SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Suid-Afrika se tweede demokratiese dekade: Gaan ons ryker of armer word?[1]

Sampie Terreblanche

1. Iets oor die onderwerp


Ek wil begin deur te sÍ dat ek nie van die onderwerp hou nie. Ek neem aan dat die “ons” darem na al Suid-Afrika se 45 miljoen inwoners verwys. Van hierdie 45 miljoen is die boonste een derde (15 miljoen mense) middelklas- (of bourgeois) mense wat ryk en selfs baie ryk is. Die middelste een derde is arm en vorm die laer klas (of die werkerstand) wat wel toegang tot werkgeleenthede in die formele en informele sektore het, maar nogtans arm is. Die onderste een derde is sorgwekkend arm en vorm die “underclass” (Lumpenproletariat) wat vir alle praktiese doeleindes bykans geen toegang tot werksgeleenthede het nie. Terwyl die boonste een derde heelwat ryker geword het oor die afgelope tien jaar, het die underclass of Lumpenproletariat aanmerklik armer geword, het die inkome van die middelste een derde (die werkende laer stand) deels gestyg en deels gedaal.

Die probleem wat ek met die onderwerp het, is dat die Suid-Afrikaanse middelklas (en veral die ryk elite) steeds ’n obsessie het om nog ryker te word ten spyte van die feit dat die armes (underclass) — vanweŽ faktore buite hulle beheer — steeds besig is om in nog groter ellende weg te sink. Miskien sou ek nie so sensitief oor die onderwerp gewees het nie, as die ou wit en die nuwe swart elite hulle nie op sulke blatante maniere aan al die narighede van ’n rykmanskultus (of is dit ’n multimiljoen-kultus?) skuldig maak nie, terwyl hulle skynbaar onkundig en onverskillig staan teenoor die 15 miljoen wat as ’n underclass permanent aan mens-onterende armoede blootgestel is.


Die beheptheid met rykdom en uitspattige lewenstandaarde in elite kringe is nie alleen irriterend nie, maar kan — te midde van die wydverspreide armoede — selfs as vulgÍr beskryf word. Om alles te kroon, verkeer die superrykes onder die illusie dat al hulle “gemaak en gebreek” om nog ryker te word, spontaan die armoede van die armes verlig. Maar, helaas, die vermeende “onsigbare hand” om diť truuk te bewerkstellig, is afwesig vanweŽ die wanfunksionaliteit van die Suid-Afrikaanse politiek-ekonomiese stelsel.

My pleidooi is dat ons in hierdie land nie alleen groter empatie teenoor die armes moet betoon nie, maar dat ons ook met groter nuansering oor rykdom en armoede — ťn oor die oorsake daarvan — moet praat.

Oor die afgelope tien jaar het ’n miljoen werksgeleenthede in die formele sektor verlore gegaan, byna twee miljoen van die nuwe toetreders tot die arbeidsmag kon nie sodanige werksgeleenthede kry nie, terwyl baie werkers na die “casual” en informele sektore verskuif is, en armoede en ongelykhede verder vererger het!


2. Politieke ekonomie en die bevordering van sosiale
welvaart

In Politieke Ekonomie as vakwetenskap bestaan ’n deurlopende debat oor wat die eintlike doel van die politieke ekonomie en van ’n politiek-ekonomiese stelsel is of moet wees. Sommige beweer dat die individuele verbruikers en die organisatoriese werking van die markmeganisme spontaan besluit wat daardie doel is ůf wat dit behoort te wees. Mense wat sů sÍ, is slaafse aanbidders van Adam Smith se “onsigbare hand”. Hierdie mense is egter aanbidders van ’n verkeerde en vulgÍre interpretasie van wat Adam Smit werklik geskryf het. Die ekonoom Joseph Stiglitz sÍ tereg: “Adam Smith’s ‘invisible hand’ may be more like the ‘Emperor’s new clothes’ — invisible, because it is not there.”

Ander is weer van mening dat die doel van politieke ekonomie en van ’n politiek-ekonomiese stelsel is om toe te sien dat die per kapita-inkome jaarliks so veel as moontlik groei. Van waar Gehasi? Net mense wat hulle skuldig maak aan ’n eng “ekonomistiese” benadering en die Mammon-god van “groeimanskap” aanbid, kan so dom wees om te wil beweer dat dit in die politieke ekonomie gaan om die groei van die per kapita-inkome. Die Amerikaanse ekonoom Edward Phillips stel dit soos volg:

Economics must concern itself with something more than merely maximum output and employment. It must also concern itself with social priorities. In other words, it must, in a sense become a branch of moral philosophy  ... This is an area in which economists have been, ... neglectful of their duty. We need more study of social priorities.

Aangesien Politieke Ekonomie beslis ’n vertakking van die morele filosofie is — en ook behoort te wees — het diegene wat hulle oor die verloop van politieke en ekonomiese aangeleenthede uitlaat — en wat iets oor rykdom en armoede te sÍ het — die sware verantwoordelikheid om ’n moreel verantwoorde standpunt in te neem oor wat sosiale welvaart — dws die welvaart van die gemeenskap as kollektiewe geheel — sal bevorder en wat nie. Die vraag is natuurlik: hoe meet of hoe definieer ’n mens sosiale welvaart?

