SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Waar is die vroue?

JD Prins

In haar resensie van nuwe stemme 2 (ns2) op LitNet raak Lisbť Smuts in die doodsnikke van haar betoog iets aan wat moontlik heelwat stof tot nadenke tot gevolg kan hÍ:

    Kon die keuse van digters en gedigte heelwat anders, ietwat anders, of glad nie anders nie, gewees het?

Waar Smuts egter wonder hoekom so min bruin of swart digters bydraes voorgelÍ het vir oorweging, sou mens hiermee saam “eenvoudig” net dŪt kon wonder: Waar is die vroue?

Neem mens ns2 as vertrekpunt, is dit opvallend dat daar heelwat meer mans opgeneem is as vroue: van die 16 “nuwe digters” is net ses vroue, hoewel die meeste werk — as daar na titels gekyk word — diť van Ilse van Staaden is. Die voorloper van ns2, te wete nuwe stemme 1 (ns1) wat in 1997 verskyn het, se verdeling lyk effens beter: van die 11 debutante is 5 vroue!

Die meerderheid van die vroue van ns2 het van meet af aan gemeen die ondersoek na die bydraes van vroue in poŽsie het meriete. “Ek dink jou idee is great,” skryf die jongste “nuwe digter” Yolandi Woest, waar Elsibe Loubser die ondersoek as ’n “waardevolle benadering” beskryf.

    Wel, ek het eintlik van die begin af gedink dat daar genoeg vroue is. En ek was ook skelm bly om ’n klomp vroue-gesigte op die omslag te sien. Dis nou nie 50/50 nie, maar as ’n mens vinnig na die foto’s agterop kyk, lyk dit min of meer eweredig,

het Loubser gesÍ. Sy sÍ sy is nie “een vir demografie of statistiek nie”, en het dus nie eers getel of die verdeling 50/50 is nie.

    Ek is seker dit gaan oor kwaliteit, maar ek dink ook dat Tafelberg heel moontlik wou hÍ dat daar ’n hele paar vroumense moes wees. Ek is ook seker dat hulle beslis ten minste een bruin man wou insluit,

het Loubser gesÍ. Haar vrae is egter dŪt: Hoekom is daar nie bruin vroue nie? Stel hulle nie in die digkuns belang nie? Was daar bruin vroue onder die 200 wat manuskripte voorgelÍ het? En waaroor het hulle gedig? Wie is die bruin vroue wat in Afrikaans dig, as daar wel is?

Renťe Marais, nog ’n debutant, se reaksie is dat sy hoop dat die deurslaggewende kriterium vir opname gehalte was.

    Miskien moet jy oor hierdie spesifieke vraag liewer NŤlleke (de Jager) of Petra (MŁller) of Tafelberg se mening vra. Was daar byvoorbeeld — wat voorgelegde werk betref — ’n gelyke verdeling mans-vroue? Is dit hoegenaamd relevant wat die (uiteindelike) mans-vroue-verhouding in die bundel is? Is dit nie maar weer die ou (vir my al holrug geryde en vir vroue sekerlik vernederende) kwessie van lippediens aan die nosie van vroue-moet-tog-asseblief-gelyk-wees-aan-mans nie? Klink vir my al te veel na ’n polities-korrekte derm-uitrygery.

Dit blyk egter dat uitgewers — te verstane — nie te geneŽ is om hierdie vertroulike inligting sommer bekend te maak nie.

    Ons het na baie faktore gekyk tydens die siftingsproses vir ns2. Een van die belangrikste elemente was juis die konsep “nuwe stem”. Verwoord die digter iets nuuts? Het hy/sy ’n sterk stem wat deurslaan? Iets eie aan hom of haar?

het NŤlleke de Jager, een van die samestellers, gesÍ.

Volgens De Jager hang alles saam met meriete.

    Een van die hoofredes agter die konsep “nuwe stemme” is juis om aan jong digters ’n platform te bied wat andersins nie gou ’n eie debuut sou kon uitgee nie. Op diť manier kry digters dus blootstelling aan lesers en ook aan die media. Twee van die digters in nuwe stemme 1 het sedertdien as romanskrywers gedebuteer. Dit sal interessant wees om te sien watter pad die nuwe stemme 2-digters gaan loop.

Prof. Louise Viljoen van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch meen dit is beslis relevant om in te gaan op die onderverteenwoordiging van vroue,

    Ö ook van die swart of bruin digters. Dit kan ook geplaas word teen tendense die afgelope 40 jaar (1970 is bekend as die debuutjaar van ’n aantal sterk vrouedigters: Krog, Rousseau (“tweede debuut”), Cussons, StockenstrŲm, Spies).

