SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Hoera vir die Jollie Bobbejaan! 'n Antwoord aan Anton van Niekerk

Johann Rossouw

In sy antwoord op my opstel oor Marlene van Niekerk se Agaat opper prof Anton van Niekerk 'n aantal punte van kritiek, waarop ek graag hier antwoord. Maar voor ek verder gaan, bedank ek hom van harte dat hy hom die moeite geloŽn het om met my in debat te tree, want volslae stilte oor die debat van Afrikaners nŠ Afrikanernasionalisme en apartheid sal veel erger wees as die skerpste antwoord en teenantwoord.

In my antwoord aan Van Niekerk bepaal ek my by vier sake, naamlik, eerstens, Van Niekerk se kommentaar op my lesing van Agaat; tweedens, Van Niekerk se eie posisie; derdens, 'n taksering van die huidige Suid-Afrika; en vierdens, notas oor die nuwe Afrikaner (in teenstelling met die nasionalistiese Afrikaner).

1. Van Niekerk se kommentaar op my lesing van Agaat:

Van Niekerk skryf: "Verre sy dit van my om te beweer dat ek Agaat ten volle verstaan; ek is nog besig om te herstel van die aanslag wat die boek gemaak het op sensitiwiteite in my waarvan ek self nie eers bewus was nie. Maar wat vir my voorop staan in Agaat, is nie politiek en Afrikanerskap nie, maar eerder 'n vlymskerpe nasporing en analise van die kompleksiteit van (veral intieme) individuele menseverhoudinge. Dis 'n analise waarin aan die lig kom hoe verweefd goed en sleg, die bose en die beste, in hierdie verhoudinge is. In Milla se belewing van haar versorging deur Agaat het ek iets gehoor van die spektrum of kompleks van emosies en ervarings, positief en negatief, gedrenk in 'n veelbewoŽ persoonlike geskiedenis, waarin gees en grond verweef is, waardeur hierdie karakter gaan in die poging om iets goeds tot stand te bring - die versorging van 'n hulpelose, tot die dood toe. Dis 'n verhaal van die omkering van rolle, die ironisering van die idee van beheer, mag en ouerskap - en vele meer. Hoe dit ook al sy: terwyl 'n politieke lesing van die boek sekerlik ook moontlik is, meen ek, in beskeidenheid, dat dit 'n verskraling van die betekenis en trefwydte van Agaat is om dit bloot as 'n simboliese geskiedenis van die Afrikaner te lees!"

In my opstel het ek verwys na die volgende temas wat ook ryk vertolkingsmoontlikhede in die roman bied: gender; wit en bruin; taal en sy grense; die liggaam; asook die probleem van die goeie; en dus stem ek met Van Niekerk saam dat vele ander lesings as 'n politieke lesing moontlik is. Met Van Niekerk is ek dit dus roerend eens "dat dit 'n verskraling van die betekenis en trefwydte van Agaat is om dit bloot as 'n simboliese geskiedenis van die Afrikaner te lees!" Die implikasie dat ek die boek bloot tot 'n simboliese geskiedenis van die Afrikaner sou verskraal, hoef dus nie verder kommentaar te kry nie: groot romans - soos hierdie - leen hulle tot verskillende lesings, en ek sien uit na die ander lesings wat ongetwyfeld nog sal verskyn. (Terloops, ek het nÍrens in my opstel beweer dat Agaat oor die simboliese geskiedenis van die Afrikaner as sodanig gaan nie, maar wel oor die geskiedenis van die Afrikaner van Afrikanernasionalisme en apartheid: daar is 'n reuseverskil tussen die twee, juis omdat my eie posisie berus op 'n lesing van die Afrikaner se geskiedenis wat nie net veel verder as apartheid en nasionalisme terugstrek nie, maar wat ook op 'n ander manier as beide Agaat en Anton van Niekerk met apartheid en nasionalisme omgaan. Hierop sal ek hier onder terugkom.)

Waaroor die debat tussen my en Van Niekerk dus hier gaan, is nie of ek die boek "verskraal" nie, maar of my kritiese, politieke lesing van die roman geldig is.

