SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Skrywersberaad-argief

Skrywersberaad




  Petra Mller
is gebore op Botrivier aan die begin van die Overbergstreek. Sy het afgestudeer aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy was onder meer joernalis en redaksielid by Tafelberg-Uitgewers. Sy is bekend vir haar posie en kortverhale. Haar mees onlangse kortverhaalbundel is In die omtes van die hart.

Wat wild is, en wat mak

Die dorp het ’n sterk samehorigheid gehad destyds. Dit was die tuiste van ’n trop mense. So ’n trop baken sy gebied af met rituele, reuke, vermoedens en aggressie. Het ons geweet dat ons ’n trop was? Nee. Ons woon dan in die middel van die stralende graanlande; daar is perfekte wintersdae wanneer jy die koring kan hr groei. En in die stukke renosterbosveld, waar dit onbewerkbaar skuins is, vlam die aalwyn rooi, asof aangeplant vir ons genot.
     Die trop ruik altyd lekker vir homself. Hy ken sy grense en sy leiers.

Maar daar is altyd ’n dier met ’n ander gedagte, en ’n nuwe vermoede. Hy tjank nie met die ander saam as volmaan skadu’s oor die landskap gooi nie. Hy versteur die bekende orde. Hy wil vir homself ervaar — ’n ontsaglike afwyking.
     Gogga Human was verseker die lelikste man in ons distrik. Hy was grof, om mee te begin, met ’n growwe gesig en ’n harde ontploffing van ’n lag, en ’n maer latlyf, vorentoe geknak van haastigheid. Hy het die vermo gehad om dwarsdeur ’n mens of ’n ding te sien, en wat hy daar gesien het, was vir hom meestal ’n radelose vermaak. Geheime het na hom toe aangestap gekom, stories, skaamtes, bankrotskap, twis, verlief, moles, onnooslikhede; die ganse malle menslikheid — hy het dit nie loop soek nie, dit het op hom afgekom.
     Vinnig — hy was vinnig. En dan die gelag!
     Van beroep was hy ’n mechanic, ’n gheraatsman, ’n regmaker van karre en landboumasjienerie, en ’n ontwerper daarvan. Hy ken die laaste werf.
     En vloek! By hom was vloek ’n kunsvorm. As ’n kar nie wil regkom in sy garage nie, staan hy tru en s vir sy handlangers: “Anneries en Brend, kom ons bid vir hierdie kar.” Dan is die kar reggevloek van ’n kant af, baie effektief.
     By hom kan jy ook die nuutste grap hoor, aangepas vir elke toehoorder. Want die mense kom daar aan om te kom luister. “Hier by my in die gheraats,” s Gogga Human, “is niks veilig nie.”
     Sy stories was almal waar.
     Ek weet ook nie waarom ek die ou verhale vertel nie. So ’n ou storie is gevaarlik. Dis soos ’n tak, dit slaan terug.
     En dit was daardie sleg jare. Ek s dit so, en dit was ook so, dit het gebeur soos ek hier s.
     Dit gebeur toe in ons dorp dat die taximan, wat wit was, uitgevang word waar hy by die bruin meisie in die kooi l. ’n Mens moet dit verstaan dat die trein van die Kaap in die middel van die koue nag op ons dorp aangekom het. Die taximan was alleen en koud op die perron, hy het in die lang voornag gaan inkruip by die meisie net oorkant die spoorlyn.
     Daar het twee hofsake gevolg: een vir die witte, een vir die bruine. Die witte kry vir hom ’n slim wetsman van die Kaap en hy kom los op ’n tegniese punt. Die bruine kry ses maande in die tronk.
     Gogga Human is nie ’n kerkganger nie. Maar di Sondag trek hy sy goeie donker pak aan. “Gogga, gaan jy nou kerk toe?” vra sy vrou hom.
     “Ja,” s hy.
     Hy wag ons magistraat in toe di uit die kerk kom. “Magistraat,” s hy, “kan ons ’n koppie tee gaan drink by die Griek se kafee?”
     “Ja, seker,” s die magistraat.
     Oor die tee vra Gogga hom: “Magistraat is dit waar dat die taximan vandeesweek losgekom het, en die meisiemens sit in die tronk? Mag ek met jou oor so ’n wetsaak praat?”
     “Ja, seker,” s die magistraat, “die wet is mos ’n openbare saak. En ja, dit is soos jy s.”
     “Maar, magistraat,” s Gogga, “s my dan waar is die spook wat die meisie genaai het?”

