SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Skrywersberaad-argief

Skrywersberaad





Foto: Tafelberg-Uitgewers
  Chris Barnard
is gebore op Mataffin, in die Nelspruit-omgewing op 15 Julie 1939. Hy studeer aan die Universiteit van Pretoria. Hy was al joernalis en uitgewer, maar is sedert 1978 betrokke by die filmbedryf waar hy optree as filmvervaardiger en draaiboekskrywer. Hy is ook bekend as kortverhaalskrywer en dramaturg. Sy jongste boek, ’n roman, Boendoe, is verlede jaar gepubliseer.

Ik ben een Afrikaan

Dit raak ’n bietjie vervelig om aanhoudend te moet s Afrikaans wees het niks met Afrikaner wees te make nie. Dis hoeka tyd dat almal dit vir eens en vir altyd as ’n voorveronderstelling aanvaar.

Ons het ’n woord vir Afrikaner wees. Ons noem dit Afrikanerskap.

Op pad na Acopulco
Die rebellie van Lafras Verwey
Die onsterflikes
Duiwel in die bos
'n Man met vakansie
Mahala
Moerland
So onder deur die maan
Iemand om voor nag te s
Klopdisselboom
Pa maak vir my 'n vlieer Pa
Boendoe
Nou te koop
Vreemde woord. Soos in “lidmaatskap” — maar eintlik meer soos in “ballingskap”.

En vanwe ons vreemde geskiedenis het Afrikaans wees en Afrikanerskap, wat veronderstel was om twee benamings vir dieselfde verskynsel te wees, mettertyd deur ’n pynlike proses van mitose en onnodige prekludering vals identiteite op mekaar begin afdwing. ’n Mens vra jou af: hoe sou jy byvoorbeeld die eerste twee paragrawe hier bo vir ’n Duitser, ’n Deen, ’n Fin, ’n Fransman verduidelik? Om mee te begin, sukkel ek byvoorbeeld om ’n ekwivalent vir “Afrikanerskap” in ander tale te vind.

Oorspronklik was die uitroep “Ik ben een Afrikander” ’n baie ondubbelsinnige stelling wat veronderstel was om te beteken “ek is van Afrika”, maar beslis ook beteken het “ek is nie meer ’n Europer nie”.

Hoekom dan nie “Ik ben een Afrikaan” nie? Seker omdat daar t al twyfel was of iemand van Europese afkoms ooit ’n Afrikaan kan wees. Di onsekerheid het mettertyd toegeneem eerder as afgeneem. Dis glad nie ongewoon om selfs in hierdie delikate tyd swart meningsvormers te hoor praat van “whites, coloureds and Africans” nie. Wat s dit alles? Dit s onder meer dat coloureds k nie Africans is nie. Dit s verder dat politieke korrektheid, daardie noodsaaklike nuwe paspoort na nrens, soos die dompas van ouds, net in sekere kringe ’n voorwaarde is.

Ons blekeres, word daar skynbaar geglo, sal ons moet intl in hierdie toestand-van-Afrikaan-wees in. Wat mettertyd in elk geval sal gebeur. Maar inmiddels sal niemand namens my besluit oor die meriete van my status as Afrikaan nie.

Afrikaans wees is ’n ander storie. Dit het niks met gene of geografie te make nie. Dis iets wat hier gekom maak is. Maar nie gelaat staan is nie. Hei baba riebab se ding is wim, het ons altyd krom en skeef in ons geel skoolbus gesing en nie naastenby geweet wat dit beteken of hoe dit gespel word nie, en nogtans gedink ons verstaan elke woord van wat ons sing. Want dis mos Afrikaans.

Hoe dit begin het, weet ons so min of meer; waar dit gaan eindig, weet niemand en dit maak ook nie saak nie — maar iewers in die middel het Afrikaans wees ’n slag sleg bloedarmoedig geraak. Nee, bloedarmoedig is die verkeerde woord. Want die bloed was daar en die bloed was gesond, maar die are was afgebind. Swaar afgebind soos mens maak as ’n pofadder jou gepik het en jy is bang die gif versprei.