In die begronding van my lesing het ek verwys na enkele sleutels wat aandui dat dit inderdaad Afrikanernasionalisme, apartheid en die Afrikaner van hierdie tydvak is wat in Agaat aan die orde kom, naamlik, onder meer, die drie aanhalings voor in die boek, asook die merkwaardige ooreenstemming van datums in die verhaal met datums wat belangrik was in die wel en wee van apartheid en Afrikanernasionalisme. Van Niekerk bied geen argument oor waarom hierdie sleutels ons nie tot my lesing lei nie, behalwe om te sÍ: "Maar wat vir my voorop staan in Agaat, is nie politiek en Afrikanerskap nie, maar eerder 'n vlymskerpe nasporing en analise van die kompleksiteit van (veral intieme) individuele menseverhoudinge."

Dit is presies hierdie uitspraak van Van Niekerk wat hoogs problematies is: die sentrale spanning in die boek, naamlik tussen Milla en Agaat, word juis ingegee deur die feit dat hulle as lede van twee gemeenskappe, Afrikaner en bruin, teenoor mekaar te staan kom. Dit is as Afrikanervrou begeester deur Afrikanernasionalisme en 'n sekere opvatting van haar Christelikheid - alles deel van die Afrikaner van Afrikanernasionalisme - dat Milla Agaat aanneem, opvoed, uit die huis skuif, ens. Daar is gewoon nie 'n enkele hoofmotief van die verhouding tussen Milla en Agaat wat nie ingegee word deur die feit dat hulle aan twee gemeenskappe behoort nie. (Dit is ook juis die oorhaastige beroep op 'n "Afrikaanse gemeenskap" nŠ apartheid wat hierdie verskillende gemeenskappe misken, en onder meer 'n nuwe taalpolitiek voortdurend verhinder.) 'n Mens sou ook kon wys op die rol wat Milla se aanneming en opvoeding van Agaat as lid van 'n ander gemeenskap speel in Milla se huwelik, haar verhouding met Jakkie, asook haar posisie in die gemeenskap.

Elkeen van hierdie dinge slaan diep in die karakters in Agaat se individualiteit in, maar omdat Van Niekerk, soos ek hier onder uitvoeriger sal aantoon, met 'n hoogs individualistiese opvatting van die geskiedenis en die politiek werk, kan hy nie die sentrale probleem van gemeenskap in sy vertolking van die roman inruim nie.

'n Laaste klein opmerking voor ek prof Van Niekerk se posisie in afdeling twee onder die loep neem. By meer as een geleentheid in sy antwoord lÍ hy my die gebruik van die woord Afrikanerskap in die mond: dit mag miskien na 'n nominalistiese gekibbel klink, maar ek het die term nÍrens in my opstel gebruik nie, juis en presies omdat die term Afrikanerskap part en deel van die woordeskat van nasionalisme is (die woord Afrikaner is natuurlik minstens 200 jaar ouer en veel ryker aan betekenismoontlikhede), waarvan ek by herhaalde geleenthede in die verlede hartlik afstand gedoen het. Ek kan bloot spekuleer dat omdat Van Niekerk my wel as "closet-nasionalis" beskou, hy hierdie term aan my toedig - wat net die soveelste openbare voorbeeld sou wees van hoe iemand wat die posisie van selfopheffing verdedig (soos Van Niekerk doen) 'n nuwe Afrikaner met 'n nasionalis verwar. Afrikanerskap is, wat my betref, een van daardie woorde wat op 'n uiters gestrenge en geslote manier omgegaan het met wat 'n Afrikaner is, en as sodanig interesseer dit my geensins verder nie.

Tweedens: op die oog af het Van Niekerk 'n bepaalde probleem daarmee dat ek Agaat met 'n "agenda" gelees het. 'n Mens sou kon vra: is enige lesing sonder 'n agenda moontlik? Skryf skrywers nie ook met agendas nie? En mag lesers nie agendas hÍ nie? (Tensy Van Niekerk nog iets soos 'n positiwistiese, "waardevrye" lesing voorstaan, wat ek betwyfel, gegewe sy individualistiese agenda.) Die agenda is nooit die kwessie nie - die kwessie is hoe verskillende agendas teen mekaar opweeg en in die geskiedenis en die politiek neerslag vind.

Dit bring my by Van Niekerk se eie posisie.