Liedere van land en see
Nou te koop
’n Regvaardige man is ’n verskriklike ding, en sy regvaardige daad ook — dit wil nie end kry nie. Dit skiet rond soos vonke, en maak brand. Waar daar ’n wet gemaak word, kry jy die soort brand, of vir of teen. Begin maar net oor regvaardigheid nadink, kyk waar kom jy uit.
     Daar is, byvoorbeeld, die ou magistraat in J M Coetzee se Waiting for the Barbarians. By hom, by die buitewyke van sy empire, het tw martelaars aangekom. Hulle is daar om die orde te herstel, enigsins versteur deur moontlike onrustigheid van die barbare daarbuite.
     Wat het hulle daar aangevang, in die buitegebou van die magistrature, van waar skreeue gehoor is? Die ou magistraat het nie geweet nie, en hy wou ook nie weet nie. Maar diep in die nag het hy die lantern gevat en lp kk. Daar het hy toe die gemartelde ou man en die stukkende kind gekry, die barbarekind. En daarvandaan het die ou magistraat toe die pad van regverdigheid geloop, tot by sy eie vernietiging. Hy wou nie, maar hy moes.
     (Ek sien nou eers dat daar ’n verontrustende eggo van die Christuskind-storie in die verhaal is. Dis die gewone goed wat blind maak.)

Andr Hugo is ’n klassikus, ’n professor in die klassieke. Na die gees is hy ’n Romein. Sy boekgeleerdheid het hom nie kwaad gedoen nie. Hy het sy lewenswysheid behou. In sy gesig kan jy die patroon van die ou Romeinse deugde van eenvoud, eerlikheid en waardigheid aflees. Hy is ’n goeie man, ’n goeie sterwende man soos hy hier by ons onderdeur staan. Hy het ’n siekte onder lede wat hom oor ’n paar jaar sal wegvat oorkant toe. (As ’n mens stories oor die verlede vertel, het jy altyd daarmee te doen dat iemand staan en sterf terwyl jy vertel. Waar die dood bystaan, word alles meteens baie helder, dis die een voordeel daarvan.)
     Hier staan Andr en sy vrou by ons onderdeur. Sy siel brand soos ’n kool vuur: hy het vanaand voor ons groepie in ons huis vir ons vertel van die saamleef van mense soos hy dit geken het in sy jeug, mense wat wit was en bruin. Dit was ’n soort ode op ordentlikheid.
     Nou is dit donkernag en hy en Hanneke moet lankal die terugpad gevat het Stellenbosch toe, waar hulle woon.
     Maar ons vier staan en hang nog oor die onderdeur — hulle aan die buite-, ons aan die binnekant.
     “’n Mens moet die onreg uitwys,” s Andr, “en jy moet nie moeg word daarvan om dit uit te wys nie.”

