SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Foto: INSIG
  Antjie Krog
Antjie Krog is ’n bekroonde digter, skrywer en joernalis. Haar jongste boek, A Change of Tongue, het pas verskyn by Random House SA.

Non-racialism in Afrikaans

Antjie Krog

(Hierdie toespraak maak deel uit van die Jakes Gerwel-Gesprekkereeks wat plaasgevind het tydens die pas afgelope Die Burger-Suidoosterfees by die Skiereiland Technikon (Pentech) te Bellville.)


Sedert 1994 is Afrikaans ’n werklik veelrassige taal. Alle groeperinge wat Afrikaans praat is hartlik welkom, word getel as Afrikaanssprekendes, Afrikaanses, as die rede waarom Afrikaans nie ’n uitsluitlik wit taal of die taal van die Boere is nie.

En dit is nie sommer niks nie. Dis nie verniet dat die kinders van ‘76 uitgelash het na Afrikaans nie. Daar was honderde ander teikens van apartheid en onderdrukking rondom hulle, maar hulle het instinktief aangevoel: as jy Afrikaans aanval, steek jy die Afrikaner in sy hart.

Die feit dat Afrikaners hulle eksklusiewe kopiereg prysgegee het, om watter redes ook al, is dus vooruitgang. Dat Afrikaans nou ’n veelrassige taal is en daar voortdurende pogings is om van Griekwa en Nama tot Kaaps en kid Afrikaans te hanteer, is ’n erkenning dat verskillende groepe reg het op Afrikaans.

Wat Afrikaans egter nog nie is nie, is non-racial. Kom ek wys net so ’n paar klein billboardjies uit langs die Afrikaanse highway.


Billboard 1
Taalfeeste is na soveel jare nog steeds 99 persent wit. Hoekom? Die verhoŽ is dan gemeng? Geld — toegegee. Baie mense kan nie kaartjies bekostig nie en borge val nou nie juis oor mekaar om dalk die Afrikaanse onderwysers of toppresteerders uit die township gratis kaartjies aan te bied nie. Maar daar was ook nie eers swartes en bruines juis in die strate en veral nie in die gratis tente nie. ’n Mens kan nie praat van ’n non-racial taal terwyl mense nog apart die taal vier nie.


Billboard 2
Sommer hier by die fees self sien ek dit gister: neffens mekaar lÍ dit, op die tafel van ’n stalletjie, die twee kontesterende in olie gebraaide en in stroop gedompelde verleidsters. Ek vra ’n koeksister en wys doelbewus na die klappergerolde bolle. Die vrou agter die tafel is bruin. Sy gee my een kyk en plaas ’n gevlegde mejuffrou vir my in ’n servet.

“Nou ek dog dan diť een is eintlik die regte koeksister,” sÍ ek.

Sy glimlag professioneel: “Vir my ja, is dit die regte koeksister, maar vir Mevrou is dit nou die gevlegtes, want dies hierdie kant is eintlik oliebolle in stroop, so vertel hulle my.”

“Ja maar u, watter een sÍ u is ’n koeksister?”

Sy sug effens: “My hart het grootgeword op diť een,” sÍ sy en wys na die oliebolle.

Terloops, die Groot Afrikaanse Woordeboek Deel 6 beskryf koeksuster as volg: “koeksuster of boerekaiings — twee stukke deeg inmekaar gevleg en in stroop gedoop, naam van soort gebak (opgeteken uit Tarkastad). Sien ook koesuster.” As jy daar kyk, sÍ dit dis ’n minder gewone naam vir koeksuster — opgeteken in Noord- en Oos-Kaapland, Vrystaat, Natal en RhodesiŽ.


Billboard 3
’n Bekende radioman doen ’n onderhoud met my en op ’n stadium sÍ ek: “Enige mens wat poetry skryf Ö”, waarop hy bitsig opmerk: “Poetry? Hoekom kan ’n mens nie maar net gewoon poŽsie skryf nie?”

’n Hele debakel volg na die onderhoud met sy probleme dat ek Englikaans, of wat hulle dit ook al noem, praat. Dis eers nŠ Billboard 4 wat ek presies begin verstaan wat vermoedelik aangaan.

Terloops, het u al ooit gewonder waarom die Burger se briefskrywers so kla oor Jackie Nagtegaal en nie ’n woord sÍ oor Peter Snyders nie? Soos die gevlegte koeksister vir my is, is die suiwer Afrikaans vir wittes; die oliebolle is vir die ander — hulle mag dit maar wees en hou en noem wat hulle wil. In fact, hoe meer hulle anders praat as wit, hoe makliker is dit om dit te isoleer en te ignoreer en te hanteer onder die term veelrassig.


Billboard 4
Prof Jakes Gerwel bel my en vra, sal jy asseblief kom deelneem aan ’n gesprek oor non-racialism in Afrikaans. Ja, sÍ ek tot my eie verbasing, want toegewyd weier ek al vir jare om enige iets te blaker oor Afrikaans. Toe ek die foon neersit, wonder ek waarom ek so maklik ja gesÍ het. En besef na ’n ruk dis die woord non-racialism wat dit gedoen het. As hy die woord nierassigheid gebruik het, dan sou ek onmiddellik kruisbande, pÍrels, voorvinger en waarskuwende liniaal gesien het, oftewel dat ŗ la die Voortrekkers en Bittereinders die terrein reeds mooi verken en die spesifieke battlefield gekies is. Jy kom nou op HULLE terrein veg waar hulle geesdriftig vir jou in die suiwer Afrikaanse loopgrawe wag: tesourus in die een hand en ’n pakkie nuutskeppinge in die ander.

