SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Skrywersberaad-argief

Skrywersberaad





Foto: Philip de Vos
  Marlene van Niekerk
studeer aan die universiteite van Stellenbosch, Amsterdam en Witwatersrand. Sy doseer aan die Universiteit van Stellenbosch by die Departement Afrikaans en Nederlands. Sy dig en het ’n kortverhaalbundel en roman (Triomf) op die rakke.

Klein vingeroefening rondom die nosie van hibriditeit

    Vooraf

    What we are calling a hybrid construction is an utterance that belongs, by its grammatical and compositional markers, to a single speaker, but that actually contains mixed within it two utterances, two speech manners, two styles, two languages, two semantic and axiological belief systems In such discourse there are two voices, two meanings and two expressions. And all the while these two voices are dialogically interrelated. They — as it were — know about each other (just as two exchanges in a dialogue know of each other and are structured in this mutual knowledge of each other). Double-voiced discourse(s) (are) always internally dialogized. A potential dialogue is embedded in them, one as yet unfolded.
         — Mikhail Bakhtin

    Coetzee says that he writes in English because, linguistically, Afrikaans is limited and ‘frankly dull’. English has ’a historical layer in the language that enables you to work with historical contrasts and oppositions in prose’; it also has a genetic diversity that facilitates contrasts in the etymological basis of words and thus allows macaronic effects not possible in Afrikaans. Coetzee wants a language that he can play with, that facilitates multiple meanings and evokes a diversity of meaning. What remains unspoken but nonetheless present in his discussion of his linguistic medium is the oppressive use to which the monologic Afrikaans has been put.
         — Susan Van Zanten Gallagher

    South African literature is an enslaved literature ... It is a literature which is not fully human: being more preoccupied than is natural with the torsions of power, it does not know how to pass from the elementary relations of contestation, of domination, and of subjugation, to the vast and complex human world which extends beyond The coarseness of life in South Africa, the naked force of its seductions, not only on the physical level, but also on the moral level, its harshness and its savageries, its hungers and its furies, its greediness and its lies make it as irresistible as it is displeasing.
         — J M Coetzee

    It would seem, then, that the problem for the white South African writer is how to find a perspective on South Africa that is not merely abject Essential as it has been to ‘come to terms’ with (the) past, the challenge for literature, as for the rest of non-literary South Africa, will be to erect habitable structures on the foundation of remorse.
         — Michiel Heyns

Arbeid

My suster wat weet van tuinmaak staan met haar hande in haar sye en kyk na die woesteny om my nuwe huis, “’n oulike stukkie property” soos my pa dit noem.

Triomf
Nou te koop
Sy vind duidelik niks oulik daaraan nie. Binne-in die huis self het sy haar hande wat vir niks verkeerd staan nie reeds saamgeslaan in wanhoop.

“Kyk,” s sy, “jou grootste enkele probleem hier gaan wees arbeid. Dis duur en dis gekompliseerd. As jy dit kan kry om mee te begin. Want op Saterdae is hulle dronk en deur die week kan jy hulle nie hier alleen los nie, hulle steel jou rot en kaal. Wat jy ook al doen, moenie mense van die straat af kry nie, kry tuindienste. En vir binne kry jy ’n skoonmaakdiens. Avoid private employment, dis soek vir moeilikheid.”

“Ja,” s my broer, “ Kaapse kleurlinge, jy kan hulle nie vertrou nie. Een dag is hulle nog die goedheid self en die volgende dag draai hulle net so om.” Hy draai sy hand in die lug soos ’n spaan om te wys hoe draai hulle. “Ek het mos gebou daar by my en toe druk agt van hulle my op ’n dag, helderoordag, teen die muur vas. Oor hulle kontrakteur hulle nie deurbetaal het uit die geld wat hy van my gekry het nie. En di trek net sy skouers op vir die vuilgoed. So, oppas maar vir kontrakteurs ook. It’s a no win situation met arbeid in hierdie land.”

Ek bespreek my planne vir huis en tuin met my ouers.

“Wees tog net versigtig met wie jy in diens neem, my kind,” s my pa.

“En hou te alle tye die deure gesluit,” s my ma, “onthou, jy’s vrou-alleen.”

Vrou-alleen vroetel in haar onuitgepakte dose en kratte op soek na die waarskuwingsbordjie wat haar tien jaar lank in Johannesburg bewaar het teen diewe, moordenaars en verkragters. Sy plak dit op ’n prominente plek met die boodskap na buite: “This property is protected by snakes”. Onder die Engels is die teks ook in die een of ander Afrika-taal, sy weet nie watter een nie. Sy grinnik oor haar medepligtigheid aan etnografiese beswaddering van die laagste orde: so spoeg hulle, so rou hulle, so bang is hulle vir paddas en slange.

Wel, sy kan darem s sy’t nie ’n vuurwapen nie. En sal ook nooit een aanskaf nie. Sy kan nie doodmaak nie. Sy kan net bluf, met prentjies van bakkopkobras.

Die slang het in haar moedertaal geen einde nie. Hy seil op sy maag in die stof. Aan hom hang die hele wet en die gebooie van die arbeid. In die sweet van jou aanskyn sal jy werk al die dae van jou lewe.

Vroer het sy al haar tuinwerk self gedoen. Maar nou is sy ses en veertig. Sy’t ’n tenniselmboog en ’n lae rug. En sy kan nie meer voluit nie. Sy is afhanklik van arbeid.

Maar sy’s nie bang nie. Sy sal versigtig en korrek wees. Ferm en vriendelik maar met afstand. Sy sal goeie afsprake maak oor tyd, oor geld, oor die gebruik van die toilet. Sy sal goeie kos gee en gereelde verversings, ’n bonus vir verdienstelike werk. Sy sal haar nie laat vang deur slim praatjies, slaplery of hans gedrag nie. By haar is werk werk, punt uit.

“Kyk,” s die huisagent wat die huis aan haar verkoop het, “jy kan met graagte my tuinier gebruik. Ek het eerste reg op hom op Saterdae, hy weet dit, maar as jy goed afspreek met my, kan jy hom kry. Of anders deur die week. Hy is baie betroubaar, en ervare, werk in bloemistetuine al jare lank. En die belangrikste, hy’s droog. Maar jy mag hom nie meer as vyf en veertig rand per dag betaal nie, en hy mag nie meer as drie dae per week werk nie en jy mag hom ook nie op die plaas gaan haal nie. Op Koelenhofstasie. Dis sensitief, sien. Hy woon en doen los werkies op die plaas, en dan kry hy nog ’n uitkering ook, vanwe sy rug, sogenaamd, en hy mag nie te veel verdien nie, dan verloor hy dit. En verder is die plaaseienaar se vrou my beste vriendin, sy doen die blomme vir al my klinte, so ek wil regtig nie moeilikheid h nie.”

