SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Skrywersberaad-argief

Skrywersberaad




  Heindrich Wyngaard
is gebore op 28 Julie 1973 op Caledon en gaan ook daar skool. Hy studeer joernalistiek aan die Technikon Skiereiland. Hy is tans artikelredakteur by Insig, veldaanbieder van Kwla op kykNET en aanbieder van Standpunt op PUNT Geselsradio. Van sy verhale is opgeneem in Die stukke wat ons sny, saamgestel deur Hein Willemse vir Kwela Boeke.

Gedagtes van ’n kind van Gam

Die vrou het dit baie goed bedoel — ek weet, ek ken haar lankal, en ons gesels altyd lekker — toe sy s: “Ek lees graag die goed wat jy skryf, en ek geniet dit — maar ek kry so die gevoel dat jy bitter is, of klink dit maar net s?”

En daar staan ek uit die veld geslaan, verbaas oor die reaksie op die stuk waarin ek ges het: Hou asseblief om hemelsnaam op om ons “bruin Afrikaners” te noem, want ons is dit nie en ons wil dit nie wees nie (en wanneer ek praat van ons, bedoel ek al die spreekwoordelike “kinders van Gam” wat voel soos ek voel); en toe vra ek maar net: want hoe weet ons nie dat dit dalk weer met ’n politieke getallespel te make het nie; en ek s ook dat bruin Afrikaanse mense, anders as die meeste wit Afrikaanse mense, eenvoudig nie — by gebrek aan ’n beter uitdrukking — “die luukse van ’n taalstryd” kan bekostig nie, nie terwyl daar gesukkel word om te oorleef van die karige lone wat hulle baie keer van einste die wit Afrikaanse mense kry nie.

Dis nodig, ja, om di soort goed van tyd tot tyd te herhaal. S s die woorde van ’n liedjie: “The more you refuse to hear my voice, the louder I will sing.” Ek het ook gevra, in die laaste paragraaf van die genoemde stuk, en die vraag bly relevant (en ek het ’n vermoede, soos dinge nou lyk, dat dit nog vir ’n hele ruk relevant sal wees): Of wit Afrikaanse mense nog nooit daaraan gedink het nie, nie eens vir een oomblik nie, om aan hul bruin taalgenote ekskuus te vra vir die onregte van ’n tyd wat nie meer is nie? Nou moet ek onmiddellik toegee dat nie almal aandadig was aan daai onregte nie, maar ook: dat talle reeds, stil-stil, op hul eie manier, en sonder om agterna te koop te loop daarmee, “ekskuus ges het” — of dit nou was deur vir die ANC te stem, teen die wil van hul base ’n voorlegging aan die WVK te doen, behoeftige kinders met studiegeld te help; of plein en simpel goeie menseverhoudinge met almal te handhaaf. Ander, weer, soos Sandra Marais van die Paarl, het ’n brief in reaksie op my pleidooi aan Insig geskryf: “Ek is jammer as ek ooit op enige wyse met my woorde, dade of denke (opsetlik of onbedoeld) mense seergemaak of te na gekom het,” het sy ges. “Ek is jammer as ek in die verlede bevooroordeeld of meerderwaardig teenoor iemand opgetree het, omdat ek ’n sogenaamde wit persoon is. [...] En selfs al was dit min, al was dit effentjies, al was dit net nou en dan — dit was verkeerd.”

Die res van die reaksie op die stuk was ongelukkig oorwegend teregwysend, in die trant van wat weet jy, want jy is ’n kind, te jonk om di soort goed te verstaan — en iets wat nie eksplisiet ges is nie: jy’s boonop bruin, en nie wit nie. Maar dis presies hier waar die briefskrywers die waterblommetjies op die plaasdam misgekyk het, want omdat ek bruin is, wt ek van die dinge van gister, en omdat ek nog betreklik jonk is, besef ek al meer en meer — en dit bekommer my — dat ons nie die toekoms tegemoet sal kan gaan vrdat ons oor hierdie dinge van gister met mekaar reguit gepraat het nie.

Dis, after all, die kinders van vandag — en dit mag ons nooit vergeet nie — wat mre-oormre met die gelag gaan sit; en die grootmense rustig met kombersies oor hulle bene ...

