SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Verwelkomingstoespraak by die AJV van die Afrikaanse Skrywersvereniging

Elias P Nel

Huis der Nederlanden Pinelands
Vrydag 14 September 2001


Geagte dr en mev Boesak, Antjie Krog, liewe lede, vriende en belangstellendes Ö

Dit is my aangename voorreg om u almal hier by die Algemene Jaarvergadering van die Afrikaanse Skrywersvereniging welkom te heet. Ek vertrou dat ons saamwees, saamgesels en saamkuier ’n aangename en verrykende ervaring sal wees.

’n Baie spesiale verwelkoming aan die uitgewers hier teenwoordig: Annari van der Merwe van Kwela Boeke, Ettiene Bloemhoff van Human & Rousseau, en Johan Steenkamp, hoofbestuurder van Lapa Uitgewers in Pretoria.

Ook ’n hartlike verwelkoming aan die lede van ons nuutgestigte tak op Vredendal, wat al die pad gekom het om by ons te wees, asook Jimmy Simons wat van Cradock in die Oos-Kaap gekom het om hier saam met ons te wees. Al die ander lede van Worcester, Zuurbraak en Barrydale — baie welkom en dankie dat julle nie die moeite ontsien het nie.

Verder ook ’n warm skrywerswelkom aan die orkes van die Athlone Skool vir Blindes in Bellville wat ons later op sang en musiek sal trakteer.

En natuurlik aan al ons lede, voornemende lede en besoekers hier vanaand: baie welkom en dankie vir die opkoms.

Ek hou net die verloop van die verrigtinge vir vanaand en mŰre aan u voor Ö

Behalwe vir die toespraak van dr Allan Boesak en die voorlesing uit eie werke deur hom en Antjie Krog, is vanaand se byeenkoms op sosiale verkeer en kuier gemik. MŰre begin ons verrigtinge om 10 vm wanneer Johan Steenkamp van Lapa Uitgewers ons gaan toespreek; daarna volg die verslae en verkiesing; en daarna kry lede die kans om uit hul werke voor te lees. (Diegene wat van voorneme is om aan mŰre se voorlesing deel te neem moet asseblief hul name deur die loop van die aand aan my deurgee.)

Liewe vriende, hier sou my verwelkoming opgehou het as dit onder normale omstandighede plaasgevind het. Ongelukkig is dit nie normale omstandighede nie soos die meeste van u uit die mediaberigte en briefvoering op LitNet sal weet. Mense het dit goedgedink om die geleentheid te gebruik vir BB — Boesak Bashing.
As ek nou Patrick Petersen was, sou ek my so oor die verwikkelinge uitgelaat het:

“En dit, my liewe vriende, is iets waaroor ons nie hier by vannaand met mekaar biduur hou nie en nie kerk hou nie. Ons kan nie op die punt met mekaar vals wees nie. Ons moet wegstuur daarvan dat ons vir mekaar troos en bemoedig en sÍ: maar dit is nie eintlik ’n ding nie. Ons moet ophou om dit wat teen ons gesÍ en gedoen word, na die buiterand uit te du asof dit nie belangrik is nie, asof dit nie saak maak nie.”

Ongelukkig is ek nie Patrick Petersen nie, maar ek stem saam: Natuurlik maak dit saak, want waaroor dit eintlik alles gaan, en al hierdie beroering, is te wyte aan die feit dat Allan Boesak die gasspreker is. As ek baie eerlik moet wees, het die UB verwag dat dr Boesak se optrede belangstelling en selfs opspraak sou verwek. Die meeste van ons weet dat Allan Boesak ’n “boat rocker” is. En het ons in ons onskuld geglo as daar venynige kritiek kom, sal dit van die meer konserwatiewe deel van die ASV-lede wees (as daar sulke lede is). Hierdie klaagliedere kom egter van diegene wat hulself verlig noem.

Vir my as voorsitter is die optrede van die lede van die ASV problematies, want wanneer iemand na jou huis genooi word, maar hy of sy staan jou om een of ander rede nie aan nie, moet jy noodwendig die persoon wat die uitnodiging gerig het, konfronteer. Huishoudelik word die saak dan hopelik besleg. Jy beledig en val nie die gas in die openbaar aan nie. Dis gewoon swak maniere. En dit is die probleem waarmee die huis van Afrikaanse skrywers sit. Daar is ’n gebrek aan die erkenning van die gesag wat daar in die UB gesetel is en ’n totale gebrek aan etiket. En ’n mens wonder hoekom: Het dit miskien te doen met die holruggeryde en snobistiese uitspraak dat jy alleen mag praat as jy jou eers self as literÍre skrywer bewys het? Of het ons hier met ander verskuilde agendas te doen?