Die agent glimlag liefies. Sy het my al vertel hulle is die enigste agentskap op die dorp wat soggens open met skriflesing en gebed. En dit werk, s sy, hulle maak wins.

Omdat dit die eerste keer is, gaan haal ek vir Piet op die plaas. Die plaas het witgekalkte poorte en vlae en ’n landgoedlogo. “Sjiep sjiep sjiep” spuit die sproeiers so ver as wat die oog kan sien oor die wingerde. Langs die poorte is ’n ander ingang na die werkers se huise. Piet staan en wag vir my by sy tuinhekkie.

Ons skud hande.

“Piet, hoe is jou rug?” vra ek. “Ek wil nie h jy moet hom nog verder beskadig nie.”

Piet lag. “Nee wat, mevrou,” s hy, “as ek mooi wydsbeen staan met my voete gelyk en ek werk hom stadig warm, dan hou hy mooi. Dis net as hy koud word, dan word sake lelik hierlangs.” Hy sit sy hand op sy stuitjie.

“Dis jou sacrum,” s ek, “ek het dit ook, maar ek vat nie meer kanse nie. Sien jy kans vir slote grawe, Piet? Ek moet besproeiing aanl.”

Piet klim in die kar voor hy antwoord. “Hang af,” s hy.

“Van wat?”

“Hang af hoeveel mevrou my gaan betaal.” Piet kyk my aan met ’n onverbloemd berekenende glimlaggie.

“Wel,” s ek, en ek speel oop kaarte. Ek vertel hom die agent se hele storie. Rondom my voel ek hoe verdig die situasie van die arbeid.

Sy reaksie is onomwonde: “Dis ’n blddie suinige vrou daai, mevrou weet. Sy sal jou enige storie vertel om nie geld uit te gee nie.”

Piet het ’n litteken langs sy mond en tatoeerskrif op sy arms. “Friends are few,” lees ek hardop. “Hoe kom jy daaraan?” vra ek.

“In die tronk,” s hy, “maar nou’s ek op die straight en narrow. Twaalf jaar nie meer

’n druppel oor my lippe nie.”

“Ja,” s ek, “die het ek ook gehoor.”

Piet lag. Die onderhandeling is in volle swang, dit weet ons al twee. Ek ry die Volkswagen hard ten einde voor te bly.

“Sit jou veiligheidsgordel aan, Piet,” s ek, “mens weet nooit.”

“Lekker karretjie wat mevrou ry,” grinnik Piet. “Wil mevrou hom nie dalk aan my verkoop nie?”

By die huis kom ons tot ’n ooreenkoms. Tagtig rand van nege tot vyf. Omdat dit nie roetine tuinwerk is nie, omdat dit basiese aanleg is.

“Dis die hele infrastruktuur,” hoor ek myself s, “slote, gate, kruiwavragte grond rondry, takke afsaag, klippe uitgrawe, dis harde werk en harde werk moet na behore vergoed word. Maar dit bly tussen ons, n, Piet? Ek wil nie moeilikheid h nie. En die mevrou agent het eerste reg op jou op Saterdae, jy begryp? Dis aan haar te danke dat jy hier is om mee te begin, OK?”

“Daai’s goed, mevrou,” s hy, en: “Ons maak so.”

Hy kyk vir die slangwaarskuwing teen die venster. “Hmmm,” s hy, “oulik daai, werk dit goed?”

“Wat wil jy vir lunch eet, Piet?” vra ek eenuur.

Hy leun op sy graaf, sy hele gesig op ’n plooi van verkneukeling, ek wil nie eers dink waaroor alles nie. “Raai, mevrou sal nou seker dink dis snaaks maar ek eet nie eintlik vleis nie, ek is ’n man van slaai mos. Veral smiddags, dan bly ek lekker lig en wakker, mevrou volg?”

Mevrou volg heeltemal goed en sy gaan maak, met ’n oorgawe wat sy self nie verstaan nie, ’n fyn en behoorlik aangeklede slaaitjie en sit dit reg op die tuintafel met ’n bottel balsamasyn en ’n bottel olyfolie en ’n groot beker vrugtesap met ys.

Die hele eerste dag en al die dae wat volg, werk Piet onverpoosd. Sy sien geen teken van ’n rug wat pla nie. Hy vat voor en hy vat raak en hy gee uitstekende advies oor allerlei sake. Hy kry die komposhoop aan die gang binne enkele dae en hy snoei die vyeboom terug tot hanteerbare proporsies. Elke aand gee sy hom ’n Voltarentablet uit haar voorraad om na sy aandete te drink vir sy rug wat dan koud en seer gaan wees. En sy agt nuwe tienrandnote en nog kos en vrugte vir die huis. Hulle geniet mekaar, die vrou en die arbeider. Hy is ’n regte tuinier, vind sy, met ’n goed ontwikkelde sin vir die estetiese. Sy voel vertederd jeens hom omdat hy steggies en rose vir haar aandra uit sy eie tuin.

“Vir ’n bietjie kleur,” s hy, “dis nog so bar daar in mevrou se jaart in, maar ons sal hom wen, gee net kans.”

Piet werk drie dae in die week en ook nog al om die ander Saterdag. En hy vryf sy hande voor die mooi slaaie wat sy vir hom opdis. Hy vertel dat die agent oortyd werk op naweke en nie by die huis is om orders uit te deel nie en hom voorlopig nie nodig het nie. Sy vind dit onnodig om hierdie gegewens te kontroleer met die agent.

Op ’n dag bel die agent.

“Ek moet ernstig met jou praat oor Piet,” s sy. “Jy betaal hom te veel. Hy wil nou tien rand ’n uur by my ook h. En hy vertel hy werk ook nou by jou suster in die Paarl op party Saterdae ook vir tien rand ’n uur. So wat gaan hier aan? Ek dog ons verstaan mekaar? En verder hoor ek jy gaan haal hom elke dag op die plaas by sy huis. Die ander werkers mor, hulle weet hy’t ’n uitkering en hulle sal nie twee keer dink om hom te gaan verkla nie. Jy verstaan nie, daar is baie jaloesie onder die volk. Dis duidelik dat jy nie lekker by is met die situasie hier in die Boland nie. En verder, ek weet hy eet graag blaarslaai, maar hy vra nou vir my waar is die kaas en die olywe en die donkerbruin asyn. Jy skep gevaarlike presedente hier. Jy weet nie wat jy kan ontketen nie. Mens moet speel volgens die rels hier of jy word uitgespeel, meestal deur hulle self. Hulle het geen lojaliteit nie en geen respek nie. Onthou dit net in die vervolg.”

