SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Praat Afrikaans of hou jou bek (Die KKNK in 50 uur)

Adriaan Basson

Toe die dubbel-doors-bus al hoe meer volstruise se koppe laat draai en die reuk van Karoo-stof en Klipdrift die lug begin vul, het ek geweet Oudtshoorn is naby.

Dit was Vrydagoggend, die tweede laaste dag van die fees, en ek het so pas op die feesdorp aangekom na 14 lang ure op die N1. Ek kon nie die hele fees bywoon nie, maar het besluit om tog vir drie dae van Jozi se besige lewe te ontsnap.

Die dorp het stadig wakker geword en ’n algemene babbelas het oor die dorp gehang.

Ek praat met die mense en hulle sê daar was minder mense vanjaar by die fees, die fees is nou by ’n kruispad en sal aan ’n nuwe resep moet dink en dat Steve Hofmeyr weer die grootste herrie by die fees veroorsaak het — dié keer omdat sy gesig op ’n nuwe t-shirt van die Black Labour-ouens pryk met die woorde “Wie’s jou pappa” daaronder geskryf.

Ek sit my sonbril op en stap deur die strate, op soek na kuns, die Steve Hofmeyr t-shirt en koue bier.

Ek sien ’n klomp mense met t-shirts wat lees: “Praat Afrikaans of hou jou bek”. Ek hoor mense praat oor die bruin-debat en lees Krit-posters wat sê dat iemand vra vir ’n bruin Groep van 63. Ek sidder.

Die stalletjies lyk dieselfde as die vorige jare, maar dit is moeiliker om ’n toilet te kry. Ek loop verby ’n groepie wit kindertjies wat “Die Stem” sing. ’n Ent verder staan ’n groepie bruin kinders en sing “… dis lekker by die kunstefees ...”

Ek kry die t-shirt-stalletjie en ontsnap van die sweterige gedruk-druk van mense en reuk van strooihalms so gou as wat ek kan. Ek kies koers na ’n stil koffietuin waar ’n klompie vriende kom groet.

Hulle sê die verlies van die Stalteater was groot en dat daar geen major shows op vanjaar se program was nie. Die celebrities het glo ’n nuwe uithangplek gevind — heel ironies vernoem na een van die grootste mafia-base van alle tye — en Godfather het ’n stoep bygekry.

’n Resensent sê die enigste show wat ek MOET sien is Mama Medea. Die ander goed is baie mediocre. Ek weet nie.

Die middag woon ek ’n gesprek tussen die KKNK en die kunstenaars by. Saartjie Botha, wat vroeër die week sou gesê het dat die Afrikaanse toneelbedryf in duie stort, sê hulle moet almal by ’n vakbond aansluit.

Die kunstenaars sê wat hulle pla en die KKNK-hoofdogters antwoord hulle in netjies-gepackagede antwoorde. Daar word selfs vorms uitgedeel van hoe produksies vir die fees beoordeel word! Erg deursigtig.

Geen beloftes word gemaak nie. Nie eens dat daar volgende jaar in al die venues lere (van die regte sizes en shapes) sal wees nie. Want Marthinus Basson sê daar is nie.

Die aand kuier ek saam met vriende wat my vertel van nie-Afrikaanssprekende stalletjiehouers (toevallig uit Afrika) wat verbaal deur feesgangers aangerand is omdat hulle nie Afrikaans kon praat nie.

By een van die duisende kuiertuine, uit die rigting waar ouma Grietjie die middag “Dis ’n lekker ou Jan” gesing het, is ’n magdom kinders — die meeste beslis under-age — besig om te kuier. Oomblikke later arriveer ’n klompie polisiemanne met motorfietse en die kinders begin vlug.

Die volgende oggend woon ek die Kanna-toekennings by. John Jacobs slaan my asem weg met sy optrede. Hy is beslis een van ons grootste kunstenaar-ambassadeurs.

Wouter van der Venter en sy makkers met ’n uittreksel uit Stok is briljant. Marthinus Basson word twee keer vereer en Saartjie doop hom Meneer Teater van Suid-Afrika.

Ek en ’n vriendin bespreek die meriete van die Herrie-prys wat aan AJ van der Merwe se Sonder grense toegeken word. Wat van Steve se t-shirts?