Voor die Tyd van die Toerniket het die taal sy omgewing soos ’n spons ingesuig. Daar waar hulle hom begin praat het, in die kombuis en op die agterplaas en later agter die donkiekar aan en tussen die klowe in, die vlaktes oor, die land vol het hy die wel en wee van ’n bestaan in Afrika in sy vesels ingekry. Soms eerstehands. Dikwels tweedehands uit ander inheemse tale uit. In so ’n mate dat sprekers van die oorspronklike stamtaal al hoe meer moeite ondervind het om gewone Afrikaanse spreektaal te verstaan.

Die heen en weer vloei van woorde uit die een inheemse taal na ’n ander het in Suid-Afrika ’n algemene verskynsel geword. Dit was alles behalwe eenrigtingverkeer. ’n Vergelykende lys van algemene gebruikswoorde in Afrikaans, Engels, Zoeloe, Xhosa en Tswana wys hoeveel Afrikaanse woorde in die ander inheemse tale oorgeneem en tot eiegoed vervorm is. Kyk maar na die Zoeloewoord vir “venster”, “mes”, “sinkplate”, “knyptang”, “koppie”, “tafel” , “hek”, “draad”, “plaas”, “hemp”, “broek”, “baadjie” — om maar net enkeles te noem van ’n lys van ’n paar honderd wat tot dusver opgeteken is. Hoofsaaklik woorde vir die voorheen onbekende dinge wat Afrikaanssprekendes saam met hulle uit die suide uit saamgebring het.

Dit het die Zoeloewoordeskat verryk sonder om isiZulu op enige wyse aan te tas. Dieselfde geld Xhosa en Tswana.

Dis opvallend (en miskien beteken dit iets) dat nie een van hierdie Afrikaanse woorde net so oorgeneem is nie. Dis elke keer vervorm om ’n “eie” klank daaraan te gee. So word “hempsknoop” nou “ inkinobho yehembe”, “baadjie” word “ibhantshi”, “mes” word “umese”.

Daar is net soveel uit Engels oorgeneem. Maar anders as Afrikaans het Engels, met die uitsondering van ’n klompie woorde soos “donga”, “indaba”, “koppie”, “kraal”, “braai” en deesdae “lekker” min by die res van die inheemse tale gaan leen. Hy had hoeka al van als meer as genoeg.

Ek het nog nrens in al die woedende gebral oor taalsuiwerheid, in al die pleidooie vir die behoud en bevordering van sogenaamde Standaardafrikaans of in die eindelose waarskuwings teen “easy” Afrikaans gehoor iemand maak beswaar teen die gebruik van leenwoorde uit ander inheemse tale nie. Enersyds omdat baie van hierdie woorde reeds so ingeburger is dat hulle inderdaad “Afrikaans” geword het; andersyds omdat die verskynsel te min voorkom om ooit vir Afrikaans ’n bedreiging te word.

Flaai-, Tsotsi-, Griekwa-, Bende-, Soweto-, Kaapse Afrikaans — elkeen van hierdie sosiale variante is belangrike boustene in die uitbreiding van die Afrikaanse woordeskat. Die hoed-in-die-hand se geloop bedel by Engels is ni.

Naas Hollands, Portugees, Frans, Maleis was Engels ook ’n ryk bron wanneer daar na leenwoorde gesoek is. Hoofsaaklik omdat Engels heeltyd so half opdringerig beskikbaar was met woorde waarvoor ons nie Afrikaanse ekwivalente had nie. Soms ook omdat die Engelse woord darem baie geleerd en beskaafd en deftig geklink het. Sommige van die leenwoorde is in die proses heeltemal verafrikaans — woorde soos trippens, sikspens, kar, diekens, brekfis, verplie. Ander het Afrikaanse besit geword ten spyte daarvan dat daar beter Afrikaanse ekwivalente bestaan. Die simpel grappie van die man wat by sy vriend wou weet wat is die Engels vir “taaiers” en toe mos hoor dis “bands” illustreer die verwarring wat onkunde meebring.

