SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Amerikaanse sielkunde en die liberale ideaal

Desmond Painter

Akademiese publikasies soos die artikel “Political Conservatism as Motivated Social Cognition” deur die Amerikaanse sielkundiges John Jost, Jack Glaser, Arie Kruglanski en Frank Sulloway (2003) trek nie gewoonlik veel aandag by die algemene publiek nie. Hiervoor is akademiese tydskrifte te ontoeganklik vir nie-akademiese lesers - en selfs al sou sulke lesers toegang hÍ tot hierdie tydskrifte, is akademiese skryfstyle, veral in die eksperimentele sielkunde, dikwels nie juis ’n plesier om te lees nie. Gevolglik skryf sielkundiges oor die algemeen maar vir ’n klein gehoor van ander sielkundiges.

Toe die bogenoemde artikel egter vroeŽr vanjaar in die akademiese tydskrif Psychological Bulletin gepubliseer is, veroorsaak dit ’n klein politieke storm in die VSA. Te midde van ongekende publisiteit vir hierdie soort werk word die outeurs op verskeie fronte in omstredenheid gedompel: Republikeinse verteenwoordigers bevraagteken die ruim befondsing wat die projek van die National Science Foundation gekry het; die bevindinge van die studie word in koerantrubrieke, tydskrifartikels en op Internet-webblaaie bespreek, aangeprys en veroordeel; en, les bes, die skrywers kry selfs ’n paar persoonlike dreigemente van militante regsgesindes.

’n Mens kan met reg effens verwonderd vra: Waaroor die bohaai?

Wel, skynbaar alles oor ’n redelik onvleiende sielkundige beeld van konserwatisme en ’n paar los verwysings na president George W Bush.

In ’n artikel wat nie juis as dramatiese of kontroversiŽle leesstof beskryf kan word nie (vergelyk dit byvoorbeeld met die aanvalle op Amerikaanse konserwatisme en dieselfde president Bush deur Michael Moore in sy Stupid White Men!), bied die outeurs ’n bewonderenswaardig deeglike, maar relatief droŽ en onpolemiese oorsig van 50 jaar se internasionale navorsing oor konserwatisme. Hulle fokus spesifiek op die verband tussen konserwatisme (dit wil sÍ, individuele geneigdheid om polities konserwatief te wees) aan die een kant, en persoonlikheidstrekke, denkpatrone en emosionele style aan die ander kant. Op grond van ’n magdom data (insluitende ’n aantal studies wat oorspronklik in Suid-Afrika gedoen is), en met behulp van ’n statistiese meta-analise, integreer hulle die belangrikste resultate van hierdie studies in ’n ambisieuse teoretiese model.

Volgens hierdie model is daar wel ’n beduidende verband tussen ’n stel duidelik omskrewe sielkundige trekke en ’n geneigdheid om polities konserwatief te wees.

Hier is dit natuurlik belangrik om te vra: Wat, behalwe nou ’n stem vir die Republikeinse Party of steun vir selfs meer ekstreme regse groeperinge, beteken dit volgens hierdie outeurs om polities konserwatief te wees?

Die kernaspekte van politiese konserwatisme word gegee as weerstand teen verandering en aanvaarding van ongeregtiheid en ongelykheid. Hierby tel daar ’n aantal periferale meer inhoudelike kenmerke wat van konteks tot konteks mag verskil: steun vir die doodstraf, teenkanting teen aborsie, bekering tot outoritÍre kerke, en onderskrywing van militaristiese waardes.

Die sielkundige profiel wat volgens die outeurs hiermee saamhang, is nie aantreklik nie: ’n dogmatiese en onbuigsame persoonlikheid; ’n onvermoŽ om onsekerheid en dubbelsinnigheid te hanteer; ’n onwilligheid om nuwe dinge te ervaar; ’n vrees vir bedreiging en verlies; en ’n lae self-esteem - om maar enkeles te noem. Met ander woorde, politiese konserwatisme vorm deel van ’n breŽr patroon van persoonlike rigiditeit en onaanpasbaarheid.