Sosiale welvaart is ’n waarde-aangeleentheid waaroor elke gemeenskap — en natuurlik ook demokratiese gemeenskappe — deur sy demokratiese prosesse en deur oop diskoerse hom deurlopend moet verantwoord. Dit is jammer dat die diskoerse oor die waardes wat ons wens te verwesenlik, en oor wat ons sosiale prioriteite in die nuwe Suid-Afrika behoort te wees, nie op so ’n lewenskragtige en indringende wyse plaasvind soos wat gewens is nie.

Indien ons saamstem dat die bevordering van sosiale welvaart die doel van die politieke ekonomie is, dan rus daar — om verskeie redes — ’n groot verantwoordelikheid op die regering om die ongelyke verdeling van eiendom, geleenthede en inkome in hierdie land sů te hanteer dat die sosiale welvaart so goed as moontlik bevorder sal word. Hierdie verantwoordelikheid is soveel groter in ’n ontwikkelende land soos Suid-Afrika waar 15 tot 20 miljoen mense bykans volledig gemarginaliseer is van die hoofstroom van die ekonomie en daarom sistemies uitgesluit is van deelname daaraan.

Wanneer so ’n groot deel van die bevolking — byna 50 persent in ons geval — so arm is dat hulle nie in hulle basiese menslike behoeftes (BMB) kan voorsien nie, dan het dit verreikende implikasies vir die rol wat die staat moet speel in die bevordering van sosiale welvaart. As ons boonop in ag neem dat daar gedurende die tydperke van kolonialisme, segregasie en apartheid growwe sosiale onreg gepleeg is teenoor diegene wat vandag in armoede leef, dan word die owerheid se verantwoordelikheid teenoor die slagoffers van sistemiese uitbuiting soveel groter en soveel te meer gebiedend. Anders gestel, as mens na die ongelykhede — ťn die verskriklike groot gaping tussen rykdom en armoede — in Suid-Afrika kyk, kan ’n mens reeds ’n baie sterk en ’n oortuigende saak vir ’n omvattende herverdelingsbeleid uitmaak. Maar as ’n mens die armoede- en die rykdomsprobleme in Suid-Afrika in historiese perspektief bekyk — dws hoe magspatrone tydens uitgebreide kolonialisme, tydens die struggle en tydens die nuwe politiek-ekonomiese bedelinge sommige (en veral die wit en swart elite) onverdiend verryk het en die armste helfte onverdiend verarm het — dan word die argument vir omvattende herverdelingsmaatreŽls nie alleen baie sterker nie, maar dan word dit ’n argument vir omvattende restitusie.

Ten spyte van die sterk saak wat ter wille van herverdeling en/of restitusie uitgemaak kan word, is die amptelike benadering — van die nuwe regering en die korporatiewe sektor — dat herverdeling hoofsaaklik deur ekonomiese groei moet plaasvind. Volgens die GEAR-beleid is groei die manier waarop die armoede van die armes opgelos gaan word!

Hierdie “lekker geloof”, of mite, dat ekonomiese groei in die private sektor die lokomotief gaan wees wat die armes uit hulle moeras van ellende kan en gaan sleep, is nie alleen kortsigtige en selfsugtige rykmanspropaganda nie, maar is uit ’n politiek-ekonomiese en sosialewelvaart-oogpunt ook erg onverantwoordelik en selfs naÔef.

Twee Amerikaanse ekonome, Stein en Denison, het die volgende oor ekonomiese groei te sÍ:

... the importance of more rapid [economic] growth depends critically upon how we allocate our output among our needs ... If our national product is wisely used, the contribution of a higher rate of growth would be the satisfaction of less critical needs, not of the most critical ... If [we] do not allocate [our] output to the most important uses, [we] cannot be sure that any specified rate of [economic] growth or level of output will satisfy [our] critical needs ... If we are not wise in the use of our resources we cannot expect the abundance of our resources always to compensate.

Die kern van Stein en Denison se argument is dat elke land hom kollektief — met behulp van sy demokratiese prosesse — moet verantwoord oor wat sy belangrikste behoeftes is ťn om dan toe te sien dat daardie behoeftes inderdaad bevredig sal word. Dit spreek tog vanself dat die BMB van die armste 20 miljoen mense in Suid-Afrika wat steeds onbevredig bly uit ’n sosialewelvaartsoogpunt, belangriker is as die weeldebehoeftes van diegene wat Kaliforniese lewenstandaarde handhaaf ťn wat hierdie behoeftes inderdaad bevredig. Dit word vandag allerweŽ aanvaar dat die owerheid met sy sosiale bestedings die “wanallokasie” van bronne soos deur die markmeganisme bepaal, moet kompenseer en/of “regstel” sodat sosiale welvaart so goed as moontlik bevorder kan word.

Oor die afgelope tien jaar het die bourgeoisie ryker geword en kon hulle soveel te meer hulle weeldebehoeftes bevredig, terwyl die underclass armer geword het en soveel te minder hulle BMB kon bevredig. Oor die afgelope tien jaar is die sosiale welvaart dus nie bevorder nie, maar is dit inderdaad negatief beÔnvloed, ten spyte van die positiewe per kapita-groei. Dit is mos te gek om waar te wees.

