SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Skrywersberaad-argief

Skrywersberaad





Foto: Philip de Vos
Jaco Botha
is op 17 September 1972 gebore. Hy gaan skool op Worcester en voltooi sy tersiêre studies aan die Universiteite van Stellenbosch en Kaapstad. Verskeie van sy artikels, prosa en gedigte verskyn in publikasies in Suid-Afrika en Nederland. Sy mees onlangse publikasie is ’n bundel kortverhale getiteld Sweisbril en word uitgegee deur Human & Rousseau.

Disgrace / Renaissance — bly of gly

(Met dank aan me P — die erg blonde, onbekwame, derdewêreldse graphic designer wat my tot so ’n mate die bliksem in gemaak het, dat ek genoeg tyd en energie bymekaar kon skraap om hierdie skryfsel aan te pak en te voltooi.)

So be it

Ek sal probeer om hierdie inleidende paragrawe kort te hou, om sodoende nie die leser te erg te verveel met technicalities nie. Dit is egter belangrik om — veral gesien die mindscape waaruit ons deesdae redeneer — te noem dat die onderwerp wat aan my gegee is verskeie gegewes voorveronderstel.

Eerstens dat ek enigsins kennis dra van J M Coetzee se gryse roman, Disgrace, of Thabo Mbeki se technicolour African Renaissance.

Tweedens dat ek bevoorreg genoeg is om die materiële vermoë te hê dat “bly of gly”, ingrawe of emigrasie, vir my ’n opsie is.

En derdens dat ek ’n platform en ’n gehoor het — koerantlesers, akademici en benoude boere wat smag na nog ’n Boetman om hul persoonlike vrese en bedônderdhede te verwoord.

Dit maak in ieder geval nie werklik saak dat ek hier vanuit ’n benouende en beperkte realiteit redeneer nie. Dié wêreld is immers ons woning. Ek is ’n wit, middelklas, Afrikaanssprekende — toevallig ’n skrywer — in Afrika — dit is die kaarte waarmee ek gedeel is en so be it!

Die skrywer en die kleinburger

Steeds by die genoemde onderwerp, moet ek noem dat hier waarskynlik twee van my stemme aan die woord sal wees — naamlik die stem van die skrywer en dié van die kleinburger. Om hierdie skisofreniese kwessie tot ’n mate op te klaar, wil ek eerder nog uitbrei.

Sweisbril
Nou te koop!
In Nieu-Delhi, laat 1998, hang ’n ou maat van my halflyf by ’n tuc-tuc (Indiese motorfiets-taxi) uit en roep deur die verkeersmaling van mense, koeie, olifante en wat nog: “Dis bisar, vierdewêrelds, dis chaos — ek fokkin like dit!” Dit is die stem van die skrywer in hom, wat ook sonder aarseling “yes” sê toe die tuc-tuc-bestuurder vra: “You like drinking and fucking?”

Maar tog, dis ook dieselfde ou maat van my wat die subkontinent — met sy gebrek aan behoorlike wasgeriewe, beesvleis en effektiewe diens — na ’n week begin verwens. “Wit mense kan nie so lewe nie,” het hy op die bed in sy hotelkamer gebrom en die telefoon — waarmee hy vir meer as ’n uur onsuksesvol na die lughawe probeer deurkom het — teen die muur stukkend gegooi.

Die skrywer ry soos ’n satang of ’n vampier op die skouers van die kleinburger en suig aan die soet oorlelletjie van sy ervaringe. Die skrywer is, in Lucebert se woorde, ’n omroeper van oproer; die kleinburger is ’n omroeper van RSG. “Bly of gly“ laat die kleinburger met heimweë terugverlang na die humoristiese stories van P H Nortje; die skrywer dink: Bly of gly, gemiddelde, sussende, Afrikaanse kak — die letterkunde en hart van ’n onkritiese en ongesofistikeerde ou volkie. Die kleinburger sê: “Los daai vrou, Jack” — die skrywer sê, “A nee a, is ons dan nou afgestomp van ervaringe? Moet die pen dan deesdae in onbruik verval?”

En so kan die skrywer voortfok en die kleinburger voortborduur.