Die presedentskepper sit met haar kop in haar hande. Haar rug is skielik seer. Sy drink ’n pil en besluit om niks te s nie, die trein net daar te stop. Hoe kan die man nou so staan en draai en doen? Hy’t nog nooit vir haar suster in die Paarl gaan werk nie en olywe, wel olywe in slaai is ’n ydelheid en ’n aangeleerde smaak, sy was self verbaas dat dit nie oorgeskiet het in die bak nie. Dit was bedoel as ’n gebaar, ’n soort grappie eintlik, een wat sy gedink het hy sal kan waardeer want hy is beslis nie toe nie. Dit was ’n slaai in aanhalingstekens, kan mens byna s. In ruil vir die steggies, vir die deskundige tuinadvies, vir die stomende komposhoop, vir die rose. Daarvoor kan ’n mens tog nie betaal nie? Dit was uit die goedheid van sy hart, het sy gevoel en dit het gevra om die een of ander soort weerwerk. ’n Gedagte druk op in haar kop, maar sy kan hom nie lekker beetkry nie. Miskien was die rose ook tussen aanhalingstekens, sommer drie-, vierdubbeles.

Sy besluit om hulle al twee net daar te los sonder enige verduideliking, die arbeider en die huisagent, want die’t nog iets geprewel van tee en koek, ’n literre middaggie. Skriflesinkie met klantebinding, dink sy nou. Die engele staan met brandende swaarde voor die poorte van haar tuin, dink sy. En dis hoogsomer, miskien in elk geval te warm om nou die tuin op gang te wil kry. Sy besluit om voorlopig te fokus op die interieur. Sy bel ’n skoonmaakdiens.

“Hello, Noordwestewindjie hier,” s ’n lydsame vrouestem. “Ek bring my meisies sommer nou vir jou, mevrou, ek het hulle na my hand geleer en ek hou self toesig oor hulle, elke oomblik van die dag, mens weet nooit met die nasie nie, ons maak skoon waar jy nooit self bykom nie: vensters, kelders, geute, garages. En ons is aan alles gewoond, mevrou sal nie glo wat my twee oge al geaanskou het nie, jy sal nie s dis witmense nie, ek kry skoon skaam partyslag voor die meisies, en mevrou weet, hulle sien alles raak, elke enkele ding. Hoeveel persone in mevrou se huishouding as ek mag vra?”

“Ek woon alleen,” s ek, “ek het nie baie goed nie.”

“O, ekskuus, mejuffrou, dan, in daardie geval is dit nentig rand vir die eerste keer en tagtig rand as dit gereeld is.”

Binne ’n uur is hulle daar, peul wild uit ’n ou ligblou Cortinatjie. Op haar voorstoep staan hulle, met hulle stofsuiers en besems en kratte vol lappe en borsels.

“Dis Gladys en Sophie en Dolla en Florence, dis nou my windjies ammal die,” s mevrou Uys. “Waar hulle gewaai het, is dit silwerskoon. Wat s jy, Dolla, jy’s mos my voorslag, of hoe? Toe, s julle nie dag nie? S mooi: ‘Goeiemiddag, juffrou!’”

Dolla bly grond toe kyk met ’n fok-jou-uitdrukking op haar gesig. “Djffrou,” mompel sy onderlangs.

“Voorslag, g’n!” s Sophie en spoeg ’n gul spoeg met ’n gul boog oor haar skouer kaplaks op die tuinpaadjie.

“Hou daai bek van djou toe,” mompel Dolla, “en kyk waar djy spoeg!”

“Haai, allawreld, moenie so lelik praat voor die juffrou nie,” s mevrou Uys, “netnou stuur sy ons weg voor ons nog begin het!”

Die vroue stink na sweet en ou sigarette. Hulle klere is in rafels onder die pienk stofjassies wat hulle dra. Ek sien opgeswelde o, ’n blougekneusde lip. Hulle is deur die bank moerig en steeks. Een kla van kopseer.

Mevrou Uys deel Panado’s uit. “Sommer vir almal,” s sy en knipoog na my.

’n Ander wys ’n bloederige sny aan die vinger, opgedoen by die vorige huis. Die mevrou haal die Band Aid uit. Sy werp my blikke toe wat begrip veronderstel, vertroulik, samesweerderig. “Nes kinders is hulle,” praat sy in ’n lae toon na my toe, “hulle wys maar so af by nuwe mense, dis maar van skaamgeit, dit sal nou weer oor wees.”

Ek maak of ek nie hoor nie. Ek wil nie hoor nie. Hoe kan sy dit voor hulle s?

“Nes kinders is hulle,” gaan sy aan, “hulle draai jou arm uit sy potjie waar jy bystaan.”

“So waar’s die slange?” vra Gladys vir my met ’n gesig wat s: “Goed so, ignore haar, die ou doos.”

“Watter slange?” vra ek.

“Die!” Sophie wys met ’n vinnige steekvinger na die waarskuwing.

Mevrou Uys is wawyd wakker, skyn dit. Sy knipoog ’n aanbeveling na my toe. Ek volg dit sonder dat ek presies weet waarom. Ek skaam my oor my dubbelhartigheid maar my tong is nog meer gevurk.

“O,” s ek, “di is toegesluit in die studeerkamer. Julle hoef nie daar skoon te maak nie.” Ek wys die sleutel. Niemand kom daar in nie, het ek voor die tyd besluit. Beter om my chaos van skryfsels en papiere nie op die winde te strooi nie. Vir die wis en die onwis het ek my handsak met selfoon en beursie ook daar toegesluit. Wat die oog nie sien nie, soos my ma sal s, kan die hart nie begeer nie.

Mens kan selfs die idiome nie meer vertrou nie, dink ek, terwyl ek die Jackson Hlongwane-engeltjie met die drie voete uit die pad haal van Gladys wat nou op stormsterkte deur my voorhuis raas.

“Rainbow Warrior” heet die stofsuigmasjiene. Die vroue steek die swart slurfe met mening in elke hoek en agter elke bed en kas. As hulle sien ek kyk, mimiek hulle spottend ’n oordrewe vrees vir slange. As die stofsuiers elke dan en wan stilval, hoor ek hoe hulle die dinge in my huis benoem. Uit die verskillende kamers klink die stemme op.

“Second bedroom,” hoor ek. En uit my slaapkamer met ’n giggel: “K kyk, die djffrou het ’n queensize, ‘Cloud nine’, nogals.” Ek hoor hoe word daar met die plathand op my nuwe matras geslaan. Die oue staan in die garage. Maar aan wie van die vier gee ’n mens dit nou? Salomo sal nie hier wen nie, so te sien.

“Eight seater,” s een in die eetkamer. Ek ruik Woodock.

“Wall to wall,” jil ’n ander.

“Chest freezer.” Dis Dolla in die kombuis. Ek hoor hoe slaan sy die deksel met mening toe. Hoekom sou sy dit oopgemaak het? wonder ek. Hoekom ook nie, dit was nie gesluit nie.

