SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Skrywersberaad-argief

Skrywersberaad




  Hannes van Zyl
is as hoofbestuurder verantwoordelik vir die uitgewers Tafelberg, Kwela, Queillerie, Pharos, Sunbird, J L van Schaik se algemene lys, en kleiner drukname. Hy was tevore joernalis, dosent en ’n boekhandelaar.

Die boek in Afrikaans

1. Vooraf

Sekerhede in die wÍreld van die Afrikaanse boek is in die laaste jare omgekeer. Die oorgang na nuwe politieke gesag in die land, versnelde integrasie met die res van die wÍreld en die elektroniese golf is verskuiwings waarvan die einde nog nie in sig is nie en die gevolge vir die boek nog nie ten volle duidelik is nie. Vir die Afrikaanse boekbedryf wag nog moeilike aanpassings, maar te midde van die skuiwende sekerhede, ook nuwe geleenthede.

Die voortreflike verskeidenheid en goeie gehalte van nuwe titels, asook die literÍre toekennings in die eerste maande van die nuwe eeu, gee egter kwalik ’n aanduiding van ’n bedryf onder druk. ’n Kort keuse uit ’n veel langer lys is:

  • Twee biografieŽ word bekroon: J C Steyn kry die Insig-prys vir NP van Wyk Louw — ’n lewensverhaal en J C Kannemeyer die Recht Malan-prys vir Leipoldt — ’n lewensverhaal.
  • S P Benjamin kry die EugŤne Marais-prys vir Die reuk van steenkool; Ingrid Gouws die Hofmeyr-prys vir Buller se plan; en George Weideman die MNet-prys en die ATKV-prys vir Draaijakkals. Andrť P Brink aanvaar die Hertzog-prys vir sy drama, Die Jogger.
  • Gerrit Komrij se omvattende keuse van Afrikaanse gedigte verskyn te midde van aansienlike belangstelling, nŠdat dit ook in Nederland uitstekend ontvang is.
  • Lewendige debatte word gevoer rondom boeke soos Van Zyl Slabbert se Afrikaner Afrikaan en Willem de Klerk se Afrikaners: Kroes, kras, kordaat.
  • Onder talle literÍre werke wat aandag trek, is ook keuses uit Breyten Breytenbach se mooiste liefdesgedigte en uit Sheila Cussons se nie-religieuse werk.
  • Vertalings van A H M Scholtz se Vatmaar en Marita van der Vyver se Wegkomkans word goed ontvang, kort nŠ groot sukses vir Leon de Kock se vertaling van Marlene van Niekerk se Triomf.
  • Voor publikasie word reeds gepraat oor twee sterk romans wat binnekort verskyn, Donkermaan van Andrť P Brink en Die swye van Mario Salviati van Etienne van Heerden.
  • Ook in die pers is Andrť P Brink se Groot Verseboek 2000 en Antjie Krog se kragtige nuwe digbundel, Kleur kom nooit alleen nie.
  • Die eerste Afrikaanse digbundel in die nuwe eeu, Ronnie Belcher se epiese gedig Bayeux, word deur die skrywer self uitgegee.
  • Van Dalene Matthee se Pieternella van die Kaap word 45 000 eksemplare binne die eerste agt weke aan boekhandelaars verkoop.

’n Klompie jare gelede sou so ’n inventaris meesal sonder voorbehoud gesien word as sowel ’n bevestiging as ’n voorspelling van voorspoed. Vandag is ’n mens versigtiger, en is daar ook nuwe sensitiwiteite. ’n Mens kyk weer ’n keer, om vas te stel in watter mate so ’n lys verteenwoordigend is. Of is daar dalk aanduidinge van kwessies wat vergeet of uit die gemeenskaplike bewussyn verdring word? Tegelyk word die opwinding rondom interessante titels getemper deur die wete dat Afrikaans veld verloor in skole, dat Afrikaansdepartemente aan universiteite sluit, dat uitgewers sukkel om te oorleef; helaas, velerlei kleiner en groter terugslae.

2. Keerpunte

Vantevore het ’n beduidende groep uit die Afrikaanse gemeenskap al gevoel die taal of die letterkunde word bedreig. Milner se stelselmatige onderdrukking en later die Nasionale regering se omvattende sensuurwette is twee voorbeelde.

Milner se politieke optrede tťťn Afrikaans het tegelyk tot politieke steun vŪr die taal gelei. Politieke steun het die groei van die taal versterk, wat lei tot die erkenning as landstaal in 1925, en met ’n uitbreiding in amptelike funksies nŠ 1948.