Ek hou vir ’n ruk nou al met groot belangstelling die gebeure in Australi dop: premier John Howard se weiering om ekskuus te s; om namens die regering verskoning te maak daarvoor dat die staat in die verlede Aborigine-kinders van hul ouers “gesteel” het om aan hulle ’n “beskaafde opvoeding” te gee by wit pleegouers, sendingstasies, kindertehuise. “There are tens of thousands of stories of children who, between the 1950s and 1970s, existed with no sense of self, disconnected from all family,” lees ek pas in die Mail & Guardian. “These children have come to be known as the ‘stolen generation’.” En interessant genoeg, vertel die artikel toe verder, het hoevele Australirs reeds hul name in “sorry”-registers geteken — en s ekskuus ges vir wat die “gesteelde geslag” aangedoen is, en wat aan hulle gedoen is, het ’n kommissie in 1997 bevind, “meets the international definition of genocide ... which is the attempt to destroy a people, a culture”.

Maar hoeveel van ons onthou dat ’n poging ook hier aangewend is om ’n “Book of Reconciliation” onderteken te kry? Die boeke is gelaat by WVK-kantore landwyd sodat ondertekenaars met di gebaar hul verbintenis tot versoening kon toon. Ek moet bieg dat ekself daarvan vergeet het (indien ek ooit daarvan geweet het) totdat iemand my daarop wys dat Antjie Krog in Country of my Skull daarna verwys. “The last time I looked at the Book of Reconciliation,” skryf Antjie, “it had been signed by seven people. Another forty-five had signed on the Internet.”

Nou wonder ’n mens of die feit dat die boeke by WVK kantore gehou is (of word?) dit nie dalk “ontoeganklik” gemaak het vir baie potensile ondertekenaars nie. En toe, skielik, kom l die volgende voorstel op die stoepie voor die deur: Hoekom begin ons nie ook hier met ’n soortgelyke veldtog van “sorry”-registers wat by al wat ’n skool, biblioteek, kerk, universiteit, winkelsentrum en elke ander denkbare plek gelaat word, sodat elkeen wat ekskuus ges het — of nou behoefte daaraan het — se naam daarin verewig kan word nie? Dit mag dalk nie iets groots wees nie; dog, wers moet ons begin.

* * *

Ek praat as iemand wat ook deurgeloop het onder apartheid — tot welke onbenullige mate dit ook al sou wees, en ofskoon ek eintlik grootgeword het in ’n tyd toe dinge kwansuis nie meer so erg gegaan het nie: Verwoerd was goddank mos darem al dood, en bruin rugbyspanne het al oorsee getoer ... En dis belangrik om dit te s: dat ek sommer maar uit my kop uit praat, uit eie ervaring, en in gewone man se taal; dit kan nie anders nie. Ek praat ook sonder dat ek weet wat die Groot Denkers van ons tyd oor di klas goed te s gehad het, sonder om daaroor te probeer intellektualiseer.

Gebore in 1973, skool begin in 1980 — en dit op ’n plattelandse dorp waar “die bruinman” oor die jare sy plek geken het; waar daar ’n kunsmatige, ’n oppervlakkige vrede, ’n kamstige liefwees vir mekaar tussen bruin en wit (want swartes was daar tot baie onlangs nie op die dorp nie) geheers het. “Caledon het mooi gekyk na sy bruinmense,” s Marjorie Wallace toe ek haar een sonnige Saterdagoggend daar op die rustige Onrus van my komvandaan vertel; sy wat saam met haar man, die skrywer Jan Rabie, op haar dag soveel gedoen het om kunsmense van oor die kleur- en taalgrens heen by mekaar uit te bring. “Caledon het mooi gekyk na sy bruinmense.”

