SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

7de Laan en soberheid in die Suid-Vrystaat

Rudi Buys

Rudi Buys is 'n neo-Afro teoloog, prosesleier en vryskutskrywer van Kaapstad. Hy werk tans saam met die Universiteit van Stellenbosch en is lid van die InterAction Pan-Afrika Leiersberaad van die British Council. Kontak hom by brb@sun.ac.za

7de Laan is besig om Plato van sy eeue-oue plek aan die voet van die Akropolis te stamp.

Paula, Connie, Bart en die ander karakters van 7de Laan op SABC2 is selfs besig om Plato se klassieke werk, Die Republiek, van ons rakke af te stamp - saam met die notas van ander denkers wat deur die eeue antwoorde bedink het vir hoe 'n land homself moet orden.

Ja, sommer so tussen Vanessa se rebellie, Liezl se verwarring en Bart en Marko se vuiste deur, is hulle besig om ons nasie saam te smee.

"Hoe op dees aarde?" vra jy my.

Man, die ding het eintlik begin toe ek oor Nuwejaar in die Vrystaat vakansie hou. Ek was besig om Etienne van Heerden se Stilte na die boek te lees. Ek het gebyt aan die vraagteken wat Van Heerden agter die nasiebou-imperatief plaas in die kitsessay genaamd "Nasiebou van Berlyn tot Babsfontein". In di stuk word soortgelyke kwessies van Suid-Afrika en Duitsland se pogings om op nasionale vlak versoening en eenheid tussen mense te skep, met mekaar vergelyk. Dit doen Van Heerden om jou aandag daarop te vestig dat "nasiebou" as die nuwe groot doelwit vir alle goeie burgers meer skepties benader moet word. Want "nasiebou" is 'n meesternarratief - "iets wat probeer om die illusie van 'n universele menseverhaal te vestig en te legitimeer". 'n Manier, dus, om verby die klein stories van elkeen van die menigte Suid-Afrikaners te kyk. En daarom kan "nasiebou" net so onvanpas wees as ander meesternarratiewe in ons geskiedenis: Apartheid, die Totale Aanslag en Christelik-Nasionale stories wat die "klein geheues en verhale van mense" ontken en agterwe laat.

Monster-narratiewe!

Van Heerden vra darem die vraag na wat dan nou eintlik die gedeelde storie van alle mense in Suid-Afrika sal wees. En hy stel voor (weer eens met 'n vraagteken) dat di storie te vinde is in die gedeelde ervarings van "apart wees in versplintering" en "saamwees in ontheemding". Anders ges: ons ken almal op een of ander manier die gevoelens van afsondering van ander mense, en van "vreemd-voel" in jou eie land. Di stories moet gehoor word. Dt sal volgens di essay die gom wees wat mense saambind.

Ek het Van Heerden se gedagtegang onmiddellik by my arsenaal van kritiese denke gevoeg - vir wanneer ek om braaivleisvure politiek praat; vir wanneer ek afvaardigings of rolspelers ontmoet; selfs vir wanneer ek en Skoonpa oor landsake praat.

En ek sou dit waarskynlik ongestoord s aangewend het, was dit nie vir die wrede satire wat die daagliske werklikheid van ons "volk op die plaas" en 7de Laan op di slimmigheid gelewer het nie.

Want sien, dit was Maandag. Ek en Carin kuier by geliefdes diep in die Suid-Vrystaat. Hier tel jy nog vele Mauser- en Lee-Metford-doppies van die Boere-oorlo op. Hier kort duskant die Orania-volkstaat.

Ons kuier 'n hond uit 'n bos. Ons gesels die onlangse goeie pryse vir C2-3-graad-vleisskaap, Oom Kotie se val, die dominee se Kersdagpreek en die grappe van die onlangse familietroue, flou. En dit raak laat.

Ons breek ons roetine - vrek lekker!

Met die laatnag-kuier het ons die aand se uitsending van 7de Laan misgeloop.

Toe ons onsself met muskietbyte soos groepe skyfskietskote, tabakasems en witblitshoofpyne in die bed insleep, prewel my geliefde vrou: "Ek wonder wat Paula [van 7de Laan] toe te s gehad het oor Connie [en nie Paula nie] as die Pasquale-girl gekies is?'

Ons roetine: gebreek!

Ons slaap laat, kreun uit die bed, gereed om na middagete die wippe vir jakkalse in die noordkamp na te gaan en die dipgif vir Piekanien in die ander kamp te neem. Maar eers groet ons darem die bekende gesigte: Sara, Koekie, Willem en die ander wat op die plaas arbei. En ons gesels lkker - di mense ken darem my geliefde van jongdae af.

"Hoe gaan dit? En die kinders? Wat's nuus?" ... en so draal dit voort. Ek verloor effe aandag. Ek moet sorg dat ek di wille-merrie-babalaas van my inbreek voordat ek en Skoonpa later weer groot prate oor landsdinge praat.

Moenie vir my vra hoe die lot vroue daarop gekom het nie, maar ek kom weer by in di kombuisgesprek toe Sara met oorgawe begin vertel wat laasnag op 7de Laan gebeur het. Haar arms maal en haar o rol soos sy beduie dat Paula geensins te vinde was vir die idee dat Connie die Pasquale-girl is nie. Sy beduie met opgewondenheid hoe Paula selfs die joga-lotusposisie met gekrulde palms en vingers op die knie ingeneem het om met gekontroleerde asemhaling haar "siel rustig stem".

En my eie klei'mies en Sara en Koekie lag saam uit hulle mage uit.

Met di begin sinapse so in my beneweldgeit lewe - met die besef dat daar tussen my geliefde vroutjie van die Kaap en die harde werkersvroue van die Suid-Vrystaat nou iets groots gebeur. Iets van 'n onbedoelde, maar werklike, meesternarratief. 'n Illusie van "ons-deel-uiteindelik-iets-wat saakmaak"!

Maar het einde is dit nog niet. Grootoog vertel Sara wat nog snaakser is: toe sy laasnag uit haar kleine kombuisie (van hulle huisie annerkant die koppie weg van die opstal) stap, vind sy haar vyf kinders almal ewe ernstig op "hulle-se-gatte" in die stof, in die lotus-posisie met krullende vingers en swaar asems en al - nes Paula van 7de Laan!

Ek hersien my slimmigheid; ek moet meester Van Heerden hierrie ene vertel. Ek vergeet van die Essentiales-lewerpil om reg te wees vir Skoonpa; ek lag sommer vir myself en die res van die intellectuals. Want 'n meesternarratief is wl in spel, en met 'n reikwydte waarvan ons die omvang nie sommer kan skat of meet nie.

'n Meesternarratief wat nie leef in die hande van ons politieke en ander groot leiers nie, nie in die hande van 'n Giliomee, Gerwel of Roodt nie, maar in die hande van Paula, Connie en ons ander sepiesterre. Hulle stories word die nuwe "klein stemme", die erkenning van enkeles teenoor die massas, die herinnering dat my storie ook tel - selfs al is hulle stories nou nie regtig werklik nie.

En terwyl ons wag dat mense soos gebreide karosse oor tyd heen gereed raak vir versoening, skep di meesternarratiewe 'n gedeelde leefruimte, 'n gedeelde geselsruimte en 'n gedeelde taal tussen al onse mense.

Selfs al sou di meesternarratiewe alleen "illusies van 'n universele menseverhaal" wees.

My soberheid is terug.



LitNet: 26 Januarie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.