SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Skrywersberaad-argief

Skrywersberaad




  Eben Venter
is op Burgersdorp in die Oos-Kaap gebore in 1954. Hy studeer aan die Universiteite van Potchefstroom, RAU en Port Elizabeth. Hy het al verskeie kortverhaalbundels en romans gepubliseer. Sy mees onlangse publikasie is die kortverhaalbundel, Twaalf. Hy woon tans in Melbourne, AustraliŽ.

DIE SKAAPBOUD

Gedagtes oor hibriditeit as voorwaarde vir selftoleransie en mede-menslikheid

Die heerlike skaapboud, kroonproduk van my vader se Karooplaas. Slegs die gedagte aan die skaapboud kon my Sondag na Sondag van die dopperdominee se preek weglei.

Twaalf
Foxtrot van die vleiseters
Ek stamel ek sterwe
My simpatie, Cherise
Begeerte
Nou te koop
Daar, op die porseleinbord op die tafel: die skaapboud met al sy garneersels. Die bros, goudbruin kors. Die bros, goudbruin stertjie, vooraf pragtig geskraap en aangelos as prys vir een van ons kinders. Die murgsagte pienkerigheid van die binnekant, nooit deur die kok oorbak nie. (Ek noem die swart vrou in die kombuis so, maar sy is nie altyd met soveel erkenning aangespreek nie.)

Om die boud: die krans van glansende aartappels. Die aartappels sů gebak en bedruip dat hulle die tekstuur van die boud naboots: goudbruin kors buitekant, wolksag binnekant. Langs die porseleinbord, die mindere maar noodsaaklike juwele van hierdie kroonmaal: die bootjie sousaftreksel, die porseleinbekertjie met vars kruisementsous.

Toe ek in 1986 na AustraliŽ emigreer, was die loodswaarste van my bagasie juis die skaapboud. Op Sydney-lughawe mis die snuffelhondjies diť verbode saambringsel. Die beageltjies is immers nie geleer om skuld en skaamte uit te ruik nie.

En van toe af, hier in my ander land, begin dit. Die raarste herinneringe op die raarste oomblikke. Goed wat nooit uit my geheuespens gehaal sou word as ek op vaderlandsgrond aangebly het nie. Ek ruik skielik my ouma Anna Fransisca se blommekamer terwyl ek ’n restaurantvloer poets. Ek is skielik langs my pa wat ’n kissie uieplantjies gaan haal in Colignystraat, Burgersdorp, terwyl ek ’n voetgangersbrug oor ’n Sydney-snelweg oorsteek.

En die dag toe ek die eerste keer die operahuis gewys word. Toe ek stryk oor een van die eierdopwit teŽls waarmee die argitek Joern Utzen die koepels laat dek het — plotseling — die kraak van die beentjie as ek deur die goudbruin skaapstertjie byt.

Maar diť dag kom daar iets by. Ek staar na die keramiekteŽl onder my vingerpunte. En kyk skielik deur die kantgordyn voor die eetkamervenster op ons plaas. Daar op die paadjie wat na die strooise lei, ’n verwaaide man op ’n fiets op ’n bleek Sondag. Ons om die skaapboud op die tafel, en hy, hulle, die verarmdes, buitekant. Iewers wat ek nie regtig ken nie. Maar nie soos ons nie, dit weet ek. Beslis nie soos ons nie.

Ek het die kontras lank reeds in Suid-Afrika beleef en verwens, maar so, in samehang met die skaapboud, het dit op sy sterkste die dag daar langs die Operahuis na my aangekom. Dat die boud waarmee ek vetgevoer is, die skaapboerdery wat dit moontlik gemaak het dat ek Ovidius op skool, Thomas van Aquino op universiteit, kon lees, dat die einste boud nou simbool geword het van bevoorregting-ten-koste-van, en skuld oor die bevoorregting. En skaamte oor daardie skuld, want dis tog al-verterend om skuld as bagasie te hÍ.

En: is ek dan nou heeltemal gek om sulke goed saam met my AustraliŽ toe te sleep?

