SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die tyd uitgekoop

Dr S E Smuts


Departement Suider-Afrikaanse Tale
Universiteit van Kaapstad

Die baie ryk ureTT Cloete
Die baie ryk ure
Tafelberg
R89,95


’n Tydsgevoel is diep in die meeste mense ingewortel. ’n Mens hoor byna daagliks: Tyd kos geld. Tyd staan nie stil nie. Tyd vlieg.

Hierdie stellings is waar totdat die tyd gaan stilstaan, soos byvoorbeeld wanneer ’n mens ’n boek in die hand neem en deur die gedigte in ’n digbundel meegevoer, weggevoer word: die tyd uitgekoop.

TT Cloete se digbundel Die baie ryk ure gee veral betekenis aan ’n tydsgevoel. Dit is ’n tydsgevoel wat in maat is met die aardse, die aarde se ongestoorde, sikliese voortgange, en die omwentelinge van sterre en hemelliggame.

Dit is ook gedigte wat in pas is met ’n vlinder en ’n voŽl se seisoenale, ritmiese metamorfose — in God se tyd, wil ’n mens byvoeg terwyl jy hierdie gedigte lees. Menslike tyd word ingebed in ewigdurende tyd: “... Die aarde is vol vernuwing, vol dryfkrag/ en het behoefte aan seisoene, dus/ word voortdurend opgeruim, dag en nag ...”. Soos die aarde word die mens “opgeruim”. “... Ons is in liefde afgesonder/ vir die klein kortstondige draal/ in die daaglikse gesamentlike wonder/ van die langsame lieflike asemhaal”, maar ook net totdat diť uur kom om “uiteindelik uitasem te wees” (“Opruim”).

Die baie ryk ure van TT Cloete bring 100 uitgesoekte gedigte uit sy sewe gepubliseerde digbundels byeen. Die digbundeltitel, die afdrukke op die omslag, en die inleidende gedig, “Die ryk ure”, skep ’n interessante heen-en-weer (verhouding). ’n Belangrike leesraam en vertrekpunt word sodoende vir ’n leser geskep.

In die Verantwoording deur die uitgewer word inligting gegee oor die digbundeltitel en die afdrukke op die omslag: Die titel vir die versameling, Die baie ryk ure, en die afdrukke op die omslag van die bundel kom van die beroemde verlugte getyeboek-kalender van die hertog Jan van Berry [1340-1460], Les trŤs riches heures du duc de Berry, met miniature van die broers Limburg. Die twee afdrukke is van die maande Maart en Junie. (Die Rooms-Katolieke getyeboek is ’n gebedeboek waarin die getye opgeteken staan.)

Die twee miniature, afgedruk op die omslag van die Cloete-digbundel, gee in die voorgrond uitbeeldings van twee landskappe, opgedeel in tapytagtige akkers. Arbeiders, mans en vrouens, oes en ploeg en werk in die akkers buite die mure van ’n gedeeltelike vroeg-Gotiese kasteel. ’n Blou-blou hemel oorspan die twee tonele.

“Die ryk ure” is ’n ryk, intense gedig wat ook ’n tydrekening gee en verwys na ’n “ten volle lewe” se “geheimsinnige begin in donkerte” en uitloop in die laaste vier reŽls en slotsom: “eers toe die regverdige nag aanbreek/ was die etmaal amper ’n eeu lank benut// my ten volle lewe was uitgeput/ maar kompleet”.

’n Rooms-Katolieke sfeer word met verskeie woorde opgeroep — ’n mens kan hieruit aflei dat die omgang met die Goddelike, soos vir Katolieke in die vyftiende eeu, ’n hegte verbinding met die aarde en die aardse insluit. Die gees van hierdie inleidende gedig is soos ’n priemende gebed (getye), soos “Gloeiende musiek”:

“Met die dag se lieflike eerste kriek/
in die ooste het ek met ’n luide lauden/
met die voŽls my broers en susters gloeiende musiek/
in ’n heerlike koor gesing en my van die laudanum/
se beneweling met my spontane en van nature/
ingebore geluk weerhou mens kon in die rooi bloedjong ure/
van die dag my priemende priem ver en hoog hoor dryf/
oor die ganse aarde heen tot in die blou horisonne rondom/
en diep bo die wolke tot teen die aanbreek van die helder terts.”

