SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Skrywersberaad-argief

Skrywersberaad




  Andrť van der Walt
is op 11 November 1939 in Bloemfontein gebore. Na sy skoolopleiding aan die Grey-Kollege studeer hy aan die Vrystaatse universiteit. Nadat hy etlike jare lank aan die universiteite van die Vrystaat en Wes-Kaapland sosiologie doseer, stig hy in 1984 ’n sakeonderneming wat gemoeid is met die ontwikkeling van behuising vir afgetredenes. Hy is medestigter en uitvoerende hoof van die Taalsekretariaat wat in April 2000 tot stand gekom het.

Sprekers, steiltes, strukture

As die leser sy teleskoop vanuit die kuberruim op die suidpunt van die Afrika-kontinent sou instel, sal hy ’n ongekende gewoel en gewerskaf rondom Afrikaans-wees en Afrikaans as taal bespeur. Dit is natuurlik nie ongewoon nie, dieselfde koorsagtigheid is op haas elke lewensterrein van Suid- en suidelike Afrika waarneembaar. Die mense wat weet, noem die ongewone aktiwiteit ’n proses van transformasie van die post-apartheid-samelewing.

Sprekers

Die ANC-regering het sedert hy aan bewind gekom het sekere maatreŽls ingestel wat alle lewensterreine in Suid-Afrika drasties herstruktureer. Vanuit ’n politieke oogpunt is die regering van die dag seker besig om sy mandaat uit te voer, met die uiteindelike doel om die demokrasie te verbreed en die kwaliteit van lewe van al die mense in die land te verhoog. Dit is politieke oogmerke waarmee geen fout te vind is nie, behalwe dat Afrikaans as taal nie as brandhout gebruik moet word om die vryheidsvlam hoog te laat brand nie.

Op die arbeidsterrein is die Wet op Diensbillikheid ingestel wat die privaatsektor in ’n drukgang plaas om op kleur af regstellende aksies toe te pas en om onbillike diskriminasie te verhoed, op die gesondheidsterrein is basiese gesondheidsdienste vir die bevolking meer bekostigbaar en toeganklik gemaak en op onderwysgebied word besin oor fundamentele verandering op primÍre en tersiÍre onderwysvlak. Daar is roeringe rondom die taal van rekord in die howe. Die mees dramatiese en sigbare verandering het egter in die profiel van die staats- en halfstaatlike instellings plaasgevind.

Dit sal naÔef wees om te dink dat Afrikaans as taal in die hele proses van herstrukturering ongestoord sy gang kan gaan en ongeskonde anderkant sal uitkom. Om anderkant uit te kom lÍ “hef aan” nog voor. Dit is nie net “hef aan” wat voorlÍ nie, dit is ook ’n toets vir Afrikaans as taal om vanuit ’n voorheen beskermde omgewing homself te handhaaf in ’n omgewing waar taaltoewyding en die skeppingsvermoŽ van en in Afrikaans die uiteindelike deurslag sal gee. Die veranderde omstandighede moet in ’n positiewe lig ervaar word, dit kan die tot nou toe nog ontluikende skeppingskrag in Afrikaans net verder laat gedy.

“Hef aan” is ’n eg Afrikaanse idiomatiese uitdrukking. Dit verwoord ’n element van die steiltes wat voorkant toe nog voorlÍ. Dat daar vir Afrikaans as taal steiltes vorentoe voorlÍ, is gewis en seker. As Afrikaans die steiltes moet aandurf, moet ons eers van oortollige bagasie ontslae raak.

Ons moet ontslae raak van sekere persepsies rondom Afrikaans.

  1. Die persepsie dat Afrikaans die taal van die onderdrukker was, is ’n mite. Daar was miljoene Afrikaanssprekers wat die slagoffers van die apartheidsideologie was. Prominente Afrikaanse skrywers en denkers en politici en akademici het hulle met woord en daad teen die apartheidsideologie verset. Bevryding van apartheid het ook bevryding vir Afrikaans beteken. Vir dekades was Afrikaans met die ideologie van apartheid gekontamineer. Die apartheidsideologie het Afrikaans vir “land en volk en taal” geskaak. Dis nie te sÍ dat daar nie Afrikaanssprekers, en Afrikaanse persgroepe en kerke en kultuurorganisasies was wat maar te gewillig aan die skakingsproses deel gehad het nie. Hierdie skakers en alte gewillige meelopers het Afrikaans die valse beeld gegee van Afrikaans as “wit taal”. Afrikaans is nie ’n wit taal nie, die helfte van die moedertaalsprekers van Afrikaans is geskakeerd wit, en tweedetaalsprekers oorwegend swart. Trouens, 42% van volwassenes in die land, wit en swart, is Afrikaans magtig of kan Afrikaans verstaan. Afrikaans kan die steiltes aandurf sonder die persepsie van taal van die onderdrukker of ’n “wit taal”. Dis oortollige moedswillige bagasie. Bevryding van apartheid het ook bevryding vir Afrikaans beteken.

