SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Skrywersberaad-argief

Skrywersberaad




  Johann Rossouw
is redaksielid van die Fragmente: Tydskrif vir Filosofie en Kultuurkritiek, lid van die werkkomitee van die Groep van 63 en sameroeper van die lesingreeks van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Hy is die vertaler van onder meer Pascal Quignard se Elke Oggend van die WÍreld (Protea, 2000). Hy is tans besig met 'n proefskrif oor tegniek en republiek in die Afrikaanse gemeenskap onder leiding van Rťgis Debray aan die Universiteit van Lyon-III in Frankryk.

Die vaders en die moeders, oftewel, waar is ons nou?

Vir my vader

Om mee te begin eers twee staaltjies. Die eerste net ’n skuinsblik op ’n gesprek wat ek twee jaar gelede een aand met ’n skrywer aan die ander kant van sestig voer. In sy lewe is hy deur sy tydgenote — die generasie van my vader — aan die ergste vorme van ostrasering onderwerp. Ons praat oor hoe dit toe was en hoe dit nou is. Hy sÍ: “Julle moenie hard wees op my generasie nie.” ’n Merkwaardige vermaning van ’n man wat soveel dinge aan die hand van my vader se generasie verloor het.

Die tweede ook net ’n skuinsblik op die sessie oor die kinders van apartheid tydens vanjaar se Karoofees waar Sonja Loots ’n verwoestende aanval op die vaders loods, veral op die vaders wat sy meen sy in die nuwe taalbeweging bespeur. Die sessie eindig met Andrew Marais se strakke, vaderlike betigting van Sonja.

Albei gebeurtenisse het my weens hulle verrassendheid opgeval: die eerste weens die onverwagse vergewensgesindheid van die ouer skrywer; die tweede weens die onverwagse woede van Sonja (asof ons ons nog in die middel van patriargale apartheid bevind, asof vaders soos Braam de Vries en Breyten Breytenbach wat hulle steun vir die nuwe taalbeweging uitgespreek het oor dieselfde vaderskam as John Vorster of P W Botha geskeer kan word).

Onvermydelik sit die newestelling van hierdie twee gebeurtenisse my aan die dink oor die politiek van generasies in die Afrikanergemeenskap vandag. (Hier verkies ek spesifiek die term “Afrikaner” en nie “Afrikaanse” nie, want die verhale van die generasies in die bruin gemeenskap begin nou maar eers. Ons sal eers moet luister voor ons daaroor afleidings kan maak.) Vir die doeleindes van hierdie essay bepaal ek my by die vaders en die kinders, weens die sentrale rol wat die vaders in die apartheidsera beklee het en weens die nuwe en vreemde posisie waarin hulle hul na apartheid bevind. Hulle posisies tydens en na apartheid was en is bepalend vir die kinders.

Wie oor die politiek van die generasies wil besin, is onvermydelik ook gedwing om oor apartheid en sy nawerking te besin. Die diagnosering en evaluering van apartheid is vir die grootste gedeelte van die afgelope halfeeu deur stemme buite die Afrikanergemeenskap gemaak. Dit is gemaak deur swartmense, liberale Engelse, buitelanders. Maar selde deur Afrikaners self. Een rede hiervoor is dat ons, die Afrikaners, vir lank nie besef het watter skade apartheid aan ons, die vermeende bevoordeeldes, aangerig het nie. Die tekens was daar, maar die “ons en hulle”-indoktrinasie het so goed gewerk dat “ons” ons nooit kon indink hoe skadelik die stelsel veral psigies vir ons was nie. Enigiemand wat kringlope waarin simboliese en sosiale betekenis gevorm word kan afsluit, bevind homself in die magtige posisie dat hy die waarheid na sy beswil kan produseer. Dit is presies waarom grootskaalse weerstand teen apartheid vanuit Afrikanergeledere nooit werklik gematerialiseer het nie. Natuurlik was dit nie die enigste rede vir hierdie gebrek aan massaweerstand nie. Annesu de Vos het juis onlangs op die gerief van die apartheidsbestaan vir Afrikaners gewys, maar ek dink sy onderskat die doeltreffendheid van die waarheidsmanipulasie van die maghebbers van apartheid ten opsigte van die Afrikanergemeenskap.