’n Mens kan dalk dink jy moet ver soek vir ’n regverdige. Maar dit is nie so nie. Hy is reg langs jou te vinde, hoewel gewoonlik ver van die magshebber af, en sy stem is van die klein, stil soort. So een kom onverwags.
     Ek het van die plaas en dorp af stad toe gekom om by ’n Afrikaanse koerant te kom werk, en ek het gehoop om uitkoms te kry vir die dilemma in my gemoed. Daar was denkers by daardie koerant, slim Afrikanerdenkers, mense wat die Jesuete met ’n argument sou kon uitoorl.
     Hulle het almal aan die bestel geglo. En later het ek vir myself ges: is ek dan die enigste mal mens hier, wat makeer m?
     Hoe wonderlik is die wreld! Op ’n dag roep die nuusredakteur my, en s: “Jy, Mller, is mos ’n dwarstrekker. Loop gaan doen nou ’n onderhoud met ’n ander ou dwarstrekker. Hy word vandag sewentig. Hy was vroer tyd een van die baanbrekers van Afrikanerkultuur in die Kaap. Maar hy het toe begin dwarstrek, en hy is uitgestoot en het vergeet geraak. Maar ons moet tog nie vergeet nie: hy was op sy tyd een van die eerstes. Gaan gesels met hom.”
     Ek kry advokaat Jacques Roux in ’n voorkamer in Tamboerskloof. Die ou man het moe o. Daar hang ’n gees van afsondering om hom. Nadat ek die onderhoud afgehandel het, gesels ons versigtig verder. Ons gesels politiek. Ons gesels oor die Ho Hof van die Parlement, wat tans besig is om die stem van die Bruinmense van die grondwet te verwyder.
     “Onregverdige magsuitoefening,” s die advokaat, “kan moontlik op ’n biologiese basis verdedig word. ’n Entiteit wat mag het, bestaan by magte van sy mag, en wil bly voortbestaan. Dis selfbehoud. Maar dit bly net ’n tyd lank bestaan, dan val dit uitmekaar. Dit vreet homself op.”
     Ons sit en kyk na mekaar in die skemer voorvertrek. Hy is ’n taai, skraal mens, en sonder illusies. (Jare hierna, sal ons ander om etenstafels oor hom bly gesels, maar hier sit hy nou, op hierdie oomblik, alleen.)
     Hy s: “Maar dit het alles natuurlik met Christelikheid niks te doen nie. En die skade, die skade wat nie weer ongedaan gemaak kan word nie.”

My tant Hester, my pa se jonger suster, is ’n streng mens. Sy het skerp blou o, nog skerper as my pa s’n. Daar is besonder mooi vroue aan hierdie kant van die familie, maar sy is nie een van hulle nie. Tog was sy haar lewe lank ’n sierlike mens en baie regop, een van die rgpps. Eers was sy ’n verpleegsuster, daarna ’n boervrou op ’n plaas in die Klein-Karoo. Sy staan bekend as Suster Bruwer, die weduwee van oom Jan Bruwer van Seekoegat.
     Ek is skrikkerig vir haar.
     Sy kyk ook nie na my hier waar ons haar aan die einde van haar lewe gaan besoek om afskeid te neem nie. Sy sit regop in haar bed in die skoon, wit kamer van die ouetehuis, die kamer wat soos ’n nonnesel lyk. Die kamertjie is gestroop, soos sy: sy is bleek en grys. Haar hart hang aan ’n draadjie, ons weet dit almal.
     Sy verstaan waarom ons hier is. Ons praat nou laaste woorde.
     Sy praat nie hierdie laaste woord met my nie. Sy is ’n vrou van die patriargie, en ek is dit nie meer nie. Ek het te veel te s. Sy kyk na my oudste broer en praat met hom: hy is die hoof van ons gesin noudat my pa dood is. Sy kyk na hom en s:
     “Maar daar is een ding wat my nog hinder. Die swartmense, wat ons met hulle gedoen het. Ons het nie reg gemaak met hulle nie. Ons het nie volgens Gods Woord met hulle gehandel nie.”
     Agter haar, op die rakkie, is net twee boeke: die Bybel en ’n gesangeboek. Dit is alles skoongemaak vir haar vertrek, en sekerlik op haar bevel ook.
     Haar helder o kyk ons aan, en ons vind niks om vir haar te s nie.