In die vegetariese restaurant waar ek werk kry, probeer ek vir my kollegas die bagasie van die skaapboud uitlÍ. En ek dra vir hulle plaasstories aan: Pauline Smith, Olive Schreiner, die Engelse vertaling van Etienne van Heerden se Toorberg. Ek wil dat my Australiese mates my verstaan. Maar die ding wat ek oor die skaapboud het, kry hulle nie klein nie. My raamwerk van verwysings bly vir hulle vaag. Skaapboude is nie eers meer in Australiese slaghuise beskikbaar nie. En beslis nie met die stertjie nog net so aan nie. O, hulle onthou mutton, destyds, wanneer was dit? Maar deesdae eet diť wat wel nog vleis eet, slegs lamsvleis.

Ek het in die paradys van paradyse aangeland. Oor skaapboude hoef ek my nie meer te kommer nie. En soos hulle wat kan kies om nie vleis te eet nie, beskik ek ook nou oor die keuse om my skuld oor die skaapboud te laat vaar.

Proe die en die en die, moedig my vegetariese kollegas aan. En dan kom die verwondering oor die smaak en reuk van die Japannese seewier, hijiki. Verwondering wat ek jare later deur die karakter van Konstant Wasserman in Ek Stamel ek Sterwe probeer weergee het. Jare later, want sů lank het dit my geneem om die bagasie met die skaapboud eenkant toe te skuif.

Aanvanklik het gans nuwe terme my woordeskat binnegesypel: hi-ji-ki kon ek naderhand so maklik soos paddavissie onthou. Naderhand het ook my smaakpapille begin verbaster. Sodat ek op ’n helder Sydney-dag, die coorawong-voŽls koel-koel-klaterend, werklik kon sÍ dat ek hijiki en mieliepitte saamgebraai in sesamolie aangenaam vind. Maar dit sou nog ’n hele ruk duur voordat ek weet wat om met daardie eenkant geskuifte skaapboud-bagasie te maak.

Intussen het ook my smaak vir vriende verbaster en ek maak pÍlle met ’n ViŽtnamees, V‚n Phat. Op ’n dag gaan wys ek vir V‚n iets van die Sydney wat al my eie geword het. Ons vaar met die veerboot na Manly, die laaste voorstad net voor jy deur ’n bek van kranswande die hawekom van Sydney verlaat. In Manly gaan stel ek V‚n bekend aan wat tot onlangs nog vir my nuus was: Guinness by ’n tapkroeg, ’n musubi by ’n Japannese kafee. Maar dis hy wat merk dat onweer opstoot en dat die Norfolk-eilanddenne op die Manly-strand lelik swiep.

Teen die tyd dat die veerboot vasmeer om ons terug na Circular Quay te vat, wal en skuim die branders daar by die hawe-ingang. Na vyf minute op die boot raak die oorblyfsel-musubi dik en groen in V‚n se kieste. Hy hardloop na die boonste dek. Maar dis meer as net naarword. Sy oŽ rol, sy hande bewe, hy gryp sy Suid-Afrikaanse mate vas, los my dan weer. Die veerboot se neus steek diep in die water en lig weer helhoog. Skuimbolle vlie verby ons koppe. V‚n gryp sy hart vas. V‚n wil sterf, wil leef, wil sterf. Die stormsee het sy eerste, diepste angs losgeruk.

Nie met skaapboude worstel die man nie, maar met die langste, langste seereis ooit vanaf Saigon oor die oop Suid-Chinese See, deur die straat van Selat Sunda op die eindelose, van mens en godverlate ooptes van die Indiese Oseaan totdat sy ma deur drooggeworde trane die liggies van Darwin kon sien. 450 van hulle bo-op mekaar in ’n primitiewe platboot. V‚n maar ’n pikkie. Net met komberse om hulle skouers, rys toegevou in stomertjies in doeke. Sy ma moes haar laaste goue ring vir vars water verkwansel.

Toe ons uiteindelik by Circular Quay afstap, is V‚n bleekskaam omdat hy sy vrees, homself, so voor my blootgelÍ het.

Maande of jare later in ’n $2-winkel tel ek eendag een van die plastiekrose met ’n plastiektraan op. Ek ruik daaraan, want ek verwag ’n nagemaakte reuk daarby. Langs my kom staan ’n weduwee met ’n swart kopdoek. O, sugsÍ sy, die rose van haar KalabriŽ. Hierso, plastiek of vars, sal hulle tot in der ewigheid nooit soos die goddelike rose van KalabriŽ ruik nie. En ’n ware traan val uit haar oog.