Al die klaagliedere, besware sÍ vir my een ding: Waarmee ons hier te doen het, is lede se afkeer van Allan Boesak se persoon. Sonder dat hulle hul griewe onder die aandag van die UB bring, mobiliseer hul onderling om beswaar aan te teken. En om te wys hoe belaglik die hele petalje is, spring die skrywers in en hulle teken links en regs beswaar aan. En in die skrywes eggo dieselfde refrein oor en oor: Ondergekwalifiseerd, geen berou, vals, ensovoorts, ensomeer. Ek was altyd onder die indruk dat skrywers vrye en selfstandige denkers is, maar ek was klaarblyklik verkeerd. Dit wil lyk of skrywers slegs klakkelose napraters is.

Dit bring my dan by die vraag waarom daar spesifiek op dr Allan Boesak as gasspreker besluit is.

En ons kan ’n klomp redes opnoem, maar daar is slegs vier wat by ons besluitneming in oorweging was:

  • Dr Boesak is ’n bedrewe skrywer van teologiese werke en sy eerste literÍre werk verskyn eersdaags. Hy is dus — soos ek al herhaaldelik gesÍ het — ’n beginnerskrywer. En een van die doelwitte van die ASV is dat ons ons juis sal besig hou met beginnerskrywers.
  • Hy is onbeskaamd Afrikaans.
  • Hy het, soos u agterkom, ’n beduidende ondersteunigsbasis wat oor alle sfere van die samelewing strek.
  • Hy is ’n dinamiese spreker.


    Die besware teen Allan Boesak se optrede is onder meer die volgende:

    1. Hy is ondergekwalifiseerd om oor die onderwerp te praat.
      — Hier het ons te doen met die elitisme wat so sprekend van die ou oorlede Afrikaanse Skrywersgilde was.
      — By die Skrywersvereniging, wat ’n voortvloeisel van die tweede swart Afrikaanse Skrywersimposium is, is een van die doelstellings juis die bemagtiging van beginnerskrywers. Om skrywers te klassifiseer is net so erg so die ou rasseklassifikasie. En dis snaaks hoe mense nog steeds een of ander skeiding wil handhaaf — die diep gewortelde gevolge van apartheidsdenke.
      — Gestel dit sou ’n gewone leser wees wat kom praat oor hoe hy/sy die rol van die Afrikaanse skrywer sien, wat sou die reaksie dan wees? Mag ’n leser nie sy of haar verwagtinge van skrywers bekend maak nie?


    2. Hy het hom nog nie self as literÍre skrywer bewys nie.
      — Ook hierdie beswaar ruik na die ou apartheidsbeleid waar jy eers iets moes doen alvorens jy aanvaar was. Jy moes eers ’n permit of ’n pas hÍ, of jy moes geweld afsweer of wat anders ook al. Jy word nie aanvaar bloot omdat jy jy is nie. En nou wil mense dieselfde praktyk in die Afrikaanse Skrywersvereniging toepas. Nadat ek weg is, kan hulle dit probeer doen, maar beslis nie solank as ek nog in die vereniging is nie.
      — Om lede en sprekers selektief toe te laat, is nie die beleid van die ASV nie; hier is almal welkom van beginner- tot gevestigde skrywer en selfs die liefhebber van Afrikaans letterkunde.
      — Daar het selfs skrywers wat nog nooit by ’n byeenkoms van die ASV was nie, op die wa geklim en saam geskree. Ek wil my nie eens verwerdig om oor hulle te praat nie, want ek dink nie hulle verdien enigsins die aandag waarna hulle so naarstiglik soek nie.
      — Al die voorsitters van die ASV sou, as diť kriteria (dws, om jouself eers literÍr te bewys) moes geld, nie bevoegd wees om die ASV te lei nie, want ons is ook in stadiums gekies toe ons onsself ook nog nie (volgens die klaers se standaarde) as literÍre skrywers bewys het nie. Geen wonder lede misken die voorsitter en besluit om hul ontevredenheid eerder in die pers bekend te maak nie.