Daar is iets wat in hierdie Mllers leef — ’n rasende, amper redelose liefde vir die grond wat ook die land is, vir die land wat ook die grond is. So ’n liefde kweek onafhanklikheid van gees. Ons pa het dit gehad en dit vir sy kinders aangegee; hy het dit van sy ma gekry. Sy ma, Kate Smalberger, was ’n patriot tussen Engelsgesindes destyds daar op die plaas naby die Gouritsrivier. Haar man, haar eie familie was “rooi” — maar nie sy nie.
     Hoe het sy geweet dat die klein kommando Boere onder Jan Theron in aantog was? Dit bly ’n geheim, niemand weet nie. Maar sy was voorberei. Op ’n oggend het sy my pa, toe ’n klein seuntjie, op die perd gelaai en met hom tot by die Uitkyk gery. “Wat sien jy aankom?” vra sy hom. (Hy was haar geliefkoosde kind.) “Ek sien ’n klomp man te perd, soos mieretjies,” s hy. “Dis die Boere, Herman,” s sy vir hom, “onthou dit,” en draai die perd om en ry huis toe.
     Waar die Boere later die dag aangedoen het, en proviand gevind het.
     Hiervoor is sy verhoor en opgesluit, en dit het haar min geskeel.
     Met die val van die volstruis, later, het die familie hul plase verloor en kaal uitgestap. My pa, ’n knap ruiter, is berede polisie toe. En tydens die Groot Strike, in Johannesburg, is my pa met sy perd opgeroep om diens te doen. Dr het hy van Brixton se hoogte af moes skiet op die kinders van daardie einste Boere wat op sy ouerplaas gevoed is.
     Toe hy terugkom van Johannesburg, terug na sy plekke in die Suid-Kaap, het hy ges: “Ek skiet nooit weer op ’n mens nie, in niemand se oorlog nie.”
     In die Tweede Wreldoorlog het hierdie weiering hom alle bevordering gekos.
     Hy kon, as daar van “Engeland” gepraat word, effens eenkant toe draai, nes sy ma. Duitsland, natuurlik, was ’n ander saak.
     Toe hy later weer ’n plaas besit het, was dit vanselfsprekend vir hom die middelpunt van die aarde.
     Toe ek elf is, verdien ek my eerste skryfgeld vir ’n storietjie: twee volle halfkrone. My pa weier om die tjek vir my te wissel, en stuur my op my eie uit in die bankgebou. Toe ons later uitry plaas toe, vra ek hom: “Pa, waarin moet ’n mens jou geld bel?”
     “In die grond,” s hy.
     “Maar waarom die grond?”
     “Die grond loop nie weg nie.”
     Ek het nie sy raad toe gevolg nie; ek het scent gekoop. Maar ek het onthou, van grond wat nie wegloop nie. Ek het dit later nog beter onthou.

My skoonpa, Friedrich Wilhelm Grtter, het grootgeword in die Berlyn van die Eerste Wreldoorlog, nes sy vrou, Antoinette, ’n half-Jodin. Honger in ’n grootstad leer ’n mens baie van die lewe, en vinnig ook.
     Honger? Ja, natuurlik, honger.
     Toe ek hierdie mense leer ken, raak ek aan hul ontberings verknog soos aan hulleself. Saans, as die babas slaap, hang ek aan hul lippe en hul tale: Grieks, Latyn, Frans, Russies, Hebreeus, aan die rokerige geur van hulle stede, en aan hul persone: hy so groot en gul en blond, en sy so klein en donkerogig en intens. Hul deurdringende geleerdheid.
     Die wreld blaai voor my oop: ’n ander wreld, die wreld van ontworteldheid en swerwe.
     Hulle het hulle vaste bodem in hul Godsbesef, maar dit is nie iets wat aan ’n bodem gebonde is nie. Hulle dra dit met hulle saam, van Berlyn tot hier bo in die sendingstasie in die verre noorde van hierdie land. Hier staan die sendinghuis met sy wye stoepe en sy boekgevulde kamers ook vol verhale, vol Bach en Goethe, vol oggendgesang en aandgebede, vol wit wyn en sigare en baie sterk, donker koffie. En veral vol Duitsland.
     Tussen my en Skoonpa is daar van die begin af ’n groot liefde. (’n Klomp jare in die tyd af sal ek en sy dogter sy hande vashou terwyl hy sterf, en voel hoe vinnig die lewende warmte uit ’n liggaam wegloop. Maar ons praat nie nou daarvan nie.)
     My skoonpa was eens op ’n tyd ’n Nazi, ’n lid van die party. Maar hoe?
     “Dit was nasionalisme. Ons was honger. ’n Mens probeer jou mense met nasionalisme help. Net soos jou pa, soos jy vertel.”
     “En wanneer het Pa padgegee uit die party?”
     “Toe die belhamels oorgeneem het, die rampokkers. In 1933, toe hulle die parlementsgebou verbrand het. Toe het ek ook geweet hulle gaan die Jode doodmaak. Toe het ons ook uit die land padgegee. Toe was die ideaal verby.”
     My skoonpa is ’n lewensgenieter. Hy wuif die geure van die pragtige kos wat sy vrou op tafel sit nader aan sy neus met sy hand. Willst du an dieser Knospe riechen, roep hy uit. Ruik tog aan hierdie blomknop!
     Hy het ’n groot kop met ’n dubbele verstand. Sy o is intens blou, en hy maak hulle wyd oop terwyl ons ons gesprekke voer.
     “Let op,” s my skoonpa, “waar die rampokkers loop. Vlak agter die idealiste. Hulle krag is die verworde ideaal.”
     Saans, by die groot ou yskas in die donker kombuis — want die Lister-enjin is reeds afgeskakel — soek ek met die flits na die baba se tien-uur-bottel. (Ons is hier om te laat doop.) En hier kom my skoonpa agter sy flits aangestap om sy waterdors te kom les. Hy het suikersiekte, maar ons weet dit nog nie.
     Hier gesels ons. Oor godsdiens, in die donker. Ek het geloofsprobleme. Ek kan nie meer kerk toe gaan nie, ek doen sonde daar. En nou moet die kind ook daar gedoop word.
     “Wat kan jy aanvaar van die Bybel?” vra hy.
     “Die Bergpredikasie,” s ek, “alles daarvan.”
     “Nou wat wil jy meer h as die Bergpredikasie?” vra my skoonpa. “Wat goed genoeg was vir Christus, is tog sekerlik goed genoeg vir jou. Hou by die bergplek. Let op: as die mense eers ’n dak oor ’n geloof neersit, begin dit meestal sterwe.”

