SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Skrywersberaad-argief

Skrywersberaad




  EKM Dido
word groot in die Transkei en woon tans in Kaapstad. Tot onlangs was sy dosent by ’n verpleegopleidingskollege in Athlone. Haar rubriek, Brief van Dido, is te lese op LitNet. Tans toets sy die waters as voltydse skrywer. Sy het reeds twee romans agter haar naam, verskeie kortverhale, en in September vanjaar verskyn haar derde roman, ’n Stringetjie blou krale, by Kwela.

Die Vaders, die Moeders

Ek het hulle nooit as Vader en Moeder aangespreek nie. Het ook nie in die begin my Vader geken nie. Mama of Ma, soos ek haar aanspreek, was al een wat vir my bestaan het. Sy het so weinig van Tata gepraat dat ek haar nooit na hom uitgevra het nie. In my gedagte het ek soms aan ’n pa of ’n tata gedink.

Toe ek my verstand kom kry, was dit net Mama en my horde broers en susters en anties en oompies wat in Tsomo om my gedraai het. Die familiekring was groot. Het daar bo vanaf die Drakensberge tot onder by die Keirivier en Port St John’s gestrek. Een groot bont familie. Wit, bruin en swart wat nog nooit in my teenwoordigheid oor hul herkoms gepraat het nie, het onder Mama se dak gebly. Maar al was ons bont, het ons mekaar verstaan. Ons het almal die tale gepraat wat Mama ons geleer het. Afrikaans, isiXhosa en Engels.

Rugdraai en stilbly
Die storie van Monica Peters
Nou te koop
Ek kan nie onthou dat Mama ooit ’n definitiewe velkleur gehad het nie. Sy was kleurvol. Haar velkleur het met elke rok verander. Vier rokke was haar gunstelinge. Wanneer sy in haar wit rok was, het die son gebak. Dan het sy smiddae gedans tot dit gerŽen het. In haar wit rok was Mama se velkleur groen en het ons groot oeste van haar afgepluk. Beeste en skape het vet geraak soos hulle aan haar groen gras gewei het. Sy was van sonop tot sonsak dansend en singend, en haar vel het soos ’n bos blomme gelyk wanneer sy die pienk rok gedra het. Haar bruin rok het haar vaal laat lyk en al die blare het van pure skrik van bome afgeval. Niemand het van Mama se swart rok gehou nie. Dit het haar bleek en bloedloos laat lyk. “Daai rok gaan my nog dood laat verkluim!” het oom Jerman altyd gekla, en vir hom ’n groot vuur voor sy huis gemaak. Ons almal het tydens sulke koue dae gebid dat Mama weer haar wit of pienk rok moes aantrek. Maar sy het ons net glimlaggend aangekyk.

En toe, op ’n dag, is Mama se glimlag weg en staan al die grootmense in hopies om haar by die poskantoor. Almal het verward gelyk en onder mekaar gefluister. So af en toe het ’n oom ’n beskuldigende vinger dan na Mama en dan weer na die poskantoor geswaai. Mama het so weerloos gelyk toe sy kop onderstebo daar tussen almal gestaan het, dat ek nader gestaan het en haar hand in my klein hand gevat het. Ek het na haar gesig opgekyk om haar te vra wat aan die gebeur was. Maar haar oŽ was toe. Haar mond ook. Net groot traandruppels het deur haar ooghare gesypel en langs haar neus en mond tot by haar ken gerol en op haar bors geval. Sy het haar wit rok aangehad en al haar trane het die materiaal aan haar lyf laat kleef tot mens die vorm van haar tepels op die punte van haar groot pramme kon sien.

Ek het na die oom gedraai wat sy vinger so wind gegee het, en hom gevra:”Oom Sipho, wat gaan aan?”