As ’n mens nugter nadink oor die skerp ongelykhede in die verdeling van inkome en geleenthede wat vandag in sowel die wÍreld as Suid-Afrika bestaan, dan is dit darem verskriklik dat ten spyte van die geweldig groot rykdom wat jaarliks in die wÍreld (ťn in Suid-Afrika) geproduseer word, die helfte van die wÍreld se ses miljard mense op minder as $2 ’n dag moet leef (en dat minstens 20 miljoen Suid-Afrikaners onder die broodlyn leef en nie hulle BMB kan bevredig nie). Dit is mos totaal gek dat die wÍreld so “skeef” en so onregverdig georganiseer kan wees. Maar wat erger is, is dat die rykes en die bevoorregtes wÍreldwyd die wyse waarop die wÍreld sosiaal-ekonomies georganiseer is, goedpraat, kompleet asof hierdie “skeef” georganiseerde wÍreld die wÍreld is soos die Liewen Heer dit bedoel het en dat die armes en die verontregtes maar met gelatenheid daarin moet berus.

Sou dit nie dalk veel beter gewees het as die wÍreld se totale produksie kleiner was, maar so verdeel was dat almal ten minste in hulle BMB kon voorsien nie? Gandhi het tereg beweer dat daar wÍreldwyd genoeg geproduseer word om in almal se behoeftes te voorsien, maar dat daar beslis nie genoeg geproduseer word om in die rykes se hebsug te voorsien nie.

Maar, helaas, diegene wat in Suid-Afrika — in sowel regeringskringe as korporatiewe kringe — bepaal in welke rigting dinge oor die afgelope tien jaar beweeg het, wil nie wys wees nie, hulle wil ryk wees. Ons leef in ’n ontwikkelende land waarin ’n rykdomskultuur en uitspattige “konsumeristiese” lewenstandaarde in die geledere van die wit ťn die swart elite hoogty vier, en waarin nuut verworwe rykdom die norm — en meestal die enigste norm — van verdienste en status is.

Ons het in hierdie land nie net met ’n armoedeprobleem te make nie, maar ůůk (en veral) met ’n ryksmansprobleem. Die rykdomsprobleem — en die hebsug, grypsug, magsug en kortsigtigheid wat ten grondslag daarvan lÍ — is tot ’n groot hoogte die oorsaak van die armoedeprobleem. Die rykes vergoelik hulle rykdom met die tipiese middelklas- (petite bourgeoisie-) moraliteit dat hulle hul rykdom verdien het en dat die armes hulle armoede verdien het vanweŽ hulle gebrek aan vermoŽns en luiheid. Ek is verstom dat mense in die verligte tye waarin ons leef, so onkundig kan wees omtrent die historiese en strukturele omstandighede wat die rykes bevoordeel en die armes benadeel het.

Wat my ontstig, is dat die Diskoerskomitee van Aardklop van my kan vra of “ons” oor die volgende tien jaar ryker of armer gaan word. Dit is mos ’n sinlose vraag. Selfs al word “ons” in per kapita-terme ryker oor die volgende tien jaar, gaan die armes waarskynlik nog armer word. Suid-Afrikaners hťt oor die afgelope tien jaar ryker geword — met Ī 0,6 persent per jaar in per kapita-terme — maar die armste 40 tot 50 persent het armer geword. Soos ek hier onder sal aantoon, is die nuwe politiek-ekonomiese stelsel — wat aan die begin negentigerjare geÔnstitusionaliseer is — wanfunksioneel omdat dit die armes sistemies uitsluit en verwaarloos. Solank ons nuwe politiek-ekonomiese stelsel — en die magspatrone en ideologiese ingesteldheid waarop dit berus — onveranderd gaan bly, gaan hierdie sistemiese patrone voortgeplant word.


3. Rykdom en armoede in Suid-Afrika

Gedurende die lang tydperk van kolonialisme, segregasie en apartheid (tot ongeveer 1975) was Suid-Afrika ’n tipiese twee-nasies-nasie wat langs rasselyne georganiseer was: die wittes (Ī 15 persent van die bevolking) was ryk en die swartes (Ī 85 persent van die bevolking) was arm. Oor die afgelope 30 jaar het ons in ’n hoogs gestratifiseerde gemeenskap verander en ’n drie-nasie-nasie geword: ’n veelrassige middelklas
(bourgeoisie) waarvan 4,5 miljoen wit is, ’n veelrassige laer klas (werkerstand) waarvan ’n halfmiljoen wit en meer as 14 miljoen swart is, en ’n underclass (Lumpenproletariat) wat volledig swart is. Die drie klasse leef in wyd uiteenlopende wÍrelde: die middelklas leef in die helder sonlig van die dag, die laer klas leef in die skemerte van die aand (met verskillende skakerings van skemerte) en die underclass “leef” in die donkerte van die nag. (Sien Figure 2 en 3.)





Die middelklas (15 miljoen mense) ontvang 89 persent van totale inkome en 37 persent van die inkome van Afrika suid van die Sahara. Hulle leef in ’n wonderlike oase te midde van ’n groot Afrika-woestyn. Hierdie 15 miljoen moet hulle seŽninge tel. Die elite gedeelte van die middelklas (ongeveer vier miljoen) is baie ryk en leef in uitspattige weelde. Net meer as tien miljoen van die middelklas is swart. Hulle — en veral die twee tot drie miljoen swart elite — het oor die afgelope 30 jaar merkwaardige ekonomiese opkoms gemaak. Die opkoms van die swart middelklas en die swart elite is ’n baie positiewe verskynsel. Nogtans is daar kommer dat hulle darem te vinnig, te maklik te ryk geword het gedurende ’n tydperk waarin die armste 20 miljoen swartes aanmerklik armer geword het.