  2. By ’n beduidende, of beduiwelde as die leser wil, aantal wit Afrikaanssprekers bestaan daar die persepsie dat die tradisionele kultuurorganisasies en ander organisasies, veral die met ’n “A” in die benaming, Afrikaans teen die steiltes sal uitstoot. As dit ooit so was, daardie tyd is verby. Diť organisasies kan hoogstens ’n ondersteunende rol speel. Afrikaans, soos enige ander taal word nie eksklusief besit nie. Die taal raak nie eiendomlik nie. Afrikaans, in sy bevryde staat sweef oor kultuur en kleur en kieser heen. Die eiendom van taal is sy sprekers, van die Bo-Kaap tot in Koekenaap. Dis nie te sÍ dat daar nie organisasies moet wees wat die dorings en distels na die steiltes moet oopskoffel nie. Die organisasies moet egter die profiel van sy sprekers reflekteer.

  3. Dan is daar die persepsie dat, deur Afrikaans die jas van minderheidsregte aan te trek, die steiltes vorentoe in ’n gelykpad sal verander. Minderheidsregte is die Mosesstaf wat die Rooisee sal kloof. Sien, so word geredeneer, minderheidsregte is ’n internasionaal erkende verskynsel wat die demokrasie stabiliseer. Daar bestaan verskeie internasionale ooreenkomste en konvensies wat minderheidsregte in een of ander politieke bestel verskans. Taal is ’n komponent van minderheidsregte, en as minderheidsregte in Suid-Afrika erken word, sal Afrikaans se toekoms verseker word. Dit is gemorfineerde denke. Trouens, diť uitgangspunt rem Afrikaans teen die steiltes af, onherroeplik die afgrond in. Die akkommodasie van minderheidsregte is in sy wese politieke akkommodasie van minderheidsregte in een of ander vorm. Die regering van die dag is besig met die mees fundamentele herskikking van die Suid-Afrikaanse samelewing. Om die konsep van minderheidsregte aan die regering van die dag te verkoop, is ydele hoop. Minderheidsregte is net nie ’n prioriteit by die ANC-regering nie. Daarmee wil ek hoegenaamd nie te kenne gee dat die “taalregte-opdrag”, volgens die grondwet, by die ANC-regering ’n prioriteit is nie. Die teendeel is eerder waar. Dan ontstaan die groot vraag nog wat die minderheidsregtepropagandiste moet beantwoord: minderheidsregte vir wie? Daar is baie Afrikaanssprekendes wat geen snars omgee vir minderheidsregte nie, trouens selfs nie eens vir taalregte nie. Minderheidsregte in die Suid-Afrikaanse konteks sal nog vir lank ’n geurtjie van apartheid ronddra. Om Afrikaans deur minderheidsregte te verskans is doodgebore. Oortollige bagasie. Gooi af voor ons begin.

  4. Die taal is deel van die Afrikaanse kultuur. Watter kultuur? Waar is die onderskeidende Afrikaanse kultuur? As die ontleedmes kundig hanteer word en die Afrikaanse wese netjies gedissekteer word, soek ons tevergeefs na ’n tipiese Afrikaanse kultuur. Ons klere lyk soos die Engelsman se klere, en die dames se handel en wandel verskil nie van die deursnit Europese vroue nie. Die kos wat ons in die fyn restaurante of by die huis eet, en die manier hoe dit geŽet word, kon net sowel in Londen of Leipzig gewees het. O ja, die troue en die vryery en dit wat daarmee gepaard gaan, is nie anders as ’n tipies Westerse besigheid nie. Vir die kennis, die ervaring, die belewenis van die nou en die hier word uit dieselfde beker gedrink as miljoene ander mense wat met die grootste wil ter wÍreld, nie as “kultuurgenote” beskryf of ervaar kan word nie. Afrikaanssprekers se godsdiensbeskouing is basies Protestants of variasies daarvan of agnosties, so ook die godsdienste in Europa en groot dele van Amerika. ’n Eiesoortige Afrikaanse kultuur is ’n produk van apartheidsindoktrinasie. Die basiese “regverdiging” om voetsoldate op te vorder vir die “totale aanslag” van die apartheidsera was om volk en kultuur teen die “bedreiging” te beskerm. Apartheid lÍ aan skerwe, en so ook die mite van ’n eiesoortige kultuur wat beskerm moet word. As die dissekteermes alles weggesny het, bly daar net een onderskeiding oor, dit is die taal wat ons praat, Afrikaans. Afrikaans is die kultuur en die kultuur is Afrikaans. Die kultuurbrille en die kultuurskille moet af! Oortollige bagasie.