Patriotisme en big business

Ek onthou hoe ek as rebelse jongeling — ’n aanhanger van John Lennon en Breyten Breytenbach — met my oupa oor politiek gestry het. “Die ding wat ek teen Breytenbach het,” het my oupa gesê terwyl ons tussen die perskebome in sy agterplaas stap, “die ding wat ek teen hom het is dat hy ons land se naam so sleg gemaak het in die buiteland. Ek kan dit nie verstaan nie — sy broer is ’n held.”

Hy vertel hoe onverskrokke Jan Breytenbach en sy manne in die Angolese bos vir “ons” vryheid en selfbeskikkingsreg geveg het. Ek kon die klam grond en teerpale ruik en sien dat my oupa ook maar net praat om te praat — dat hy nou eerder naby Hopetown onder die oop karoolug agter ’n troppie Dorpers of Merino’s sou wou wees.

Vandag sien ek steeds apartheid as iets boos — as mens dan sulke sterk woorde moet gebruik — maar tog sien ek my oupa, wat ’n generaal in daardie “bose” bestel was, as ’n liefdevolle en wyse ou man. Vir hom was politiek maar die Sappe en die Natte. Hy het nie van beter geweet nie, troos ek myself.

Dit is dan ook die einste Breyten wat in die openingsrede van hierdie beraad skryf: “Alle politici is swyne. Party wit en die ander swart. Hulle is van nering misdadigers teen die mensdom. Dis die magshonger en die skaars verdoeselde veragting vir die bevolking wat van hulle varke maak.”

Alhoewel ek tot ’n groot mate hier met die digter saamstem, kan ek nie anders as om die register waarin die stelling gemaak is te bevraagteken nie. “Swyne?” “Varke?”

Raak ons ontstoke wanneer ’n leeu, volgens sy aard, ’n bok plattrek? Raak ons kwaad vir die redaksie van Huisgenoot omdat hulle die kleinsieligheid van die Afrikaanssprekende met soetsappigheid en blatante sensasionalisme voed? Noem ons, soos ’n ontstelde kleuter — wat pas uitgevind het Kersvader is ’n leuen — politici “swyne” en “varke” wanneer hulle bloot volgens besigheidsbeginsels optree?

Ja, feit is: Politiek is besigheid — and big business, at that. Hulle het hulle logo’s, slogans, beloftes van ’n lekkerder lewe — soos enige ander besigheid. Hulle bied aan die kliënt ’n motor wat hom vinniger as sy buurman sal laat ry; ’n skool waarin sy kinders net Afrikaans hoef te praat; ’n huisie waarvan die dak nie lek nie en so aan, ensovoorts. In die woorde van die vervaardigers van Toyota-bakkies wil ek dan nou graag hier aan BB sê: “Welcome to our world.”

Die apartheidsregering het die wit Afrikaner as hul mark gesien. Hulle het, soos enige besigheid, hul mark beskerm en enigiemand anders kon eenvoudig maar loop naai.

Die ANC-regering loop met die vaandel van demokrasie. Hulle cater vir ’n breër mark en diskrimineer, in teorie, nie teen die opposisie / mededinger se klante nie. Hul word egter tans in die stoel gehou deur ’n deel van die gemeenskap wat honger is; ’n groep waarteen daar tot onlangs nog gediskrimineer is. Slogans soos die “struggle”, “liberation”, “power to the people” en “affirmative action” is perde wat hulle kar nog deur baie beflaterde driwwe sal trek.

Wanneer ek besigheidsvoorleggings vir potensiële Amerikaanse beleggers doen, gebruik ek gewoonlik die riglyn: hot apple pie in the sky, with maple syrup, extra cream and a cherry on top. Dit is eenvoudig ’n kwessie van ken jou mark; hul swakhede en behoeftes. Moet egter hul nooit als op een slag gee nie, anders is dit ’n naar besigheid en moet jy onmiddellik weer terug kombuis toe om iets nuuts te gaan opdis.

Ek sê dit weer: politiek is besigheid — daar’s niks om mensself oor te ontstel nie. Wat egter belangrik is, is om nie te erg deur die spin van een of ander ideaal / strewe / gemeensaamheid verblind te word nie. Bly kalm, haal asem, read the fine print. Die eerste limousine vir ’n Amerikaanse president is immers deur die White Naaimasjien-maatskappy gemaak. Die beste bemarkers sit in die parlement. “The American Dream!” “Grond, brood en vrede!”