Toe ons terugloop na die motor, sit ’n magdom mense op die hoek van Baron van Rheede en Voortrekker. Ek wonder of iemand dood is en soek die polisie.

Ek draai my kop en sien die reuse TV-skerm waarop die Bulls teen die Stormers speel. Ek loop verby die mense en ’n tannie vervies haar vir my. Hoe durf ek haar view van die lynstaan verbloem?

Tip! is briljant en ek wil vir Lindie Stander ’n fooitjie los. Op pad na die Kerkorrel-uitstalling ry ons verby die plek waar daar vroeër rugby gekyk is. Orals lê blikkies, bottels en papiere.

Michele Nigrini se Kerkorrel-uitstalling is roerend. Sy vleuelklavier staan in die middel van die vloer en word te koop aangebied (glo teen R130 000). Die note is stil.

Met ’n knop in die keel sit ons af Kaktus toe. Ek koop water om die bier te verdun en die dors meer draaglik te maak.

Die vibe by Kaktus voel weird. Ek sien toe dat die biertuin tot heel agter op die rugbyveld verskuif is en mens jou bier daar moet drink voor jy weer vrygelaat kan word om voor by die stage te staan en dans.

Ek strip my moer en besluit dat ’n debat met die sekuriteitswag nie die moeite werd gaan wees nie. Binne die biertuin is daar ’n spul kinders wat beslis ná 1985 gebore is.

Beeskraal se beeste het hulle kakie suits verruil vir moderne pakkies en Charles, die voorman, lyk soos Elvis. Hulle raak elke jaar beter en is Afrikaans se trots — eerder as cover artists wat “Die Stem” moet sing om skares na hul shows te trek.

Diff-Olie, Spinnekop, Piet Botha en Akkedis is die verrassings en looi die kitare dat die Karooberge antwoord gee.

En wat kan mens nog oor die Zoid-vrou sê? Daar’s vuur en vonke en die skare gaan mal soos op die Beatles-video’s van ouds. Dis jammer haar tweede CD, Chasing the sun, was nog nie gereed vir die fees nie. Die nuwe songs is bif!

Die Sondagoggend ry ons terug. Ek dink oor wat ek die afgelope 50 uur ervaar het. Was dit lekker? Ja. Is daar goed wat my gepla het? Ja. Wat?

  • Die “Praat Afrikaans of hou jou bek” t-shirts. Dit diskrimineer teen anderstaliges en maak Afrikaans die eksklusiewe, benoude taaltjie wat hy nie is nie.

  • Die tannie wat op my geskree het toe ek voor haar verby loop terwyl sy rugby kyk. Het sy ’n show ook daardie dag gekyk? Of het sy net heeldag in die strate en tussen die stalletjies gechill? Het sy dalk een van daai blikkies in die straat gegooi?

  • Die feit dat daar steeds in van die venues geen lere is nie of lere is wat nie hoog genoeg is nie. Nege jaar is seker lank genoeg om aan ’n oplossing vir so probleem te dink?

  • Die voorstel dat ’n Groep van 63 vir bruin mense begin moet word. Komaan ouens, leer uit die foute van die verlede.

  • Die biertuin by Kaktus waar mens agter die ystergordyn ingehok is tot jou bier klaar is. Wat het julle gedink?

  • Jacques de Coning wat “Die Stem” by die afskop-show gesing het en ook ’n song oor wanneer ET vrygelaat word. En die mense wat actually redes kry om dit te regverdig.

  • Die feit dat daar nie ’n Stalteater vir rock-musiek was nie. Komaan, mense. Daar moet tog iemand anders wees wat dit ook kan organise?

    Volgende jaar sal ek weer daar wees. Dan sal ons weer boerewors eet en debatteer oor Afrikaans en wroeg by die lesingreeks en djol by Kaktus. Maar hopelik het die makers van die “Praat Afrikaans of hou jou bek” t-shirts dan al tot hul sinne gekom, Karen Meiring en kie gesorg dat daar ’n leer in elke venue is, ’n wiskundige fundi uitgevind hoe kunstenaars geld (en dalk ’n wins!) kan maak, en is daar ’n venue waar Afrikaanse rockers en hulle volgelinge weer kan saamtrek.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.