Ook uit myne. Op daardie oomblik seŽl my mensetraan my staat van hibriditeit. In hierdie getransformeerde staat kon ek toe begin om mede-deel-saam teenoor mede-ontredderdes te wees. My skaamte oor die skaapboud laat my V‚n se skaamte oor sy wederkerende see-fobie oorneem, my melancholie oor my ouma se blommekamer laat my die weduwee se roseweŽ internaliseer.

Maar die volle konteks van daardie boot met V‚n en sy boatpeople, en die somtotaal van dŪt wat die rose van KalabriŽ vir daardie weduwee meebring, en hoe mense in ViŽtnam en KalabriŽ eet en bid en lÍ en kinders-maak, dit sal ek nooit peil nie. En dit maak ook nie saak nie. In hulle andersheid lÍ die misterie, maar ook die gemene deler. En ten minste kan my bastertong nou Castle ťn Guinness, skaapvleis ťn hijiki, waardeer.

En tog, as ek in die toilet afkyk, dryf daar swart slangetjies hijiki. Uitgestoot deur my spysverteringstelsel. Ek is en bly tot in my fisieke self, vleiseter. Dit skyn onmoontlik te wees om van my eerste staat ontslae te raak.

Die naam Coligny, die straat waar ek en my vader destyds uieplantjies gaan haal het, spring skielik weer na vore.

Op 24 Augustus 1572 tree die suster van koning Charles IX in die huwelik met die Protestantse Koning van die Navarre. Dis ’n uit-vrees-gebore-poging van Charles se moeder, Catherine de Medici, om hulle klomp Katolieke met die Protestante te verenig. Op die bruilofsnag is die Franse hof vol van feesvierende Protestantse gaste, insluitende die Hugenote leier, Gaspard de Coligny.

Maar Catherine kan haar onrus oor die mag van Coligny nie laat vaar nie. Sy roep vir Charles nader, bekyk hom op en af. Langhaar-gespuis van ’n seun. Swakkeling! Met bekers wyn en beloftes van verdere bloedskande met sy suster, haal sy hom oor om die doodsbevel oor die Protestante af te vaardig. Die nag, Bartolomeusnag, word meer as ’n duisend Hugenote vermoor. Ook Gaspard de Coligny word in die kasteelkwartier waar hy tuisgegaan het, met ’n swaard deur sy lyf en mond deurboor.

Op daardie oomblik — toe Charles IX die doodsbevel gee — begin die uittog van my oervoorvaders en -moeders. Sy besluit, al was dit volkome sonder eie wil, was onafwendbaar.

Die Hugenote se aankoms in Afrika, my eie mense se geskiedenis, myne, hoe sondig ook al plek-plek (en sonder groot sonde was die geskiedenis van die AustraliŽrs nie), is iets wat ek in herinnering moet bring en doelmatig moet bewaar. En daarmee basta. Ek sou gebore en getoŽ word op ’n stukkie aarde wat die naam van Karoo dra, maar oor daardie geboorte en daardie geboortegrond het ek nooit ’n keuse gehad nie.

Sodra ek die wete begin weet het, kon ek, nŠ byna veertien jaar tussen die coorawongs en bloekoms, reg laat geskied aan die ambivalente betekenis van die skaapboud. Bevoorregting, maar ook ’n suiwere bedoeling van my mense. Op dees aarde kan ek niks aan die skaapboud wat elke Sondag op ons tafel gepryk het, verander nie. En ek wil ook nie. Nie meer nie. Dit is die vaste en sekere wete dat die skaapboud ’n onafwendbaarheid in my lewe verteenwoordig. My verstand en liggaam is immers deels deur daardie einste boud gevoed. Dis ’n feit soos ’n skaap.

Nou die nag, net voordat ek aan die slaap raak, voel ek skielik die slap handdruk waarmee die swartmense my groet as ek deesdae op die familieplaas gaan kuier. By verre nie die ferm handdruk wat vir ons seuns geleer is nie. Maar nou, vir die eerste keer, begryp ek dat daar niks te verklare is oor die aard van hulle handdruk nie. Dis deel van hulle misterie. En dis al. My status as emigrant kom my daar, op my geboortegrond, goed te staan.

En hulle? Die swartmense op die plaas? Ek neem aan hulle ken my sleg nŠ die lang afwesigheid. Of maak ek ’n fout? Ken hulle my, baster Karoo-AustraliŽr, nou vir die eerste maal?

Melbourne 2000

Besoek die beraad se virtuele boekuitstallings en ondersteun ons skrywers deur hul boeke via LitNet te bestel.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.