Niemand hou daarvan om gebullshit of ingedoen te word nie. So, wat doen jy as die pakkie in die pos kom en die toaster werk nie soos hulle beloof het hy sal werk nie? Jaag die bliksems die see in? Neem jou kliëntewaarde na ’n ander onderneming? Besluite, besluite.

Hier ter plaatse is ons in die afgelope eeu maar met twee “besigheidsmodelle” gekonfronteer. Ons moes maar ons kanse waag met die ou wit duiwel of die diep swart see. Aan die een kant was daar apartheid: met ekonomiese welvaart en sekuriteit (vir die meeste lesers van hierdie rede); onderdrukking en verontmensliking vir ’n groter deel van die bevolking, en natuurlik Jesus Christelike Nasionale Onderrig. Aan die ander kant demokrasie: met vryheid van spraak en beweging; ’n regverdiger bestel met geleenthede vir meer; maar daarmee saam ook ekonomiese en maatskaplike verval — die slap diarreegat van Afrika.

Maar miskien is ek naïef in my eie sinisme. Al waar die struggle aan my geraak het, is die helse hap wat sy nou elke maand uit my beursie neem. Als is nou skielik so duidelik, so eenvoudig. “Besigheid,” sê Jaco Botha, die klein snotkop wat in die skilderagtige dorpie van Stellenbosch woon. “Niks om jou oor te ontstel nie,” sê hy wat nou so lekker “fok” en “fuck”, sonder om onder sensuur geplaas te word, of deur die Veiligheidspolisie ondervra te word. Wat weet hy van die realiteite van ’n diktatoriale staat? Wat weet hy van besluite?

Ek weet ’n jaar gelede het ek nog naar gevoel na die Wêreldbeker-semi-finaal waarin Allan Donald homself uitgehardloop het; ’n jaar gelede het ek nog my vuis teen die muur geslaan om die slapgattige, pansy-ass Springbokke aan te moedig om net met ’n bietjie meer vuur en rigting teen Australië rugby te speel.

Deesdae verwed ek geld op die All Blacks en lag al die pad bank toe — dankie, Nick Mallet — dankie, Thabo Mbeki — met ’n bietjie volkstrots aan die Bokke se kant, mag ek dalk net my geldjies kwyt gewees het.

Maar ag, wie is die draers van die Groen en Goud dan anders as enige een van ons sukkelende drommels om nie ook ontgogel te wees in politiek en staat en vaderlandstrots nie. Mag hulle in die plek daarvan leer dat business is businessperformance is als — talent nie veel nie. As jy dit nie verstaan nie, sal jy maar tevrede moet wees om klubrugby te speel.

En — prys die heer met blye galme — bring al hierdie tirades en sielige gerondfokkery my uiteindelik by die kwessie van Disgrace / Renaissance.

Disgrace / Renaissance

Soos my oupa destyds met Breytenbach gemaak het, word die skrywer J M Coetzee deesdae daarvan beskuldig dat sy nuutste roman, Disgrace, veral in die buiteland, ’n negatiewe prentjie van Die Nuwe Suid-Afrika skets. Weer eens word van die skrywer verwag om die beleid en ideaal van die dag te bemark.

Ek het dit in my MA-verhandeling geskryf en herhaal dit graag hier. “Die ware literêre skrywer is geen aktivis nie — dat daar enigsins ’n saak van belang in sy / haar teks voorkom, is bloot toevallig.”

’n Skrywer wat nie hartstogtelik die keersye van enige saak kan verdedig nie, verloor myns insiens perspektief en is onmagtig om enige lig te werp op sosiale patrone of die volledige menslike ervaring. Hy / sy is dan bloot ’n P A vir die politici. ’n — verskoon my tog die cliché — Pion in die hand van een of ander ideologie wat, soos ons weet, so verganklik soos koerante is.

’n Opregte skrywer kan eenvoudig maar net die lug snuif en skryf wat hy skryf. Of dit nou mode is al dan nie.