Nou begin ek ook reis. Ek gaan soek al daardie Duitse skoonfamilies op. Ek is die eerste een van my familie wat op reis gaan. As ek terugkom, moet ek op die plaas verslag doen. “Nou, Petera,” vra my pa, “hoe was dit in Duitsland, in Frankryk, in Itali?” (Al wat hy eintlik wil weet, is: hoe lyk die grond daar, en wat is die gesaaides.)
     Op ’n dag s ek vir hom: “Pa, ek het die mooiste bewerkte landerye in die Skotse Laaglande gesien.”
     My pa staan vererg op. “Ag, jy lieg,” s hy.

Saans laat, om die lamplig, gesels ek en my ma. My ma, die stille, is die een wat alles in haar hart oordink. Dan hou sy op met brei, rol die wol ’n entjie af, en vra jou die n vraag. Of s jou die n ding.
     “Sus,” s my ma, “is dit waar dat die Duitsers die Jode verbrand het?”
     “Ja, Ma,” s ek. “Dit is waar. Die rook het uit ho skoorstene getrek.”
     My ma sit lank na my en kyk. En dit is seker nou dat daar ’n kooltjie uit die vuur in die swartstoof afval. Daar val altyd ’n kooltjie uit die vuur af.
     “Maar het hulle dan gedink hulle is God?” vra sy.