Maar wat Marjorie nie weet nie — en op di Saterdagoggend is dit nie werklik van pas om haar daarvan te vertel nie, want ek is hier om te praat oor die dood, anderjaar, van Richard Rive, en ook oor Jan se siekte — is dat ek as skoolkind deur die polisie uit die dorpsgebied verjaag is toe ek en ’n vriend in die vakansie tuinwerk gaan soek het. “Gaan soek werk daar waar julle bly,” het die polisieman ges nadat ons hom nie kon help met ’n navraag nie. “Gaan soek werk daar waar julle bly.” En toe’s ek klaar met skool en dis 1992, en ek stap saam met twee vriende na ’n plaaslike kroeg wat pas heropen het, ’n almal-welkom-advertensie in die plaaslike koerant en al, maar ons sou nie toegelaat word om iets te drink nie, en word vriendelik gevra om die plek te verlaat, terwyl — en ons het agterna lekker gelag daaroor — ’n netjies geblokte kleurfoto van Errol Tobias, die land se eerste nie-wit Springbokrugbyspeler en boorling van die dorp, eenkant in ’n hoek pryk, grt en oop en bloot vir almal om te sien.

Dt, dan, is my beskeie CV as “slagoffer” van die stelsel; baie ander mense het baie, baie erger dinge oorgekom. En vandag steeds — al die veranderinge van die afgelope dekade ten spyt — word jy met agterdog bejen wanneer jy by winkels en restaurante instap; en wanneer ’n kelner of ’n bestuurder of ’n winkelassistent “Kan ek help?” sou vra, hoor jy baie keer in die stemtoon wat die een nie hf te s nie, soos dat jou velkleur outomaties van jou ’n potensile misdadiger maak. Ook word daar onder meer — en dis ’n ander ding di — van jou verwag om “wit norme” aan te neem omdat jy onwillekeurig — en sonder dat jy regtig weet wat dit beteken — deel geword het van die middelklas. Maar jy durf nie oor hierdie goete praat nie, want daar word maklik ges dat jy “’n chip op jou skouer” het, kleurbehep is, en as jy wel besluit om daaroor te praat, moet dit liefs nie op s ’n wyse wees dat dit sal aanstoot gee nie, want jy sien, wit Suid-Afrika is baie sensitief — en talle is terselfdertyd baie simpatiek ook — oor dit wat met bruin en swart gebeur het, en steeds gebeur, maar dit sukkel ongelukkig nog om almal tot by die volgende punt te kry: om te erken dat dinge lelik skeefgeloop het, en dat ons sal moet begin wikkel om dit reg te stel.

* * *

En toe lees ek vroer vanjaar ’n essay in Time, “Of Rest and the Weary”; en in di essay vertel die digter Michael Blumenthal hoe die seun van ’n vriend eendag by ’n ete ges het hy is moeg daarvan om so aanhoudend te hoor van die Joodse menseslagting, ’n tydperk in Duitsland se geskiedenis toe hy nog nie eens gebore is nie, en waaraan hy en sy geslag — per definisie — geen skuld het nie. Dit het Blumenthal met sy eie ondersoek laat begin, en s het hy tot die gevolgtrekking gekom dat baie mense wat keelvol is daarvan om van die slagting te hoor, op die ou end di is wat die minste daaroor weet. En dan skryf hy: “I, too, quite frankly, feel rather ‘fatigued’ by the Holocaust, though not nearly as ‘fatigued’ as were the millions who perished in it or the millions more whose lives and families it permanently devastated. I am fatigued — as are some truly knowing Germans — by a single-minded dwelling on its dark history and symbolic remembrance sites, which, as the writer Jane Kramer so accurately put it, ‘take memory and deposit it, so to speak, in the landscape, where it can be visited at appropriate ceremonial moments, but where it does not interfere unduly with the business of life at hand.”

Di essay het my aan die dink gesit, het eintlik ’n situasie in onse eie land so mooi en so raak verwoord: dit is dat ons, en hiermee bedoel ek eintlik maar wit Suid-Afrika, aan “apartheid fatigue” ly; gatvol is om aanhoudend te hoor van die gru-dinge wat in die naam van Die Mislukte Plan, ook genoem Die Oorlog teen die ANC en die Kommuniste, aangevang is: die hoevele mense wat vermoor is, talle wat vermis is, honderde wat nog met die letsels saamlewe; (en hiermee probeer ek glad nie — kn ek in elk geval nie — die bloed aan die hande van die vryheidsbewegings miskyk nie; ’n “just war” se gat).

