SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die krisis van die denkende Afrikaner

Johann Rossouw

“Gestroop van materile besittings, is ek vry van die sinloosheid om ’n heer te dien. Ek gaan na die plekke wat ek lief het en vermy diegene van wie ek nie hou nie. Minstens het ek die voorreg om myself vrylik te besit vir die res van my dae.” — Gennai, uitgetrede samoerai, wetenskaplike en kunstenaar (c. 1720)

Gedurende die 1980’s kon die denkende Afrikaner kies uit ’n verskeidenheid intelligente publikasies, soos Standpunte, Vrye Weekblad, INSIG, Die Suid-Afrikaan en ’n hele swetterjoel kleiner tydskrifte, veral van letterkundige inslag. Aan die einde van die 1980’s het die sogenaamde alternatiewe Afrikaanse musikante een van die mees energieke kultuurbewegings van die Afrikaanse geskiedenis geword. Skrywers en intellektuele soos Andr du Toit, Johan Degenaar, Breyten Breytenbach, Van Zyl Slabbert en Hermann Giliomee, om maar ’n paar lukraak te noem, was in hul fleur, en het aan Afrikaanse denke ’n diepgang gegee waarop ons trots kon wees.

Bogenoemde is slegs ’n vinnige en hoogs subjektiewe keuse uit ’n wye verskeidenheid. Wat hulle almal egter gemeen het, is dat hulle afgespeel het in die tyd toe die Afrikaner-establishment polities en intellektueel miskien die grootste laagtepunt in die Afrikaner se hele geskiedenis bereik het. ’n Mens wonder of die een nie juis die voorwaarde vir die ander was nie, maar dit is nie die bedoeling van hierdie opstel om so ’n hipotese te toets nie.

1994 het gekom en gegaan, en ook vir Afrikaners was dit die welkome einde van ’n era van ingeslotenheid en kulturele isolasie. Heel gou sou dit egter duidelik word dat die euforie waarmee Afrikaners die nuwe era tegemoet is, erg oorspanne was. Hetsy met opset of by oorsig sou die nuwe elite van die land basiese winste van Afrikaans, soos universiteite of die posisie van die taal in die staatsdiens, begin wegkalwe. Die Waarheids- en Versoeningskommissie sou Afrikaners ten regte of ten onregte met van die donkerste oomblikke in hul geskiedenis konfronteer. Die sistematiese verdrywing van Afrikaners uit die openbare sektor sou lei tot ’n dubbelsinnige omhelsing van private ondernemerskap: enersyds sou dit ongekende ekonomiese ondernemingsgees by Afrikaners aanwakker, andersyds sou dit van minstens Afrikaners, miskien vir die eerste keer in hul geskiedenis, verbete materialiste maak, hetsy by wyse van die smaaklose vertoon van hul welvaart, hetsy by wyse van die onvermoeibare najaag van sodanige welvaart ten einde vir die verlies van hul politieke mag te kompenseer. Maar miskien was die mees dramatiese ontwikkeling na 1994, met sy beindiging van kulturele isolasie, dat Afrikaners, wat hulle nou ook pens en pootjies binne die huidige golf van globalisering bevind het, nie soseer die weg van skeppende weerstand as minderheid sou volg nie, maar eerder die weg van kritieklose kapitulering.

Die Afrikaanse media is miskien die beste voorbeeld hiervan. ’n Verskeidenheid faktore sou vanaf die 1990’s natuurlik ’n drasties veranderde omgewing vir die Afrikaanse media meebring, waaronder die beindiging van gemaklike toegang tot die openbare uitsaaisektor, die afname in lesersgetalle onder druk van die opkoms van die beeldekultuur (videosfeer), die groter spoed waarteen nuus geproduseer moet word teen die agtergrond van immerverbeterende kommunikasietegnologie, die gebrek aan belangstelling by Afrikanerkykers, -luisteraars en -lesers in veral politieke, maar ook ander dieptekwessies, ’n ineenstorting van kulturele selfvertroue onder Afrikaners in kombinasie met oormatige gevoelens van skuld of skaamte, en ’n aggressiewe verheffing van sukses in die mark tot die enigste kriterium van gehalte.

Twee voorbeelde hiervan. Die een kom uit ’n gesprek met ’n senior joernalis by ’n Afrikaanse dagblad wat onlangs teenoor my verklaar dat redaksies in die vorige bedeling groter outonomie gehad het as vandag, vanwe die geweldige druk waaronder hulle vandag verkeer om wins te maak; anders gestel, die mark is ’n baie dodeliker sensor as ’n outokratiese politieke bestel. Die ander kom uit ’n gesprek met ’n senior tydskrifjoernalis wat onlangs aan my s dat hulle geweldig versigtig is vir hulle lesersmark, omdat mense wegskram van enigiets wat nie onmiddellik die aandag trek nie, of wat swaarmoedig is. Dit plaas hulle in die onmoontlike situasie waar hulle sowel die mark as die eis om diepgang tevrede moet stel. U hoef nie te raai wie hierdie geveg wen nie.