Verskeie faktore het tot die vinnige embourgeoisment van die swartes bygedra. In baie gevalle het verdienste, harde werk en toewyding ’n deurslaggewende rol gespeel. Andersyds het die regering se Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) en al die verskillende regstellende maatreŽls egter ook ’n groot bydrae daartoe gelewer.

Dat SEB en regstellende optrede geoorloof was, word nie betwyfel nie. Dit is egter nodig dat ons krities sal kyk na hoe SEB en regstellende optrede oor die afgelope tien jaar ontplooi het. Dit word konstant gemotiveer in terme van die onreg wat teenoor al 40 miljoen swart mense gepleeg is. Daarmee het ek nie ’n probleem nie. Maar die implementering van SEB en regstellende optrede gebeur deurgaans sodanig dat dit hoofsaaklik die swart middelklas (van tien miljoen mense) voordeel daaruit ontvang het.

Indien al die versteekte koste van SEB en regstellende optrede gekwantifiseer kan word, dan sal dit nogal ’n aansienlike bedrag wees. Indien SEB duidelik geprioritiseer was en ’n gedeelte van die bronne wat daarop bestee is, aan die underclass toegedeel was — waar die nood die grootste is — sou dit uit ’n sosialewelvaartsoogpunt nogal betekenisvol gewees het en sou die gaping tussen die swart middelklas en die swart underclass nie nůg groter geword het nie.

Dit is veral die embourgeoisment van die boonste 20 persent van die Afrikaan-huishoudings (ongeveer sewe miljoen mense) wat kommer wek — veral as hulle nuutgevonde rykdom met die groeiende armoede van die armste 40 persent van Afrikaan-huishoudings (Ī 15 miljoen mense) vergelyk word. Die inkomste van die boonste 20 persent van Afrikaan-huishoudings was in 1975 agt keer groter as die van die armste 40 persent; in 1991 was dit 19 keer groter, in 1996 31 keer groter en tans meer as as 40 keer groter. In die geval van die ander drie bevolkingsgroepe is die rykste 20 persent van die huishoudings tussen tien en 15 keer groter as die armste 40 persent. Die groot en groeiende gaping tusen die rykste 20 persent en die armste 40 persent van Afrikaan-huishoudings is buite alle verhouding en het geen gelyke Írens ter wÍreld nie. Dit is ’n verskynsel waarvoor daar hoegenaamd geen regverdiging bestaan nie.

Die broodwinners van die 15 miljoen wat die werkende laer klas vorm, het darem toegang tot werksgeleenthede, al is baie van hierdie werksgeleenthede in die informele sektor. Die “sosiale inkome” van baie in hierdie groep het gestyg vanweŽ die water, die elektrisiteit, telefone, gesondheidsdienste, behuising en sosiale sekuriteit wat oor die afgelope 10 jaar addisioneel van owerheidsweŽ aan hulle verskaf is. Wat in hierdie verband bereik is, is lofwaardig en die lof kom die owerheid toe. Die positiewe effek op die “sosiale inkome” van hierdie groep sou egter heelwat groter gewees het indien so baie van die nuwe “aansluitings” — van water, elektrisiteit, behuising, ens — nie weer afgesny is omdat die “bevoordeeldes” nie die kontantvloei gehad het om dit in stand te hou nie.

Dit bring my by die besondere kenmerke van die underclass. Hierdie klas leef onder die broodlyn en kan nie in hulle BMB voorsien nie. Hierdie klas het weinig voordeel getrek uit die water, elektrisiteit, behuising en ander sosiale dienste wat die nuwe regering addisioneel voorsien. Die broodwinners het bykans geen toegang tot werksgeleenthede in ůf die formele ůf die informele sektore nie — hulle strukturele werkloosheid is diep gewortel en baie van hulle is nie eers indiensneembaar nie. Hierdie klas is ongeskoold, ongeletterd, sonder vaardighede en byna volledig gemarginaliseer van die hoofstroom van die ekonomie. Dit word geraam dat nege miljoen (of 33 persent) van die potensiŽle kieserskorps van 27 miljoen nog nie geregistreer is vir die 2004-verkiesing nie en dat baie van hierdie nege miljoen nie eens identiteitsdokumente besit nie. Baie van hierdie nege miljoen wat ongeregistreerd is, is underclass-mense. ’n Groot persentasie van die volwassenes en die kinders in die underclass wat kwalifiseer vir sosiale sekuriteit, ontvang dit nie. Die underclass is stemloos, pateties magteloos en ongeorganiseerd en kan as gesiglose mense beskou word. Uit die oogpunt van die burgerlike gemeenskap leef hierdie klas in ’n vakuum.

Die underclass is besig om in groter armoede weg te sink omdat hulle aan verskeie armoedestrikke blootgestel is. Hulle is die eintlike slagoffers van misdaad, geweld en aansteeklike siektes, hoofsaaklik omdat hulle oor geen reserwes beskik om hulle teen die ontwrigtende effekte van hierdie soort teenspoed te verskans nie. Die underclass word sistemies uitgesluit en sistemies verwaarloos deur die nuwe politiek-ekonomiese stelsel. Mense in die underclass is inderdaad verstote mense — hulle is gedoem om permanent in die donkerte en in die koue van ’n oŽnskynlik ewigdurende winternag te leef ... of te probeer oorleef.


