SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Engelevlerke of medaljes maak nie van jou ’n skrywer nie, dr Boesak

George Weideman

Noudat my naam ook ter sprake gebring is in die debat oor dr Boesak se optrede by die ASV-jaarvergadering op 14 September 2001, kan ek nie anders as om toe te tree nie.

Al die prysenswaardige maar oorbekende dinge wat dr Boesak in sy openingsrede ges het, bv aangaande die Afrikaanse skrywer se rol betreffende versoening en die Afrika-renaissance — dinge wat oa deur Andr P Brink klrges is! — word in elk geval tot niet gemaak deur sensasionele reaksies, waaronder sy eie. (Terloops: dr Boesak — die teoloog — se preek oor berou as voorwaarde vir versoening is tog seker nt so op hom van toepassing, nie waar nie? En predik hy nie ’n yslike stuk rassisme wanneer hy die wit skrywer aanvat nie? Sy woordkeuse — amper verheerlikend aangehaal deur Heindrich Wyngaardt in Die Burger — grens aan haatspraak.)

Om hom te genooi het om die Afrikaanse skrywer oor skrywersake toe te spreek, was kennelik ’n oordeelsfout, soos Joan Hambidge ges het. En soos verskeie beswaarmakers dan ook aangedui het: Dit gaan nie oor kleur nie; dit gaan nie oor die aanvaarbaarheid al dan nie van ’n persoon wat ’n ho profiel in die struggle-jare gehad het nie (as bevrydingsteoloog, as denker). Dit gaan wel oor iemand wat die armstes onder die armes te na gekom het. Mense — Boesak-dissipels — wat dit nie glo nie, (her)ken ng die werklike omstandighede ng die effek van massa-hipnose. Suid-Afrikaanse skrywers ken di soort dissipelskap gd: dit het onder die Nasionaliste ook voorgekom!

Persoonlik voel ek oor di Boesak dieselfde as wat ek sou voel oor Eugne Terreblanche of (sou hulle as skrywers ontpop) Eugne de Kock, Hansie Cronj of Abe Williams.

Die debat rondom die uitnodiging aan dr Boesak — let wel: nie oor sy toespraak nie — is nie net deur sy eie openingswoorde of di van die voorsitter gesensasionaliseer nie, dit bring ook ongevraagde polarisering mee.

Want n ding moet ons hier goed verstaan: met ras het skrywersbesware niks te make nie. Dit het inderdaad met nederigheid en met skulderkenning te make — iets waarvoor dr Boesak blykbaar nie kans sien nie.

Dit het verder wel veel met kennis van skryf en die Afrikaanse letterkunde te make. ’n Mens verwag immers van ’n spreker van dr Boesak se kaliber — en ook van die Boesak-apologete en -akoliete — kennis van die (Suid-) Afrikaanse letterkunde tydens die apartheidsjare.

S sleg ken dr Boesak en sy aanhangers skynbaar die Afrikaanse letterkunde dat hulle nrens erkenning gee aan Afrikaanse skrywers wat deur hul werk konstant dokumente tn apartheid opgestel het nie: Andr P Brink, Elsa Joubert, John Miles, Jan Rabie, Abraham H de Vries — noem maar op 

S sleg ken hulle die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde van die afgelope vier dekades dat hulle nrens gewag maak van die talle openbare uitsprake van skrywers soos Brink, Joubert, Miles en andere nie; uitsprake wat seer sekerlik gehelp het om die klimaat vir politieke verandering te skep.

S sleg ken hulle skynbaar die bre Suid-Afrikaanse letterkunde dat hulle nie agterkom dat diegene wat “bloedgeld” uit apartheid verdien het, dan tog seker bekroondes soos Brink (as vertaalde, internasionale skrywer), Gordimer en JM Coetzee moet insluit nie. (Of bestaan die illusie nog dat skryf ’n gans met goue eiers is ?)

Gaan dit uiteindelik tog maar steeds oor die eensydige en rassistiese koppeling van “Superafrikaners” (Afrikaners wat apartheid gepropageer het) met Afrikaanse skrywers? Want dan steek ’n ng leliker tehanger sy kop hier uit: superskrywers. Wie kwalifiseer? Hulle wat in die voorste linie teen apartheid geloop en skreeu het? Maar nie almal het hul verset aan die groot klok gehang nie!

Hulle wat goed kan skryf, is skrywers. Nie superskrywers nie. Engelevlerke of medaljes maak nie van jou ’n skrywer nie.

Wat dr Boesak en sy aanhangers blykbaar ook nie weet (of wil erken nie), is dat baie Afrikaanse skrywers al sedert die sewentigerjare intensief betrokke is by skryfopleiding. Dit is trouens een van die loflikste ideale van die ASV, en sekerlik die hoofrede waarom ek by die vereniging aangesluit het. Ons het soveel om vir mekaar te s en om by mekaar te leer op grond van ons ambag. Dt het ek — en ek weet ander, ook nie-lede! — by talle geleenthede ges: ons wil mense met werklike skryftalent help. Maar dis nie die soort werk wat ’n mens in die kalklig (kan) doen nie; dis kersligwerk  En dit verg moue oprol. Menige jong skrywer (let wel: ek tref steeds geen onderskeid tussen “wit” en “bruin” skrywer nie, want daar was nog nooit vir my ’n onderskeid nie) sal met dank kan terugkyk op hulp wat hulle van gevestigde skrywers ontvang het. So besit ek steeds ’n briefie met waardevolle skryfadvies van Andr Brink 

Dr Boesak openbaar ’n volgehoue wantroue in die media. Anders sal hy tog nie voortdurend sy geloofsbriewe op die tafel uitpak nie. Ons weet al van sy (en Antjie Krog se) pynlike stryd teen apartheid.

Maar skryf gaan om veel meer as dit. Sint Allan kan gerus afkom aarde toe en gaan kyk hoe krepeer die kinders vir wie hy skerpioene pleks van brood gegee het, by wyse van spreke.

Wat ons weer by die kwessie van “ondergekwalifiseerdheid” bring.

Geen onderwerp, geen stukkie menswees, l buite die skryfveld nie. Dan sou dr Boesak ook nie — as teoloog-skrywer — die reg gehad het om oor die lewe en strewe van Jesus te skryf nie. Dan sou stukke geskiedenis vir ons verlore wees. Dan sou ’n mens moet kan s (soos ges is) Emily Bront — as vrou — kon Wuthering Heights nooit geskryf het nie, dit moet haar broer wees. Dan durf ’n jong Hennie Aucamp nie oor oumense skryf nie. Dan is daar in die skryfwreld nie plek vir waardes soos empatie of vereenselwiging nie. Dan was die variteit van Afrikaans wat Boerneef en Thomas Deacon en Elias P Nel en ek losweg deel, nie ons gemeenskaplike taal nie. Dan durf dr Boesak hom nie indink in die leefwreld van sy aanvallige vrou nie.

Dan is daar geen bestaansreg vir die skrywer nie.

10 Oktober 2001

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.