Die bedoeling met hierdie kort verwysing na die Afrikaanse media is nie om die media eensydig aan te val of verdag te maak nie. Daar is steeds talle Afrikaanse joernaliste wat toegewyd is aan hulle werk en gehalte bied aan hulle lesers, luisteraars en kykers. Maar teen die agtergrond van die faktore wat hier bo genoem is, is dit ’n onbegonne taak.

Hoe dit ook al sy: die feit van die saak is dat die openbare Afrikaanse ruimte vandag, gegewe die feit dat die media eintlik die enigste openbare instelling is waar Afrikaners hulself ongehinderd kan uitdruk, hoegenaamd nie bevorderlik is vir denke nie. Dit beteken nie dat die media afgeskryf moet word as ruimte vir denke nie, maar wel dat ’n mens sober moet wees in jou verwagtinge oor wat dit in werklikheid vir denke kan doen en nie kan doen nie.

’n Mens sou hierdie toestand kon opsom deur te s dat ons vandag in Suid-Afrika met ’n demokratiese paradoks sit: in die naam van groter openheid — ’n nominaal demokratiese samelewing — het ons groter geslotenheid, wat veroorsaak word deur die kombinasie van die mark, asook geografiese en linguistiese afgesonderdheid. Hiermee kan ons nie s dat die groter Afrika-konteks nie bevorderlik is vir denke nie; inteendeel, die groei van ’n pan-Afrika-bewussyn oor die uitdagings van globalisering mag nog die grootste motor van denke in Afrika word. Maar gegewe Afrikaans se onbewustheid van wat in Portugees en Frans gebeur, is dit baie moeilik om buiten Engels toegang te kry tot belangrike dele van Afrika, koloniale tale of te nie.

Afgesien van die verlies aan toegang tot die openbare sektor en die verskraling van denke in die Afrikaanse media, is daar dan ook nog die krisis van die heengaan van ’n singewende simboliese wreld. Daar bestaan nie so iets soos ’n gemeenskap sonder singewende mites nie, en as hierdie mites eers hul houvas op mense verloor, lei dit sonder uitsondering tot een van drie toestande: kulturele ontbinding, kulturele herlewing, of ’n mengsel van beide. In die geval van Afrikaners het mites soos hul republikanisme, hul “unieke” posisie in Afrika, en hul “Europeesheid” die een na die ander oor die laaste dertig jaar of wat hul drakrag verloor. Die uiteinde van die saak is dat ons vandag sulke absurditeite moet meemaak soos standpunte dat individue sonder een of ander groep kan bestaan, dat groepe noodwendig sleg is, dat tradisie noodwendig konserwatief en benouend is, of dat instellings altyd onderdrukkend is. Die beste wat ’n mens van hierdie standpunte kan opmerk, is dat hulle enersyds Afrikaners se uiterste isolasie van intelligente gesprek wreldwyd demonstreer, en andersyds die geweldige skade wat die disfunksionaliteit van die ou orde met sy instellings aan ons wreld en gemeenskap aangerig het.

Die uiteinde van die saak is dat daar vandag onder Afrikaners, en veral denkende Afrikaners, ’n wydlopende kulturele malaise is, wat manifesteer in onttrekking, politieke onbetrokkenheid, swartgalligheid, sinisme, en so meer. Sedert ek self sowat ’n jaar gelede n studie uit Frankryk teruggekeer het, is die een refrein wat ek by talle Afrikanerskrywers, beeldende kunstenaars, -musikante en -joernaliste tegekom het een wat lui, “Niemand dink meer nie. Wat het van sinvolle debat geword?”

Uit die aard van die saak bestryk hierdie refrein nie die volledige skopus van wat vandag onder denkende Afrikaners gebeur nie: daar s tydskrifte soos Fragmente, en ’n unieke ruimte soos LitNet (waarvan die potensiaal vir intellektuele diepgang skokkend onderbenut is); daar s individue soos Danie Goosen, Dan Roodt en Etienne van Heerden, om enkeles onder andere uit te sonder, wat steeds bly dink en skep, en geensins oor alles saamstem nie; daar s die lesingreekse by kunstefeeste, en organisasies soos die Taalsekretariaat en die Groep van 63. Hierdie klein panorama toon, tipies van Afrikaners, meer verskil as ooreenkoms, maar ten minste het hulle almal dit gemeen dat hulle aansluit by die slagspreuk van die beweging van alterglobalisering, “’n Ander wreld is moontlik.”