Hoe dit ook al sy, noudat die geslote kringlope van simboliese en sosiale betekenis met die einde van apartheid weer oop vir die buitekant staan, bevind die Afrikanergemeenskap sigself ook aan die buitekant van apartheid. Ons kan vandag na apartheid soos ’n ou lyf kyk. Ons kan sien hoe die are, die ribbes, die spiere en die ingewande van die oopgevlekte lyf gapend en doods agter ons lÍ. Verwonderd kan ons sien hoeveel van ons genetiese kode steeds met daardie bloeiende lyk ooreenstem. Maar as ons ons hande oor ons lywe streel, kan ons met verdere verwondering sien dat ons lywe ook anders as daardie doodslyf is. Waar is ons nou?

Met die luukse van gedeeltelik nuwe lywe kan ons vandag dŪt oor apartheid konstateer: apartheid het ’n vernietigende effek op die politiek en die denke van die Afrikaner gehad. Nie slegs oor al die vervreemding, rassisme en konkelary wat dit aan ons afgevee het nie, maar ook omdat dit ons sin vir die politieke en die denkende siek gemaak het. Hoe gekluister is ons nie nog steeds aan die doodslyf nie as ons knaend pogings tot nuwe politiek en nuwe denke wil herlei na die geykte interne klassifiserings wat ons tydens apartheid van mekaar gemaak het? Die een is links, daardie een is regs. Die een wil apartheid laat herleef, daardie een is ANC. En so aan tot in doodse, doodse verveling toe.

Waarmee ons in wese hier te kampe het, is die homogeniserende effek van apartheid. Apartheid was die matrys van ons eenselwigheid. Soos ek elders aangedui het, het apartheid neergekom op ’n massiewe sosiale regimentering van die Afrikanergemeenskap waarbinne mans, vrouens en kinders elkeen ’n afgebakende rol gehad het om te speel. (Die woord “rol” is hier besonder tersaaklik, aangesien die politiek en die denke eers daar gedy waar die vrye spel van verwisselbare rolle soos in die teater moontlik is. In daardie sin was apartheid die teater van die dood waar elke akteur slegs die woorde van die marionettemeester mag uiter.) Die groot gevaar vir die oop Afrikanergesprek is vandag om steeds die matrys in ons koppe te laat voortbestaan deur mekaar steeds aan die hand daarvan te klassifiseer.

Aan die ander kant begin die oop gesprek vandag by die volgehoue vraag na verskil. Wat maak dat jy van my verskil? Meer nog: watter faktore het jou gemaak wie jy is? Wat het jou op jou unieke manier gedifferensieer? Apartheid was die groot gemene deler wat dit nie nodig gemaak het om oor mekaar se andersheid te dink nie: ons was tog almal met dieselfde matrys gegiet. Daarom dat Jeanne Goosen se roman so ’n gepaste titel had: Ons is nie almal so nie. Vandag sien ons dit al hoe meer by die verskillende stemme wat aan die gesprek meedoen. Ons leer weer die vergete kennis van ons verskil: dat streek, landskap, taal, geslag, klas en generasie almal faktore is wat my differensieer. Die uitdaging wat demokrasie vandag aan ons stel, is om na al die stemme in my en in jou te luister. Goeie demokrate is goeie skisofrene.

Wat my bring by die probleem van generasie. Geen ander openbare gebeurtenis na apartheid het ons so bewus van hierdie probleem gemaak as die Boetman-debat nie. Trouens, die woord “Boetman” waarmee die debat tussen Chris Louw en Willem de Klerk blitsvinnig in die volksmond aangedui is, dui al klaar daarop dat ons hier met die probleem van generasie, met die politiek van generasies, te doen het.