Dan sing dit skielik uit die badkamer, uit die toilet, in tweestemmige harmonie, asof hulle gerepeteer het daarvoor: “Light the lights, close the doors, we’re staying home tonight.”

Ons is van dieselfde generasie, dink ek. Verder wil ek nie te veel oor die implikasies van die song dink nie. They have me taped, weet ek net, my hele storie is vir hulle glashelder.

Dis pouse. Ek smeer vet snye brood met die stroop en grondboontjiebotter wat ek met die oog op Piet se koms aangeskaf het. Ek maak groot bekers tee met baie suiker in.

“Wat eet hulle?” vra Sophie met ’n mond vol brood en vrypostige o.

“Eet wie?” vra ek.

“Die slange!” roep almal. Hulle buig dubbel van die lag, koppe eenkant, boude in die lug. Hulle jil met oop monde vol brood.

“O,” s ek, “witmuise, makkes, van die pet shop.”

“Muis, muis, o koek!” Hulle gryp na mekaar se kruise.

“Sie julle vir julle gedra!” s die mevrou berispend. Sy kyk verskonend na my. Ek ignoreer haar. Ek improviseer met ’n reguit gesig en ’n ironiese toon. Miskien kan ek so guns vind in hulle o. Ek sal my leuens sigbaar maak. Dan sal ek veilig wees.

“Hoeveel?” vra Gladys.

“Twee. Michael en Raphael. Hulle is broers.”

“Hoe groot?”

Ek tree vier lang tre af op die Novilon in die kombuis.

“Ramkt!” hoor ek agter my rug. “Hoe dik?”

“So,” s ek en wys met my twee hande.

“Jirre, help!” gil hulle, “so dik!” Hulle maak met die hande. Hulle vryf die slange.

“Hy kom, hy kom!”

“Hy gaat spoeg!”

“Elke twee weke,” s ek, “los ek hulle in die tuin hier agter dat hulle kan eekhorings vang. Hulle het darem ’n bietjie meer vleis aan as die muise. En hulle wriemel. Die slange hou daarvan, van weerstand, anders raak hulle neerslagtig.”

“Haai,” s Dolla, “wat praat die djuffrou alles!”

“Alles praat die djuffrou,” s ek, “fokken alles.”

Niemand slaan ag op my selfbetuiginge nie. Dit lyk of niemand dit eers gehoor het nie. Hulle skree soos hulle lag, wriemel met die lywe by die agterdeur uit op die stoep. Daar sit ’n skunnige danspas in die gewriemel.

The power of the humiliated, dink ek.

“Byt hulle mense ook?” vra een, kamtig die onskuld self.

“Ja,” s ek, “natuurlik, anders wat is die nut? Hier byt hulle, hier, aan die hakskeen, net hier.” Ek demonstreer met gekromde vingers slangslagtande om my eie hiel. Ek gee nie meer om nie, ek het my oorgegee aan sinspeling, om myself te probeer red; aan my lot, om dit te omarm.

Ek gee ’n sak lemoene saam van my eie boom en tel hulle versigtig af sodat niemand bevoordeel kan word nie.

“Julle word darem alte lekker bederf hier, n?” s die Windjie. “Het julle almal mooi dankie ges?”

“Dankie, djuffrou!” skree hulle in ’n koggelkoortjie oor hulle skouers. Een skuur die spoeg op die tuinpaadjie met ’n vinnige voet weg tot ’n onherleibare donker blerts.

Die werkverskaffer knipoog na my as sy haar tjek vat. Ek sien hoe skerp kyk die vrouens die tjek agterna soos hy in die handsak verdwyn.

“Waar kom jy in godsnaam aan die mense, mevrou?” vra ek saggies agter hulle re.

“Ek gaan laai hulle op in die plakkerskamp, hier anderkant Kuilsrivier. En laat ek nou vir jou vandag hier ’n ding vertel, juffrou, hulle is maar te dankbaar, hoor, te dankbaar bly, dat iemand hulle wil kom haal om te werk, hulle het stringe kinders, almal van hulle, maar die pa’s die sien jy nooit met ’n oog nie.”

Innig, betekenisvol, saaklik, glimlag sy. ’n Besigheidsvrou met ’n hart. Ek maak die deur vinnig toe. Dis net te veel uitdrukkings op een gesig. Dis ’n mengsel wat ’n revolusie in Kuilsrivier kan veroorsaak. Hoekom gebeur dit nie? dink ek. Hoekom nie?

Ek het skielik flardes van ’n uitbundige, bloeddorstige fantasie in my kop. ’n Vinnige greep, sterk hande wat wurg en ruk, bloed teen die voorruit van die Cortinatjie, handsakkie oopgeskeur, Rainbow Warriors skoonveld weg tussen die krotte, g’n wind wat daarna waai nie. Ek dink aan Pirate Jenny in Nina Simone se weergawe.

Dit word winter. Die takke en klippe wat Piet op ’n hoop gegooi het voor die huis moet weggery kom. Ek wil dit anoniem hou. Ek bel die munisipaliteit.

“Ons doen dit nie meer nie, dame, ons kontrakteer nou uit,” s ’n bot man aan die ander kant.

“Te veel kontrakteurs,” s ek. “Ken u nie ’n privaat persoon wat dit gou-gou vir my kan doen nie?” “Pynloos”, wil ek byvoeg, maar ek doen dit nie. Die mond is te geheim om pyn nie te voel nie.

“Daar is ’n vrou in Vryburgerstraat,” s hy, “sy’s goedkoop. Sy’t haar eie bakkie. Vat die nommer.”

En so bel ek vir Skoonheid du Toit op.

Iemand met ’n swaar tong antwoord. Is Skoonheid dalk dronk? wonder ek, en wil vir ’n oomblik die gehoorbuis neersit. Dit sal te erg wees. Na die skynheilige windjie, die besope skoonheid.

“Is dit Skoonheid? vra ek.

“Nee, dis Skoonheid se moeder wat praat. Skoonheid is nie nou hier nie. Kan ek dalk ’n boodskap neem vir Skoonheid?”

Dit vat lank om die sinne te s. Nie net oor die tong sleep nie. Die stem draai en swalk van gedienstigheid, van beroerte dalk, van beroerdheid. Arm Afrikaners in Vryburgerstraat. My nuuskierigheid kry die oorhand. Ek wil Skoonheid sien. Ek laat ’n boodskap: Skoonheid moet kom, asseblief, hier is my adres. Sy moet my vuilgoed kom wegry, dit lyk lelik hier voor my huis, maande lank al. My bure trek hulle neuse op. Dis ’n netjiese buurt.