    3. Hy wil aan gesoute skrywers kom voorskryf.
      — Dis om die minste te sÍ belaglik Hoeveel ander sprekers was hier nie al met wie ons nie volkome saamgestem het nie. Tog is hul optrede nooit as voorskriftelik gesien nie.

    4. Hy het nog nie om verskoning gevra vir die dade waarvoor hy gevonnis was nie.
      — As die ASV op verskonings begin aandring, sal ons later moeilik die streep kan trek waar om te begin of op te hou.
      — Ek herhaal wat ek in Die Burger en op LitNet gesÍ het: As die uitwurg van verskonings die taak van die ASV was, moes ons al definitief begin aandring het daarop dat al die lede van die vereniging wat voordeel uit apartheid getrek het, om verskoning moet vra. Maar ons doen dit nie, want dit is nie die taak die ASV nie.
      — Ek het die strate deurkruis op soek na ’n spesifieke kaartjie wat ek aan al die beswaardes wou stuur. Die kaartjie moes lees: Veels geluk met jou aanstelling as God. Ongelukkig is die kaartjie nog nie beskikbaar nie.
      — Oor die klagtes oor die honorarium wat aan dr Boesak betaal word, wil ek my nie eens uitlaat nie, want ons is ’n Uitvoerende Bestuur met uitvoerende magte. Ons hoef nie met lede te konsulteer alvorens daar ’n besluit geneem word nie. In ’n ander geval het ons tot ses keer meer bestee aan reisonkoste, verblyf en optreefooi van ’n spreker en toe het niemand ’n woord gerep nie.

    Nog iets wat opvallend in lede se skrywes voorgekom het, is hoe hulle dan nou kwansuis “vals” sou wees indien hulle ledegeld betaal of die vergadering bywoon. Dit komende van mense wat daarop roem dat hulle sensuur hand en tand beveg het, laat meer vrae as antwoorde ontstaan. Hoe kan ’n skrywer enigiemand die swye oplÍ? Wat anders is dit as sensuur? Ek wil saamstem: mense wat so hoogheilig is en aan ander doen wat hulle nie graag aan hulself gedoen wil hÍ nie, is vals, donners vals, om die minste te sÍ!

    Nog iets wat my grief, is dat lede wat weet hoe die ASV opereer, opmerklik die swye bewaar het. Nog ander het my beloof dat hulle op die “verspotte klagtes” sou reageer, maar dis waar dit gebly het: blote woordspeletjies. Ander weer het plek bespreek maar ek hoor al hoe meer hoe hulle soos die Bybelse karakters allerlei verskonings soos die afsterwe van familie of die koopvan grond voorhou vir hulle afwesigheid alhier. Is die vrese van vervolging en marginalisering vandag nog so erg dat ons ons eie standpunte links en regs verander?

    Ek wil dr Boesak en alle ander opkomende skrywers verseker dat solank as wat ek die voorsitter van die ASV is, julle meer as welkom is om ons toe te spreek of om as lede aan te sluit. (Dis maar ’n skrale troos as ’n mens in ag neem dat my termyn as voorsitter mŰreoggend verstryk.)

    Dr Boesak, namens die UB en die lede van die ASV wil ek jou van harte om verskoning vra dat ons uitnodiging aan jou tot gevolg gehad het dat jy weer in die beskuldigdebank moes staan, weer skuldig bevind en gevonnis word. Dit was nie ons bedoeling nie.

    Liewe lede, die hele episode het ’n les om aan ons te leer. Ek wil NP van Wyk Louw aanhaal:

      maar as julle dood
      en ’n vrot plek in ons volk is
      dan sal ons ’n mes vat
      en vinnig, genadiglik
      sny deur spiere
      en vlees tot genesing.

    Miskien wil die besluit van die UB (“ondeurdagte besluit” noem die beswaardes dit) dalk die vrot kolle in ons samestelling uitwys en aantoon dat dit tyd geword het om alle dooie en vrot kolle uit te sny sodat ons volkome kan genees.

    Liewe vriende, ek wil tog ’n pleidooi lewer dat ons met waardigheid met mekaar sal praat en van mekaar verskil. En dat u sal onthou wat die UB se doel met vanaand se byeenkoms is. Ons wil gesellig saamkuier, eet en drink en so ’n bietjie op die maat van musiek skoffel. Net ’n waarskuwing, moenie te veel geniet nie, want almal moet mŰreoggend om 9:30 aanmeld vir verdere diens.

    Nogmaals baie welkom aan almal en geniet die aand saam met ons.


    Ek dank u.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.