2. Van Niekerk se eie posisie:

Ter wille van volledigheid som ek Van Niekerk se posisie hier op:

Hy stap af van die term Afrikaner ("Op 'n tyd het ek my selfs ook 'n Afrikaner genoem"); hy is "onbeskaamd Afrikaans en trots daarop"; hy is verbind tot die Grondwet, sy waardes en samewerking met ander Suid-Afrikaners; en hy sal die regering loof ("water- en elektrisiteitsvoorsiening") of kritiseer ("VIGS, Zimbabwe") soos nodig. Hy sien hom as deel van "ons" (eers met aanhalingstekens, en later daarsonder: gemeenskap kruip dus tog terug in sy betoog) wat hierdie dinge voorstaan, maar dan stel hy dit ook baie duidelik dat hierdie "ons" "nie meer gepla [is] met identiteit" nie, asook "en ons het 'n broertjie daaraan dood dat mense soos Johann Rossouw ons gedurig probeer kaap vir die strak omlynde identiteit wat ons moet aanvaar as hy eendag daarin slaag om inhoud te gee aan sy jollie bobbejaan". Hy reken my 'n utopistiese, werklikheidsvreemde siening van die politiek toe, en oordeel dat ons gelukkig nie meer in die "gemors van twintig jaar gelede" is nie, en dat daar wel "foute en ellendes" in vandag se wÍreld is, met die uitdaging om oor twintig jaar ook hiervan bevry te wees. Hy reken dat Afrikaners nou moet einde kry met "selfbeheptheid" en sien "'n wÍreld van geleenthede daarbuite" waarvan "die nuwe geslag jong Afrikaanse ondernemers" kan getuig.

Van Niekerk se posisie is inderdaad die een van selfopheffing van die eie gemeenskap waarna ek in my opstel oor Agaat verwys het; dit is een waar die individu losgedink word van die gemeenskap, en waar 'n liberale politiek bedryf word wat nie daarop ingestel is om die orde te verander nie, maar dit te polisieer ("VIGS, Zimbabwe, water- en elektrisiteitsvoorsiening"). As sodanig is dit dus, soos ek reeds in my opstel geskryf het, 'n regse, ordebevestigende posisie. Selfs sake soos die foute en ellendes van vandag word nie deur hierdie posisie toegeskryf aan die orde self nie, maar aan die tot nog toe gebrekkige toepassing en deurvoering van die orde, baie soos ou Marxiste vandag nog beweer dat kommunisme nie gefaal het nie, maar net sleg toegepas is, en nog 'n kans gegun moet word. As ordepolisiŽrende politiek - om terselfdertyd een van Van Niekerk se vrae aan my te beantwoord - is dit inderdaad 'n soort "DA-opsie", waar die orde weens sy hantering van die Grondwet, die individu, sekuriteit, infrastruktuur, die ekonomie, en so meer gekritiseer word, maar die orde self nooit krities ondersoek word nie.

Maar meer nog, daar is veel ernstiger filosofiese, etiese, historiese en politieke probleme met Van Niekerk se posisie.

Die eerste hiervan is Van Niekerk se gemaklike aflegging van die woord Afrikaner, so asof 'n hele geskiedenis en die vergrype wat deur en in die naam van Afrikaners gepleeg is, so goedsmoeds afgeskud kan word. Hiermee maak Van Niekerk hom aan twee van die oudste filosofiese illusies skuldig, naamlik die nominalisme en die subjektiwisme. Vir die nominalis het woorde inhoud in soverre die een wat die woorde gebruik, daaraan 'n bepaalde inhoud gee, terwyl die subjektiwis reken dat hy as subjek sy identiteit kan kies. Van Niekerk se gemaklike aflegging van die woord Afrikaner is die mees onverantwoordelike manier waarop 'n Afrikaner vandag met sy geskiedenis kan omgaan. Hy maak hom aan die grofste naÔwiteit skuldig as hy dink dat sy individuele belydenis die magte van die geskiedenis gaan beÔndruk, die inhoud van die woord Afrikaner verander, of hom vrystel van sy verantwoordelikheid teenoor sy identiteit. (Van sy toepassing van die teologiese kategorie van die belydenis op die politiek swyg ek maar: onder meer Milan Kundera het hierdie vergissing al op magistrale wyse van die tafel gevee.) Die belydenis is nie verantwoordelik nie, maar juis onverantwoordelik.