Billboard 5
Ook hier by die fees gister, alles binne die bestek van een uur: die toneelstuk Perlemoen. Die coloured skelms praat Kaaps, die coloured polisie en coloured SAUK-verslaggewer suiwer Afrikaans. Ook gister: as Jackie Nagtegaal praat, word daar gedink: sy weet van beter, as Peter Snyders praat word daar gedink: dit hoort so — ons gee almal nou ’n gelyke kans. Peter Snyders sÍ ook: ek praat nie Englikaans nie, ek praat Kaaps.

Die gekyf oor Afrikaans moet in alle regverdigheid gelees word teen die vrees dat Afrikaans soos dit die afgelope vyftig jaar bestaan het, sal tot niet gaan. Om die tot niet gaan van ’n taal beter te verstaan word die voorbeeld van Latyn dikwels gebruik. As ons praat van ’n dooie taal bedoel ons gewoonlik Latyn. Die kenners sÍ dat Latyn gesterf het toe die spanning tussen die stedelike en plattelandse taalgebruik ineengestort het. Dus nie die taal self nie, maar die spanning binne in die taal.

Toe die taalvaders nog baklei het, het die taal geleef en die mense het geŽksperimenteer en gevoel dat hulle almal binne ’n lewende taal funksioneer. Die dag toe die taalvaders egter ophou veg en sÍ, nou laat maar gaan, het Latyn gesterf. Anders gestel: Latyn het op die tonge van mense gesterf en bly voortbestaan op papier. Maar op die tonge van die mense was die hele reeks Romaanse tale wat in sy verskeidenheid bruikbaarder was in die Europese streke.

Die Italianer Giorgio Agamben ontwikkel die konsep verder in sy boek Remnants of Auschwitz. Agamben beweer dat elke taal die speelvak is van twee uiteenlopende spanninge of kragte. Die een krag neig na innovering, transformasie, verandering en kreatiwiteit, die ander neig na stabiliteit en bewaring. Volgens hom kan ’n taal net leef as albei hierdie kragte teenwoordig is: wilde kreatiwitiet teenoor grammatikale norme. Waar hierdie twee kragte mekaar kruis, daar bevind die sprekers van ’n taal hulle. As een van die kragte oorneem, sterf die taal.

As ’n mens dit op Afrikaans van toepassing maak, voel dit my asof daar twee kruispunte is: bruin mense mag maar kreatief wees — sů kreatief dat hulle Afrikaans nie eintlik binne enige spektrum val nie, soos Loit Sols. Mens sal graag wil weet hoeveel mense lees die bydraes in Kaaps in Die Burger, hoeveel wit Afrikaanssprekendes en hoeveel coloureds. My vermoede is dat die grammatikale stabiele krag hom nie steur aan daardie soort Afrikaans nie. Ek is nie bewus van enige debat daaroor nie. Die briewekolomme getuig nie van mense wat bekommerd is oor Snyders se eienaardige spelling, oor Elias Nel se eiesoortige woordeskat, of oor Ivor Price naby of ver van Jackie Nagtegaal se Afrikaans is nie. Die wittes praat nie daaroor nie en die bruines lyk my ook nie. Coloureds kan actually praat soos hulle wil, en eintlik hoe meer coloured hulle praat, hoe beter. Hoe suiwerder hulle praat, hoe meer wonder ons waar leer hulle daardie goeie Afrikaans.

Ten slotte: Volgens Agamben sterf ’n taal as ’n spreker homself nie binne die spanninge bevind nie. As ons dus wil hÍ dat ’n nuwe Afrikaans gestalte moet kry (of ’n totaal nuwe taal moet word, dalk?), dan moet die oue sterf. Maar ons is nog nie so ver nie. Ons wil bloot ’n non-racial Afrikaans hÍ.

Maar hoe? Beslis nie deur rond te pronk in die stertvere van veelrassigheid nie. Een van die antwoorde lÍ miskien reeds in die program van gister: laat bruin lesers reageer op die werk van wit skrywers.

Vir my sou ’n ander belangrike stap wees om die taalvegters uit te daag om al die gebruikers dieselfde te behandel. Hou op om die pen in gal te doop net wanneer jy ’n wit gesiggie sien. Klim uit jou veelrassige kas, wat meestal niks anders is as ’n rassistiese kas nie, en kyk die bruin Afrikaanse skrywer in die oŽ. Afrikaans behoort aan bruin sprekers dieselfde waardigheid van oortreding en kritiek te gun. Die dag wanneer die bruin skrywers in Die Burger deur dieselfde taalvegters met dieselfde hete venyn aangeval word oor hulle taalgebruik, sal die dag wees waarop ons weet: non-racialism het werklik in Afrikaans opgedaag.


Lesers kan via e-pos na Deborah Steinmair by webvoet@yahoo.com op die artikel reageer.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.