’n Paar uur later daag sy op, korpulent braaf en lig besnor, met ’n hart van goud. Sy ry ’n lendelam bakkie met ’n lendelam sleepwaentjie. Agterop die bakkie sit drie ou mans met pofferige o. Hangbroeke, drankasems. Here help.

Stadiggies, asof hulle bang is hulle arms gaan breek, laai hulle my takke op. Met versigtige trapsuutjiesgrepe tas hulle tussen die dorings. Lank dink hulle na oor die swaar klippe. Wat sou hulle oorwegings wees? wonder ek.

“Ek soek dringend mense om in die tuin te werk,” s ek. Dit klink pleitend in my eie ore. Dit klink na ’n belydenis. “Ek wil dit nou regkry vir die lente, sien.” Dit klink hoogs onvanpas. Mens kan nie meer met ’n goeie gewete gewone dinge s in hierdie land nie. Mens kan amper net nog aanhaal. I had a garden in Africa. I wanted a garden in Africa. We used to have gardens in Africa. Grassprietjies en Vergeet-my-nietjies. Huis paleis pondok varkhok.

“Ek soek betroubare arbeid,” s ek.

“Ek het,” s Skoonheid, “maar nie die’s nie, agter hulle moet ’n mens staan of daar gebeur niks nie soos mevrou self kan sien. Is mevrou se man hier?” Sy praat hard. Hulle kan alles hoor. Wat moet hulle in godsnaam daarvan dink?

Ek praat ook hard. “Nee, hy’s nie nou hier nie,” s ek, “hy kom eers saans laat van die werk af.”

“Toemaar,” s sy, “ ek het nie eers meer een nie. Dis hoekom ek nou maar self moet uitspring. Ek het my ma ook, jy verstaan. Maar wat help dit om te kla? En daar is baie wat nog swaarder kry. Dit s ek maar altyd vir myself. Mens moet jou seninge tel. Wil jy saamry na die dumps? Dan kan jy sien waar ry ek orals rond.”

Vriendelik. Goedgelowig. Niksvermoedend. Is dit net ek wat agendas het? Ek ry saam op die impuls van die oomblik. Miskien is daar ou bakstene wat ek as randstene vir my beddings kan gebruik. Voor in die bakkie is daar ’n blonde seuntjie met ’n rasperstem en sere om sy mond.

“Dis my kleinkind,” s Skoonheid. “Hom pas ek ook nog op, never a dull moment.”

Skoonheid klap met haar plathand teen die bakkie se buitekant. “Hou vas!” skree sy agtertoe vir die trapsuutjiese. “Laas nog weer een afgeval, sy been gebreek. Jy kan nie glo watse ellende ek met die mense het nie, en jy sien hoe lyk hulle, skoon mak van swaarkry. Maar dis miskien ook maar die beste so. By my verdien hulle darem genoeg om aan die lewe te bly en ek hoef nie vir hulle bang te wees nie. Baie kere vra mense vir my: ’Skoonheid, is jy dan nie bang om so dag in, dag uit met die klas volk op pad te wees nie?’ Maar ek glo die Here se hand is op my. En ek sal vir seker ook mos nie sommer loop l nie. Hulle het nog nooit iets met my probeer nie. Of met my ma nie. Maar oor haar worry ek ’n bietjie, want hulle kom vra brood by haar as ek uit is bedags, en sy kan mos nie nee s nie.”

Ek kyk agtertoe. Die ou mans lyk soos bondels vodde daar tussen die takke. Net aan die skurwe hande en die dowwe glim van die oogsplete herken mens liggame.

“Hoor jy dit?” vra Skoonheid toe ons by die uitgeryde grondpad van die stortingsterrein indraai.

“Ek hoor niks,” s ek, “waarvoor moet ek luister?”

Sy beduie met haar kop na ’n bunkeragtige betonstruktuur wat halflyf in die riete en Port Jacksonbome staan. “Die hondeskut,” s sy, “daar’s nou ’n ding wat my laat wakker l in die nag. Twee weke lank blaf hulle daar in die hokke en as hulle dan nog nie base gekry het nie, word hulle uitgesit, te vreeslik, ai, ek ry elke dag hier verby en dan hoor ek dit en dan kan ek dit partykeer net nie hou nie en dan gaan haal ek maar weer een. Liewe ou goedjies, vreeslik verwaarloos maar net ’n paar dae se liefde en mieliepap dan is hulle weer katjie van die baan. Dan wil mense hulle glad koop by my. Ek doen maar swaar afstand.”

Ons ry op tussen skilderagtige hope afval. Orals sit daar swart mans en vroue in toiingklere en kap bakstene skoon. Skoonheid groet ’n bruingebrande wit man wat ou TV’s sit en strip. Sy swart T-shirt is vol stof en plek-plek donker deurgeslaan van die sweet.

“Ek gaan net gou die takke afsit daarbo,” s Skoonheid, “dit raak ’n bietjie gopserig verderaan, wag jy solank hier by Gerrie, ek sal nie lank wees nie.”

Skielik staan ek in die stof onder ’n giftige steekson. Dis omtrent tien grade te warm vir di tyd van die jaar. Daar hang ’n stank wat van oomblik tot oomblik anders ruik; na vis, na vleis, na skille wat nog gis, na ’n algemener ouer reuk van die reeds verrotte wat al byna weer stof is, die soet, ryk reuk van eerstewreldse kompos.

Dis die omgekeerde wreld, dink ek, as Gerrie sy hand na my uitsteek, en dit stewig skud. Hier, om een of ander rede word ek formeel welkom geheet deur ’n omgekeerde Hephaistos. Nie ’n smid van die onderwreld nie maar ’n bymekaarmaker in weggooigebied. Hy lyk taai en sterk. Dis net sy stem wat klaerig is.

“Ek doen dit vir my seun, eintlik, mevrou sien, en dit was maar net luck dat ek die tender gekry het, die munisipaliteit is mos te bankrot hier op die dorp om hulle eie dumps te werk. Nou kry ek die ou lotjie wat mevrou hier sien om vir my om ’n deel te werk. Hulle vat huis toe van dit wat hulle win en ek hou genoeg oor om my seun te help.”

Ek kyk waar hy beduie. ’n Ent weg sien ek ’n man ou kratte op ’n bakkie laai.

“Ja, dis hy daai, kyk net daardie paar blaaie! Mevrou sien, hy’s ’n kampioenstoeier nes ek was op my dag. Maar om in te kom vir die Olimpiese Spele moet hy sy kwalifiserende rondtes gaan stoei by ’n toernooi in Tunesi en nou help ek hom geld bymekaarmaak daarvoor. Hy werk by die polisie en hulle betaal mos maar peanuts.”