Sielkundig gesproke is sommige mense, volgens hierdie outeurs, dus meer geneig tot konserwatisme - op dieselfde manier as wat sommige, argumentshalwe, geneig is tot alkoholisme of depressie. (Dit beteken natuurlik egter nie dat almal met hierdie trekke sal ’n “kondisie” van politiese konserwatisme ontwikkel nie.)

Die vraag wat dus beantwoord moet word is: Wat gee aanleiding daartoe dat konserwatiewe persoonlikheidstrekke manifesteer in bepaalde politieke keuses, aktiwiteite en identiteite? In kort, die sneller hier is ’n sosiale konteks gekenmerk deur politieke onsekerhede, vrees en bedreiging - werklik of verbeeld. Onder hierdie soort omstandighede is die konserwatiewe individu meer geneig as sy of haar liberale teenhanger tot verskillende reaktiewe politieke denkwyses, waaronder steun vir dinge soos anti-immigrasie, segregasie, die doodstraf en militÍre oplossings vir politieke probleme. Ook is hy of sy meer gewillig om politieke partye wat veranderinge teenstaan en sosiale ongelykhede onderskryf, te ondersteun. Diep-gesetelde persoonlikheidsbehoeftes, aangevuur deur die onsekerhede van die moderne wÍreld, gee dus aanleiding tot die konserwatiewe politiek van ongelykheid en ongeregtigheid.

Al stel Jost en sy mede-outeurs dit onomwonde dat hulle die spesifieke waardes en ideale wat deur konserwatiewes nagestreef word, nie noodwendig as irrasioneel of verkeerd beskou nie, word hier tog ’n harde oordeel gevel oor die vermoŽ van konserwatiewes om die eise van ’n komplekse wÍreld te hanteer. Dit is juis in hierdie konteks dat George W Bush as voorbeeld genoem word, en waarop baie Republikeine so heftig gereageer het. (Vir die rekord, ander name op die lys sluit in Hitler, Mussolini, Pinochet, Stalin, Kroesjtsjof en Castro. Dieselfde sielkundige profiel wat die konserwatisme van middel-Amerika kenmerk, is dus ook van toepassing op revolusionÍre, of hulle nou regs- of linksgesind is - en miskien is hierdie geselskap juis wat Bush se ondersteuners so ontstel het!). Volgens hierdie model is Bush die toonbeeld van die konserwatiewe individu: hy is onversetlik en kragdadig, ongenuanseerd in sy denke en oordele, en onsensitief vir ongelykheid en ongeregtigheid - presies die dinge wat die wÍreld nŠ 11 September 2001 ’n baie gevaarlike plek maak. ’n Mens sou seker kon byvoeg: veral as hierdie soort denke in tweestryd tree met die ewe dogmatiese en rigiede denkwyses van ekstremistiese terreurgroepe.

Sielkundige navorsing is egter nie waardevry nie, al wil die positivistiese navorsingstradisies van die Euro-Amerikaanse akademie graag die teendeel glo. Jost en sy medeskrywers verwoord hier, heel subtiel, ’n bepaalde moreel-politiese visie: wat ons komplekse wÍreld, gekenmerk deur ’n veelheid van leefwyses en tradisies, veel eerder nodig het as konserwatiewes en geharde revolusionÍre, is die genuanseerdheid, buigsaamheid en sin van geregtigheid eie aan die liberale individu. Dit is ’n individu wat die waarde van individualiteit bo gemeenskap plaas, wat kognitief en emosioneel genuanseerd is, en wat gretig is vir nuwe ervarings. ’n Mens sou seker kon byvoeg: iemand wat teen die doodstraf is, polities sekulÍr is, multikulturele waardes handhaaf, en vir liberaal-demokratiese partye stem.