Hy’t my ’n vies kyk gegee en weer sy vinger woes na die poskantoor geswaai. Ek het sy vinger gevolg en die man gesien wat op ’n leer gestaan het en besig was om wit geverfde sinkplate met vet swart letters daarop teen die mure van die poskantoor te kap. Die een waarmee hy aan die voorkant van die poskantoor mee klaar was, het “Slegs Blankes” gelees. Die een waarmee hy aan die kant van die poskantoor bokant die klein deurtjie mee besig was, het “Slegs Nie-Blankes” daarop gehad. Verward het ek weer na oom Sipho gekyk om hom te vra wat die bordjies beteken. Maar hy was te vies om ’n woord uit te kry. Het net sy vinger rondgeswaai.

Ek het aan oom Jerman se arm gegryp en hom gevra wat aangaan. “Meidjie,” het hy kliphard op my geskree, “van nou af loop jy net by klein deurtjies in en koop jy net goed uit donnerse klein venstertjies soos ’n dief wat aan die smokkel is! En jou voete nooit weer by witmense se voordeure nie. Agterdeure is jou naam van nou af!”

Uit die hoek van my oog het ek gesien hoe al die witmense rooi gesigte kry en stil straataf verdwyn. Toe hulle wegstap, het Mama net een harde kreungeluid gemaak en omgedraai, en sleepvoet straatop na die heuwels se kant toe geloop. Ek het bly staan, en gesien hoe die man sy leer later ook by die hof en polisiestasie en stadsaal staan maak en daarop klouter om ook daar bordjies te hang. Ek het hom nie geken nie. Hy was nie een van ons nie.

Daai dag het ons nie middagrŽen gekry nie. Later, toe ek die bloedige son nie meer kon vat nie, het ek heuwels toe verdwyn om vir Mama te soek. By die voete van die heuwels het ek ’n geluid gehoor wat nes veraf donderweer geklink het. Ek het na die hemel opgekyk en donker wolke verwag, maar die lug was helder blou en wolkloos. Met ’n benoude bors het ek vinnig teen rotse en verby alwynblare geklouter om bo uit te kom sodat ek kon sien wat aan die gebeur was. Hoe hoŽr ek teen die heuwel opgeklim het, hoe harder het die donderweer geklink. Bo-op die heuwel gekom, het ek haar in die skadu van ’n doringboom gevind. Huilend en grensend. Hard. Nes donderweer. “Mama?” het ek met ’n huiwerige stem gesÍ.

“Dis jou Tata se werk. Ek weet dit in my hart. Hy wil my kinders van my vervreem,” het sy snikkend gesÍ en haar wit rok oor haar kop gelig en harder gehuil. Met haar rok oor haar kop kon ek haar dik boude en skaamte sien van waar ek by haar voete gekniel het. ’n Bleek vormlose gesig. Ek het my kop vinnig weggedraai en heuwelaf gekyk. Het gewonder of ek een van die grootvrouens moes gaan haal om met haar te kom praat, maar wou haar nie alleen laat nie. Van nie weet wat om te sÍ nie, het ek sommer aan die praat gegaan. “Mama, staan asseblief op en dans vir ons sodat die rŽen kan val.”

“Nie nou nie!” het sy snikkend gesÍ en haar rok van haar kop afgehaal en haar dik boude en skaamte bedek. “Laat my toe om in vrede te huil en hierdie dag te berou. Julle is groot genoeg om julle eie weg te vind.”

Ek wou haar sÍ dat ek nog ’n kind was en nie als kon verstaan wat aan die gebeur was nie. Ek wou haar sÍ dat sy my ma is en vir my moes sorg. Maar ek het nie. Oor sy so droewig aan die huil was. Oor haar trane op die grond geval het en al die gras bruin geskroei het. Ek het traag die heuwel afgeklim en terug dorp toe gegaan en myself aan die slaap gehuil. Daai aand het Mama nie huis toe gekom nie. Vir weke en maande lank het niemand haar gesien of van haar gehoor nie. Ek het kos by ons bure gekry en ek het self my wasgoed gewas en die huis op my manier aan die kant gehou. Maar niks was meer dieselfde sonder Mama nie. Die witmense het hulle eenkant gehou. So ook die bruin- en swartmense. Almal het mekaar verlangs met ’n kopknik gegroet en nie soos vroeŽr oor en weer by mekaar se huise gekuier nie. Maande later het ek agtergekom dat Mama reg was. Die grootmense kon ’n bestaan in haar afwesigheid voer. ’n Sukkelbestaan. Gronderosie het ons oornag kom besoek en groot dongas het in mielielande verskyn. Haelstorms en bliksemstrale het die oeste in die lande verwoes. Beeste en skape het uitgeteer en staan-staan gevrek. Soms was daar nie kos nie en moes ons almal eenkeer ’n dag handjies vol mieliepitte eet en dit met suikerwater afspoel. Die mielies het ons, die bruin- en witmense, by die swartmense gekoop. Die suiker het die witmense aan die bruin- en swartmense verkoop. Die “Slegs Blankes” en “Slegs Nie-Blankes” -bordjies het oral bly hang, maar van swaarkry het ons almal dieselfde kos geŽet. Mama het haarself vir maande op die heuwel afgesonder.