Uit die briewe van mense wat in die jare twintig en dertig ’n standhoudende boekbedryf gevestig het, is dit duidelik dat die saak van Afrikaans vir hulle die belangrikste dryfveer was. In daardie korrespondensie is die boek as boek, dit wil sÍ as kultuurproduk binne ’n internasionale leesgemeenskap, skaars sigbaar.

Syfers is moeilik te kry, maar dit is nietemin duidelik dat die jare vyftig en sestig beduidende groeijare vir ’n Afrikaanse boekbedryf was. Die wesenlike inkomste toe, en tot onlangs, was egter uit skoolboeke. Die uitstaande prestasie was ’n lewenskragtige letterkunde, wat veral nŠ 1960 ook in die prosa ’n wye register verkry het.

In die jare sewentig en tagtig het Afrikaanse skrywers gewaarsku dat die volgehoue prestasie van die letterkunde deur staatsensuur bedreig word. In die protes teen sensuur het skrywers en andere ook die uitgebreide rassewette toenemend beskryf as ’n vergryp teen menswaardes, afgryslik in omvang, en ’n gevaar vir die taal. Skrywers soos Andrť P Brink en Breyten Breytenbach het onder moeilike omstandighede begin om in Engels te skryf. Ook ander, soos Achmat Dangor.

Toe gesag eindelik oorgedra is na ’n nuwe regering, in ’n betreklik brose liberale demokrasie, was daar oor ’n wye front verligting dat die taal ’n krisis oorleef het en van ’n sware las verlos is. Daar was ook ’n verwagting dat sondes in Afrikaans en rondom Afrikaans gou vergeet sou word. Dit was en is ’n onwaarskynlike hoop. ’n Mens kan verwag dat die sondes van die vaders nog lank aan die taal besoek sal bring.

Die jongste keerpunt in Afrikaans verskil van voriges onder meer in die mate waarin finansiŽle vermoŽns in ’n nuwe wÍreld deurslaggewend geword het. Eerder as die noukeurig beplande aanslag teen die taal wat baie mense vermoed, is daar sporadiese venyn, grootskeepse onverskilligheid, amptenare en sakelui se keuses om geriefshalwe ’n saak net in een taal af te handel, en eindelik die staat se onvermoŽ om te voorsien in al die behoeftes waarvoor geld nodig is.

Na ’n lang aanloop van slordige bestuur en oordeelsfoute in die ou ťn nuwe bestel was ’n tekort aan geld ook die finale oorsaak vir die skielike stilstand in skoolboekaankope in 1998. Al die beduidende plaaslike uitgewers, Engels en Afrikaans, algemene uitgewers en skoolboekuitgewers, het in daardie jaar verliese gely, ook omdat dit saamgeval het met skraal bestellings van algemene boekhandelaars met groot voorraadoorskotte. Die terugslae was vir veral Afrikaanse skrywers en uitgewers ’n duidelike voorteken van wesenlike veranderinge. Die staat sou voortaan Afrikaans, en ook ander landstale, selfs Engels, nie meer in dieselfde mate steun met boekaankope vir skole, biblioteke en ander staatsinstellings nie.

Sedert 1998 het verskeie plaaslike uitgewers gesluit en het honderde mense in diens van uitgewers hul werk verloor. Met weinig steun van die staat en groot verskuiwings in die boekbedryf wÍreldwyd aan die gang, is plaaslike uitgewers se aanpassings om te oorleef nog lank nie verby nie.

’n Optimis sou sÍ dat Milner se politieke aanslag die taal polities versterk het; dat die literÍre stryd teen sensuur en apartheid nuwe literÍre en politieke volwassenheid gebring het; en dat ons ook nou rede het tot dank, omdat die aanpassings wat voorlÍ eindelik ekonomiese selfstandigheid kan beteken vir die Afrikaanse boek, soos wat ander aanpassings dit ook op ander terreine vir Afrikaans moet doen.

3. Boekhandel

’n Kenmerk van die Afrikaanse boekhandel is die skaarste aan Afrikaanse boekwinkels. Ek is nie bewus van ’n enkele suiwer Afrikaanse boekwinkel nie. Boekwinkels waar meer Afrikaanse as Engelse boeke verkoop word, kan op ’n mens se vingers getel word.