Generasie is egter ’n problematiese begrip. Hoewel die begrip tradisioneel veronderstel is om op ’n bepaalde ouderdomsgroep te dui, was dit ook nog altyd ’n weerspieŽling van sosiale geskiedenis. Ons hoef nie vandag meer oor die clichť van die snelheid waarmee ons wÍreld verander, verbaas te wees nie. Feit is dat die tydsduur van ’n generasie in die tradisionele wÍreld tot ’n groot mate deur die sikliese vervanging van jonges, middeljariges en oues van mekaar bepaal is. Hoe stabieler die sosiale orde, hoe langer die proses van vervanging. Maar hoe onstabieler en snelveranderender die sosiale orde, hoe korter die tydsduur van ’n generasie, en hoe minder die bruikbaarheid van die begrip generasie om sin van die wÍreld te maak. Om dit nog meer ingewikkeld te maak dra elke generasie ook nog ’n veelheid van stemme in homself, sodat ons baie versigtig moet wees wanneer ons generasie as verstaanswerktuig gebruik.

Tog het die Boetman-debat vir ons die buitelyne van die verskillende generasies in die huidige Afrikanergemeenskap aangedui. In ons geval was die bepalende sosiale verskynsel wat die buitelyne van die generasies bepaal die grensoorlog, daardie oorlog wat ons nou van voor af moet baklei. En eintlik dui die grensoorlog ook net die buitelyne van die middelste generasie aan. Die generasie van die grensoorlog is ’n groep mense wat deur ’n brutale ervaring gemerk is. Diegene wat weens hul ouderdom nie direk deur daardie ervaring gemerk is nie, vorm by verstek deel van die ouer of die jonger generasie. So gesien, is die middelgenerasie vandag iewers tussen 30 en 50 jaar oud, die ouer generasie ouer as 50 en die jonger generasie jonger as 30. Uiteraard is hierdie verdeling problematies en dit nie om die minste rede nie dat beide die ouer en die jonger generasie weer deel van ander sosiale verdelings vorm. Die ouer generasie kan byvoorbeeld verdeel word tussen diegene wat voor en na republiekwording volwassenheid bereik het, net soos die jonger generasie verdeel kan word tussen diegene wat voor en na Mandela se vrylating volwasse geword het of nog gaan word. En so kan daar ongetwyfeld verdere subverdelings in die generasies gemaak word, iets wat ook deur die verskillende reaksies van die middel- en ouer generasies in die Boetman-debat geÔllustreer is. Laat ons egter vir die doeleindes van hierdie essay, in ’n poging om te verstaan wat die implikasie van die politiek van generasie vandag vir die oop gesprek onder Afrikaners is, ons by hierdie benaderde verdeling van die generasies bepaal.

Wat is die politiek tussen die ouer generasie — mense wat in die jare vyftig en sestig volwassenheid bereik het — en die middelgenerasie — mense wat in die jare sewentig tot tagtig volwassenheid bereik het? Hoogs problematies, is die voor die hand liggende antwoord. Die Boetman-debat het dit duidelik gemaak dat die verskillende verhoudings van die ouer en middelgenerasie tot apartheid vandag nog ’n hoŽ lading dra. Die ouer generasie was moontlik die laaste maagdelike generasie Afrikaners, hulle wat na die NP se bewindsoorname van 1948 met sterre in hul oŽ geglo het dat die nuwe smaak van politieke mag na die Boererepublieke en die Anglo-Boereoorlog werklik ’n beter wÍreld teweeg sou bring. Hulle verhouding tot die politiek was een van vertroue. Maar soos apartheid al hoe slegter begin ruik het vanaf die laat jare sestig, soos die internasionale druk op apartheid Suid-Afrika werklik vanaf die vroeŽ jare sewentig begin oplaai het, het ’n nuwe generasie volwassenheid bereik, hulle wat vandag saam met Chris Louw hul pad deur post-apartheid Suid-Afrika moet vind. Terwyl De Klerk se generasie nog entoesiasties kon kies om aan apartheid en die nuwe republiek te bou, het Louw se generasie nie veel van ’n keuse gehad nie: hulle moes dit eenvoudig in stand hou met al die stank van verrotting in hul neuse — die verrotting van Afrikanermoraliteit, maar ook van hul makkers se lyke op die killing fields van “Suidwes” en Angola. Dit was dus, met die gerief van terugblik, onvermydelik dat die middelgenerasie se verhouding tot politiek een van wantroue sou wees. Daarom dat Louw kon verklaar dat sy generasie deur De Klerk se generasie verneuk is, ook en veral tydens die onderhandelingsfase. Want die Suid-Afrika wat deur De Klerk se generasie aan Louw se generasie beloof is, het nie gematerialiseer nie. Weer eens dink ek nie dat Annesu de Vos se “ons het tog geweet” voldoende rekening hou met die vernietigende doeltreffendheid van die waarheidsmanipulasie van apartheid in die Afrikanergemeenskap nie.