Maar anders as al die ander tale was Engels terselfdertyd ook vanwe sosio-politieke redes, taalimperialisme en sy mag as wreldtaal reg van die begin af vir Afrikaans ’n struikelblok.

Om Afrikaans te wees in Afrika en die wreld en dt nie (n juis meer as ooit tevore) in gedagte te hou nie, is kortsigtig en ’n bietjie domastrant. En dis nie net Afrikaans wat in hierdie penarie sit nie. Die regering en heelwat magte naby die regering beskou om verstaanbare redes Engels as ’n meer as voldoende plaasvervanger vir die tien ander amptelike (inheemse) tale. Die gevoel wat ’n mens kry, is dat die ANC heeltemal bereid sou wees om Engels as die enigste onderrigtaal en uiteindelik as enigste amptelike taal te aanvaar. Engels is per slot van rekening ’n wreldtaal en een amptelike taal sou die huidige elf-tale-tameletjie met ’n enkele wonderbaarlike veeg onmiddellik en vir altyd onder die mat laat wegraak.

Dit is bepaald so dat ’n hele paar nuwe faktore deesdae ’n rol speel om die ander tien tale na die periferie van ons daaglikse taalpraktyk uit te stoot.

Nie die belangrikste nie, maar die voor die hand liggendste is dat elf amptelike tale ’n siniese politieke foefie is om gemoedere te sus. En almal weet dit. Dis ’n tussentydse maatrel en almal kan raai wat sal gebeur die dag as hierdie tussentyd verby is.

’n Veel belangriker faktor is globalisering. Want in die wreld as dorp moet jy ’n wreldtaal magtig wees om jouself te help, en Suid-Afrika het nie ’n buitengewoon wye keuse nie. Dis f Engels f Engels. Dit mag toevallig wees, maar ek ken nie een enkele jong Afrikaanssprekende sakeman wie se onderneming nie ’n Engelse naam en ’n eentalig-Engelse briefhoof het nie. ’n Hele boel jong sakemanne en entrepreneurs sal dit nie hardop s nie, maar hulle sal liewer dood as om as Afrikaners geien te word.

’n Derde faktor is die baie verstaanbare renons wat opgebou is teen die eindelose gesanik oor Afrikaans. Daar is ongelukkig te lank “vir Afrikaans baklei” met geheime politieke agendas in die baadjiebinnesak. Dis boonop dikwels op ’n bullebakkerige en lomp manier gedoen. Niemand moet jong mense verkwalik wat die taalgedoe assosieer met middeljarigheid en benepenheid en stink voete nie. Die stigma wat daar rondom die saak bestaan, het nie uit die lug geval nie. En dit is maar eenmaal so dat sulke assosiasies die vinnigste moontlike manier is om enige ideaal nek om te draai.

’n Vierde belangrike faktor wat hand om die blaas hiermee saamloop, is Afrikaanssprekendes se oornag verworwe skuldkompleks oor ’n bedenklike politieke verlede. (Dit was, ironies, ses jaar gelede nog vr nderontwikkel). Hierdie skuldkompleks neem allerlei vreemde gedaantes aan en trek dikwels skelkleurige onderrokke aan wat die meeste van die tyd net-net uithang. In die proses vind ’n mens jong (en minder jong) akademici, skrywers en meningsvormers wat voel dis oukei, dis selfs nice en ndig (want dis politiek korrek!) om jou Afrikaans ’n bietjie kleur te gee deur middel van allerlei Engelse woorde en uitdrukkings. En omdat hulle rolmodelle is vir baie, begin al hoe meer mense hulle voorbeeld volg.

Dis nie net jammer nie, dis misplaas. En ’n bietjie pateties. Want dit val in by die wanopvatting dat Afrikaans aan die tradisioneel wit Afrikaner, die twee keer gestorwe Nasionale Party en al sy regse afsplinterings behoort het. En oor di dwaling word die baba dus veiligheidshalwe (as ’n soort voorsorgmaatrel) met die badwater uitgegooi.