4. Die wanfunksionaliteit van Suid-Afrika se nuwe politiek-ekonomiese stelsel

Ek het hier bo gesÍ dat ons nuwe politiek-ekonomiese stelsel wanfunksioneel opereer en oor die afgelope tien jaar daarvoor verantwoordelik was dat die rykes ryker en die armes armer geword het. Ek wil beklemtoon dat ek my nie net oor die werking van ons ekonomiese stelsel verantwoord nie, maar oor die werking van ons gesamentlike politiek-ekonomiese stelsel.

In die begin van die 21ste eeu kan ’n mens nie meer net oor die ekonomiese stelsel van ’n land in isolasie van die politieke stelsel praat nie. Gedurende die 20ste eeu het die politieke en ekonomiese fasette van die gesamentlike POLITIEK-EKONOMIESE stelsel so nou vervleg geraak, funksioneer die twee fasette so komplementÍr tot mekaar, kompenseer die een tot so ’n groot hoogte vir die foute van die ander een, en moet die MAG van die een deur die MAG van die ander een afgegrens word, dat dit nodig is dat ons ons voortdurend oor die doelmatigheid al dan nie van die gesamentlike politiek-ekonomiese stelsel sal verantwoord.

Dit is insiggewend om die politiek-ekonomiese stelsel wat Suid-Afrika in 1973 gehad het, met die van 2003 te vergelyk.

Die politiek-ekonomiese stelsel van 1973 was: ’n POLITIEKE STELSEL VAN BLANKE POLITIEKE OORHEERSING PLUS ’n EKONOMIESE STELSEL VAN RASSE- EN KOLONIALE KAPITALISME. Hierdie stelsel was uit ’n eng ekonomiese oogpunt baie suksesvol. Dit het Suid-Afrika in staat gestel om vir 40 jaar ’n jaarlikse ekonomiese groeikoers van 4,5 persent te handhaaf. Die stelsel was in vele opsigte ook redelik stabiel. Maar uit bykans alle ander oogpunte beoordeel was hierdie stelsel wanfunksioneel en immoreel. Dit was verantwoordelik vir die sistemiese uitbuiting van 80 persent van die swart bevolking. In 1946 was die per kapita-inkome van die Afrikane 8,9 persent van die van die blankes. In 1973 was dit slegs 6,8 persent!

Sedert 1987 het sowel die politieke as die ekonomiese fasette van ons gesamentlike stelsel belangrike veranderinge ondergaan. Die politieke faset het verander in ’n konstitusionele demokrasie met ’n een-mens-een-stem-kiesstelsel en ’n handves van menseregte. Maar gegewe dat die parlement op ’n proporsionele grondslag verkies word, verleen ons nuwe demokrasie buitengewone partypolitieke mag aan die Afrikaan-elite wat die ANC se Nasionale Uitvoerende Raad en die koukus beheer. Hierdie elite beskik oor die mag om die regering se ideologiese ingesteldheid en beleid op ’n eensydige wyse voor te skryf en te dikteer. Ons kan ons nuwe politieke stelsel as ’n Afrikaan-elite-demokrasie beskryf wat nog lank nie die toets van ’n egte veelpartydemokrasie deurstaan het nie. ’n Ongelukkige kenmerk van ons nuwe demokrasie is dat die regering baie onseker is van sigself, dat dit oordrewe sensitief teen goed bedoelde kritiek is en geensins ’n demokratiese tradisie van debatsvoering oor openbare aangeleenthede vestig en bevorder nie.

Die moderne sektor van die ekonomie het sedert 1973 ook ingrypend verander. Dit het baie meer kapitaalintensief geword, en sy werkskeppende vermoŽ het skerp afgeneem. Die neiging na kapitaalintensiteit is deur verskeie faktore gestimuleer, maar veral deur die struktuurverandering wat in die Afrikaan-arbeidsmark ingetree het. Toe Afrikaan-arbeid nie meer so gedwee en goedkoop was soos vůůr 1970 nie, het die hoofsaaklik blanke korporatiewe sektore arbeid met kapitaal vervang — en hy doen dit nog steeds.

Oor die afgelope 30 jaar het die uitbuitende stelsel van rasse- en klasse-kapitalisme verander in ’n EerstewÍreldse Kapitalistiese Enklave wat hom toenemend distansieer van ’n groot deel van die swart arbeidsmark. In 1970 het 34 persent van die totale Afrikaan-bevolking permanente werksgeleenthede in die moderne sektor gehad. Tans het slegs 13 persent sodanige werksgeleenthede — dws slegs een uit agt ipv een uit drie in 1970.

Sedert 1994 is die Suid-Afrikaanse ekonomie holderstebolder “geglobaliseer” en in hierdie “oop” ekonomie is die geleentheid aan die korporatiewe sektor gebied om — bo en behalwe die miljarde rande wat die sektor onwettig uitgeneem is — nog meer miljarde wettig uit die land te neem sonder dat die beloofde invloei van buitelandse belegging plaasgevind het.