Die politikus sien ek as die teenpool van die skrywer — dis nou natuurlik as mens van ego vergeet. Soos enige goeie besigheidsman moet hy ’n fyn gevoel vir die tydsgees en die mark hê. Hier het Thabo Mbeki met die African Renaissance ’n netjiese eseltjie opgesaal — my gelukwense aan wie ook al dit vir hom uitgedink het. Anders as Madiba kan Mbeki nie meer voortboer op “vryheid en versoening” nie. Sy kliënte is honger en voel ’n blou fok vir die boere — en tereg ook so. Die skaal het geswaai. Dit is nou Afrika en Africans se tyd in die son — “long live the African Renaissance! Viva VISA!”

Nou vra die skrywer, of is dit die kleinburger, of dalk die besigheidsman — wat bring julle na die tafel toe. “African Renaissance? Herlewing van wat?” Wat bring Afrika na die tafel toe? Dis goed en wel om die stroop en die cherry on top te hê, maar as daar nie die stewigheid van appeltert daaronder is nie, is die deal van wind aanmekaargeslaan — is dit niks anders as ’n swendel nie.

Tydens die 2006 Sokker Wêreldbekerbod skaam ek my vir Suid-Afrika. Ek skaam my dat ons met ’n kollekteerbussie en een slogan na die konferensietafel toe gaan. Trots, wat is trots? Miskien het Afrika tog slogans nodig om hulself op te psyche. Miskien het die internasionale wêreld genoeg van ’n jammer hart en skuld gevoel teenoor die have nots dat mens nie veel meer as ’n bak hand en ’n sad storie nodig het nie.

Wisselkoers

Wanneer ek my rekenaar in die oggend aanskakel, is een van die eerste dinge wat ek sien, die wisselkoers — amper R7 vir die dollar; amper R11 vir die pond. “Janneman,” sê ek dan gewoonlik aan my buurman by die werk, “Janneman, ons moet hierdie sinkende fokkin skip verlaat, voordat dit te laat is.”

Dit is een van die gedaantes van Pieter-Dirk Uys wat die ou storie vertel het van: as die Jode ’n land verlaat, weet jy dat die land besig is om onder te gaan. Dit is dan die teken dat jy ook moet padgee. As die Portugese die land begin verlaat, moet jy weet dat jy te lank gewag het — dat dit reeds te laat is.

Ek vlieg die ander dag Johannesburg toe vir besigheid. Ek en ’n medepassasier praat oor belasting: As jy in die Supertax bracket val en jy rook en jy drink en jy neem uitgawes soos BTW, jou eie sekuriteitsdiens (die Polisie beskerm ons nie meer nie), medies (jy kan dit nie meer in ’n provinsiale hospitaal waag en verwag om lewendig anderkant uit te kom nie), ens, ens in ag, betaal mens bykans 80c in die Rand belasting. Dit maak op ’n besigheidsvlak geen sin nie. Waar is die inisiatief? Jy word gepenaliseer omdat jy vooruitstrewend is. “Ek kies my eie charities, baie dankie,” sê my medepassasier, onderweg na Engeland.

Ek kyk by die patryspoort uit en verbeel my ek kan die mielielande sien en windpompe hoor kraak. “Wat is daar vir my as jong, wit man in hierdie deal, mnr Mbeki?” vra die kleinburger — ’n vieslike kapitalis — ingedagte aan homself, en: “Is daar ook rooigrond in Iowa of Texas? Is daar ook so ’n seer blou Vrystaatse hemel?” wonder die skrywer.

The day after

Ek onthou Johannesburg, tien jaar terug, as ’n vibrant city on the move. Elke vars besoek vergewis my net al hoe meer van die verval.

Terwyl ons teen 160 km/h in ’n BMW oor die snelweg glip, onthou ek hoe ek in 1995 gaan help het om ’n kommersiële radiostasie in Lusaka op die been te bring. Dit was net mind blowing. Die geboue, fonteine, paaie, als na moer. Mens kon sien dat dit eens ’n werklik mooi stad was. In Johannesburg kry ek nou dieselfde gevoel. ’n Post-apokaliptiese scene — rioolpype wat los hang; mure wat afskilfer; mans met AK-47’s oor die skouer en ’n al meer fodde-wordende snelweg tussen hoog omheinde huis en hoog onheinde werk.

Die skrywer vind dit natuurlik fantasties. What a strange and intriguing world. Dink net al die tipes en scaly deals wat elke dag hier in aksie is. Wat kan mens nie als oor oorlewing skryf nie.