Boeke reis moeilik as kulturele produkte, moeiliker as byvoorbeeld visuele kuns of musiek. Selfs in meertalige lande is die boekwinkels in die reŽl eentalig, in Kanada dus Frans of Engels; in BelgiŽ Vlaams of Frans; en in Switserland Frans, Duits of Italiaans. Ons het ’n heeltemal uitsonderlike praktyk, waar Afrikaanse boeke meesal verkoop vanuit winkels waar die eienaarskap, bestuur en leesgewoontes van aankopers oorwegend Engels is.

Afrikaanse lesers is te min en te wyd versprei om uitsluitend Afrikaanse boekwinkels moontlik te maak, maar wel genoeg om vir die Engelstalige boekhandel ’n nismark te wees. Dit is ’n klein mark. Selfs met inbegrip van Leserskring, die grootste verkoper van Afrikaanse boeke, is uitgewers se inkomste uit Afrikaanse boeke nie meer as 15% van uitgewersinkomste in die algemene mark nie. Plaaslike uitgewers, Afrikaans en Engels, is onder groot druk van oorsese uitgewers wat op groot skaal konsolideer en hul bemarkingstelsels deurlopend verbeter.

Die drie grootste boekhandelaars, CNA, Exclusive Books en die boekklubs Leserskring en Leisure Books, beheer byna 70% van die mark. Dit maak dit maklik vir oorsese uitgewers om boeke in Suid-Afrika te versprei. Hulle kan betreklik wye verspreiding kry, al werk hulle net met die drie grootste handelaars. So ’n bedeling maak dit ook vir die klein eenpersoonuitgewers moontlik om met min moeite betreklik goeie verspreiding te kry, as hulle daarin kan slaag om ’n bepaalde titel aan een of meer van die drie groot handelaars te verkoop.

Dit is dikwels ’n wens van skrywers en lesers dat uitgewers die boekhandel omseil en boeke regstreeks aan lesers verkoop. Dit was ook al vir uitgewers ’n verleidelike gedagte en word af en toe gedoen. Maar hier en wÍreldwyd is die ervaring dat uitgewers selde ook met sukses kleinhandelaars kan wees. Wanneer die uitgewer ’n beduidende kleinhandelaar wil wees, word die kapitaal en vernuf wat nodig is om boeke sů te verkoop so veeleisend dat sulke pogings liefs selfstandige ondernemings moet word, vůůrdat dit die uitgewer se vermoŽ en middele vir die maak van boeke uitput. Diť ervaring geld ook, dalk nog in groter mate, vir verkope oor die internet.

4. Lesers

Afrikaans se status as taal is vroeg verhoog deur gebruik in godsdiensonderrig, koerante en universiteitsonderrig. In 1918 was daar in Suid-Afrika al twee leerstoele in Afrikaans, net een jaar nŠdat daar aan ’n gevestigde Britse universiteit soos Cambridge vir die eerste keer ’n leerstoel gevul is in Engels, ’n taal wat toe reeds eeue lank gevorm is en ’n ryk literatuurskat besit het.

Terwyl vroeŽ voorskrywing en akademiese onderrig belangrik was vir die Afrikaanse letterkunde, het dit ook bygedra tot ’n uitsonderlike gaping tussen enersyds die taal van die veld of die kombuis, en andersyds die dikwels verhewe en beskroomde prosa van kateder en kansel. In die boekbedryf was die gaping tussen “goeie” boeke en ligte leesstof en nutsboeke in ’n stadium buitengewoon groot. Baie gapings is intussen vernou, met groter erkenning aan verskille in ervaring- en bewussynverskille tussen swart en wit, tussen man en vrou, en tussen uiteenlopende oortuigings, gelowe en erotiese voorkeure.

Maar die werklike groei in algemene verkope, ook in lesers en in ’n wyd gebaseerde, volwasse, verdraagsame en katolieke leeskultuur in Afrikaans het eers oor die laaste paar dekades ontwikkel. Dit was ook net betyds: was dit veel later, was daar met die stilstand in skool- en biblioteekaankope in 1998 minder kans om met die uitgee van net algemene werk ’n boekbedryf in stand te hou.