En toe, op ’n herfsdag, kom Mama van die heuwel af en roep al haar kinders na ’n oop stuk grond onderkant die dorp. Die stadsaal kon ons nie gebruik nie, want dit was vir Blankes. Dit sou in elk geval te klein wees om ons almal te huisves. Selfs die oop stuk grond was te klein, en die mans het in omliggende bome geklouter om na Mama te luister. Sy het maer en weerloos daar voor ons gestaan. Sy het donker kringe om haar oŽ gehad. ’n Flou glimlag het om haar lippe gespeel toe sy na ons almal kyk. Al haar kinders was weer voor haar. Haar wit, bruin en swart kinders. Haar stem was bewerig en het moeg geklink toe sy met ons praat. “Julle vader het my laat weet dat hy iemand gaan aanstel om oor my te heers. Ek wou julle eerste sÍ sodat julle voorbereid kan wees. Hy ...”

Mense het oral na asem gehyg en soos uit een mond het die vraag gekom: “Hoekom?”

Sy het haar kop vir ’n oomblik gebuig en dit weer stadig gelig. “Ek is julle Moeder Transkei. Julle vader het my aan ’n ander man oorgegee. Gaan my ook ’n nuwe naam gee. Die Republiek van die Transkei. Dis soos julle Vader dit wil hÍ. Julle nuwe pa gaan oor my heers, nes enige man in sy eie huis heers. Maar ek moet julle waarsku: My wit kinders sal nie meer welkom teen my bors wees nie. Maar diť van julle wat by my wil bly, kan so maak solank almal doen soos julle nuwe pa sÍ. Ek verstoot nie my bruin kinders nie, maar ek weet dat julle altyd werk by julle wit familie gekry het. Hoor julle wat ek probeer sÍ?” het sy geskree en in trane uitgebars. Almal was te stom om te reageer. “Van volgende jaar af is ek uitsluitlik net hier vir my swart kinders!” het sy snikkend uitgeroep en net daar op die droŽ grond gaan sit.

’n Hele klomp swartmense het vies op die grond gespoeg en hul rŻe op Mama gedraai en weggestap. Ek het hulle nooit weer gesien nie. Die ander swartmense het vrolike liedjies begin sing en hande geklap. Mama het nie saamgesing nie. Ons, die bruin- en witmense, het stadig en verslae huiswaarts gestap en na ons swart broers en susters se gesingery geluister. In daai selfde jaar het die witmense hul besighede aan die swartmense verkoop en het sak en pak verdwyn. En toe ek een oggend die slaap uit my oŽ vee, was al die bruinmense ook weg. Het my alleen tussen al die swartmense gelos. Ek het na Mama gaan soek en haar in Umtata gekry waar sy op haar nuwe man gewag het. Al die swartmense het om haar gedraai en vrolike deuntjies gesing. Sy het ’n permanente glimlag op haar gesig gehad, maar haar oŽ het ’n permanente hartseer bly hou. “Mama, al my mense is weg. Wat gaan van my word?” het ek haar huilend gevra.