Sedert 1994 is ons politiek-ekonomiese stelsel — soos dit in vandag se wÍreld behoort te wees, ’n stelsel van demokratiese kapitalisme. Maar dit is ongelukkig ’n stelsel van demokratiese KAPITALISME, waarin die “kapitalistiese” faset, in verhouding tot die “demokratiese” faset, te veel mag en invloed het en ook die neoliberale ideologiese karakter van die gesamentlike stelsel dikteer.

Ons nuwe politiek-ekonomiese stelsel kan dus soos volg beskryf word: ’n AFRIKAAN-ELITE-DEMOKRASIE PLUS ’n OOP, EERSTEW RELDSE, KAPITALISTIESE ENKLAVE WAT IN TERME VAN DIE NEOLIBERALE IDEOLOGIE (dws die “WASHINGTON CONSENSUS”) VAN DIE BRITS-AMERIKAANSE W RELD GELEGITIMEER WORD.

Die jaarlikse groeikoers van 2,7 persent sedert 1994 is aansienlik beter as die jaarlikse groeikoers van 1,7 persent gedurende die vorige 20 jaar. ’n HoŽ mate van sosiaal-politieke en makro-ekonomiese stabiliteit is sedert 1994 gehandhaaf en dit is verdienstelik. Die gesamentlike politiek-ekonomiese stelsel is egter steeds wanfunksioneel en immoreel omdat 45 persent van die swartbevolking deur sowel die politieke as die ekonomiese fasette van die stelsel uitgesluit en verwaarloos word. Die armste 45 persent van die totale bevolking het sedert 1994 armer geword, terwyl hulle indiensnemingsposisie, hulle sosiaal-ekonomiese posisie en hulle veiligheids- en gesondheidsposisies aansienlik verswak het. In 1996 het 17,1 miljoen mense onder die minimumbestaansvlak geleef soos gedefinieer deur UNISA se Buro van Marknavorsing. In 2001 het 22,3 miljoen onder hierdie vlak geleef!


5. Wie moet die skuld vir die armoede van die onderste 45 persent kry?

Die apartheidsregering moet deel van die skuld vir die groeiende armoede kry vanweŽ die aaklige sosiaal-ekonomiese erflating wat hy in 1994 aan die ANC-regering oorgedra het. Die armoede van sÍ die armste 20 miljoen het ’n dinamika van sy eie verkry, waardeur die armoede spontaan voortgeplant word. Dit is soos ’n sneeubal wat in sy eie momentum teen ’n skuinste afrol en groter en groter word!

Maar die ANC-regering en die korporatiewe sektor (en hul globale vennote) moet die ander deel van die skuld kry, omdat hulle in 1993/94 gesamentlik ’n politiek-ekonomiese stelsel geÔnstitusionaliseer het wat die armste 45 persent van die bevolking sistemies uitsluit en sistemies verwaarloos. Die ANC-regering bestee wel meer aan armoedeverligting, maar dit is nie naastenby genoeg om die chronies verslegtende toestande te beredder nie.

Die wanfunksionaliteit van die huidige politiek-ekonomiese stelsel moet toegeskryf word aan die aard van die onderhandelde skikkings wat in die vroeŽ negentigerjare tydens die informele onderhandelinge tussen die plaaslike en globale korporatiewe sektore enersyds en die leierkorps van die ANC andersyds bereik is. Tydens hierdie geheime onderhandelinge het die plaaslike en globale korporatiewe sektore saamgespan en ’n magtige blok gevorm wat met hiperboliese behoeftes — en subtiele dreigemente — die leierskorps van die ANC oortuig, oorrompel en/of gekoŲpteer het om ’n ekonomiese beleid, ’n ekonomiese stelsel en ’n ekonomiese ideologie te aanvaar wat in die seksionele belang van die korporatiewe sektore en die ryk bourgeoisie is, maar wat uiters nadelig vir die armste helfte van die bevolking is.

Die korporatiewe sektor het ’n neoliberale en globaal georiŽnteerde IDEOLOGIE, ’n vryemark-BELEID en ’n vryemark-STELSEL aan die nuwe Suid-Afrika opgedwing kompleet ASOF die minimum mens-, juridiese en institusionele voorwaardes vir sů ’n IDEOLOGIE, BELEID en STELSEL in Suid-Afrika teenwoordig is of maklik tot stand gebring kan word — iets wat natuurlik nie die geval is nie.

Die raison d’Ítre van ’n vryemarkekonomie is daarvan afhanklik dat dit so volledig as moontlik die totale bevolking by die hoofstroom van sy aktiwiteit sal betrek en dat dit naastenby die totale bevolking deur sy werking sal bevoordeel. Die vryemark-IDEOLOGIE, -BELEID en -STELSEL is ONVANPAS en ONTOEPASLIK vir ’n ontwikkelende, verdeelde en sosiaal-ekonomies “geknakte” land soos Suid-Afrika nŠ byna 350 jaar van kolonialisme, segregasie, apartheid en die struggle.