Dit is moeilik om leserstalle vorentoe te voorspel. Met verengelsing, emigrasie, nuwe leerplanne en nuwe vakvoorkeure is daar ’n afplatting van Afrikaans in skole en ’n ingrypende daling in studentetalle. Maar tegelyk weet ’n mens die keuse van boeke wat wel nog in die skool gebruik word, is nou nie meer kortsigtig versigtig nie; dat lesers deurlopend ’n ruim keuse het uit ’n avontuurlike verskeidenheid van titels; dat die angel verdwyn het uit verwyte, enersyds, dat Afrikaanse lesers oningelig en eng is en, daarteenoor, dat skrywers ontoeganklik literÍr skryf; en dat daar ook nog ’n versagting kan kom in verwyte dat bepaalde groepe of gesindhede nie leefruimte in die literatuur kry nie.

5. Skrywers

Die omvang en verskeidenheid van die Afrikaanse letterkunde is uniek in Afrika. Onder die meer as 2 000 ander inheemse tale op die vasteland is daar nie nog ’n taal met so ’n standhoudende vloei van titels nie. Swart skrywers skryf meesal in Engels of Frans, in sekere gevalle ook in Arabies, en word dan oorsee en ver van huis uitgegee. Ook in Suid-Afrika is daar nie ’n sterk Engelse literÍre uitgewer nie. Engelse skrywers wat goed verkoop verkies meesal om in Londen of New York uit te gee.

Die feit dat Afrikaans te veel van Nederlands verskil vir Afrikaanse skrywers om in Amsterdam uit te gee, het ruimte geskep vir ’n plaaslike boekbedryf, waar skrywers makliker uitgegee is. Die mark is egter klein, al het lesers oor die laaste dekades verbasend gegroei. Gemeet aan die behoeftes om te bestaan, is dit nogtans pynlik klein. Min skrywers in Afrikaans kan uit skryf ’n bestaan maak.

Die beperkinge van ’n klein mark word nou vererger deur die verskraling van literÍre werk in skoolleerplanne. Voorskrywing sal nou in veel minder gevalle ’n tweede lewe vir ’n titel kan wees, soos wat ’n tweede uitgawe in sagteband dit in groter markte in die wÍreld is.

Dit is, terloops, nie waar dat uitgewers skandalig ryk word deur, soos soms beweer word, “die room af te skep” nie. Vir sover ek syfers in die afgelope dekade nagespeur het, betaal die groter Afrikaanse uitgewers meer uit aan outeursgeld as wat hul aan wins verdien. Dit geld ook vir die sogenaamd goeie, winsgewende jare.

Skrywers wat al oorsee uitgegee het, weet ook dat die Afrikaanse uitgewers se outeursvergoeding en bepalings op neweregte meesal ruim is, vergeleke met praktyke elders. Wat wel anders is in die plaaslike mark, is die afwesigheid van agente en ook van veilings, waar uitgewers soms reuse-voorskotte vir ’n manuskrip betaal. Die moontlike inkomste is te gering om agente waarskynlik te maak, maar ’n mens voorsien dat redelike voorskotte meer algemeen kan word.

Vertaling is ’n klaarblyklike manier om te ontkom aan die beperkinge van die mark. Afrikaanse skrywers is al hoe meer gesteld daarop, maar dit verg toetrede tot markte wat hoogs mededingend is. ’n Enkele statistiek: van al die boeke wat elke jaar in Londen verkoop word, is minder as 1% vertalings.

Die goeie nuus vir skrywers is die feit dat hulle bevoordeel word deur twee belangrike ontwikkelinge in die wÍreld van die boek: ’n magsverskuiwing weg van uitgewers na skrywers, en die ontplooiing van elektroniese moontlikhede.

Dit is ’n kenmerk van die nuwe wÍreldekonomie dat klante en individue ’n groter verskeidenheid van keuses verkry, selfs waar ondernemings met samesmelting en konsolidasie groter word. ’n Baie klein voorbeeld is die groepering van Tafelberg en verskeie kleiner uitgewers: met die samevoeging is gesag afgewentel, sodat die keuse vir skrywers kon verruim. Die model van ’n enkele uitgewersbaas omring van redakteurs, word vervang deur een waar redakteurs nou uitgewers uit eie reg is, en selfstandig ’n eie publikasielys saamstel. Dit is ’n verskuiwing van mag wat op die lange duur onomkeerbaar is.