Interessant genoeg, hierdie kenmerke is maar spekulasie: anders as die geval met konserwatisme, en in die gevorderde graad, outoritÍre persoonlikhede, is die liberale oriŽntasie en persoonlikheid nog nie gepsigologiseer nie. Daar is geen toetse (waarvan ek weet) wat jou ’n telling vir liberalisme gee nie. Geen spekulasie oor die oorsake daarvan nie - op dieselfde manier waarop die vraag na die oorsake vir heteroseksualiteit, byvoorbeeld, nooit gevra word nie. Die rede hiervoor is natuurlik dat die sielkunde hierdie oriŽntasies as die norm veronderstel. Dit is welbekend dat die oorgrote meerderheid kennisaansprake in die sielkunde gegrond word op studies van middelklas, tersiÍr-opgeleide wit Amerikaanse mans (die “Stupid White Men” waarvan Moore praat?).

Dat hulle teoretiese raamwerk nie waardevry is nie, is nie regtig ’n probleem nie. Die vraag is eerder of ons ons behoort te vereenselwig met die moreel-politiese visie wat die outeurs aan ons voorhou.

Hiervoor is dit belangrik om op ’n paar blindekolle in hulle navorsing te let:

  • Sielkundige verklarings vir sosiale vraagstukke, of dit nou rassisme, seksisme, of die onstabiliteit van die wÍreld nŠ 11 September 2001 is, is geneig om individuele gebreke (of menslike “natuur”) as oorsake vir hierdie probleme aan te dui. Dit beteken gewoonlik dat sosiaal-politiese oorsaaklikhede deur sielkundiges onderbeklemtoon indien nie heeltemal geÔgnoreer word nie. Deur die kondisie van die wÍreld byvoorbeeld toe te skryf aan die persoonlikhede, denkwyses of obsessies van individue soos Bush en Bin Laden, kyk ons die meer grondliggende historiese en politieke redes vir morele en politieke krisisse mis.

  • Hierdie gelykstel van komplekse politieke en ideologiese tradisies aan onderliggende sielkundige oriŽntasies is nie problematies net omdat dit, soos hier bo gesuggereer, die politiek individualiseer nie. Dit fouteer ook deur die Amerikaanse politieke landskap, die konserwatiewe Republikein teen die liberale Demokraat, tot ’n algemene politieke en sielkundige beginsel te veruniversaliseer. Die verskille tussen die ideologiese wÍrelde van Bush, Hitler en Stalin word immers opgehef deur hierdie oŽnskynlik universele persoonlikheidsmodel.

  • Die implisiete onderskrywing van die liberalisme as ’n sielkundig meer funksionele of “gesonde” oriŽntasie het twee beperkinge. Eerstens word liberale individue, wat self ook voordeel trek uit die politieke stelsels waarin hulle leef, vrygespreek van enige politieke verantwoordelikheid. Tweedens word vergeet dat liberalisme ’n komplekse ideologie is - een wat op verskillende maniere en in baie gedaantes, nie in die minste nie in die rol wat dit speel in meritokratiese klassestelsels, bydra tot die voortsetting van vorme van ongelykheid en onderdrukking. Baie van die teenkanting teen Amerikaanse globalisering is juis gemik teen die veruniversalisering van die sekulÍre en liberaal-demokratiese instellings wat deur die outeurs aangeprys word.

    ’n Veel meer omvattende en sensitiewe perspektief op die verband tussen politieke ideologieŽ en individuele motivering, en op die verband tussen politieke ideologieŽ en die sielkunde as ’n dissipline, is nodig as wat deur hierdie outeurs geskets word. Die manier waarop ’n spesifiek Amerikaanse tradisie tot ’n universele model verhef word, laat ’n mens in elk geval ’n tikkie teoretiese imperialisme vermoed. En in die lig van wat ek hier bo gesÍ het, is dit nie ironies dat dit ons in die gedaante van die Amerikaanse liberalisme bereik nie?


    VERWYSINGS

    Jost JT, J Glaser, AW Kruglanski & FJ Sulloway. 2003. Political conservatism as motivated social cognition. Psychological Bulletin, 129(3):339-375.


    Desmond Painter (d.painter@ru.ac.za) is ’n lektor in die Departement Sielkunde aan die Rhodes-universiteit.

    10 Desember 2003

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.