“Gaan na jou vader toe. Hy is in die Kaap,” het sy met ’n breŽ glimlag en hartseer oŽ vir my gesÍ. Net vir ’n oomblik kon ek my kop styf tussen haar groot pramme druk voor ’n man in ’n groen uniform met goud op die rande van sy kraag en moue my wild van haar bors af geruk het. Maar ek het tog kans gekry om ’n handjie vol hare uit haar kop te ruk om as gedagtenis te dien. Diť hare het droog geraak en in grys klippies en rooi grond verander wat ek tot in my graf sal bewaar. Dis ’n deel van Mama. My moeder.

Mama het my in ’n blou en wit bus gesit en vir die busbestuurder gesÍ om my by die Kaapstasie af te laai. Die bus was so vol grootmense en huilende siek kinders, dat ek nie eens ’n arm by ’n venster kon uitsteek om haar totsiens te waai nie. Maar haar laaste woorde druis nog na al die jare steeds deur my kop. “Moet nooit jou Moeder Transkei vergeet nie!” Op daardie oomblik het ek gesweer dat dit nooit sou gebeur nie. Maar dit was voor ek vir Vader leer ken het.

Die bus het vir ’n hele dag en nag gery en nog mense langs die pad opgelaai. Ek het al die swartmense deur betraande oŽ dopgehou, want my gedagte was elders. Dit was by Mama. Ek het gewonder of sy aan my sou dink; of sy aan al haar wit en bruin kinders sou dink noudat sy die nuwe status van ’n republiek binne die Republiek van Suid-Afrika sou kry. Het gewonder of sy weer die sprankelende Mama sou wees wat ek eens geken het. Het gewonder hoe Vader lyk. Het gewonder watter soort mens hy was wat die pragtigste vrou op aarde sommer net so aan ’n ander man kon gee. Het gewonder of hy my sou aanvaar en van my sou hou ...

Ek moes aan die slaap geraak het, want toe ek weer wakker word, was die bus staande. Al die dakligte was aan, maar buite was dit nog donker. Die insittendes was opgewek. “Khuyenzeka ntoni?” Wat is aan die gebeur, het ek die vrou langs my gevra.

“There is Father!” het sy met ’n brŽe glimlag gesÍ.

Ek het teen haar opgebeur om by die venster uit te kom. En net daar val my mond oop. Vader! In die verte onderkant ons het hy met derduisende geel en wit liggies na my gewink en my welkom geheet. “Vader! Hier is ek!” het ek opgewonde geskree en op my sitplek rondgedans. Ek het nooit kon droom dat iemand in die vroŽ oggendure so mooi kon wees nie! “Aai, Mama, as jy hom nou deur my oŽ kan sien, sal jy my seker vergewe dat ek nou hierdie bonsende hart in my bors ronddra,” het ek in my gedagte met haar gesels.

Teen dagbreek kon ek Vader se kleed om my sien. ’n Pragtige landkaart met verskillende groen skakerings wat ek nooit voorheen gesien het nie. Maar elke slag het ek weer na Vader se plat manlike granietgesig gekyk wat die vrou langs my aan my uitgewys het. Hy het so sterk en magtig daar gesit en na my gekyk, dat ek weer begin wonder het of hy my as sy kind sou aanvaar.

Soos Mama hom gevra het om te doen, het die busbestuurder my aan die Nie-Blanke kant van Kaapstasie afgelaai.

In ’n motrŽentjie en ’n groot wit wolkkombers oor sy skouers het Vader my by die stasie ingewag. Ek het sů klein gevoel toe ek voor hom staan, en was so verbouereerd, dat ek net “Vader!” kon uiter. Ek wou hom sÍ dat ek geen heenkome het nie. Wou hom van Mama vertel en dat sy my na hom toe gestuur het. Maar geen dooie woord wou in ’n sin oor my lippe kom nie.

“Welkom, Susan,” het hy met ’n dik, warm stem gesÍ en my klein hand het vir ’n oomblik in sy groot hand verdwyn.

