SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Wie se realiteit?

Herman Wasserman

Die realiteit laat hom nie so maklik dophou nie. Nie eers met 27 kameras 24 uur per dag nie, nie deur 30 000 loerders wat internetkanale hardlywig maak soos hulle saamkoek op ’n webtuiste waar hulle ’n oog kan gooi op 12 mense wat toegesluit is in ’n huis nie. Gewoon omdat “die realiteit” nie bestaan nie.

Goed, goed, dis ’n moedswillige formulering. Natuurlik is ons hele bestaan nie maar net sinsbedrog nie (of ten minste is dit ’n onderwerp vir ’n ander keer). Maar die realiteit as ’n objektiewe, waarneembare gegewe, as iets wat anderkant die lens van die kamera gereed lÍ vir ons om te beloer, daaroor sal veral diegene wat in die naam van een of ander post- (poststrukturalisme, postmodernisme, postkolonialisme, postapartheid) ’n wantroue in “waarhede” en “werklikhede” ontwikkel het, maar sinies wees.

Maar om skepties te wees oor wat kwansuis ’n bepaalde “realiteit” is, beteken nie dat ’n mens nou wil gaan staan en voorgee dat alles maar verbeel-verbeel is nie. Dit gaan oor waar die grens lÍ tussen waarnemer en waargenomene, en hoe daardie grens poreus is. Want die een wat loer, bepaal ook in ’n sin dit wat hy sien.

Wat sulke skeptici wel vanuit hul bepaalde teoretiese perspektiewe doen, is om aan te dring op ’n onderskeid: nie die realiteit nie, maar ’n realiteit. Want daar is meer as een realiteit, en dit wat aangebied word as ’n werklikheid, is altyd iemand se werklikheid. Daar word gekies om ’n bepaalde werklikheid voor te hou omdat dit in iemand se belang is, en dit wat ons as die werklikheid “ken”, het Michel Foucault ons geleer, hou verband met ’n bepaalde magsinstansie wat daardie kennis vir ons legitimeer, as ’t ware sy tjap daarop plaas. En dis die rol van kritici om na ’n spesifieke aanbod van ’n realiteit te kyk, daaraan te torring en sodoende die aannames onderliggend daaraan uit te lig, sodat ons kan begin sien wie se werklikheid hier aan ons voorgehou word. Realiteit, het Breyten Breytenbach geskryf, is ’n wyse van kyk.

As ons dus kyk na Big Brother, die eerste Suid-Afrikaanse eksponent van die talle realiteitstelevisiereekse wat tans die kyksyfers regoor die wÍreld laat bokspring, moet ’n mens nie soseer aanneem dat ’n bepaalde werklikheid hier aan ons weerspieŽl word nie, maar eerder vra watter soort werklikheid hier vir ons geskep word — en wat die funksie van hierdie konstruksie is.

In ’n artikel op News24.co.za skryf Johann Rossouw dat Big Brother se sukses grootliks daaraan toe te skryf is dat die reeks telkens aangepas en bemark word binne ’n unieke, tipiese plaaslike konteks. Dit plaaslike bestanddele, sÍ hy, sluit altyd aspekte in van die belangrike sosiale behoeftes van die bepaalde land se verbruikersklas. Met hierdie doel voor oŽ, skynbaar, is Suid-Afrikaanse gehore belowe dat Big Brother aan ons ’n insig sal gee in die verwagtinge, vooroordele en verhoudinge wat verskillende groepe Suid-Afrikaners — waarvan die deelnemers verteenwoordigers is — van en met mekaar het. Dat hierdie saamgooi van mense van uiteenlopende agtergronde ’n plofbare situasie sou skep, is nie alleen verwag nie, maar waarskynlik ook deur die reeks se bemarkers gehoop. Dit verklaar die Big Brother- advertensiebord langs die N1 op pad Kaap toe, waar daar op die Survivor-reeks gesinspeel word in ’n slagspreuk wat min of meer lui: “See 12 South Africans survive something more dangerous than the Australian outback". Die verwagting was dus dat die Big Brother-werklikheid wat vir ons geskep sou word, plek-spesifiek sou wees. Dit sou ’n Suid-Afrikaanse werklikheid wees.

En toe? Hoe lyk hierdie Suid-Afrikaanse werklikheid deur M-Net se oŽ?

Op die eerste program van die reeks het ’n sangoma vooraf die huis op rituele wyse gereinig, en die aankoms van die deelnemers by die huis is begelei deur ’n groep tromspelers in tradisionele drag. Behalwe hierdie stukkies kolonialistiese eksotika was daar van essensialistiese of tradisionele idees oor hoe Suid-Afrika lyk, maar min te sien. Om mee te begin, is die helfte van die 12 deelnemers wit — kwalik ’n weerspieŽling van die land se demografie. Nobesethu, ’n deelnemer van KwaMashu, het in so ’n mate uitgestaan dat sy deur die program se vertellerstem beskryf is as “the township girl”. Net een van die deelnemers praat Afrikaans, die derde grootste huistaal in die land. Op twee na is almal jonger as 30. Dis ’n opgewekte, prettige spulletjie, op wie ’n mens modewoorde soos trendy, funky, cool en dalk ook flaky sou kon aflaai (behalwe miskien vir die onderwyseres Janine, een van die min deelnemers wat in die vooraf-onderhoude blyke gegee het van substansie). Irvan is blykbaar besig met sy doktorsgraad in klimatologie, maar tussendeur haar histeriese gille oor hoe opgewonde sy oor dit alles is (’n mens het bekommerd geraak sy kom dalk iets oor), můťs Gerry Rantseli hom beskryf as “ons eie Lenny Kravitz-ewebeeld” en het in sy eerste frenetiese spreekbeurt op pad na die huis se voordeur die belangrikheid van goeie kleresmaak onder kykers se aandag gebring.

’n WeerspieŽling van “die Suid-Afrikaanse realiteit”? Vir die meerderheid Suid-Afrikaners sal Big Brother dit allermins wees. Die braaivleisvuur in die binnehof sal dalk die herkenbaarste element wees wat betref raakpunte met wat die meeste mense as die realiteit sou beskou.

Maar dit gaan natuurlik hier nie oor die meerderheid Suid-Afrikaners nie, maar gewoon die meeste M-Net-kykers, want daar is geld te maak. En dit is hul goeie reg. Maar moet dan net nie vir ons die perdevye kom verkoop van multikulturaliteit, diversiteit of Suid-Afrikaansheid nie. Moet nie verwag ons moet iets uit die 12 huismaats se kaperjolle leer wat algemene geldigheid sal hÍ nie. Dis ’n baie spesifieke realiteit wat hier geskep word, skynbaar diť van die jong, grootliks welgestelde verbruikersklas. ’n Realiteit, nie die realiteit nie.

Ten minste was Rantseli daaroor eerlik toe sy vooraf aan kykers die kamera- en redigeerkamer wys. “Dit is die regte hart van die huis,” het sy opgemerk. Sy was korrek. Dis daar waar die lewensbloed van Big Brother se realiteit uitgepomp word. Dis daar waar realiteit vervaardig word.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.