Die rede vir die swak verteenwoordiging van vroue, veral swart of bruin vroue? Hieroor sÍ Viljoen het sy al baie gedink,

    en sal ek nog verder moet dink. Miskien hou dit verband met ’n soort (oudmodiese) verdeling van arbeid: die mans hou hulle besig met die hoŽr dinge, vroue met die meer praktiese.

Volgens Viljoen het iemand ’n keer gesÍ dat bruin en swart vroue veral in die struggle-jare doodgewoon ander dinge gehad het om te doen — verkies het om hulle gewig in te gooi by maatskaplike eerder as estetiese kwessies. Sy noem dan egter vir Dido as voorbeeld wat hierdie siening sou weerlÍ omdat sy die twee kombineer. Maar, helaas, sÍ Viljoen, “dis nogal moeilik om enige van hierdie stellings te substansieer.”

    Ja, daar is deesdae minder gepubliseerde vrouedigters as voorheen — vgl. die aantal vrouens wat veral in die 70’s gepubliseer het teenoor die situasie tans,

reageer die digter Henning Pieterse. Hy sluit in ’n mate by Viljoen aan deur te sÍ mens kan met reg vra waarom daar swart en bruin vrouens is wat prosa skryf en publiseer, maar nie poŽsie nie.

    Het dit te make met die vorm? Ek weet regtig nie. Of dit te make het met repressie weet ek werklik ook nie. Ek twyfel wel of dit te make het met “blootstelling”: uitgewers is tog veronderstel om blind te wees wat geslag betref — dit gaan om goeie, publiseerbare tekste,

sÍ Pieterse.

Volgens Pieterse het hulle dusver met hul poŽsievoorlesingaande heelwat (wit) vroue wat gaan voorlees,

    ten minste net soveel as mans. In die “swart” gemeenskap is vroue beslis nog nie so geŽmansipeerd as wat die geval in die “wit” gemeenskap is nie — dit is dalk een rede vir die klein aantal swart vroulike digters.

En hoe sien die bywoning van die nou reeds bekende en gewilde Bekgevegte daaruit?

    Ons het al o.m. die volgende vroulike deelnemers gehad: Marlise Joubert, Christine Marshall, Lauren Anthony, Trienke Laurie, Glyn Meter en Carina Stander. Almal van hulle het die mas goed opgekom, by wyse van spreke. Hulle kon die punch vat so goed soos enige manlike digter,

het Pieterse gesÍ.

Die blyk dat Renť Bohnen, wat ’n ruk gelede gedebuteer het, ook gaan deelneem aan die Bekgevegte tydens die Aardklop Kunstefees in Oktober.

    Onlangs het ons ’n e-pos landswyd uitgestuur waarin ons spesifiek vra vir vroulike en/of swart deelnemers aan Bekgevegte. Daar was net twee reaksies gewees,

het Pieterse gesÍ.

Zandra Bezuidenhout, die jongste wenner van die Ingrid Jonker-prys, sluit weer by Pieterse aan dat dit nie werklik moontlik is om klinkklare redes te gee vir die vrae rondom vroue en poŽsie nie.

    In die algemeen het swart en bruin vroue, om verstaanbare redes, nog nie daarin geslaag om die kennis-agterstand uit te wis ten opsigte van ons koloniale verlede nie. In terme van literÍre produksie, veral poŽsie, geld die kanon van die kolonialisme nog. Jy sal dus nie poŽsie skryf (en uitgewers sal dit nie publiseer) as jy nie weet hoe nie, en die “hoe” verwys na tradisionele vereistes vir “goeie poŽsie” volgens die Eurosentriese norm.

Met verwysing na ns2 sÍ Bezuidenhout sy vind die poŽsie van die mans is “lekker vars” en

    (het) minder vertroude klank — meer registers word oopgetrek. Dalk was daar net soveel of meer “goeie” poŽsie van die vroue se kant, maar het meer mans die bundel gehaal ter wille van die ryk verskeidenheid tov aanslag in die algemeen, leefwÍreld, vorm, ens.

    Dit hang net af wat die doelwit van die samestellers was. Ek is seker ’n mens sou ewe maklik ’n paar bundels poŽsie soos nuwe stemme kon publiseer, en die vrouens sal nie noodwendig altyd in die minderheid wees nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.