Die man is besig om die kratte met toue bo-op die bakkie te bevestig. Ek sien hoe sy spiere bult. Met een, twee groot tre is hy bo-op die kratte. Met die geweldige hefbome van sy dye trap hy ’n paar stukkend sodat daar plek kan kom vir nog. Die brokke plastiek kraak en splinter onder sy voete. Hy lyk groot teen die lug. Agter hom l die blou blou berge van die Boland. Ek kyk na sy ferm boude, die atletiese duike in sy heupe, soos hy werk. Hy dra ’n ou gaterige sweetpakbroek en ’n verslonste T-shirt. Die topkondisie van die liggaam in die ou klere lyk komieklik. Na ’n sirkus, of ’n toneelstuk van Beckett. Maar sy gesig is te ondubbelsinnig vir enige toneelstuk.

“So, hoeveel kry jy hiervoor uit?” vra ek.

“So vyfhonderd rand as ons goed pak, hulle weeg dit mos.” Hy is vriendelik en antwoord my vrae sonder ’n sweem van agterdog of sinisme soos dit ’n Olimpiese held betaam.

“Ek kry darem so drie vraggies per week bymekaar, ek moet dit hier uitgrawe tussen die vullis, dit vat tyd en dan werk ek my skofte by die stasie en naweke bounce ek ’n bietjie.”

“Bounce?”

“Ja, by die kleurlingklubs waar dit rof gaan. Maar ek vat nie nonsens nie. As daar moeilikheid is, dan bounce ek hulle by die trosse. Met die vrouens moet ’n mens ’n bietjie versigtiger werk, maar dis baie keer hulle wat begin. My opdrag is ek mag nie ’n woord praat nie en ek bounce net op orders.”

“En hoeveel kry jy dan daarvoor?”

“Darem so tweehonderd en vyftig ’n aand en by die klubs waar daar bendes kom ’n bietjie ekstra danger pay.”

Ek hoor getoeter. Dis Skoonheid wat my kom oplaai.

“Shame,” s sy toe ons wegry, “die arme outjie, sy vrou het hom gelos drie maande terug oor hy nooit by die huis was nie. Maar al wat hy wou doen, is werk sodat hulle vooruit kon kom. En al wat sy wou doen, is handjies gevou by die huis sit, lady at large en wag vir haar prins op die wit perd om huis toe te kom. Sy wou nie eers sy steak en sy pasta wat hy moet eet vir sy stoei gaarmaak nie. Sy wou net die shine vang as hy wen. Sy droom is om eendag ’n stoeiskool op die dorp oop te maak. Vir fynstoei, mevrou weet, nie rofstoei nie, hy staan nogal sterk op daai punt. Hy leef vir sy stoei, die mannetjie.”

Die volgende dag gaan haal ek die werkers wat Skoonheid vir my georganiseer het.

“Jan en Simon van die nagskuiling,” stel sy my voor aan die twee op die sypaadjie van Vryburgerstraat, jy sal jou verbaas watse goeie mense jy daar in die skuiling raakloop. Baie kom van die plase af waar die boere hulle nie meer kan betaal onder die nuwe wette nie. So hulle weet van werk en hulle sal nou enige iets doen ook, n, want ’n mens se maag kom nie vol van wette nie, of hoe, julle?”

Die toon is vriendelik en patroniserend en die adres is half aan hulle en half aan my. Jan en Simon knik skynheilig-gedwe. Ek voel hoe Jan my gesig deursoek vir tekens van verstandhouding. Skoonheid het duidelik die mag van die bemiddelaar hier. Sonder haar sou daar vandag net nog ’n le, honger dag gewees het. Ek sien hoe takseer hulle my. Sal ek die bemiddelaar oorstem? L hier die moontlikheid van vaster werk en meer geld? Hoe sou die taal klink waarin hulle my opsom? Waarin hulle my met mekaar bespreek?

Ek kyk na hulle. Jan is lig van kleur, met krulhare. Hy lyk soos ek. Hy voel na familie op ’n manier. Daar is iets spottends in sy blik, maar dit is nie meer skerp nie. Dit is oorwasem deur gelatenheid en belang. Simon is donker en stil. Hy s niks, maar hy dink iets, ek kan dit sien.

“Maar ni ry baster vinnig met die ou Beetletjie!” s Jan.

“So jy kom van Caledon af?” vra ek, bly dat daar iets konkreets is om my hawelose oordenkings te onderbreek.

“Haai, hoe weet ni dit?” Sy stem is ene gemaaktheid, hy aap die toon na waarmee die klasse bo syne skynheilige small talk maak. The power of the mimes, dink ek.

“Oor jy s ‘baster vinnig’. Dis ’n uitdrukking van die streek. Ek het daar grootgeword.”

“Ek sien,” s hy toe ons voor die huis stilhou, “en nou woon ni alleen hier, of is ni se mense ook hier?”

Ek sien hoe hy die grootte van die huis in onskou neem.

My mense woon hier in die rondte,” s ek, en dan voeg ek by, omdat ek voel meer besonderhede word verwag en omdat ek voel dis tyd vir bluf, “en my vriend kom vanaand, hy werk laat, maar hy moet die slange voer elke aand.” Ek wys na die bordjie.

Jan ignoreer die informasie met ’n ligte snork. Ek moet hom nie probeer bluf nie, begryp ek. Hy dink nie dis snaaks nie. En dit is duidelik dat hy nog nie tevrede is nie. Hoekom sal hy ook wees? Ons kom dan van dieselfde wreld, ek het dan vertroudheid vertroulik laat blyk. Baster vinnig, baster slim. “Man of vriend?” vra hy met ’n veelbetekenende toon.

Simon kyk vinnig op en weer af.

Ek maak of ek dit nie hoor nie, verduidelik die werk, wys waar die implemente gestoor word en gaan in, grendel die deur, trek die sitkamer se gordyne toe.

Man of vriend, dink ek, wat het dit met hom uit te waai? Ek voel ligtelik ontsteld. Ek bel my lover.

“Mrs Robinson,” s ek, “kom tog kuier vandag een of ander tyd, die mense wat in die tuin werk, maak my nervous. Bring jou seun saam.”

“Jy’s paranoid,” s sy, “maar ek sal kom, ek het ’n foto van vye gemaak vir jou, uitvergroot, ek het gedink dit sal jou plesier verskaf, dis nogal sexy.”

Mrs Robinson het geen moeite met arbeid nie. Sy is ’n praktiese vrou. Sy ry in ’n kombi en gee opdragte volgens die heersende rels. Sy gaan uit die huis uit as die Noordwestewindjie vir haar kom werk, want sy hou nie daarvan om hulle te sien nie, s sy. Die armes, s sy, sal ons altyd by ons h. Dan kry ons amper rusie. Dan s ek : “Hulle maak my tot leuenaar en huigelaar, hulle laat my skuldig en alleen voel. Hulle weet alles dadelik van my af sonder om ’n enkele vraag te stel. Hulle vra of ek ou klere het, ’n ou matras, ’n paar sinkplate. Hulle vat die blomme wat ek uitsit saam huis toe in koerantpapier, en as hulle die volgende keer kom, het hulle die skoene wat ek in die swart sak gesit het aan hulle voete met hakke wat deurloer soos vlesige reste van my gewete.” Dan s sy: “Goeiste, maar jy klink weer vandag soos ’n skrywer. Het jy al jou St John’s Wort gedrink?”