Steiltes

Ons kan nou die steiltes aandurf. Die bagasie is genadiglik minder.

Die berg se naam waarteen Afrikaans die steiltes moet uit, is die berg van Statusverlies.

Afrikaans beskik oor ’n literÍre skat van werÍldgehalte, ’n terminologie wat die uitdagings van ’n elektronies gebaseerde samelewing met gemak kan hanteer, akademici, denkers en skeppers in Afrikaans van woord en lied. Ten spyte van dit alles sal die glans van Afrikaans as taal geleidelik verdof as die erodering van die status van Afrikaans aan alle fronte nie proaktief beveg word nie. Die vrugte van Afrikaans sal verlep en verdor as die noodsaaklike wisselwerking tussen taalkunstenaar en taalgemeenskap nie meer bestaan nie. Dit is op die voetsoolvlak by die Afrikaanssprekende gemeenskap waar die drama van statusverlies aan Afrikaans hom afspeel. Die erosiewinde van statusverlies kom veral uit drie rigtings.

Verengelsing, of meer korrek gestel, die miskenning van die taalregte van Afrikaans en die swart inheemse tale, is die hoofakteur in die drama. Engels is die taal van die markplek, of altans so word dit aangebied. Geleenthede in die private sektor, die elektronies gebaseerde tegnologie, die sosiaal-maatskaplike omgewing, die verbetering van die kwaliteit van lewe, alles is Engelstalig gesentreerd. Die taal van die sakeomgewing is Engels, selfs diť van die voorheen erkende Afrikaanse sakeondernemings.

Die prys vir die beste byspeler in die drama moet die regering van die dag ten laste gelÍ word. Veral om twee redes. Daar is ’n algehele gebrek aan ’n meertalige taalstrategie. Meertaligheid is die kern van die taalbepalings van die grondwet en tog is daar ’n opmerklike lugleegte om die veeltalige karakter van die land as ’n nasionale bate te ontgin. Tweedens, afgesien van ’n gebrek aan ’n totale taalstrategie laat die regering die verengelsing van die staats- en halfstaatlike instellings oogluikend toe.

Die privaatsektor ignoreer blatant die taalvoorkeure van die verbruikerspubliek. DŪt terwyl die Afrikaanssprekendes die taalgroep is met die hoogste besteebare inkomste in die land. Syfers wys dat Afrikaans, naas isiZulu, deur meer Suid-Afrikaners verstaan word as enige van die ander amptelike tale. Die tyd vir die mobilisering van die taalvoorkeure van die verbruikerspubliek was nog nooit so ryp as nou nie. Dit bly egter ’n ope vraag of die wit Afrikaansspreker na apartheid nie so gedemoraliseer is dat die handhawing van Afrikaans op die markplein nie meer so ’n hoŽ prioriteit is nie.

Daarom, “hef aan” lÍ nog voor, teen die winde van taalerosie en verlies aan taalstatus in, die steiltes uit!

As die dorings en distels vorentoe oopgeskoffel is, is daar darem ’n paar stewige vastrapplekke as Afrikaans die hefaanpad moet loop.

Strukture

Die eerste vastrapplek is in die grondwet vasgemessel. Die grondwet maak spesifiek voorsiening om grondwetlike demokrasie in die land te beskerm. Die erkenning van taalregte is een van die basiese hoekstene van so ’n demokrasie. Om jou dus vir taalregte te beywer is juis ’n poging om die demokrasie te verbreed en te verdiep. Die geskiedenis het aangetoon dat die miskenning van taalregte tot konflik, wrywing en selfs bittere stryd aanleiding gegee het. Die potensiaal vir konflik rondom taalregte in Suid-Afrika is soveel groter omdat ons die meeste amptelike tale van alle lande ter wÍreld het. Trouens, taal was een van die deurslaggewendste faktore wat die apartheidsideologie reeds in 1976 laat begin verbrokkel het.