Ook die vinnige ontwikkeling in goedkoop druktegnologie en die moontlikhede wat internet sal bied, sal sekere skrywers help om uitgewers te omseil. Om goeie skrywers te behou, sal uitgewers hulle moet toespits op diť funksies waar hulle vir die skrywer van die grootste waarde kan wees. Een so ’n rol is in bemarking, wat toenemend ook elektronies gedoen word. ’n Ander belangrike rol is redaksionele versorging, waar juis die volle menslike register van oordeel en empatie belangrik bly. ’n Uitgeweke skrywer, wat lank nie meer in Afrikaans skryf nie, sÍ byvoorbeeld: Ek mis nie Afrikaans nie; ek mis nie meer gewese vriende nie Ö Ek mis Charles Fryer!

Afrikaanse uitgewers weet dit het nie sin om teen blitsende donder te raas nie. Van hulle werk dus reeds aan planne wat dit vir skrywers makliker sal maak om ook self uit te gee. Nuwe uitgeebedrywighede, soos gemeenskappe wat hul eie vertellinge wil bewaar; kaalvoetuitgewers en kombuisuitgewers; jong skrywers wat grense wil toets; selfs erkende en suksesvolle skrywers wat wil eksperimenteer — al hierdie uitgeebehoeftes moet aangehelp word. Dis ’n noodwendige stap na ’n volwasse leeskultuur.

Die beskrywing “skrywer” sal in die nuwe velde van vryheid ruimer as tevore gebruik word, net soos die definisie van die boek ook verskuif. Maar ’n mens hoor nog soms die versugting: met die Sestigers nou sestig, wanneer sal daar weer ’n groep wees wat so jonk, so sterk, so gelyktydig verskyn? Die antwoord is eenvoudig: Daar is nou aansienlik meer Afrikaanse skrywers as veertig jaar gelede. As onlangse debutante, so uiteenlopend soos A H M Scholtz, Christoffel Coetzee, Marlene van Niekerk (as romanskrywer), Sonja Loots, Anouschka von Meck, Tom Dreyer, Kirby van der Merwe en talle ander van onlangse jare, verskyn het in ’n veld so oop soos diť van vůůr sestig, sou ook hulle dalk op ’n manier as groep benoem gewees het.

6. Uitgewers

Uitgewerye, selfs die grotes van die wÍreld, is in wese tuisnywerhede: hoogs persoonlik en individualisties, bevolk deur mense wat toegewy is aan hul vak en sensitief is vir skrywers en lesers. As geld en ambisie hul dryfkrag was, sou hulle ander beroepe gekies het. Maar terwyl die uitgewery in veral die redaksionele begeleiding van skrywers ’n klein en selfs afgesonderde saak bly, verkeer dit nietemin as onderneming onder druk van mededinging en van eise tot doeltreffendheid. Die maatstawwe word dikwels bepaal deur bedrywe wat min met die boek gemeen het.

Afrikaanse uitgewers het hul vaardighede en vermoŽns in die laaste jare aansienlik opgeknap. Terwyl die vermoŽ om skrywers redaksioneel te begelei steeds kernbelangrik is en beskerm word, moes ander prosesse vanweŽ krisisse aangepas word om die ondernemings meer beweeglik en toegerus vir die toekoms te kry.

’n Belangrike tendens in uitgewerye wÍreldwyd gedurende die laaste twee dekades is dat dit goedkoper word om ’n boek te maak, maar al moeiliker en duurder word om boeke te bemark. Ook in Suid-Afrika geld diť waarheid. Die bemarking van boeke het die laaste jare ook in Afrikaans anders begin lyk, met skrywerstoere en ander aktiwiteite rondom die verskyning van ’n boek, en veral ook beter bemarking en diens aan handelaars. Die groot boekwinkels verwag dat hulle gou gaan vereis dat hulle boeke 24 uur per dag sewe dae per week elektronies kan bestel, met streng standaarde vir gerief, spoed en ander vereistes wat reeds oorsee geld. Vir Afrikaanse uitgewers bly dit ’n dilemma: hulle is kwalik groot genoeg om middele van diť aard te bekostig, maar met vier titels per week tussen die twee groteres tť groot om daarsonder klaar te kom. As hulle die Afrikaanse boek se plek op die winkelrakke wil verseker en uitbrei, ook ter wille van toekomstige skrywers, het hulle geen ander keuse nie as om toe te sien dat hulle die vaardigheid en vermoŽns het om ook met die veel groter uitgewers van oorsee mee te ding.

In ’n soms openbare maar dikwels private en half versweŽ gesprek tussen Afrikaanse skrywers en uitgewers kom drie sake dikwels na vore: eienaarskap in die uitgewery; die behoeftes van lesers; en die wyse waarop Afrikaans gaan voortlewe.