Die vryemarkgeoriŽnteerde kapitalistiese enklave kan nie armes dien nie en kan hulle ook nie uit hulle armoede bevry nie, en wel om die volgende redes:

eerstens, omdat die underclass (ťn ’n deel van die laer klas) byna volledig gemarginaliseer is en daarom uitgesluit is van die hoofstroom in die enklave;

tweedens, omdat die underclass eiendomloos, ongeskoold, ongeletterd, sonder vaardigheid, sonder werk is en daarom nie geskik is vir indiensneming nie, en boonop ook nie vir die moderne sektor ’n betekenisvolle verbruikersmark bied nie;

derdens, omdat die underclass ůf tradisioneel georiŽnteerd is ůf getraumatiseerde (en selfs gebrutaliseerde) mense is wat ’n armoedementaliteit (en vanweŽ apartheid selfs ’n misdaadmentaliteit) het en om hierdie redes nie die rasionele lewensingesteldheid het wat onontbeerlik is voordat hulle op ’n voordelige wyse (vir hulleself) aan die meedoŽnlose spel van die sogenaamde vryemarkekonomie kan deelneem nie ... en daarom gedoem is om op elke hoek en draai die onderspit te delf;

vierdens, omdat die reusagtige — en byna vulgÍre — mag- en inkomegaping tussen die hoogs georganiserede bourgeoisie (15 miljoen mense) en die ongeorganiseerde underclass (15 miljoen mense) dit nie alleen onwaarskynlik maak nie, maar dit selfs onmoontlik maak dat die entrepreneursklas in die moderne marksektor ooit die “begrip”, die wil, die empatie, die medelye en die offervaardigheid aan die dag sal lÍ om die underclass op ’n winsgewende wyse (vir die entrepreneursklas) en op ’n heilsame wyse (vir die underclass) by die moderne sektor se bedrywighede te betrek; boonop is die ideologiese oriŽntasie in die geledere van die entrepreneursklas te hebsugtig, te selfsugtig en te kortsigtig om uit te reik na die underclass.

vyfdens, omdat die meedoŽnlose dissipline van globale mededinging — gegewe die aard van Globale Kapitalisme — die winsgedrewe korporatiewe sektor in die kapitalistiese enklave tot steeds groter kapitaalintensiteit gaan aanspoor, wat die werkskeppende vermoŽ van die ekonomie net verder gaan verswak en dit daarom onwaarskynlik gaan maak dat werkloosheid betekenisvol sal verminder selfs al word ’n jaarlikse groeikoers van 4 persent (en hoŽr) gehandhaaf.

sesdens, omdat die sterk strukturele neiging — wat reeds in die vroeŽ 1970’s begin het — na die EerstewÍreldse, kapitalistiese enklave so sterk voortgerol het oor die afgelope tien jaar — hoofsaaklik vanweŽ die neoliberale en globale beleidsmaatreŽls, vanweŽ regstellende optrede in die arbeidsmark en vanweŽ die swak geskoolheid van ’n deel van die arbeidsmark — dat ons ekonomiese groei waarskynlik “jobless growth” gaan wees en dat daar dus geen sprake kan wees van ’n “trickle-down”-efffek na die armes nie.[2]

Dit is egter nie net die kapitalistiese enklave van ons gesamentlike politiek-ekonomiese stelsel wat die armes sistemies uitsluit en verwaarloos nie. Die politieke faset van die gesamentlike stelsel — oftewel die Afrikaan-elite-demokrasie — is eweseer geneig om die armes sistemies uit te sluit en te verwaarloos, en wel om die volgende redes:

eerstens, omdat die leierskorps van die ANC verskeie elite kompromieŽ met die korporatiewe sektor en sy globale vennote aangegaan het waarin die leierskorps hom verbind het tot fiskale beperkings, neoliberalisme, globalisering en die liberalisering van die vloei van kapitaal en handel. Hierdeur het die ANC ingestem dat sy soewereiniteit so ernstig ingeperk is dat hy nie oor die mag beskik om die aaklige sosiaal-ekonomiese nalatenskap van apartheid na wense te beredder nie.

tweedens, omdat die ANC-regering toegelaat het dat die kapasiteit van die openbare sektor dramaties verswak het; gevolglik beskik hierdie sektor eenvoudig nie oor die kapasiteit om na wense sosiale en welvaartsdienste aan die armes te lewer nie.

derdens word die underclass erg verwaarloos deur die ANC-regering, omdat hierdie klas — uit die oogpunt van die burgerlike gemeenskap — geen bedingingsmag het nie. Alhoewel die prioriteite van regerings wÍreldwyd deur die druk van goed georganiseerde drukgroepe bepaal word, wil dit voorkom asof die ANC-regering besonder “beweegbaar” onder die druk van drukgroepe is. Aangesien die underclass nie oor bedingingsmag beskik nie, is dit byna vanselfsprekend dat hulle sistemies verwaarloos en uitgesluit sal word.

vierdens het ’n nuwe magsalliansie aan die begin van die negentigerjare tot stand gekom waarin die korporatiewe sektor en globale korporatisme die senior vennote is en waarin die ANC en sy bourgeoisie-ondersteuners as junior vennote gekoŲpteer is, maar teen baie gunstige terme vir die swart bourgeoisie en sonder inagneming van die belange van die underclass.

vyfdens is die ANC-regering in sy retoriek besonder sterk daarop ingestel om die armes “in te sluit”, om die “frontiers of poverty” terug te skuif en om “a better life for all” te skep. Daar bestaan egter ’n groot gaping tussen die retoriese inskakeling van die armes en hulle werklike uitskakeling.