Verhale neem my verder. In daardie tyd word ek verhaleredaktrise by ’n Afrikaanse vrouetydskrif. ’n Groot gedeelte van die verhale wat inkom, is onbeholpe werk van mense wat nie uit kundigheid nie, maar uit ’n suiwer drang om te skryf gaan sit en skryf het — dikwels in eie handskrif. ’n Merkwaardige ding kom uit die verhale na vore: die oorgrote meerderheid van hulle het te doen met verlatenheid, met vaderloosheid, moederloosheid of huisloosheid. Of dit kortverhale is of vervolgverhale, maak nie saak nie: daar is ’n moeder wat ’n verlore kind soek, of ’n kind wat ’n verlore vader soek, of ’n vaderhuis wat gesoek word, gesoek word, gesoek word.
     Die stories is versonke in droefnis, dis asof hulle onderwaters bestaan. Hulle beweeg sonder vrede van hart tot hart. Hulle kla soos die ooswind. Daar is in hulle geen rus nie, en daar is geen einde aan hul rusteloosheid nie. Dit wat hulle soek, dit vind hulle nie.
     Op ’n dag bespreek ek dit met Andr Hugo. “Wat kan dit wees?” vra ek hom. “Ons Afrikaners is tog buitengewoon huis- en gesinsvas.”
     “Maar di tema van verlatenheid kom van die oudste tye af aan,” s hy. “Dit is die tema van die vroegste Griekse drama. Dit hang saam met die tema van verwerping, met die vrees dat jy op die berghang gelaat sal word om te sterwe, deur jou ma of jou pa. Kyk maar na Oedipus Rex.”
     “Ek het nog nooit gehoor van ’n Afrikaanse mens wat ’n kind op ’n berghang laat l het nie,” s ek vir hom. “Ons vrees die wildernis te veel.”
     Ons gesels oor wat wild is, en mak. Ons gesels daaroor dat mense in Europa van die ystyd af in gemeenskappe gewoon het, saam-saam. En dat witmense in koloniale omstandighede alleen moes uittrek, en alleen moes staanplek maak. En dat daar drie basiese tekste was in daardie staning teen die donker: die Bybel, die geweer en die gesin.
     “Maar ek wonder,” s Andr, “of hierdie huisloosheid waarvan jy praat nie die afstand tussen ons en God is nie. Dit is wat ek dink: die huis wat gesoek word, is die baie wonings van ons Vader.”
     Maar sy antwoord bevredig my nie. Ek kan ook nie saampraat met hom as dit by sy God kom nie. Ek is sonder skuldbesef gebore en leef so voort; ek ken nie die radikale afstand tussen Skepper en skepping nie. Ek het baie wonings hierbenede. Soms dink ek ek is ’n heidin in die heide, veral daardie lappe wit en ligpienk, heuninggeurige kjer-kjer-heide wat jy teen die hange van die Langeberge kry.

Die plaas se naam is Eenzaamheid, en dit l gestrek oor die heuwels reg onder daardie berge. Daar is niks op die plaas wat nie deur die berge gevoed word nie. ’n Rivier uit die dieptes van die bergklowe het in die voortyd hier ’n poort tussen die voetheuwels gemaak en swart grond neergel; op di fyngrond is die ou dikmuurplaashuis lank gelede aangel, en rondomheen die boorde en gesaaides.
     Dit moes altyd ’n half-afgesonderde woning gewees het, so ingedruk onder die berg. Tog was die boermense hier nie die eerste bewoners nie; my oudste seuntjie vind op ’n dag hier die eerste klipwerktuig uit die Steentydperk wat in ons distrik aangeteken word.
     En op die nou punt van die vallei, vlak by die poort, het die ou Kaapse wagenweg deurgekom, juis daar by die plek onder die groot akkerboom wat ons as Tooisdrif ken. Daar het die osse water gedrink, daar was die staning. En daarvandaan teen die klipperige rant uit het hulle weer met die waens op die lang tog vertrek.

Namiddae stap ek van die huis in die laagte af weg met die paadjie tussen die koring, en dan begin ek klim teen die kliprif wat hom uit die groenigheid lig. Hier is jy dadelik in die fynveld — ’n lae fynbos vol beskeie heidetjies en grondprotea. Dis klipperig. Daar loop nog ’n ou gebroke skawagtersklipmuur oor die voorste rif se platte na die verder heuwels aan. Tussen die klippe staan die rankerige blou weeskindertjies dik. Dis die diepste stukkie blomblou wat jy op die veld sal kry; blou is mos nie eintlik ’n kleur van ons veld nie.
     En waarom hierdie blommetjies nou eintlik weeskindertjies genoem moet word, weet ek nie. Hulle staan kiertsregop en dikgepak; juffrou Anna Rothmann het eendag vir my noukeurig uitgel dat hulle eintlik sleuteltjieblom genoem moet word.
     En dis waar, hulle lyk soos sleutelgaatjies.
     Hier is nog wit kalossies in die veld oor, en helderrooi soldaatheide, en so ’n stomperige vuilpienk heide sonder naam. Wit kammetjies kry jy op die ruik af tussen kleiner klippe. Hier en daar staan die hooggespriete bruin afrikaners en wag dat dit moet aand word om die veld vol te geur.
     As die son hulle vang in die dag, veral die skuins son, lyk hulle soos iets wat met vlerke wil begin te opvaar.
     Daar is baie geelbos en kjer-kjer. ’n Mens ploeg daardeur.
     Ek het my plekke in die veld. Hier sit ek en bedink my dinge, en praat hardop met myself. Dis ho berge, di, en hulle is pers. Veldvrede en berggeweld is my begin en my einde. (Later jare sal ek op ander plekke op aarde hoor hoe mense hulle uitsigte besing, en vir myself s: ag, wat weet julle tog.)
     Ek loop ver tot teen Grootkop; eintlik loop ek tot ek onder myself uitgeloop het. Daar kom so ’n oomblik in die veld, wanneer die aparte jy ophou om te bestaan. Jy kom dit ook nie agter terwyl dit gebeur nie. Dis eers agterna dat jy dit gewaar, as daardie plaas reeds verkoop is en jy nooit meer in daardie veld loop nie. Dit wat jy toe was, het daar agtergebly.