As 'n mens aan 'n woord 'n nuwe inhoud wil gee, doen jy dit by wyse van moeisame praktyke, handelinge, historiese rekonstruksie en in gesprek met ander. Seer sekerlik dra Van Niekerk kennis van onder meer die fundamentele werk wat Rudi Visker in sy Truth and Singularity oor identiteit gedoen het, en waar Visker aantoon dat jou identiteit altyd van buite gegee en bepaal word. Jy as subjek gee altyd net 'n sekondÍre antwoord op hierdie identiteit wat vir jou gegee is: jou naam, jou taal, jou etnisiteit, jou geloof, ens. Daar is eintlik net een milieu ter wÍreld waar enige Afrikaner hom van die illusie kan bedien dat hy die term Afrikaner gemaklik kan aflÍ, en dit is onder Afrikaners self, oftewel binne die veilige grense van die eie gemeenskap. Die mees elementÍre interaksie met enigiemand buite die eie gemeenskap is reeds genoeg getuienis dat almal buite Afrikanergeledere ons - dit is Afrikaners - as Afrikaners sien. Al die komieklike permutasies waarmee opportuniste, histories onverantwoordelikes, en winsbejagtes onder Afrikaners hulle vandag besig hou - "Afrikaanssprekendes", "Afrikaanse gemeenskap", "Afrikaanses", en wat nog - het doodeenvoudig geen aansien of seggingskrag onder swart mense, bruin mense, Afrikane noord van die Limpopo en die Oranje/Gariep of die res van die wÍreld nie.

Kortom, ůf Van Niekerk leef in 'n klein wÍreldjie wat hy self nog nooit verlaat nie, ůf hy deins terug vir die uitdagings wat so 'n verlating van die eie wÍreld vandag aan Afrikaners oplÍ. Sy opgewondenheid oor jong Afrikaanse ondernemers is dus ook nie verrassend nie: die selfopheffers val altyd op die ekonomiese argument terug, aangesien die ekonomie oŽnskynlik verby al die gevaarlike vaarwaters van die harde politieke werklikheid in Suid-Afrika stuur. In die werklike wÍreld wat vir Van Niekerk so belangrik is, bestaan so 'n apolitiese utopie eenvoudig nie.

Maar miskien is daar 'n verklaring vir hierdie posisie van Van Niekerk: ek verstaan dat hy einde Mei vanjaar by die eerste gesamentlike kongres van die Afrikaans-Nederlandse Wysgerige Vereniging in Nederland 'n voordrag gaan lewer oor hoe demokratisering in Suid-Afrika die einde van die Afrikaner as gemeenskap beteken. Indien Van Niekerk inderdaad hierdie standpunt wil ontwikkel, is dit geensins verbasend nie, want hy sal aansluit by 'n lang, nasionalistiese tradisie waar die belange van die kleiner gemeenskap altyd ondergeskik aan diť van die nasionale staat gestel word. Variasies op hierdie tema wissel van die Terreur na die Franse Rewolusie, tot die uitwissing van die Jode en die Sigeuners deur die Nazi's, apartheid se kolonisering van Afrikaners se mede-Afrikane, en, les bes, die al hoe minder subtiele vorme van gemeenskapsmiskenning waaraan die nuwe Afronasionaliste in Suid-Afrika hulle vandag skuldig maak (omgekeerde rassediskriminasie, inheemse taalmiskenning, die groter gaping tussen ryk en arm, ens.).

Die harde waarheid is dat Van Niekerk se posisie nie net een van selfopheffing is nie, maar ook nog met 'n goeie skeut nasionalisme daarby.

En terwyl ons nou oor die verlede (en sy huidige en toekomstige herhaling) praat: dit is opvallend hoeveel keiharde nasionaliste van die verlede en hul kinders vandag ontpop as die mees geesdriftige individualiste en napraters van die nuwe orde. Soos Breyten Breytenbach, Afrikaner van formaat wat nie stilgebly het toe dit saakgemaak het nie (en deur die nuwe Suid-Afrika met stilswye beloon is), eens met weergalose noukeurigheid van hierdie groep opgemerk het: hulle het by die nuwe orde ingeval "sonder om 'n goosestep te mis."