Wat die probleem soveel te meer vererger, is dat die ANC klaarblyklik nie die omvang, die kompleksiteit, en die endogeen dinamiese karakter van die armoedeprobleem van die underclass begryp nie. Die vermoede dat die ANC dit nie begryp nie, word versterk deur die onwilligheid van pres Thabo Mbeki en ander ANC-segsmanne om te erken dat die armes oor die afgelope tien jaar armer geword het. Met so ’n opvallend foutiewe “diagnose” — ter wille van partypolitieke gewin — is die ANC bestem om die oorlog teen armoede te verloor.


6. Gevolgtrekking

Ek hoop u verstaan nou waarom ek redelik seker is dat die rykes oor die volgende tien jaar nog ryker gaan word — behalwe as onvoorsiene ineenstortings (“melt-down”) in die globale ekonomie ons dalk gaan pootjie — ťn dat die armes verder gaan verarm. Solank die nuwe politiek-ekonomiese stelsel — en die magstrukture en ideologiese ingesteldheid waarop dit gebaseer is — onaangetas gaan bly voortbestaan, sal die armes (die underclass) steeds uitgesluit en verwaarloos bly. Oor baie eeue is ’n strukturele foutlyn in die Suid-Afrikaanse politiek-ekonomiese stelsel ingebou waarvolgens die blankes ryker geword en die meeste swartes chronies verarm is. Daardie foutlyn bestaan in ’n aangepaste vorm steeds in die nuwe Suid-Afrika. Hiervolgens word die veelrassige bourgeoisie steeds ryker en die swart underclass steeds armer!

U vra my wat is nodig as ons hierdie sistemiese “drukgang” wil deurbreek. Ek dink minstens ses dinge is nodig:

eerstens sal die elite-kompromieŽ waaroor die korporatiewe sektor en die leierskorps van die ANC eenstemmigheid bereik het, heronderhandel moet word en sal ’n nuwe “sosiale kontrak” in die opvolgskikking aangegaan moet word wat die belange van die armes insluit;

tweedens sal sowel die korporatiewe sektor as die ANC moet toegee dat ’n vryemark-IDEOLOGIE, -BELEID en -STELSEL onvanpas en ontoepaslik is in die “drie-wÍrelde-wÍreld” van Suid-Afrika en dat Suid-Afrika ’n egte “developmental state” dringend nodig het;

derdens sal metodes gevind moet word om die sterk strukturele neiging na groter kapitaalintensiteit en na enklaviteit teen te werk sodat die moderne sektor se arbeidsabsorbering kan styg.

vierdens sal Suid-Afrika se holderstebolder integrasie in globale kapitalisme omgekeer moet word om ruimte te skep vir ’n meer gedifferensieerde deelname aan globale kapitalisme wat Suid-Afrika se belange, en veral die werkskeppingsvermoŽ, voorop sal stel;

vyfdens sal die kapasiteit van die openbare sektor baie moet verbeter, sal nepotisme, korrupsie en “careerism” uitgeroei moet word, ter wille van beter dienslewering; en

sesdens sal ’n omvattende herverdelingsbeleid — of ’n restitusiebeleid — geÔmplementeer moet word, maar dit sal net moontlik wees as die “verdelingskoalisie” wat in die begin negentigerjare tussen die ou wit en nuwe swart elite gesluit is, ontbind kan word en die elite terselfdertyd sy rykmankultus en sy neoliberale ideologie kan afsweer.

U vra my of dit moontlik sal wees om hierdie ses dinge te bewerkstellig? Ek glo nie. Daarom gaan die rykes ryker en die armes armer word oor die volgende tien ... ťn oor die volgende 20 jaar!

Tot nou toe het ek nog niks gesÍ oor die moontlikheid (of waarskynlikheid) dat die uiters ongelyke verdeling van inkome — en die yslike gaping tusen die lewenstandaarde van die bourgeoisie en die underclass — die stabiliteit en die voortbestaan van Suid-Afrika se nuwe demokrasie in gevaar kan stel nie. Dit kan gebeur deur ’n eskalasie van die huidige hoŽ vlakke van geweld en misdaad, ůf deur ’n tweede struggle. Ek wil diť moontlikhede onder die aandag bring deur ’n gedig wat Dirk Opperman in 1956 gepubliseer het, aan te haal:

KIETS

In die donker krotte van Distrik Ses
maak ons duisende saam met die muise nes,
en die rykes hang in glas en lig
in die huise hoog teen Oranjezicht,
maar dis sus of so vir die skollie met die mes.




[1] Lesing gehou as deel van die Sol Plaatje-Diskoersreeks by die Aardklop Nasionele Kunstefees in Potchefstroom, 25 September 2003.

[2] Verbasend genoeg het pres Thabo Mbeki in sy ANC Today-brief (22-28 Aug 2003) erken dat die “trickle-
down”-scenario nie in ons “Eerste WÍreld” en “Derde WÍreld”-situasie van toepassing is nie:

It is sometimes argued that higher rates of growth, of 6% and above, would, on their own, lead to the reduction of the levels of unemployment in our country. This is part of a proposition about an automatic so-called trickle-down effect that would allegedly impact on the “third world economy” as a result of stronger “first world economy”. None of this is true.

Toe pres Mbeki hierdie dik streep deur die “trickle-down”-scenario getrek het, het hy in effek die GEAR-beleid gerepudieer. Ons kan maar net hoop dat hy binnekort ’n amptelike aankondiging in diť verband sal maak.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.