Ek het my kop ver agteroorgebuig om sy gesig te sien. Die honderde bruin en swart sproete op sy wit vel het hom ’n grys kleur gegee. En tot vandag toe kan ek net nie die kleur van sy oŽ bepaal nie. Daai dag met ons ontmoeting het sy oŽ net so wit soos sy wolkkombers gelyk. Maar daar is ander dae wanneer hy sonder sy kombers is, en dan is sy oŽ helderblou nes die wolklose lug. Wanneer hy my met sy Suidoostewind kom besoek en my voete skertsend onder my uitruk, is sy oŽ bruin. En dan is dit weer pikswart wanneer yskoue rŽen vir weke aaneen op my neerval. Dis waar die groot verskil tussen hom en my mama lÍ, het ek sommer vroeg besef. Wanneer Mama ’n sekere kleur rok gedra het, het jy geweet wat om te verwag. Maar nie hy nie. Hy is wispelturig en verander sonder om ’n mens behoorlik te waarsku.

Maar daai dag by die Kaapstasie het hy my welkom geheet en sy kombers oor my kop gegooi om my van die motrŽentjie te beskerm. Hy het my na die Parade gelei van waar ek die pragtigste stadsaal en die Jan Van Riebeeck-kasteel gesien het. Sy aan sy het ons stadig in Adderleystraat af gestap en ek het my aan al die hoŽ geboue vergaap. In die Tuine het ek verstom voor die groot katedraal gestaan. Vader het my daar gelos en by die deure van ’n eetplek oorkant die katedraal ingegaan. Ek het die bordjie gelees wat bokant die eetplek se deur gehang het. “Whites Only” het dit gelees. ’n Rukkie later was Vader weer by my en het ’n papierbord vol vis en slap chips in my hand gedruk. Hy het my na ’n bankie onder die groenste bome gelei en het stil langs my gesit tot my bord leeg was. En daar, tussen Vader se groen blare en mak eekhorinkies wat tot voor my kom staan het, het die Oedipuskompleks vir my pa sommer uit die bloute op my neergesak. Ek was smoorverlief. Is nog steeds en sal seker altyd wees. Later het hy my weer aan die hand geneem en my Woodstock toe gevat om by een van sy kinders te bly. Dis ook hy wat vir my die werk by die poskantoor in Woodstock gekry het toe ek my matriek later voltooi het.

Maar soms het die verlange na Mama en die liefde vir Vader soos ’n kanker aan my gevreet. Ek wou my liefde vir hom hardop aan die wÍreld verkondig, maar was skaam. Is skaam. Maar Vader weet hoe ek oor hom voel, want hy is elke dag met my. Soms skud hy net sy kop glimlaggend en blaas dan ’n koel bries van die see se kant af oor my wanneer ek my oŽ nie van hom af kan hou nie. Ek wil altyd aan hom raak. Kry nooit genoeg van hom nie. Ek gaan stap in die Nuwelandwoud rond en omhels sy stille dog tasbare teenwoordigheid. Soms gaan dwaal ek in die Boland rond en raak liggies aan hom waar hy swaar aan wingerde hang. Oor naweke is ek altyd by Houtbaai of Valsbaai om te sien hoe sy glibberige lyf deur vissersbote land toe gebring word. Baie keer gaan ek met die sweefspoor na hom toe en gaan sit styf teen hom op Tafelberg. Dit is die dae wanneer ek geen spraak het nie as ek afkyk en sy hele pragtige kleed voor my sien lÍ.

Ons het nog nooit van Mama gepraat nie. Maar op ’n dag hoor ek iets en gaan na Vader toe. Ek het hom by Kaappunt gekry waar hy deur ’n mikroskoop na die plek gekyk het waar die Atlantiese oseaan en die Indiese oseaan mekaar ontmoet. “Vader,” het ek huiwerig gesÍ omdat hy so ingedagte gelyk het. Hy het sy kop na my gedraai. “Vader, hoekom moet die swartmense permitte hÍ om hier by jou te bly? Is hulle dan nie ook jou kinders nie? Gaan jy hulle wegstuur nes Mama vir my van haar af weggestuur het?”

Hy het lank stil gebly. In die stilte het ’n koue wind opgestaan en my hoendervleis gegee. “Ek stuur nie almal weg nie. Net diegene wat nie hier hoort nie. Hulle hoort by jou moeder. Sy moet na haar eie kinders kyk. Daarvoor het ek vir haar ’n titel en ’n ander man gegee. Jy kan na haar toe teruggaan as jy wil!” het hy nors geŽindig.