Miskien gaan ons nog eendag ’n stinkerige voetnootjie vind by die stink van ons muishondjare: dat ons, nadat ons met soveel hoogheiligheid gesondig het, en ons sonde met soveel bravade en selfvertroue gerasionaliseer het, toe uiteindelik in ’n oogwink gatkruipers geword het. Nie eens in die sirkustent-herlewingsdienste van die groot Amerikaanse sektepredikers was daar al ooit sulke massale blitsbekerings soos ons sedert 1994 hier gesien het nie.

Jan Celliers se man wat sy man so kon staan dat hy deel geword het van die retoriek van Stryddae en NP-kongresse was toe maar net ng een van die baie mites. Daardie wil wat so sterk soos ’n klipsteen staan, het oornag vermurwe. Voor sonop het die manne met die wangbaarde en die bandoliere wat in 1993 nog so bekkig en vol sonore bravade was soetjies hulle roers agter die naaste taaibos weggegooi en in die vuil mreskemer weggesluip na nuwe oortuigings toe.

Baie van di wat nie gatkruip nie, kruip weg of slaan ’n flinke voet in die wind Elders toe. Op soek, vermoed ’n mens, na daardie Eldorado wat Afrika toe nie wou oplewer nie.

En daarmee is ons klaar by die vyfde en finale faktor. Die een wat maklik die skrif aan die muur kan word vir ons klompie wat agterbly: die gesindheid wat hand oor hand begin veld wen dat hierdie Afrikaans van ons in elk geval in sy kanon is en almal dus by voorbaat hulle kinders na Engelse skole toe moet stuur. Want emigreer hierdie geslag nie Kanada of Australi toe nie, sal die volgende geslag dit wel doen. Net ’n enkele geslag moet s grootgemaak word om Afrikaans sy finale nekslag te gee.

Ek is nie ’n waffers goeie Afrikaner nie. Ek kon te lank nie heeltemal met sy ideale identifiseer nie. Nie net oor apartheid nie. Ook oor die wangbaarde en die kruithorings. Ons was tot nou die dag toe nog soos ’n skare afgestorwe ooms en tantes wat af en toe almal gelyk tussen die droperskes van ons solderkiste uitklim, Bloedrivier en die Boereoorlog oorbaklei en mekaar dan weer bewerig teen die trapleer op help die muwwe en veilige donkerte in.

Maar ’n mens hoef nie een van drdie Afrikaners te wees om die gevoel van geantisipeerde verlies soos pyn te ervaar nie. Afrikanerskap was vir baie van ons ’n ongemaklike baadjie om te dra, maar nie Afrikaans nie. Afrikaans was nooit net ’n uniform nie — dit was en bly ’n onderdak.

Ek kon miskien nooit tuis voel teen die hange van Monumentkoppie nie, maar ek het diep medelye met groot gedeeltes van die Afrikaner se geskiedenis. Dit was immers my mense met wie al die dinge gebeur het. Tot op ’n punt was nie alles wat met hulle gebeur het heeltemal mooi verplie nie. Daar moet ’n manier wees waarop ek en ander soos ek in Afrika kan voortbestaan en nog steeds een belangrike reg behou — nie ’n eie identiteit nie, want dit het ons nooit gehad nie. Net die reg om onbevange en sonder verbeelde bagasie en onverdiende stigmas Afrikaans te wees en Afrikaans te praat.

Die geluk by al die ongeluk is dat my taal nie meer in die hande is van die boelies van gister nie. Afrikaans is oplaas bevry en het dalk nou, ten spyte van al die moenies en miskiene, ’n beter kans op oorlewing as in 1948. Sy lot is uiteindelik byna uitsluitlik in die hande van sy sprekers.

LitNet-leser: Wat dink jy van hierdie bydrae? Twee pryse van R1000 elk word toegeken aan die interessantste reaksies op referate. Stuur jou opinie aan SNet by redlitnet@mweb.co.za

Besoek die beraad se virtuele boekuitstallings en ondersteun ons skrywers deur hul boeke via LitNet te bestel.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.