Ek loer deur ’n skreef in die gordyn hoe hulle werk. Dis harde werk. Hulle sweet mildelik. Ek kyk op my horlosie, elfuur, tyd vir ’n pouse. Ek vat groot bierbekers met Oros en ys buitetoe.

“Hou net so vas, ni,” s Jan en trek sy hemp met groot gebaar uit. “So ja,” s hy en vat die beker uit my hand, drink met groot, gulsige teue sodat die stroop teen sy ken afdrup. Dis ’n spektakel wat net om my onthalwe opgevoer word, voel ek. Ek kyk na sy lyf. Op die sagte deel van sy maag, net bokant die nawel staan getatoeer: “Fear not for the Angel of the Lord is with thee.” Ek weet ek moet niks s nie, maar ek s tog: “Jissis, was dit nie seer nie?”

“Ni,” s hy, “wat kon ek maak, ek het dit laat opskrywe om te voel ek lewe nog.”

Ek onthou my van kommentaar, gaan weer binnetoe, loer deur die gordyn. Simon trek ook sy hemp uit. Hulle s iets wat ek nie kan uitmaak nie en lag skunnig daaroor. Ek weet seker dit gaan oor my. Miskien vermoed hulle ek staan hier agter die demonstratief toegetrekte gordyn. Waarom loer ek ook, dink ek, ek kan tog gewoon kyk as ek iets wil sien? Wat is dit wat ek sien waarna ek nie reguit wil kyk nie?

Daar waar ek die renostergras laat uithaal het om ’n gruistuin aan te l om water te bespaar, daar pak hulle nou die sooie op die kruiwa. Om die beurt pak hulle in en ry weg. Die kruiwa is swaar. Hup! beur Jan oor die waterslootjie, hup! nog ’n slag om oor die rand van die tuinpaadjie te kom. Dooiewiel. Ek kyk hoe hulle ’n oprit en ’n afrit prakseer met bakstene. Ou hande met dooiewiel. Tricks of the trade.

Eenuur. Hulle kap ’n sloot vir die randakker se paaltjiesheining. Hulle spiere ruk soos hulle in die kleigrond pik. Die vel oor die ribbes tril en span. Die gorrels wip op en af van die inspanning en die wegsluk en skraap van ou slyme, van jare se goedkoop tabak in koerantpapier rook, van TB waarskynlik, van bittere kinkhoeste as kind. Dis vyf dae ’n week se lywe. Af en toe rus hulle leunend op die graaf, op die piksteel, bekyk hulle hulle vordering. Vyftig rand se vordering, ’n week se brood en wyn en sigarette. Spoeg, spoeg hulle in die sloot. Net die nattigheid van vervloeking het oorgebly. Vat, vat hulle die graaf weer aan, die graaf aan sy greep, die pik aan sy steel en vergooi hulle liggame aan die randakkersloot. Al twee werk ’n ontstellende hoes los. Dit gaan al hoe stadiger soos die middag vorder.

Ek gee sterk koffie met baie suiker in. “Julle moenie vir julle ooreis nie,” s ek, en hoor my stem terugkom in my ore. “S maar as julle wil tjaila,” probeer ek korrigeer.

“Nee, ons hou nog, ni, ons hou nog, ons gaat hom wen, die slootjie.”

My vriendin kom op besoek met haar stillewe van vye in ’n sellofaanomhulsel. “Aitsa, maar julle is fluks, n!” s sy soos sy die tuinpaadjie opstap.

Ek kry ’n druk en ’n soen en moet kyk na die vye voor ons by die voordeur in is.

“Moenie so met my wees voor die mense nie,” s ek, “ek wil nie h hulle moet my hele storie ken nie.”

“Ag twak, wat weet hulle nou?” s sy.

“Hulle weet alles. Hulle kyk regdeur ’n mens.”

“Jy verbeel jou alweer dinge.” Sy kyk na my. “Dis hoekom ek so baie van jou hou, oor jy jou so kan verbeel.”

Sy het al ’n foto van my gemaak met ’n trapsuutjies op my skouer. Sy dink ’n bietjie ons is in die paradys. Sy bly dit dink al word ’n pot gestoofde kwepers van haar stoof af gesteel terwyl sy haar wasgoed ophang. Nou het sy fotokopie van my slangkennisgewing oral by haar huis opgeplak.

“So, is dit nou ni se suster daai?” vra Jan toe sy weg is.

“Ja,” s ek, “dis my suster.”

“Nee, ek vra maar net want dit voel baster soos familie maar dit lyk nie soos familie nie. Ek voel ook maar net na familie, ni weet,” s hy tussen die grawe vol deur. “Daar wat ek vandaan kom, was ek nie my ma se kind of my pa se kind nie, ek was gelos. Hulle het my maar ingevat by hulle. My stief behandel, het my pa. Toe vat ek hom toe ek sestien is voor sy bors en donner hom en van toe af gaan dit net afdraande met my. Maar nou’s ek by die shelter en dit help. Ons support mekaar darem so ’n bietjie daar.”

Ek pak vir Jan en Simon kos in om saam te vat; gaar wors, ’n blik boontjies elk, vrugte, brood. Ek prys hulle vir hulle werk. Ek is baie tevrede s ek. Ek vra of hulle tevrede is. Hulle knik beleefd.

Die volgende dag gaan haal ek weer vir Jan inVryburgerstraat. Simon kan nie kom nie want Skoonheid het hom nodig vir ’n trek op die dorp. Jan het ’n klein tandelose geel vroutjie met ’n kopdoek by hom. Ek het haar al ’n vorige keer by hom in die buurt gewaar en soos toe, waai sy nou ook uitbundig na my asof sy my goed ken. Ek probeer dink, maar ek ken haar nie. Dis onmoontlik, ek is dan nog net ’n paar maande terug op die dorp waar ek my jeug deurgebring het. Miskien onthou sy my van vroer, dink ek. Ek kom dit heeltyd oor dat mense my groet wie se gesigte ek ken maar wie se name ek vergeet het. Net voor Jan wegbuk om in die Volkswagen te klim, tik sy hom ewe van agter op die skouer en hou ’n tuitmondjie na hom toe uit, haar o styf toegeknyp. Ek kan nie glo wat ek sien nie. Jan van die nagskuiling met die engel van die Here uitgekerwe op sy maag, draai om na haar toe, neem haar gesig tussen sy hande en druk ’n teer soen op haar lippe.