Daar is ’n rits plat waterkuile onder die grootkop; kleinerige kuile wat jy nie kan sien as jy nie van hulle weet nie. En daar’s altyd water, in die laatwinter ook waterblomme — nie baie van hulle nie, maar enorm groot, soos bootjies. Met net ’n klompie van hulle het jy al ’n aandkos.
     Ek gaan nie verder as die kuile nie, dis al ver genoeg. Ek draai daar om, terug na die ver en onsigbare huis in die laagte.
     Soms, onverwags, kry ek my pa te perd in die veld.
     Die weiding hier is suur, jy kan nie baie skape aanhou nie. Pa kom namiddag met die skaaphondjies en dis hlle wat my in die verte gewaar en bly staan om te kyk. Toe ek ’n kind in die veld was, het my pa nie aangekom by my nie. Maar noudat ek ’n grootmens is, doen hy dit tog. Hy trek die perd na my kant om, en kom stadig aan.
     “Pluk vir jou ’n bietjie van die jong waterblomme ook,” s Pa. “Die ou groot vettes het meer kos, maar hulle is nie so lekker nie.”
     Dis baie selde dat ek so alleen met Pa gesels. Op die werf rond is daar altyd ander mense. Die man is ’n sonderling, ’n unieke wese, die absolute middelpunt van hierdie landskap, nou soos altyd. Tot ons doodgaan, sal ons van hom praat: sy volslae onpeilbaarheid, sy sjarme, sy skerpte.
     Hy was ons altyd in alles vooruit — ’n bliksem van ’n man. Hy is die onvervalste vuur van lewe.
     Hy vra my na my ware welstand. Na die landspolitiek. Ons gesels oor skaaphonde en lammers: hy wys my hoedat ’n skaaphond nooit ’n ooi met ’n pasgebore lam sal aankeer nie. Dis die een bevel wat hy nie gehoorsaam nie. Hy gaan l met sy kop op sy swart pootjies en word bedroef.
     “’n Skaaphond het die siel van ’n engel,” s my pa. “Die fout l by ons mense.”
     Hy draai die perd om om te gaan. “Moet nou nie te lank hier in die veld bly dwaal nie,” s hy. “Mamma wag seker al by die huis, en die son is nou weg, dan’s dit koud.”
     Ook die perd is haastig huis toe. Gou-gou is hulle klein, en weg.
     Ook ek dwaal nie meer lank nie. Toe ek omdraai in die rigting van die huis, kry ek die aandlug teen my gesig. Die son is weg, dis koel, die aandblomme is op. Ek stap vinnig, in die rigting van die huis wat ek nie kan sien nie, maar waarvan ek altyd weet, met my ma in die kombuis, waar die aandvuur lankal brand.

LitNet-leser: Wat dink jy van hierdie bydrae? Twee pryse van R1000 elk word toegeken aan die interessantste reaksies op referate. Stuur jou opinie aan SNet by redlitnet@mweb.co.za

Besoek die beraad se virtuele boekuitstallings en ondersteun ons skrywers deur hul boeke via LitNet te bestel.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.