Metamorfose is inherent aan die heelal. Die insig dat die mens ook “grond en gras” is, is dergelik, en ingeskryf in (ons) “geslagregister”:

“Ek is subliem/
— lag maar — lag-lag/
grond en gras, blaar en koolstof, die swaartekrag/
van die aarde en die wind/
dit alles en nog wat is intiem/
in my voorgeboorte verbind.”

Menslike bestaan berus op prosesse wat in plante voorkom. In “Seepbelsondagoggend” word dit besonderlik bevestig:

“Ons fotosinteer met die welige koel blare/
en sit en kyk aangegryp hoe die buurvrou/
oorkant met die jong glansende hare/
haar lieflike sagte kind innig vashou/
in haar liefderyke kort vrugbare jare.”

Die gedigte in Cloete se digbundel funksioneer soos die dele van ’n getyeboek/kalender, maar maak ’n leser ook eksplisiet bewus van ’n groter almanak, ander, groter omvattende omgange (“Fyn vrugbare essensie”):
“Ek lÍ op my rug/
in die nag en kyk stadig/
tťťn die rasende stralende reis van lig/
Ūn miljoene jare in die oerverlede terug//

na waar die spiraal van die nautilus/
en van die alikruikel, die pou/
se stert en die rolvarkie toegevou/
in sy eie sirkel galakties nagedoen is.”

Die gedigte registreer ’n groter tydsgeheel en ritmes en dit gee ’n optekening van “vrugbare jare” en (baie) ryk ure — dit laat ook die delikate moment en enkele uur van ’n brose “Seepbelsondagoggend” stol:

“... Daar kom ’n moment delikaat/
en sů heel dat ’n enkele uur die waarde/
van ’n ganse bestaan het, met ’n oordaad/
so gelade, so volmaak, dat die mees bedaarde/
lispel dit rinkelend gaan stukkend praat.”

Die mens se skeppings is in die teken van ’n Skepping en ander Verbeelding, ’n primÍre Oorsprong/oorspronklikheid wat ontstaan het “uit ’n ligte poŽtiese bries/ — niť diť van die verbeelding nie, maar die egte —”. En dit, ook soos dit neerslag vind in menslike skeppings — dit alles is goed soos dit refreinagtig beklemtoon word in die gedig “En dit was goed”. Aan die einde van ’n “ten volle lewe” (“Die ryk ure”) teen die agtergrond van oudword, bevestig die spreker: “Ek leef volledig tinktinkie”:

“Ek word essensieel. Ek kan dit sien/ aan my voorkeure: eers was dit 100, toe 50, nou 10.// My vreugdes word dendrietdun en kelkieklein/ ’n dit, ’n dat, ’n glasie wyn ....”. Dit is ’n vermindering en sobering wat uiteindelik ’n vermeerdering is, soos ook blyk uit die die slot van “Opruim”:

“Uiteindelik is die jolyt/
uitgeput. Die tyd/
syg af na die noodsaaklike/
en sobere, bevry van die vermaaklike/
en feestelike. Die bestaan spiraal/
stadig terug na die normale/
gelukkige/
bedrywige/
onbeduidende//
gewone/
wonder van spek en bone.”

Die baie ryk ure se 101 uitgesoekte gedigte is ’n belangrike opruiming en vermindering. Besware teen vorige digbundels word deur die hierdie versameling gedigte tersyde gestel — “blote verstandswerk”; taal wat neig tot die “selfbewuste”, “verliterÍrde”; die taal oorlade en retories — is kritiek wat nie waar is van die meeste gedigte in die digbundel nie.

Wanneer Cloete se gedigte met die taal in verhouding tree as ’n korpus en ’n “lyf” soos dit uitgespel word in “In-skryf”; “In in die taal se meegewende lyf/ word deur die digter diep gevoelig ingegryf//”, vind ’n eiesoortige penetrasie plaas en word ’n buitengewone ervaring in en deur taal gegee.

Gedigte wat die leser “... terugvoer/ na die krul en geboortereuk van Gaia se moer” vir “... ’n volmaakte primitiewe/ baar en braak perspektief/” (“Gaia”), skep ’n buitengewone klimaks in die Cloete-teks en in die Afrikaanse poŽsie. Die baie ryk ure bied ’n samekoms van gedigte wat dit ten beste illustreer.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.