“So wie’s daai, Jan?” vra ek toe ek dit nie meer kan hou nie.

“Nee, hoe sal ek nou vir ni s, sy’s ok van die shelter, ek is nogals baie lief vir daai een maar hoe sal ek s, eintlik is ek jammer vir haar want sy’s mos doofstom van geboorte af al.” Jan praat vryelik, dit lyk nie of dit hom pla dat ek so uitvra nie. “En dit lol maar, want almal gebruik haar soos hulle lus het, sy kan mos nie skree nie. Nou laas moes ek een met ’n tuinvurk van haar afsteek. Maar dis haar eie skuld ook, want laat ek nou vir ni s, daar’s nou ’n meid wat kan suie. Ek het al ges ek gaat haar los as sy so aanhou.”

“Haai, Jan, wat vertel jy my nou?”

“Nee, ni weet, ek gee haar net so een kyk dan weet sy hoe waai die wind maar ek verstaan haar as sy beduie, so.” Hy beduie soos sy beduie. “Ek dink ek het — hoe sal ek s? — ek dink ek het ’n — hoe s hulle? — ’n talent vir daai meid.”

Hy vertel uit sy eie hoe hulle mekaar gekry het. Hulle was eers drie so saam. Haar man was doodsiek van die TB en toe gaan hy dood. En oor sy nie kon praat nie, het hy hom oor haar ontferm, vir haar getolk by die dokter en by die priester en by die ondernemer. En die woord gespreek by die graf soos hy aan haar verstaan het. Van toe af hou hulle bymekaar.

Die werk aan die nuwe tuin is halfpad as die eerste winterren val. Die prieel is half op, die paaltjiesheining se sloot ren vol.

My suster kom kyk. “Here, dit lyk of jy ’n skaapkraal hier aan die bou is,” s sy.

My broer kom kyk. “Ja-nee,” s hy, “jy en jou suster kan ook nooit goed los soos dit is nie, moet altyd alles omdolwe en verander.”

My pa bel. “Hoe vorder jou tuinmakery, my kind? Is jy gesond? Kyk tog net mooi na jou veiligheid.”

Julie. Dit sneeu in Jonkershoek. Ek ry die kloof in om van nader te gaan kyk na die neerslag op die hange, kry ’n steenbokkie staan met nat snoet rillend teen die muur van die inkeerstasie se geboutjie. Sy spring vervaard weg as ek om die hoek kom. Agter haar flanke swaai die silwer gespikkelde fynbostakke met ’n sproei van druppels toe. Weg, weg op fyn hoefies. Waarom moet ek tog so nodig ’n tuin h? dink ek. Hier, hier voor my, skaars tien minute van my huis af, is die hele berg dan waarin ek kan wandel soos ek lus het. En wat daar leef en groei, is nie bymekaargemaak nie, nie geweef nie, nie omgespit of besproei nie. Dit is wat dit is, the ten thousand joys and sorrows, en dit is goed.

Terug by die huis kry ek vir Simon voor my deur staan. Ek s maar ons het nie ’n afspraak gehad nie ek s ek het nie werk nie dit ren ek s hy moenie kom as ons nie ’n afspraak gemaak het nie en ek werk net deur Skoonheid s ek hy weet dit mos s sal s as ek iemand nodig het dit is l manier hoe dit werk ek wil nie mense h wat op my stoep staan tydig en ontydig nie.

Hy laat my uitpraat. Hy luister en hy kyk na sy skoene. Verbeel ek my of wieg hy liggies op sy voete, vorentoe en agtertoe soos iemand in ’n ho posisie wat ’n lang storie van ’n ondergeskikte staan en aanhoor?

Skielik kyk hy my reguit aan. Sy stem is ook reguit. “Ek is honger,” s hy, “dis koud en ek het niks geet vir drie dae lank nie.”

Ek ruik die alkohol op sy asem.

“Sorry,” s ek, “sorry, daar kan ek niks aan doen nie. Waar kry jy dan geld om te drink?”

Hy grinnik.

Ek besef ek het ’n fout gemaak. Die grootste clich in die Boland uitgespreek. Hy kry my terug, verander sy toon na die kruiperige, pleitende vernacular. Hy haal aan met drie eeue se hefboomkrag. “Ag Here, miesies,” s hy, “dis koud , gee my dan net ’n stukkie brood, asseblief. Dink miesies nou ek sal heelpad van die shelter af loop as ek net ’n grap wil maak? Hulle s dit gaan nou weke aanmekaar ren, dan kry ons los hotnots mos nie werk nie. Wat moet ek eet?”

“Ek is nie jou miesies nie,” s ek, “my naam is Marlene, en as jy ’n hotnot wil wees, is dit jou saak.”

Hoekom kies jy my uit? wil ek s. Hoekom de fok dink jy ek is jou customer hier wat presies is dit wat maak dat ek vir jou lyk soos ’n sagte teiken hoekom gaan vra jy nie vir Skoonheid nie?

Maar ek s niks. Skoonheid, Skoonheid verbrand haar gesig. Ik ben geen lieflijke dichter. Of so iets.

Ek gee hom brood, ek gee hom dertig rand, ek dwing pariteit af, ek wil dit maak tot ’n formele reling, ’n ooreenkoms tussen gelykes.

“Dis ’n voorskot,” s ek, “jy skuld my ’n paar uur se werk, is dit duidelik, het ons ’n deal?”

“Ons het ’n deal,” s hy.

Ek skud sy hand. Hoe anders maak ’n mens vrou-alleen ’n deal? Ek sien sy skoene. Die punte gaap oop voor. Blou tone steek uit. Hoe maak mens ’n deal met iemand sonder skoene? Wat beteken ’n handdruk tussen iemand met ’n honger maag en iemand wat haar verlustig in besneeude pieke?

“Wil jy ’n lift h terug na die shelter toe?” vra ek. My stem klink hol.

Hy knik net.

“Maak vas jou veiligheidsgordel,” s ek as hy in die kar klim. Dan moet ek lag. Veiligheidsgordel. Bid jou aan. Ek lag en ek lag.

Hy grinnik.

Ek s niks. Ek lag soos ’n opwending wat afloop, al minder en minder, tot dit oor is.

“As Jan nou hier was,” s Simon, “weet Marlene wat sou hy nou ges het? Hy sou ges het: ’Nou wat is dan nou so baster snaaks, ni?’”

LitNet-leser: Wat dink jy van hierdie bydrae? Twee pryse van R1000 elk word toegeken aan die interessantste reaksies op referate. Stuur jou opinie aan SNet by redlitnet@mweb.co.za

Besoek die beraad se virtuele boekuitstallings en ondersteun ons skrywers deur hul boeke via LitNet te bestel.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.