6.1 Wie besit die uitgewer?
Die feitelike antwoord is dat Naspers die eindeienaar van die grootste Afrikaanse uitgewers is. Hebsug of magsug was nouliks ’n faktor in besluite oor die jare om verskillende drukname te koop. Dit was op enkele gevalle na minstens gedeeltelik ook besluite om te help waar ’n uitgewershuis in nood nie sonder hulp sou voortbestaan nie. Naspers kon die Afrikaanse boek groter steun bied as wat op suiwer sake-oorwegings geregverdig kon word, want die aandeelhouers was betreklik homogeen, ook in hul steun vir die saak van die boek. Vandag lyk die aandeelhouding anders. Die groter behoefte aan kapitaal en notering bring ’n wyer verspreiding van aandeelhouers wat ’n opbrengs op hul belegging wil hÍ. Die aandeelhouers verteenwoordig ook die volle diversiteit van die samelewing.

Maar ’n uitgewer word op ’n manier ook deur skrywers “besit”. Dit is ’n belangrike aanspraak van veral literÍre skrywers en gee ’n aanduiding van die spesiale verhouding tussen skrywer en die mense aan wie ’n teks toevertrou word.

Die “eienaarskap” wat skrywers in die groter Afrikaanse uitgewers het, was waarskynlik nog nooit so netjies en eenselwig Afrikaans as wat baie skrywers dalk dink nie. Human & Rousseau se heel eerste publikasie was immers in Engels, ’n digbundel van Anthony Delius. En Tafelberg gee al dekades lank ook in Engels uit. In die laaste vyf jaar het die outeurslys al meer gediversifiseerd geraak. In die Tafelberg-groepering is daar meer as sestig swart outeurs (teenoor meer as 800 altesaam). Al die nuwe skrywers, en ook ouer skrywers van tuinboeke, kookboeke en ligte romans, het aansprake op “besitreg”.

Nietemin, as die uitgewer deur sy korrespondensie blaai en artikels deur skrywers oor die jare lees, is dit duidelik dat party Afrikaanse literÍre skrywers net gekwalifiseerde “besitreg”, indien enige, vir party ander kategorieŽ van skrywers inruim. Die gulle dringendheid waarmee outeurs soms vir die uitgewer van raad bedien, is ’n aanduiding van ’n spesiale band, met talle onuitgesproke aansprake.

Verwagtinge oor wat die uitgewer moet doen, strek ook wyer as net bestaande skrywers, tot in gemeenskappe wat tevore nie in publikasie verteenwoordig is nie, maar wil sien dat mense uit daardie gemeenskappe uitgegee en ook as uitgewers opgelei word.

Uitgewers besluit en herbesluit dus elke dag oor talle manuskripte, met die waarskynlike verwagtinge van lesers voor hulle, maar met baie uiteenlopende verwagtinge oor die uitgewer se rol nog rondom hulle.

6.2 Behoeftes van lesers
Skrywers is onrustig omdat die behoeftes van lesers en verwagtinge in die mark in die afgelope drie jaar groter gewig as tevore in uitgewers se woordeskat verkry het. Wanneer uitgewers diť woorde gebruik, geld dit meesal vir spesifieke soorte boeke, soos nutsboeke. Wanneer skrywers dit hoor, vrees hulle dikwels dat gehalte in die gedrang sal kom. En vir gehalte kan ’n mens lees: literÍre werk.

Gedurende die laaste drie jaar, toe Afrikaanse uitgewers hulle vir oorlewing baie sterker op die behoeftes van die mark gerig het, het dit duidelik geword dat party skrywers se voorspellings van ’n “kookboekkultuur” nie heeltemal oorwoŽ was nie. Daar is in diť tyd meer boeke van literÍre gehalte uitgegee as in die vorige drie jaar, terwyl ook die gehalte van kookboeke verbeter het.

Tog is die debat rondom lesers se wense en verwagtinge, en die invloed daarvan op gehalte in literÍre produksie, nog nie verby nie, en tegelyk ook belangrik. Dit is immers ’n debat veel ouer as Afrikaans en verdien ewewigtige bespreking.

In die praktyk is uitgewers se uitgangspunt steeds dat skeppende skrywers op die grootste moontlike vryheid gedy.