'n Laaste klein opmerking voor ek by 'n taksering van die huidige Suid-Afrika kom. Van Niekerk skryf: "(O)ns het 'n broertjie daaraan dood dat mense soos Johann Rossouw ons gedurig probeer kaap vir die strak omlynde identiteit wat ons moet aanvaar as hy eendag daarin slaag om inhoud te gee aan sy jollie bobbejaan." Behalwe dat ek nÍrens in meer as vyftien jaar se openbare standpunte 'n "strak omlynde identiteit" vir Afrikaners verdedig het nie (my eerste openbare lesing het juis gehandel oor 'n an-institusionele verkenning van Afrikaners), gebruik Van Niekerk hier nog een van die oudste truuks uit die boek van Afrikanernasionalisme, naamlik om debattering aan vuilspel gelyk te stel. Van wanneer af is 'n beredeneerde openbare standpunt oor identiteit (eerder as 'n gemaklike aflegging daarvan) 'n "kaping"? Ek het nog nooit in my lewe namens Afrikaners gepraat nie - wel dikwels ter wille van Afrikaners, maar dit is iets anders - omdat ek juis nasionalisme se praat namens die groep verpes, en het dit ook nie hier gedoen nie. Daareenoor eien Van Niekerk hom dit toe om namens 'n vaagomlynde "ons" te praat en allerlei stellings oor hierdie "ons" te maak.

3. 'n Taksering van die huidige Suid-Afrika:

Van Niekerk skryf: "Waarmee Rossouw moeilikheid het, is die nuwe Suid-Afrika. En die onus lÍ sterk op hom en sy geesgenote om ons te oortuig dat hul sogenaamde 'derde weg' enigiets anders is as juis 'n teruggryp op die 'nasionalisme' waarvan hy hom retories probeer afgrens."

Hy is heeltemal reg dat ek moeilikheid het met die "nuwe Suid-Afrika", waarop ek nou hier sal ingaan voor ek, in afdeling vier, sy uitdaging aanvaar om aan te toon waarom die nuwe Afrikaner iets anders as nasionalisties is.

Die rede waarom ek 'n probleem met die nuwe Suid-Afrika het, is tweŽrlei: eerstens omdat dit toenemend 'n miskenning van die ideale is waarna alle demokratiese Suid-Afrikaners streef, en tweedens omdat dit al hoe meer soos die ou Suid-Afrika voel. Die rede hiervoor is nie moeilik te vinde nie, naamlik dat ons geliefde land weer deur 'n klomp nasionaliste gekaap is, naamlik die Afronasionaliste onder leiding van Thabo Mbeki. In vandeesweek se kommentaar gee Die Vrye Afrikaan meer uitvoerige aandag aan hierdie tema, sodat ek volstaan daarby om die sentrale aspekte van die argument op te som:

Die staat in Suid-Afrika is die magtigste politieke instrument wat ons het, en dit is in feite 'n koloniale staat waarvan die basis reeds deur die Nederlanders gevestig is, en wat so ingerig is dat 'n klein (etniese) minderheid telkens ten koste van die meerderheid begunstig word. Uit die aard van die saak neem hierdie patroon nuwe vorme aan, maar in die huidige Suid-Afrika kan ons verwys na: die voortslepende ekologiese krisis wat sedert 1994 vererger het; die vergroting van die gaping tussen arm en ryk, met Suid-Afrika nou die land met die grootste gaping ter wÍreld; die skep van 'n superryk elite; die verplasing van die belangrikste besluite in die samelewing buite die openbare sfeer en sy instellings; die wegkalwing van openbare institusionele outonomie, insluitend die universiteite; 'n hernude en voortgesette obsessie met ras; diskriminasie teen ons tale ten gunste van Engels; die verwaarlosing van die platteland; die privatisering van sekuriteit (drie private sekuriteitsbeamptes vir elke polisiebeampte), ens.

Van Niekerk handhaaf sy onverantwoordelike posisie teenoor die werklikheid deur hierdie dinge as deel van die "foute en ellendes" af te skryf, terwyl hy vermoedelik hierdie "foute en ellendes" as produkte van die vorige eerder as die huidige orde sien. Dit ly geen twyfel nie dat die meeste van bogenoemde probleme na die vorige orde herlei kan word, maar eweneens het die nuwe orde geen wesenlike verskil aan hierdie dinge gemaak nie, indien dit hierdie dinge nie vererger het nie.