Die woede waarmee die debat tussen die ouer en die middelgenerasie gevoer is, is verstaanbaar. Maar wat ewe verstaanbaar is, is die vermoeidheid waarmee dit baie mense gelaat het, mense wat vra dat ons moet aanbeweeg. Aanbeweeg is egter nie so maklik nie. Veral as jou tyd nie meer so baie is nie. Of as jou beste jare teen wil en dank aan die instandhouding van ’n kantelende orde gewy is. Opmerklik in hierdie debat is egter die afwesigheid van die gesprek tussen die jonger generasie — my generasie — en die ouer generasie — De Klerk en my vader se generasie. Wat is dus die politiek van die generasies tussen die jongeres en die oueres vandag?

Om hierdie vraag te beantwoord is dit eers nodig om ’n oomblik stil te staan by die politiek van generasies in ’n meer normale gemeenskap as die een waarin ons ons vandag onvermydelik na die val van ’n abnormale stelsel bevind. ’n Normale gemeenskap, of dit nou tradisioneel of modern is — by eersgenoemde is hierdie proses miskien meer openlik identifiseerbaar — word onder andere gekenmerk deur ’n proses waarvolgens die opkomende generasie altyd die ouer generasie uitdaag. Die ouer generasie, op sy beurt, gaan deur die ritualistiese bewegings waarmee die jonges in hulle uitdaging deeglik geantwoord word. Groot sosioloŽ en antropoloŽ het hulle met hierdie verskynsel besig gehou en dit is nie nodig om hierdie as ’n nuwe insig aan te bied of verder daarop in te gaan nie, behalwe om die punt te maak dat die Afrikanergemeenskap na die val van apartheid juis in hierdie belangrike opsig sy abnormaliteit laat blyk. Wat is die aard van hierdie abnormaliteit?

Eenvoudig gestel, kom dit daarop neer dat weens die onderskeie abnormale posisies van die jong en ou generasies in Afrikaans, hierdie twee generasies in ’n meer produktiewe verhouding kan staan as wat gewoonlik die geval is. Die rede hiervoor bevat twee kante. Enersyds word die ouer generasie Afrikaners vandag onderskei deur ’n gevoel van skaamte (“hoe kon ons ons deur so ’n stelsel laat bluf en mislei het?”) en akute magsverlies. Hoe positief die implikasies van hierdie generasie se magsverlies ook al vir die breŽr Suid-Afrikaanse gemeenskap en demokrasie is, bly die feit dat dit geen grap is om laat in jou lewe deur so ’n proses te gaan nie. Andersyds word die jonger generasie Afrikaners vandag weer deur ’n buitengewone sterk energie gekenmerk wat ongetwyfeld gevoed word deur die besef dat hulle minstens nie soos die middelgenerasie kanonvoer sal hoef te wees nie. Die ouer generasie is eenvoudig nie in die posisie waarin hulle in ’n normale gemeenskap sou gewees het om vanuit ’n meerdere gesagsposisie met die jonger generasie om te gaan nie. My generasie bevind sigself dus in die vreemde posisie dat hulle nie weet wie om uit te daag nie! As die twee generasies dan nie die normale uitdagingsritueel hoef deur te gaan nie, wat betrek hulle dan op mekaar?