6.3 Hoe gaan Afrikaans voortlewe?
Nog net een skrywer, in ’n onderhoud met ’n Nederslandse joernalis, het na my wete onlangs in die openbaar gesÍ Afrikaans sal nie as skryftaal oorleef nie. Die land verengels. Ander skrywers wonder in private gesprekke oor die saak.

Jaap Steyn het al gewys, in argumente wat moeilik betwis kan word, dat daar nie goeie gronde vir sulke voorspellings is nie. Die ondergang van Afrikaans is al telkemale voorsien, veral in tye toe Engels sterk was. In die vroeŽ bewindsjare van die Nasionale regering het vooraanstaande Engelstalige burgers weer geglo dat Engels geen toekoms in Suid-Afrika het nie.

Selfs in die verlies aan funksies is daar nog nie grond om te glo dat voorspellings vir Afrikaans akkuraat kan wees nie. Sulke voorspellings is, soos talle ander eindvoorspellings, eerder gegrond in die skakeringe van ’n individuele gemoed as ’n saaklike ontleding.

Deurlopende navorsing dui dat belangstelling in Afrikaans nou afneem, soos die taal van sy funksies verloor, maar dat dit beperk is tot mense wat nie van huis uit Afrikaans praat nie. Onder mense met Afrikaans as huistaal is daar nog geen beduidende verskuiwing na Engels nie. ’n Mens sal nog ’n geruime tyd moet wag, moontlik selfs tot ’n volgende geslag, voor grondige voorspellings gedoen kan word.

N P van Wyk Louw se suggesties in 1959, in sy opstel “Laat ons nie roem nie”, is nog verrassend geldig. Hy waarsku teen die versoeking om met die “wonder” van Afrikaans te roem, asof ’n mens taal ooit werklik kan besit. Gissings oor wat van die taal sŠl word, of oor wat vŠn die taal sal word, is te bysiende, bevooroordeeld, vol van eie wense, eie verlange, te min vol aandag vir Šnder dinge dan ons eie; Šnder verlangens, ander uitkyke, ander magte. Oor hoe die taal sal voortbestaan, kan ons dus nie praat nie, behalwe, sÍ Louw, met “hartstogtelike verlange”.

In die groter Afrikaanse uitgewerye word nog nie gevra of hulle op die lange duur gaan voortbestaan nie. Die nadruk is op die wyse waarop daar ’n basis gebou kan word wat oorlewing sal verseker, vir nou en ook vir die toekoms.

7. Die saak vir die boek, in Afrikaans

7.1 Apologie vir saaklikheid
Om te lees begin as ’n fyn proses van oog en brein, bepaal deur oorerwing en kultuur, met taal en opvoeding as vormende faktore. Dit word in die vaste, tot boek bekeerde leser ’n eie geskiedenis van tekste wat die belewenis van die lewe verander, van boeke wat onthou word omdat dit deel word van die leser se eie geskiedenis.

Die uitgewers wat ek ken wat vandag met Afrikaanse boeke werk, is almal mense wat die geskiedenis van Suid-Afrika se laaste dekades sou kon beskryf aan die hand van boeke wat uitstaan omdat die lees daarvan saamgeval het met bepaalde gebeurtenisse in die samelewing se geskiedenis. Hulle is mense wat nůķ met boeke saamleef.

Vir my om te hou by ’n gewoon saaklike uiteensetting, met ’n nou fokus op die bedryf, is nie om uitgewers se belewenis van die boek en taal te wil verskraal nie. Dis ’n erkenning dat die betekenis van ’n frase soos “die saak van die boek” in Afrikaans vir uitgewers oor jare heeltemal verander het. Die “boek” is nog estetiese objek van ink en papier en sal lank nog so wees, binne ’n nuwe, elektronies omvattende definisie van die boek. Die “saak” is nog ’n idealistiese begrip, maar nou met ’n algemeen kulturele betekenis en met inbegrip van realisme, dus van ’n besef dat die saak ook saaklik versorg moet word.

Daar is ook die wete dat saaklikheid vorentoe ’n belangrike, aanvullende klem in gesprekke oor die Afrikaanse boek kan wees. Saaklikheid, in diť sin van die woord, veronderstel ’n begrip vir onderlinge struktuur, dus ook vir dit wat prakties moontlik is. Dit is ook ’n benadering wat sorg dat strydgesprekke by saaklike dinge hou, met ruimte vir respek vir ander en hul redenasies, sodat eie standpunte soms gewysig kan word. Anders dus as om persoonlik, moedswillig of onbuigsaam polemies te wees, houdings waarvoor daar wel in lewendige literÍre debatte ook ruimte is.