Die konflikpotensiaal van taal en die miskenning van taalregte moet nooit onderskat word nie. Dit is juis om diť rede dat ons grondwetskrywers sekere taalnorme in die grondwet ingeskryf het om seker te maak dat die taalkwessie nie in die weg sal staan om ’n verenigde Suid-Afrikaanse gemeenskap te bou nie. Die wyse waarop die taaltafel in Suid-Afrika gedek moet word, word in artikel 6 van die grondwet uitgespel. Die grondwet bepaal basies dat daar elf amptelike tale is, dat die swart inheemse tale se status en gebruik bevorder moet word, en dat die staat in sy kommunikasie met die publiek ten minste twee van die amptelike tale moet gebruik. Watter twee of meer tale dit sal wees, sal afhang van faktore soos doenlikheid, koste, streeksomstandighede en voorkeur van die bevolking in die streek wat bedien moet word. Munisipaliteite is nie aan die norme van twee tale gebind nie. Hulle moet net die taalvoorkeure en taalgebruike van hulle inwoners in ag neem. By die toepassing van die taalregaansprake volgens die grondwet moet die reg op gelykheid (artikel 9), die reg op menswaardigheid (artikel 10) en die reg op gelykheid voor die reg (artikel 35) in ag geneem word. Veeltaligheid is ’n grondwetlike reg en een van die rykste erfenisse wat die geskiedenis ons nagelaat het.

Taalregte, en meer spesifiek veeltaligheid, die gelykwaardigheid van alle tale en dat elke amptelike taal billik behandel moet word, is ’n stewige vastrapplek op die hefaanpad vorentoe. Die grondwet het ook ’n kultuur van regte geskep. Minderheidsregte, menseregte, regte in die werkplek vir werkgewer en werknemer. Daar is geen rede waarom ’n kultuur van taalregte nie vir Afrikaans en die inheemse swart tale geskep kan word nie. Daar moet ook staatstrukture geskep word om die kultuur van taalregte effektief in stand te hou. Die regte van enige taal word ten beste bevorder deur sprekers van die taal wat die regte uitoefen. Dit is waar vir elke inheemse taal van die land. Die grootste bedreiging vir taalregte is ’n versuim deur taalgebruikers om die taalregte uit te oefen. Die grootste uitdaging is om Afrikaans in die werklikheid van Suid-Afrika te laat leef!

By gebrek aan spesifieke taalwetgewing wat spesifieke tale vir regeringskommunikasie voorskryf, kan elke Afrikaansprater ten minste op kommunikasie met die staatsdepartemente en halfstaatlike instellings aandring op die taal van sy keuse. Dit is dus ongrondwetlik vir ’n staatsdepartement of munisipaliteit om te verklaar dat hy net in een taal, nl Engels sal kommunikeer. Dit is grondwetlik vir Afrikaanspraters om op kommunikasie met die staat in Afrikaans aan te dring. Dit is sy reg. As Afrikaanspraters dit nie doen nie, en die maklike uitweg kies deur maar net met Engels in te val, dra ons nie daartoe by om die grondwetlike demokrasie te verbreed nie. Die taalregtebepalings in die grondwet is ’n erkenning van een van die hoogste waardes in die grondwet, nl die menswaardigheid van elke Suid-Afrikaner. Dus, Afrikaansprater, praat Afrikaans, dit is jou reg. As die staat of halfstaatlike instellings jou nie as Afrikaansprater erken nie, word jou menswaardigheid aangetas. Wat vir die Afrikaansprater geld, geld natuurlik ook vir die Xhosa, of enige swart inheemse taal, waar so ’n persoon met die staat sake doen.

Die tweede vastrapplek hou verband met die eerste, dit is die vastrapplek van ’n vennootskap tussen die inheemse tale van die land teen die miskenning van hulle grondwetlik verskansde taalregte ten gunste van die bevordering van Engels as die lingua franca van die land. Die miskenning van Afrikaans is in wese ook ’n miskenning van die inheemse swart tale van Suid-Afrika. Afrikaans ervaar die statusverlies net meer intens omdat Afrikaans meer funksies het wat deur die miskenning geŽrodeer word. Die inheemse swart tale is egter ’n onontginde skat. ’n Deel van die geskiedenis van Suid-Afrika sal onherroeplik verlore gaan as Engels soos ’n besoedelde rookdamp oor die swart inheemse tale toesak. Daar is ’n onontginde skat van die ervaringswÍreld van die Afrikaanssprekende swart Suid-Afrikaner wat ontdek moet word. Die grootste verandering rondom die taalmosaÔek van die land het na 1996 ingetree. Amptelik, voor 1996, was die taalverdeling twee amptelike “wit tale” wat deur wetgewing erken was, teenoor die swart inheemse tale wat deur gebroke maatskaplike strukture gestut was. Die verdeling is nou, vanuit ’n miskenningsperspektief, tien inheemse tale wat uit die bodem van Afrika gegroei het, teenoor die hegemonie van Engels. Dit is nogal ironies dat Afrikaans se toekoms in ’n sekere sin swart is, dit is, in vennootskap met die ander swart inheemse tale.