Bly of gly

Wanneer mens eers op die punt gekom het waar jy staatsbestel as blote besigheid sien, raak dit makliker. Dit is natuurlik nie bloot geldwaarde wat ter sprake is nie. ’n Land soos Suid-Afrika bied deesdae belangrike kommoditeite soos: vryheid van spraak en beweging; sonskyn, pragtige bome en die see; nostalgiewaarde in familieplase en mense om mee Afrikaans of Xhosa of gebroke Engels te praat; demokrasie en beskerming van menseregte — als goedere van die hart wat moeilik kwantifiseerbaar is.

Die vorige regering het weer vir baie lesers van hierdie rede kommoditeite soos: sekuriteit, selfbeskikking en ’n sekere identiteit gebied. Hulle het soos versekeringsmaatskappye of mediese fondse tot ’n groot mate ingecash op die vrese van hul kliënte. Die swart gevaar, die rooi gevaar, ons almal ken die stories.

Mens raak ouer en slimmer — nie noodwendig wyser nie. Charity begins at home. Alle sterkte aan Die Reënboognasie; sterkte aan die kanniedoods wat sê: “Emigreer is vir sissies”; sterkte vir dié wat graag wil krag put uit die nuwe slogans; sterkte vir dié wat nie die opsie het om te fokkof nie; sterkte aan die Nigeriese immigrante — hoop julle hoef nooit belasting te betaal nie en aan almal wat in die Nuwe Droom glo, sê ek jammer: “I just can’t do it.”

“Wil jy dan nie saam help bou aan ’n beter land, ’n beter toekoms vir almal nie?” mag iemand vra. Dit is miskien ’n edel gedagte, maar die realiteite is ongelukkig teen ons. Geen land in die moderne wêreld kan vooruitstrewend wees sonder ’n behoorlike opposisieparty nie. Daar moet iemand wees om ’n alternatief te bied wanneer die maatskappy aan bewind opfok. Weer terug by keuses.

Vir my is dit gly — sodra ek kan. En ja, ek weet dat Amerika of Brittanje of Kanada, soos wat ek dit ken, ook maar pure P R. is — wat staatsbestel betref, kies mens maar die een wat die minste evil in jou oë is.

Wat gee ek prys as ek gaan? Wel: die Keur- en Rapportlesers sal ek nie mis nie; die “ek is nie ’n rassis nie, maar bla di bla bla”-mense sal ek nie mis nie; die bergies, boemelaars, en parkeeraanwysers wat my my hart laat toemaak het vir arm en sukkelende mense sal ek nie mis nie; die bliksems wat my CD’s en selfoon gesteel het, sal ek nie mis nie; die groep van 63 met hulle heimweë na Afrikanermag sal ek beslis nie mis nie; die despotiese belastingkoers sal ek nie mis nie en ook nie die krimpende rande in my broeksak nie.

Wel: die sonskyn en mielies; gebrande gras; Koos du Plessis; goeie vriende wat nog hier is; vryplekke en rondawels; meerkatte en doringbome, dié sal ek wel mis.

En nou vir die heerlike avontuur om ’n land te kies wat vir my ’n interessante deal kan bied. Selfs die skrywer is opgewonde. Jammer, mnr Mbeki, besigheid is besigheid.

    “Man wil ’n motor hê
    Motor wil ’n nooi hê
    Nooi wil ’n huis hê ...”

Dankie, Dirk.

Die kleinburger klap met meer venyn na die skrywer op sy skouer — die skrywer wat Opperman verder wil quote en sê:

    “Huis wil ’n hond hê
    Hond wil ’n been hê
    Been wil ’n gat hê
    Gat wil ’n man hê.”

Ek is moeg. Môre is Maandag. Dit gaan ’n lang week wees. “First we take Manhattan, then we take Berlin.”

Thank you, Mr Cohen.

Sterk wees.

Jack

LitNet-leser: Wat dink jy van hierdie bydrae? Twee pryse van R1000 elk word toegeken aan die interessantste reaksies op referate. Stuur jou opinie aan SêNet by redlitnet@mweb.co.za

Besoek die beraad se virtuele boekuitstallings en ondersteun ons skrywers deur hul boeke via LitNet te bestel.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.