Ten spyte van die krisis waarin denkende Afrikaners beland het, is daar tog, ter afsluiting, enkele stappe wat gedoen kan word:

1) Groter veeltaligheid
Histories is die grootste enkele bron van kulturele vernuwing in Afrikaans sy omgang met ander tale, hetsy van Afrika, hetsy van Europa. Boeke soos Met Woorde Soos Met Kerse (Antjie Krog), Kreeftegang (Gnther Grass by PRAAG) en Skep die Skip Leeg (JS Krger, UNISA-uitgewers) is reusegebeurtenisse in Afrikaans, waarvan die waarde eers veel later besef sal word. Terselfdertyd moet die denkende Afrikaner vandag egter meer moeite doen as ooit in die geskiedenis om ander tale aan te leer. Die feit dat ons blootstelling aan Engels kry, doen vandag soms meer kwaad as goed, aangesien Engels nog meer as enige ander taal deur die diktate van die mark verdom word. Tale soos Swahili en Frans hou oneindige moontlikhede vir Afrikaners in, maar dan sal hierdie tale geesdriftig aangeleer en vertaal moet word.

2) Nuwe instellings
Wanneer die soms histeriese reaksie teen instellings eers oorgewaai het, sal dit duideliker as ooit wees dat nuwe instellings in Afrikaans nodig is. Miskien is die heel dringendste behoefte vandag die behoefte aan ’n vorm van ’n instituut of ruimte wat onbeskaamd aan denke gewy is, bes moontlik saam met kritiese intellektuele van ander Suid-Afrikaanse tale. Winsgewende Afrikaanse ondernemings wat gemaak is deur Afrikanernasionalisme, maar vandag so ver as moontlik van hul Afrikaanse wortels wil wegkom, het ’n plig om hierin te bel, want so nie sal Afrikaans uiteindelik net ’n taal van sexy koolkoppe wees. (En dit vanwe die heersende illusie dat die donker kolle in ons onlangse verlede uitgewis moet word met die skepping van nuwe sterre eerder as nuwe denkers. Waarheid is egter: sterre verskiet, maar denkers bly. Miskien is die gebrek aan geloof in ’n Afrikaner van die toekoms nrens meer sigbaar as in ons openbare fiksasie op vervlietende “sterre”, waarvan ons altyd weer nuwes moet fabriseer omdat die oues ook maar net so lank soos ’n dwelmbeswyming hou.)

3) Die aanwending van die internet
Dit bly merkwaardig hoe min denkende Afrikaners die internet tot op hede gebruik as ’n mens in ag neem dat dit ’n goedkoop, gedesentraliseerde instrument is. Maar eerder as dat elkeen sy eie webwerf gaan stig, behoort ’n webwerf soos LitNet met alle mag en mening verder uitgebou te word, veral met die oog daarop om LitNet volkome onafhanklik te maak. Wat LitNet onderskei van feitlike alle ander “mediaprodukte” vandag, is juis die feit dat dit tot dusver nog daarin kon slaag om aan die diktate van die mark en winsgewendheid te ontsnap, weliswaar weens die geweldig harde werk van die redaksie en die bydrae van borge. Wat eintlik moet gebeur, is dat die snelgroeiende massa lesers van LitNet moet begin om op ’n vrywillige basis donasies tot LitNet by te dra. Dit is eintlik verstommend dat geen of baie min lesers van LitNet al ooit so ’n inisiatief geneem het nie. Kan dit dui op ’n mentaliteit van gratis verbruik onder LitNet se lesers? Hopelik nie.

4) Die kultivering van die “kloosterlewe”
Vir hierdie voorstel gee ek graag erkenning aan Danie Goosen. As ’n mens terugkyk na die geskiedenis van talle kulture, val dit op hoe kloosters in tye van kulturele ineenstorting gefunksioneer het as ruimtes van kulturele bewaring, skepping en oordrag. Dit wil voorkom asof dit nie nou die tyd is om uitbundige karnavalle op pleine te hou nie, maar eerder om die bedeesde, gedissiplineerde bestaan in stilte te kultiveer en jou energie te hou vir harde intellektuele werk, ver weg van die geraas van die rumoerige, hoerige mark. Iemand het eenmaal ges dat om teen die onnoselheid in die wreld te veg, ’n mors van goeie tyd is. Wie die kloosterbestaan kies, het die moed van sy oortuiging om die meerderheid van wat as “kultuur” verkoop word, te ignoreer met die minagting wat dit verdien. Maar drvoor moet jy die trots en toewyding van ’n samoerai, ’n solomusikus of ’n argeoloog h.



LitNet: 20 Februarie 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.