7.2 ’n Saak tussen baie ander sake
Die boek in Afrikaans is nie ’n afgeslote wÍreld nie: dit staan op winkelrakke en op boekrakke in die huis langs ander boeke. Die vrae rondom die toekoms van die boek is deel van groter vrese oor Afrikaans; die nut en vreugde van lees word ook omring deur ongeletterdheid, armoede en ’n onvoorspelbare siekte.

Dit sou ’n fout wees om debatte rondom Afrikaans te wil afsonder van ander belangrike debatte in die land. As iemand dus sou wil suggereer dat die Afrikaner dalk nie ook Afrikaan is nie, is dit geleentheid om aan te meld as Afrikaan, eerder as ’n verskoning om te onttrek. Soortgelyke debatte, soos diť rondom ’n eksklusiewe, inwaarts gerigte Afrikaans, teenoor ’n uitwaartse verwelkoming van ander, het tevore, in ’n vorige bedeling, heeltemal te lank geduur. As meer stemme van buite toe deelgeneem het, was dit dalk baie lank gelede al vanselfsprekend dat ’n groeiende, breedgebaseerde leeskultuur in Afrikaans net moontlik is as genoeg sprekers van die taal geletterd is en die vermoŽ het om boeke te koop, en ook net as dit deel is van ’n wye, algemene boekkultuur in die land.

7.3 Gesprekke met die staat
Dit is belangrik dat die boekbedryf in Afrikaans die vermoŽ moet ontwikkel om met verkope aan algemene lesers sterk te wees, nie net vir ’n toevallige jaar nie, maar vir die voorsienbare toekoms. Dit sluit in dat uitgewers in hul sake die vermoŽ moet hÍ om beleggings te trek van beleggers wat in die toekoms van die bedryf glo.

Dit is dus belangrik om onafhanklik te wees van steun van die staat, maar goed om te onthou dat die staat ’n groot rol speel in elke land met ’n wye leeskultuur en sterk boekbedryf. Staatshulp is ’n kwart van die inkomste van uitgewers in ontwikkelde lande, veel meer in ontwikkelende streke. En word die waarde van ’n sterk leeskultuur en van diversiteit in kultuur in Suid-Afrika deur die staat erken, sal mense aan die stuur van die land nog voortdurend oortuig moet word om skaars geld eenkant te sit vir die bevordering van lees, in boeke in al die tale van die land, ook Engels.

In debatte met die staat en met die groter gemeenskap in Suid-Afrika, kan Afrikaanses vir hulself ruimte behou vir geregverdigde verontwaardiging. Maar dis tegelyk wenslik om saaklik te wees en sů ruimte te laat vir nuwe insigte, wedersyds. Suiwer argumente sal meesal ook versterk word as daar minstens nugter begrip is vir die objektiewe werklikhede van geld en mag.

7.4 Hef aan
Daar is ’n neiging in die Afrikaanse literÍre debat van die laaste jare om oorhaastig tot uiterste gevolgtrekkings te kom. Wanneer die gevolgtrekkings aan die somber kant is, soos dikwels die geval is wanneer oor sake soos die behoud van literÍre gehalte of die taal se plek in die groter samelewing gewonder word, is daar die gevaar dat mense in ’n kringloop beland waar hulle voortdurend bang, boos en magteloos is.

Dit pas om in hierdie jare van verskuiwende sekerhede nugter en noukeurig te dink, soms dalk kleiner te dink, sodat ’n mens ruimte het om deurlopend aan die kleiner, hanteerbare sake aandag te gee.

Die houbare houding, minstens uit ’n uitgewersoogpunt, is om saaklik te doen wat gedoen kŠn en gedoen můťt word. Vermy dus om tť veel te wil roem op wat al in Afrikaans bereik is. Moet nie dink dat taal en literatuur besit kan word nie. Wees ook oor gerugte van terugslae nie oordrewe verslae nie. Daar is nog baie vreugde in die Afrikaanse boek en bowendien genoeg dinge om gewoon te důťn.

LitNet-leser: Wat dink jy van hierdie bydrae? Twee pryse van R1000 elk word toegeken aan die interessantste reaksies op referate. Stuur jou opinie aan SÍNet by redlitnet@mweb.co.za

Besoek die beraad se virtuele boekuitstallings en ondersteun ons skrywers deur hul boeke via LitNet te bestel.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.