Een van die sentrale redes hiervoor is dat, of Van Niekerk dit nou wil weet of nie, die nuwe orde, veral onder leiding van Thabo Mbeki, net so 'n groot obsessie met identiteit as die vorige Afrikanernasionaliste het. En natuurlik is dit, soos 'n mens van nasionaliste kan verwag, inderdaad die strakke identiteitsopvatting wat Van Niekerk my ten laste probeer lÍ. Dit is 'n identiteit wat deur die staatskorporatiewe bestel geskep word, en waarin Engelse, stedelike, gedepolitiseerde verbruikerskap sentraal staan. Die beleide van "transformasie" en "verteenwoordigendheid" word ter verwesenliking hiervan ingespan. In sy minder kru vorm sien 'n mens Mbeki wat gedurig mooi woorde oor ons diversiteit uiter, maar in feite 'n keiharde Afronasionalisme nastreef, met al die bisarre kinders wat dit baar: steun aan HaÔti en Zimbabwe se diktators; 'n irrasionale Vigs-beleid; grondhervorming wat swart grondbesit eerder as suksesvolle swart boere vooropstel; die skepping van 'n superryk swart groep; ens. Ongetwyfeld het die voormalige slaaf baie goed by sy voormalige meester geleer.

Ingeval Van Niekerk van oordeel is dat ek hier 'n eensame stem op die gekkesoom is, verwys ek hom graag na mense en instansies wat baie meer politieke integriteit en insig as ek en hy saam het: Sipho Seepe, William Mervin Gumede, RW Johnson, Hein Marais, Breyten Breytenbach, The Economist en talle ander wat nie stilgebly het in die vorige era nie, het almal by geleentheid die afgelope jare grondige kritieke op die nuwe-ou orde gelewer. Ek sluit my graag by hulle aan, omdat die nuwe orde vir my al hoe meer soos die oue in sy eie vroeŽ dae van die 1960's lyk.

Maar die belangrikste vraag, en die een waaroor hierdie debat myns insiens moet gaan, is wat die uitdrukking nuwe Afrikaner beteken. Dit bring my by afdeling vier.

4. Notas oor die nuwe Afrikaner (in teenstelling met die nasionalistiese Afrikaner):

Die kwessie van die nuwe Afrikaner en die analise van die durende koloniale opset in Suid-Afrika is al deur my en ander kommentators meer uitvoerig elders ontwikkel, wat dan ook die rede is waarom ek my in my opstel oor Agaat tot buitelyne daarvan beperk het.

Danie Goosen het byvoorbeeld in Rapport van Sondag 5 Januarie 2003 verwys na vyf mites van die nuwe Afrikaner: hy kies vir vele tale eerder as een; hy kies vir interafhanklikheid eerder as eenheid; hy kies vir 'n nasie van gemeenskappe eerder as 'n staatsgeskepte nasie; hy kies vir 'n estetiese eerder as 'n instrumentele wÍreld; en hy kies vir 'n republikeinse eerder as nasionalistiese politiek.

In 'n opstel wat ek self in Die Vrye Afrikaan van 3 September 2004 gepubliseer het, het ek uitvoerig ingegaan op die durende koloniale aard van die Suid-Afrikaanse staat, en waarna ek reeds hier bo verwys het. Nietemin wil ek graag ter afsluiting wel inhoud gee aan die begrip van 'n nuwe Afrikaner, 'n vrye Afrikaan wat sy plek saam met ander selfrespekterende gemeenskappe in 'n vrye Afrika kan inneem. Ek sal aandag gee aan die sake waarin die nuwe Afrikaner myns insiens glo, asook aan die vorm wat 'n demokratiese politiek moet aanneem ten einde werklik aan 'n nuwe Suid-Afrika geboorte te skenk.