Maar ongelukkig is dit so dat di van ons wat aan “apartheid fatigue” ly, keelvol is om die verkeerde redes. Ons is nie — in die eerste instansie — moeg daarvan omdat die nuwe regering nog heeltyd di aaklige stelsel se erfenis blameer vir amptenare se onkunde en korrupsie en stront aanvang nie; eerder omdat ons skaam en kwaad is en dalk ook skuldig voel vir wat daai tyd gebeur het. En dis hoekom ons so gekant was teen die WVK-proses. Tog is dit alles goed wat wel gebeur het, of die getuienis nou getoets is of nie — en hoe gebrekkig, hoe vol foute di proses ook al was, het dit aan oortreders die kans gegee om hul hande te kom was. Dit is ’n kans wat tien teen een nooit weer sal kom nie; ’n kans wat jy aangegryp het of vir altyd by jou verby laat gaan het, en dus maar die gevolge daarvan sal moet dra. Feit is: die land was toe in ’n “luister-mood”, almal het geluister, almal wou hoor — al het ons by tye ons ore uit ongeloof toegedruk. En nou is die stories daar, vir die rekord, en die slagoffers of hul families kan s: Nou wt ons; en die oortreders en die mense van hul gemeenskap kan nie meer s: Ons het nie geweet nie.

Hier naby ons, in Namibi, wag tientalle families egter nog om te hoor “waar die bene begrawe is” van vryheidsvegters wat saam met Swapo die Suid-Afrikaanse magte aangevat het; maar ook daar wil die regering niks weet van ’n WVK of enigiets van di aard nie. Oortredings is aan albei kante gepleeg, hoor ek die Eerste Minister een aand in ’n aangrypende dokumentre program op TV s, daarom is besluit om algemene amnestie aan albei kante toe te ken, die boek van die verlede s toe te maak; sodat daar voortgegaan kan word met die heropbou van die land. Maar dis makliker ges as gedaan, want intussen is die ontevredenheid besig om te prut soos mieliepap in ‘n driebeenpot.

En moenie vergeet van die groot ongelukkigheid wat ook hier in Suid-Afrika aan die opbou is nie, di oor die staat se gesloer met die uitbetaling van vergoeding aan die sowat 18 000 mense wat deur die WVK as slagoffers erken word. Mense wat — op versoek van die regering — hul verhale van lyding met die res van die land gedeel het, en nie net die land nie maar die res van die wreld, en nou moet sit en wag — talle in erge armoede — tot die regering besluit wat die beste manier van vergoeding is; terwyl oortreders wat hulself aan van die ergste dade skuldig gemaak het, reeds amnestie ontvang het en met hul lewens kon voortgaan.

En dan hoor jy nog telkens hoe daar — deur di van ons wat steeds ’n goeie lewe geniet — ges word: Hou tog net op met die heeltydse, die aanmekaar se gehamer op die verlede; vergeet ‘seblief daarvan en kom ons stap aan — die pad is nog lank.

En tg: soveel jare n die Joodse slagting durf niemand s iets aan die Jode s nie, en baie keer wil dit lyk of ons meer simpatie met hlle het as met ons eie mense, mede-Suid-Afrikaners wat net so erg gely het aan die hand van broers en susters, in baie gevalle bloot omdat hulle donkerder gelaatskleure gehad het, of probeer bydra het om di land van daai duiwelse dinge te bevry, ons voorregte te laat geniet wat ons in die apartheidsdae nie gegun is nie.

So, indien enigiemand my n hierdie baie woorde sou vra wat ek nou eintlik probeer s het, sal ek antwoord by wyse van ’n aanhaling uit Notes of a Native Son van my geliefkoosde skrywer James Baldwin: “The past will remain horrible,” het hy geskryf, “for exactly as long as we refuse to assess it honestly.”

LitNet-leser: Wat dink jy van hierdie bydrae? Twee pryse van R1000 elk word toegeken aan die interessantste reaksies op referate. Stuur jou opinie aan SNet by redlitnet@mweb.co.za

Besoek die beraad se virtuele boekuitstallings en ondersteun ons skrywers deur hul boeke via LitNet te bestel.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.