur is — en nie net ’n tuiste vir hoofsaaklik wit skrywers soos die Afrikaanse Skrywersgilde was nie.
    Annarí van der Merwe, bestuurder van Kwela Boeke, het dit só gestel op die eerste “verkenningsvergadering” wat die ASV se stigting voorafgegaan het: “Dit gaan oor bemagtiging en nie oor afskeiding nie.”
    Maar nou lyk dit of met die ASV gebeur het wat met soveel plattelandse rugbyklubs gebeur het ná eenwording in dié sport: die wit spelers en amptenare het stuk-stuk begin verdwyn, en die bruines moet spook om die vuur aan die brand te hou.
    Tussen hakies: die noem van die Gilde se naam laat ’n mens nou onwillekeurig wonder of dit ooit heeltemal ontbind is — en of dit nie dalk in ’n soort Broederbonderige vorm bly voortbestaan nie ... Ek hoor mense uitroep: Ag, moenie belaglik wees nie (en miskien is dit), maar ek onthou hoe lekker ons by die stigtingsvergadering gelag het toe oorle’ Klaas Steytler, een van die gevestigde skrywers wat van die begin af ’n vriend van die ASV was, gepraat het van die Gilde wat “op sterwe lê”. Ek sien ook hoe opgewonde ons was toe Charles Malan, Gilde-voorsitter, in sy boodskap van ondersteuning sê: “Dit wil voorkom asof die nuwe, meer verteenwoordigende Afrikaanse skrywersorganisasie vir die meeste Gilde-lede aanvaarbaar sal wees. Indien wel, sal die Gilde in die geheel in die nuwe organisasie opgaan en sy bates daaraan oorgedra word.”
    Moenie vra wat van die Gilde se “ter aarde bestelling” of sy bates geword het nie ...
    Maar dít sommer net so terloops, want waarmee ons eintlik hier besig behoort te wees, is ’n agternabesinning oor die ASV se jaarvergadering wat in Junie by die Universiteit van Wes-Kaapland gehou is.
    Dit was ’n Saterdag en dit was koel in die oggend, maar op die ou end het dit ’n mooi dag uitgedraai. En ook ’n mooi vergadering: minstens dertig, maar amper veertig mense het dit bygewoon — en let wel: dié teenwoordig het mense soos Wium van Zyl en Braam de Vries en Prevot van der Merwe en Marzanne le Roux-van der Boon en Rita Swanepoel en Johnita le Roux en Danie Botha van Tafelberg-Uitgewers ingesluit.
    ’n Saterdagoggend, het ek gesê, wanneer daar baie ander dinge is om te doen, selfs baie beter dinge — beter, in elk geval, as om te kom luister na ’n bestuur wat die (toe nog) ASV-voorsitter, Willem Fransman, die skuld gee dat nie veel in hul termyn uitgerig kon word nie, hoofsaaklik weens sy afwesigheid; en Fransman, op sy beurt, het verwys na “persoonlike geskille” en hoe hy nie dié sou toelaat om sy gesondheid te bederf nie.
    Dit is hoekom hy besluit het om sy “energie te onttrek”; en hoekom hy as ’t ware “op ’n staking gegaan het”. Maar hier was hy, op dié oggend, om die jaarvergadering toe te spreek “as die nasionale voorsitter van die ASV”; en dié teenwoordig het mooi na hom geluister, en sommige het net hul kop geskud.
    En só kom die vergadering toe by die spesiale bespreking om oor die vereniging se pad vorentoe te besin; die bespreking wat sy begin gehad het by die Boekewêreld-artikel waarna verwys is, en waarin ook onder meer gevra is of dit ’n wyse besluit was om die vereniging te stig as ’n tuiste vir álle skrywers, en of dit nie maar net ’n organisasie moes wees vir dié wat “agtergelaat” is nie.
    Maar dit het gou — veral ná Nel se verslag — tot ’n mens deurgedring dat dit net ’n (klein?) deel van die probleem is; dat die (werklike?) probleem eerder die mense is wat voor in die skrum moet sak, dit wil sê die bestuur.
    En ek (as skrywer van daai artikel en die een wat die bespreking moes inlei, self nie sonder skuld nie) stel dit so aan die vergadering. Ek sê ons (en dit sluit die onskuldiges uit) is gou om ja te sê vir bestuursposte wanneer daar verkiesing gehou word. Maar dan, wanneer die werk moet begin, en die koerantfoto’s is geneem en sommige was op RSG en Punt Geselsradio en dalk ook op Pasella of Kaap om Ses, dan wonder ’n mens wat verkeerd geloop het.

Wyngaard is bestuurslid van die ASV, maar skryf in sy persoonlike hoedanigheid. Die res van die bestuur is: Elias Nel (voorsitter), Valda Jansen (ondervoorsitter), Marzanne le-Roux van der Boon, Willem Fransman, Wium van Zyl, Diana Ferrus en Leonard Koza.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.