Ek was te verskrik om verder te praat. Was nie aan sy skielike woedebuie gewoond nie. Ek het nooit weer met hom oor my swart broers en susters gepraat nie. Ook nie in 1976 toe die swart- en bruinmense teen hom in opstand gekom het nie. Ook nie in 1985 toe die bruin en swart skoolkinders geskiet was en ek links en regs vir klippe en koeŽls moes koets nie. Ek het net in my enigheid gewonder wat aan die gebeur was en maar van winkels af weggebly wanneer daar ’n boikot was. Van Vader het ek in daai donker dae maar min gesien.

En net toe ek dag dat hy van my vergeet het, kom haal hy my. Hy het my glimlaggend vertel dat die swartmense geen papiere meer nodig gehad het om by hom te bly nie. Ons het stad toe gegaan en hand aan hand gekyk hoe al die “Whites Only” en “Non-whites only” -bordjies oral verwyder is. Daardie aand het hy my na ’n hotel in Seepunt geneem waar ek heelnag in sy arms gedans het. Vader was besig om te verander en die verandering het hom goed gepas. Al sy kinders was gelukkig. Na die 1994-verkiesing was Vader die ene tande.

Maar terwyl hy so gelukkig was, het ek in my hart gehuil. Hy wou weet waaroor ek so ongelukkig was. “Dis oor Moeder, Vader. Eers het jy haar verstoot en haar aan ’n ander man afgesmeer en ’n titel op haar geplak. En toe staan jy met gevoude hande en toekyk hoe die stede al haar kinders van haar af weglok tot sy amper al haar prag verloor het. En nou het sy ook daai titel verloor. In die nuwe Suid-Afrika het sy nie eens haar eie naam teruggekry nie. Sy is nou toegegooi onder die Oos-Kaapkombers en almal skeer haar met dieselfde kam as dinge buite haar gebied verkeerd gaan. Sy is my ma! Almal, Vader ook, praat van haar as `Gewese Transkei’ asof sy ses-voet-ses lÍ! Het sy dan nie die reg op die behoud van haar eie naam nie?”

Vader het rooi in die gesig geraak en die wind het warm uit sy mond gekom. “Moenie op my kom preek nie! Jy en jou broers en susters het nes al die ander mense in die land julle bene na die stembusse toe afgehardloop en julle keuse gemaak. Nou moet julle daarmee saamleef.”

“Vader,” het ek sag gesÍ, “ek het vir vryheid gestem en dit gekry. Ek het nie gestem sodat Moeder haar naam moes verloor nie.”

“Wat wil jy daaromtrent doen?” het hy na ’n lang stilte gevra.

“Vir Moeder gaan besoek,” het ek beslis geantwoord. Ek het op daardie oomblik besef dat ek haar graag weer wil sien.

Die volgende oggend is ek per vliegtuig tot in Oos-Londen. Van daar af is ek met ’n gehuurde kar na Mama toe. Ek het oral na haar gesoek en haar in Nqamakwe gekry. Ons het huilend in mekaar se arms geval en ek het my kop styf teen haar pramme gedruk. Pramme wat eens groot en rond, maar nou pap en verlep was. Sy het broos en maer in my arms gevoel. Toe ek my kop lig om na haar kleurvolle gesig te kyk, het ek net een kleur gesien. ’n Swart kleur soos die wind en weer haar verrinneweer het.

“My kind! Jy het my nie vergeet nie!” het sy oor en oor in my oor in ’n bewerige stem gefluister.

“Ek sal jou nooit vergeet nie. Jy is my Moeder Transkei!” het ek teruggesnik.

LitNet-leser: Wat dink jy van hierdie bydrae? Twee pryse van R1000 elk word toegeken aan die interessantste reaksies op referate. Stuur jou opinie aan SÍNet by redlitnet@mweb.co.za

Besoek die beraad se virtuele boekuitstallings en ondersteun ons skrywers deur hul boeke via LitNet te bestel.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.