SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Skrywersberaad-argief

Skrywersberaad




Hennie Aucamp Foto: Bernard Jordaan   Hennie Aucamp
is gebore in Dordrecht, Noordoos-Kaapland. Hy voltooi sy studie aan die Universiteit van Stellenbosch en word later lid van die Afrikaanse departement van die universiteit se Opvoedkunde-fakulteit. Hy is bekend as, onder andere, akademikus, kabaretskrywer, kortverhaalskrywer en dramaturg. Sy mees onlangse boek is ’n kortverhaalbundel, Ook skaduwees laat spore.

’n Doodshemp mag wel sakke hÍ

Ek het grootgeword met die idioom “’n doodshemp het nie sakke nie”, en het geglo dat dit ’n Stormbergse idioom is. Later het ek besef dat die aanmaning landswyd bekend is, en onlangs het ek ontdek dat dit van Nederlandse herkoms is. Maar hier hou dit nie op nie. Toe ek met my vriend Cyril Orolowitz oor die idioom gesels, sÍ hy dat dit ’n oerou Jiddische waarheid is, en laat die idioom flink in Jiddisch volg, net-net verstaanbaar vir my oningeoefende oor.

Die lewe is 'n grenshotel
Kort voor lank
Enkelvlug
'n Bruidsbed vir tant Nonnie
Beeltenis verbode
Hongerblom
Wolwedans
Met permissie gesÍ
Kommerkrale
Woorde wat wond
Rampe in die ruigte
As die maan oor die lug loop
Die blote storie
Hoorspelkeur
Bolder
Teen latenstyd
Volmink
Gewis is alles net 'n grap
Gekaapte tyd
Die blou uur
Lyflied
Koerier
Ook skaduwees laat spore
'n Baksel in die mŰre
Papawerwyn

Al hierdie titels nou te koop!
My belangstelling in hierdie sinryke idioom is opnuut afgevuur deur ’n pragtige essay van Albert van der Zeijden, “Een doodshemd met zakken”, met as ondertitel: “De kunstenaar en het ritueel rond de dood.” Die essay is opgeneem in ’n versamelbundel De schone verbeelding van de dood, met essays en beskouings oor die verwerking en vormgewing van die doodsproblematiek.

Van der Zeijden verwys vroeg in sy essay na die Doesburgse kunstenares en tekstielweefster Henny Willems wat ’n doodshemp met sakke ontwerp het. Die sakkies bied die naasbestaandes van ’n oorledene die kans om by wyse van ’n geskenkie afskeid te neem; iets heel persoonliks en intiems, soos byvoorbeeld ’n brief. Willems wil dus ’n kultuurraamwerk voorsien waarbinne die agterblywendes hul verdriet kan verwerk.

Albert van der Zeijden wys tereg daarop dat die moderne mens, dikwels kerklos en gesekulariseerd, nog altyd ’n behoefte aan ’n rouritueel het, en haal die navorsing van antropoloŽ en sielkundiges by, wat fases van verliesverwerking by die familie en vriende onderskei. Die doodshemp met sakke sou as ’n oorbruggingsfase gesien kan word, en dis op diť fase dat ek my verbeelding wil laat inwerk.

’n Doodshemp is nie vir my ’n abstraksie nie. Ek het my ouma s’n gesien, en ook diť van my ouers.

Dis nie dat hulle morbied wou wees nie. Hulle was doodnugter: naasbestaandes moet nie eendag onwaardig staan en rondhol en soek nie. Daar, in die onderste laai van my hangkas, in die linkerkantste hoek, net daar, toegedraai in sneespapier, daar is my doodshemp.

Die doodshemp vir vroue, in vroeŽr tye ook vir mans, was ’n eenvoudige naghemp.

En so wil ek my doodshemp hÍ, as naghemp, maar ’n iets langer, tot aan die voete toe. Voete, volgens my, moet kaal bly in die kis, of dit nou kindervoetjies of oumensvoete is. Daar is vir my iets obseens, iets byna lagwekkends omtrent ’n lyk met sokkies aan. En boonop kanselleer dit simboliek. Ou, verknotte, vereelte, beaarde voete, moeg tot die dood toe, sÍ in soveel woorde: ons het ’n lang pelgrimspad afgelÍ en wil nou rus.

Swart vir ’n doodshemp lyk vir my universeel uitgesluit, maar dit moes tog in ’n stadium gebruiklik gewees het, want my ouma het soms die somber raaisel opgesÍ:

    Zwarte mantel zonder mouwen
    Die het ziet begeert het niet
    Die het heeft bemerkt het niet.

Lakenwit, aan die ander kant, is ook nie my keuse vir ’n doodshemp nie. Ek wil iets hÍ wat sy onvervalste plantverlede lyk; iets naaswit, selfs bruinerig, soos neteldoek, ongebleikte linne en ruwe sy. Laat onthou word dat die woord “hemp” verband hou met hennep, ’n kruid wat tegnies Cannabis sativa heet, en in die omgangstaal, dagga; en van sy vesel word hemde gemaak.