Ook hierdie vraag kan heel eenvoudig beantwoord word deur te sÍ dat die ouer generasie oor twee dinge beskik wat my generasie vandag nodig het: die insig wat kom uit ’n leeftyd van misleiding, en die bronne wat oor ’n leeftyd opgebou is. Die oues het nie meer idees of energie nie, hul verhouding met hul natuurlike opvolgers van die middelgenerasie is vertroebel, en die gevolg is dat hulle hulle soveel makliker tot die jonger generasie vir idees en energie kan wend. Die beeld wat hier toepaslik is, is een van ’n grootvader wat nader aan sy kleinseun as aan sy seun staan.

Dit is natuurlik ’n heel idealistiese uiteensetting van die situasie, want om ons is daar nog nie genoeg werklike aanduidings dat hierdie inter-generasionele gesprek op gang kom nie. Van die ouer generasie verg dit ongetwyfeld ’n soort kommunikatiewe ingesteldheid wat vreemd aan hulle is: grootvaders en kleinkinders aanvaar mekaar nie sommerso as gelykes nie. Tog lÍ hierdie boeiende moontlikheid wel op die oomblik oop. Miskien verklaar dit waarom soveel mense van my generasie vandag Karel Schoeman as hulle gunstelingskrywer opgee.

Van die jonger generasie, meen ek, gaan die moontlikhede van hierdie gesprek egter die grootste inspanning verg. Ons sal moet leer om ons natuurlike voortvarendheid en alwetendheid te beteuel. Ons sal met groter simpatie met die oues moet omgaan as wat normaalweg van ons verwag kon word. Ons sal ons vaartbelynde denkmodelle moet begin temper as ons die ouer generasie wil verstaan en by hulle wil baat. In hierdie verband is dit veral noodsaaklik dat ons ons moet bevry van ’n manier van dink wat tydens apartheid ons nog goed kon pas. Die vader het inderdaad geval. Wat vandag in sy plek oor is, is hoogstens ’n bysiende, voetskuifelende ou man, ’n verbasend ontwapenende figuur. As daar vandag nog van noemenswaardige vaders sprake is, is dit eerder die tallose klein vadertjies wat globalisering genereer: bestuurders, selfgemaakte ondernemers, tegnofiele. Hierdie klein vadertjies bedien hulle almal van die vernislagie wat glimlaggende hiper-moderniteit bring, maar is alte gereed om hul nuwe koninkrykies uit te vaardig. Maar vir ons onmiddellike doeleindes is die bysiende ou vader vandag belangriker.

Laat ons hom nie aan feministiese argumente uit ’n verbygegane era onderwerp nie — Afrikaans se feministe laat haar in elk geval klaaglik in die steek deur nog te maak asof ons in die era van braverbranding is. Laat ons ook nie die ou man met patriargale skaduboks bestorm nie. Hy is eenvoudig nie meer die formidabele patriarg wat hy was nie. Natuurlik moet ons, die jonger en die ouer generasie, mekaar teen ou streke beskerm. Nuwe pogings tot patriargie of beterweterigheid moet met die nodige saaklikheid besweer word. Veral die pogings van ou vaders wat nog nie besef hoe ver die ou orde geval het nie, of die pogings van jong skerptonge wat nie weet waardeur die Breytens en Van Zyls op hulle dag moes stry nie.

Sal hierdie twee generasies die moed hÍ om hierdie kortstondige ruimte te benut?

LitNet-leser: Wat dink jy van hierdie bydrae? Twee pryse van R1000 elk word toegeken aan die interessantste reaksies op referate. Stuur jou opinie aan SÍNet by redlitnet@mweb.co.za

Besoek die beraad se virtuele boekuitstallings en ondersteun ons skrywers deur hul boeke via LitNet te bestel.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.