Die vennootskap tussen die inheemse tale moet nog gevestig raak, en die inisiatief moet van die Afrikaanssprekende Afrikane uitgaan. Daar is veral twee terreine waar die vennootskap moet versigbaar: in die onderwys en in die mobilisering van verbruikersbesteding.

Die Afrikaansspreker moet die reeds erkende internasionale beginsel van moedertaalonderrig in Afrikaans erken deur kinders nie deur middel van Engels te onderrig nie. Daar is duidelik waarneembare tekens in die verband dat geredeneer word dat Afrikaans nie die geleentheidstaal is nie. Moedertaalonderrig, maar met ’n variasie, is ’n stewige vastrapplek die steiltes uit. Die variasie is dat ’n swart taal op skoolvlak ’n verpligte deel van die leerplan moet wees.

Dit is onrealisties om van die privaatsektor te verwag om sy dienste en produkte in al elf amptelike tale te bemark en aan te bied. Dit is egter ewe onvanpas om die dienste en produkte net in een taal te bemark en aan te bied. Afrikaanssprekers en Afrikaansverstaners is die taalgroep met die grootste besteebare inkomste in die land. Die mobilisering van taalspesifieke verbruikersvoorkeure in die privaatsektor kan ontwikkel tot ’n skans om die statusverlies en erodering van Afrikaans te bolwerk. Die kern waarom verbruikers in die privaatsektor kan mobiliseer, is om aan te dring op ’n Taalvriendelike Verbruikerskode, en slegs instellings te ondersteun wat so ’n kode onderskryf.

Dit is darem nie heeltemal waar dat die regering van die dag niks gedoen het om erkenning te verleen aan die veeltalige karakter van ons land nie. Daar is ’n Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad deur wetgewing ingestel. Die raad moet onder andere geleenthede skep vir die ontwikkeling en gebruik van alle amptelike tale. Pansat het ook die bevoegdheid om die gebruik van die amptelike tale te monitor. Gegewe sy opdrag kan Pansat ’n stewige handvatsel wees waarteen Afrikaans en die swart inheemse tale die steiltes uit kan beur. Daar is egter ’n probleem. Die Pansat-handvatsel is nie so stewig nie vanweŽ ’n gebrek aan magte om die taalregte deur die grondwet geskep af te dwing. Die magte wat Pansat het om taalregte te beskerm is nie naastenby so effektief as wat die Menseregte Kommissie het om menseregte te beskerm nie. Vir Pansat om, in taalsimboliek, van ’n handvatsel na ’n vastrapplek te verskuif moet diť instelling se magte ten minste op die vlak gebring word vergelykbaar met ander konstitusionele instelling wat demokratiese regte moet beskerm.

Die binding van Afrikaans spesifiek met die internasionale Nederlands- en Vlaamssprekende familietale kan ’n stewige hupstoot vir Afrikaans beteken. Die 5 miljoen Vlaminge en die 15 miljoen Nederlanders skep ’n internasionale poort vir Afrikaans. Die wedersydse betrekkinge tussen Afrikaans en die lande is ’n geleentheid vir literÍre en taalkundige kruisbestuiwing. Die internasionale etiket wat Afrikaans as taal hierdeur verkry, verhef Afrikaans tot die internasionale taalarena.

So, as die bagasie af is, die probleme in geleenthede omskep word, en die vastrapplekke word benut, dan het Afrikaans al die eerste paar vaste treŽ gegee op die lang en moeisame hefaanpad.

Sien jou daar.

LitNet-leser: Wat dink jy van hierdie bydrae? Twee pryse van R1000 elk word toegeken aan die interessantste reaksies op referate. Stuur jou opinie aan SÍNet by redlitnet@mweb.co.za

Besoek die beraad se virtuele boekuitstallings en ondersteun ons skrywers deur hul boeke via LitNet te bestel.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.