Die woord “lykswaad” (vir lyksgewaad) het argaÔes geword, of so vermoed ek, want die WAT gee dit nie aan nie. Dit staan wel in Kritzinger ea se Verklarende Afrikaanse Woordeboek; maar nÍrens word “lykswaad” en “lykskleed” met ’n spesifieke materiaal verbind nie. By “hemd” in Nederlands word wel van linne en katoen gepraat.

Wat snit en styl betref, kan ’n tipiese Afrikakleed ons model wees vir ’n doodshemp: ’n loshangende, vloeiende kleed, met wye, los moue, sonder enige knopies.

Dit lyk my onnodig om aparte klede vir mans, vrouens en kinders te ontwerp. Een en dieselfde basiese ontwerp, sou ek sÍ: dood is die groot gelykmaker.

Die sakkies op die doodshemp, volgens Henny Willems; waar sou hulle sit? My bron oor Willems se skepping sluit ongelukkig geen tekening in nie. Maar hierin lÍ ’n wins: elkeen kan nou besluit hoeveel sakkies sy doodshemp moet hÍ en waar hulle moet sit.

Ek dink aan ses sakkies op die bolyf af, drie links, drie regs; die boonste sakkie op tepelhoogte, die ander laer af. My sakkies moet van Duitse sis wees, die regte outydse sis wat in my jeug in dik rolle op rakke in plaas- en grenswinkels gelÍ het.

Ek was altyd gek na sis, en die kleremaakster op Jamestown moes vir my hemde van sis maak, met ’n netjiese polisiekraag. Dit het jare gelede gebeur, voordat sulke hemde hul weg na boetieks gevind het waar hulle nou teen onchristelike pryse verkoop word.

Ek wil ’n variasie op Henny Willems se wenke omtrent doodshempgeskenke voorstel. Van die sakkies — twee in my geval — moet vooraf deur die eienaar van die doodshemp gevul word. Ek sou graag ’n brief van ’n ouer en ’n geliefde in die een sak wou steek, in die ander, ’n gedig of drie, met die hand oorgeskryf uit Van Wyk Louw, Eybers of Opperman. ’n Helder, eenvoudige herinneringsgedig, soos:

    Nog eenmaal wil ek in die skemeraand
    weer op ons dorp en by ons dorpsdam staan

Of dalk moet ek Psalm 23 met die hand uitskryf, of Prediker 12?

Toe ek Cyril Orolowitz vra wat by in sy doodshemp wil saamvat, sÍ hy met ’n ironiese flonkering: “Reisigerstjeks.” En dalk is Cyril nader aan poŽsie en mitologie as ek, want wie sÍ daar word nie ’n obool van ons verwag op die grens nie?

Dit is vir my ’n opbeurende gedagte dat ek eendag in vlamme sal opgaan in ’n spiksplinternuwe kleed. Alle vrees vir verassings — as ek dit ooit gehad het — is finaal besweer deur George Bernard Shaw se wonderlike brief aan Mrs Patrick Campbell, waarin hy die verassing van sy geliefde moeder beskryf. Die kis verdwyn in ’n oond, sÍ hy, voete eerste, en dan breek die voete en die hele mens in granaatkleurige vlamme uit; vlamme soos linte; lieflike, rooklose vlamme, soos Pinkstertonge; en dan word sy, die moeder, voor sy oŽ die pragtige vuur.

Sheila Cussons het dit ewe mooi uitgesÍ. Sy praat van:

    O ondraaglike, tere, weerlose hemp van vlam

in haar gedig “Bedekte naakt”.

Moet daar na hierdie suiwerende, heiligende vervlamming nog ’n ritueel volg? Wat my betref, beslis nie. Dit sal net ’n emosionele slordigheid word; ’n antiklimaks. En daarom wil ek by my agterblywendes pleit: gooi daardie lelike kruikie van die ondernemer onmiddellik in die naaste asblik.

Verwysings

  • Cussons, Sheila. 1978. “Bedekte naakt”, Die swart kombuis. Kaapstad: Tafelberg.
  • Mulder, Etty en Hans Ester (reds). 1999. De schone verbeelding van de dood. Nijmegen: Nijmegen, University Press.
  • Louw, N P van Wyk. 1981. “Nog eenmaal wil ek”, (Nuwe verse), opgeneem in Versamelde gedigte van N P van Wyk Louw. Kaapstad: Tafelberg / Human & Rousseau.
  • Van der Zeijden, Albert. 1999. “Een doodshemd met zakken: De kunstenaar en het ritueel rond de dood”, opgeneem in De schone verbeelding van de dood. (Sien Mulder, Etty en Hans Ester.)

    LitNet-leser: Wat dink jy van hierdie bydrae? Twee pryse van R1000 elk word toegeken aan die interessantste reaksies op referate. Stuur jou opinie aan SÍNet by redlitnet@mweb.co.za

    Besoek die beraad se virtuele boekuitstallings en ondersteun ons skrywers deur hul boeke via LitNet te bestel.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.