Vir my as nuwe Afrikaner sluit my panteon van helde sowel Afrikaners as Afrikane in. Onder Afrikaners is my voorsate die Vryburgers (wat eerste vir selfbeskikking en die grond van Afrika gekies het); die Trekboere (wat eerder op hulself as op die staat aangewese wou wees); die Kaapse Afrikaner-Liberale (wat dapper probeer het om die Verligting teen 'n ortodokse oormag toe te eien); die Voortrekkers (wat gedroom het van gebied eerder as bloed as voorwaarde van gemeenskap); Kruger en Steyn (wat die Imperium uitgedaag het vir die reg om hul eie geskiedenis te mag skryf); Hertzog (wat die eerste was wat gesÍ het "Suid-Afrika eerste"); MER (wat die verhouding tussen eie en ander gemeenskappe verstaan het); die Afrikanervroue van die Klerewerkersunie (wat die mensontering van eie en ander se armoede beveg het); Bram Fischer en Van Wyk Louw (wat die kleiner gemeenskap se heil in universele ideale gesien het); (Martin Versveld en Johan Degenaar (wat die eerste was wat die nasionalisme in eie kring sistematies oopgedink het); en Breyten Breytenbach en Jan Rabie (wat dit vir Afrikaners onmoontlik gemaak het om ooit weer geslote oor hulself te dink). Demokrate, republikeine, nonkonformiste, Afrikaners.

Onder Afrikane is daar Doman (wat die eerste was wat 'n antikoloniale stelling op eie bodem ingeneem het); Hintsha (wie se beendere van die grond geskei is vir die reg om trots op sy grond te wandel); Moeshoeshoe (wat die politiek van goeie buurmanskap en vrede majestueus nagestreef het); Jakob Afrikaner (wat die woord nog voor dit wit geword het, groter as wit gemaak het); Sol Plaatje (wat die skeiding tussen woonplek, werkplek en saaiplek met elegansie en waagmoed in meer as net sy moedertaal teengestaan het); Moses Kotane (wat die samewerking tussen Afrikaner en Afrikaan vanuit die gemeenskap al in die 1930's bepleit het); Robert Sobukwe (wat grond nie as kommoditeit nie, maar as basis van selfrespek in Afrika met trots verdedig het); Steve Biko (wat Afrika se waardigheid met jeugdige heldemoed tot die dood toe beliggaam het); Nelson Mandela (wat as gewortelde in die gemeenskap aan ons 'n glimps van 'n Suid-Afrikaner anderkant nasionalisme gewys het); Ngugi wa'Thiongo (wat die sentraliteit van ons tale tot die bevryding van ons vasteland uitgelig het); Wole Soyinka (wat die magsvergrypers wat Afrika se postkoloniale droom in 'n nagmerrie verander het, tot vandag toe vreesloos jag); Sembene Ousmane en Djibril Diop Mambety (wat deur hulle rolprente 'n gesig veel ryker en mooier as die doodsmasker van die Westerse blik aan Afrika gegee het); en Were Were Liking (wat nie net deur haar kuns nie, maar ook deur haar ekonomie, selfstandigheid vir Afrikane verwesenlik).

Die nuwe Afrikaner sien die ekologie nie as agendapunt nie, maar sien homself as deel van die ekologie, en die ekologie as voorwaarde van die ekonomie. Die nuwe Afrikaner streef nie na rykdom nie, maar na selfstandigheid. Die nuwe Afrikaner sien nie die individu, die staat of die korporasie as sentraal nie, maar die gemeenskap. Die nuwe Afrikaner verstaan die individu en die groep as voorwaardes van mekaar in 'n gemeenskap wat nůg geslote, nůg oop is. Die nuwe Afrikaner staan vir globalisering waar gemeenskappe en nie state of korporasies nie, sentraal is.

En hoe beliggaam 'n mens hierdie ideale in die Suid-Afrikaanse politiek? Ja, wel deur die Grondwet in beskerming te neem en die staat aan sy tekortkominge te herinner, maar ook veel meer. Ek droom van 'n soort veeltalige UDF, van 'n land waar gemeenskappe inderdaad soveel as moontlik besluite neem oor hul eie heil en in samehang met diť van ander gemeenskappe, in plaas daarvan om die heeltyd die staatsorde ter wille te wees. Ek droom van deelnemende demokrasie, soos in Porto Alegre, waar die stadsbewoners self oor die besteding van hul begroting besluit. Ek droom van skole waar kinders nie net geleer word om te dink nie, maar ook wie hulle is. Ek droom van universiteite waar kennis vir Afrika en nie vir die staat nie, geproduseer word. Ek droom van howe, kerke, en skole waar mense in hulle eie tale ontvang word, maar waar hulle ook die tale van andere hoor en leer. Ek droom bowenal van instellings wat gemeenskappe selfstandig maak en in staat stel om hulle eie geskiedenis te skryf.



LitNet: 04 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.