SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

NB-Uitgewers: Waarom herskik, waarheen vorentoe?

Hannes van Zyl

P J Nienaber-gedenklesing, Bloemfontein, Julie 2001

Die ideaal dat voortreflike inheemse titels bestendig moet word, was ’n rigtinggewende begeerte in P J Nienaber se lewe; NALN is daaraan toegewy; en dit is ook die ywer van NB-Uitgewers, wat Tafelberg, Human & Rousseau, Kwela, Queillerie, Pharos, J L van Schaik se algemene lys en verskeie kleiner drukname insluit. As die grootste algemene uitgewer in Suid-Afrika, met meer as vier nuwe titels per week, is ons deeglik daarvan bewus dat ons ’n verantwoordelikheid het om gevestigde literÍre tradisies in stand te help hou. Daarby weet ons dit is vorentoe belangrik om die leefruimte vir boeke en vir lesers nog te verruim. Ons wil toeganklik wees vir nuwe lesers en vir nuwe skrywers, in Afrikaans en in Engels, en waar moontlik ook in ander tale van die land.

Om sinvol oor ons toekoms as uitgewers te praat gee ek vlugtig eers enkele insigte oor:

  • Die doel van uitgewers
  • Algemene tendense in die boekbedryf elders in die wÍreld
  • Die boekbedryf in Afrika en in Suid-Afrika
  • Die boek in Afrikaans
  • Die toekomsmoontlikhede vir inheemse uitgewers in Suid-Afrika.

Doel van die uitgewer

Die uitgewer se taak is om waarde te skep deur skrywers se werk doeltreffend na lesers te bring.

Dit veronderstel ’n verskeidenheid verpligtinge, en minstens ook drie groter verantwoordelikhede, wat net in ewewig tot sukses op die lange duur kan lei. Die uitgewer moet:

  • goeie skrywers werf, hulle begelei en wedersydse lojaliteit verseker;
  • aan lesers waarde vir hul geld gee; en
  • vir aandeelhouers ekonomiese waarde skep.

Onderliggend aan hierdie siening van die uitgewer se werk, en onderliggend aan alles wat gedoen word by die uitgewerye ter sprake, is ’n geloof in die beskawende invloed van die boek; ’n geloof dat die boek nie net ’n noodsaaklike, funksionele instrument vir ’n doeltreffende samelewing is nie, maar tegelyk ’n helende krag in die mate waarin dit tegelyk lesers lei en verbly.[1] As uitgewers glo ons dus in die beskawende invloed van boeke. Ons rig ons daarop om ’n hulp en steun te wees vir skrywers, ’n vertroude noodsaak vir lesers, en ’n noodsaaklike stut vir die oop gesprek in die samelewing. Op ’n vasteland waar boeke nog nie tot volwassenheid in die samelewing gekom het nie, en in ’n land waar ’n betreklik klein lesende bevolking oor ’n wye landskap versprei is, wil ons in ’n saaklike sin suksesvol wees, en terselfdertyd oop vir ’n verskeidenheid van skrywerstemme, om sů ook die groter saak van die boek te dien.

WÍreldtendense in die uitgewersbedryf[2]

Navorsing in verskillende lande, veral Amerika, Duitsland en Brittanje, wys al die afgelope dekade op ’n onderliggende patroon van lees en koop van boeke in ontwikkelde lande. Mense wat geletterd is, asook diť wat gereeld boeke lees en koop, daal elke jaar gering, met ’n breukdeel van ’n persentasie. Maar omdat diť groep wat gereeld lees en boeke koop, dit met toenemende ywer doen, styg die verkope van boeke nog meesal met ’n paar persent van jaar tot jaar, terwyl die verskeidenheid van titels bly groei. Op Frankfurt, steeds die wÍreld se belangrikste boekeskou, was daar die afgelope dekade in vele tale van die wÍreld elke jaar meer as 100 000 nuwe titels — sowat 115 000 die afgelope jaar.

En terwyl die gaping tussen die topverkopers en die groter gros van sogenaamde “midlist”-titels elke jaar groter word, is dit interessant om te sien dat gewilde literÍre romans die kategorie is wat in die algemene boekmark die sterkste groei.

Vir uitgewers is daar ’n verdere onderliggende patroon. Danksy nuwe tegnologie en elektroniese vordering word dit algaande goedkoper om boeke te maak, maar terselfdertyd duurder om boeke te bemark. Dit is nie net die groeiende getal titels wat tot verskerpte mededinging lei nie; ook ander soorte inligting en vermaak, soos die media, musiek, rolprente en die internet, ding sterker mee om die boeklesende publiek se geld, aandag en tyd.

Binne diť konteks is daar drie belangrike tendense in die uitgewersomgewing: ’n wÍreldwye konsolidasie in die bedryf, ’n toenemend oorheersende rol vir Engels, en groei in elektroniese produkte.

  • Boeke word meesal oor ’n lang tydperk geskryf, versorg en uiteindelik (dalk) verkoop. Die groter eise van bemarking, en veral die verskerpte mededinging om kapitaal, het die afgelope dekade in byna elke land in die wÍreld tot ’n konsolidasie van uitgewerye gelei. Terwyl die groter uitgewerye vinnig groter geword het, was daar interessant genoeg egter ook ’n vinnige toename in klein uitgewers, juis omdat dit al makliker word om op klein skaal uit te gee. In Amerika, waar diť patroon op die spits gedryf is, is 20 uitgewers nou verantwoordelik vir 93persent van die omset in boekverkope, en sowat 40 000 uitgewers vir die orige 7persent .
  • Die verkope van Engelse boeke het die afgelope dekade sterker gegroei as diť van boeke in ander tale. Die suksesvolste uitgewers, toevallig meesal nie Engelstalige uitgewers nie, het gevolglik uit noodsaak in die laaste dekade die grootste Amerikaanse en Britse uitgewers aangekoop: Bertelsmann vir Random House, Bantam, Doubleday, Dell en ander; Holzbrink vir Macmillan, Transworld, St Martin’s Press en ander; en Hachette vir Orion.
  • Die verkope van elektroniese produkte neem stadig maar bestendig toe en sal die omgewing vir uitgewers en boekhandelaars in die volgende dekade ingrypend verander, al is daar geen gevaar dat die boek self verdring sal word nie.

Die boekbedryf in Suid-Afrika is nie vry van die kragte wat in die res van die wÍreld op uitgewers inwerk nie. Dit is tendense wat ook hier in toekomsplanne verreken moet word.

Die boekbedryf in Afrika[3]

Wat boeke betref, is Afrika nog in ’n belangrike mate ’n gekolonialiseerde vasteland. Skoolboeke word in talle Afrika-lande ontwikkel, maar Suid-Afrika is die enigste land in Afrika met ’n wesenlike algemene boekbedryf en ’n deurlopende vloei van titels in die algemene mark.

Enkele feite:

  • Afrika se literÍre tale is hoofsaaklik Engels en Frans, en in meer beperkte mate ook Arabies en Afrikaans. Daar is min ruimte vir enige van die meer as 2 000 inheemse swart tale op die vasteland. Die omvang van die Afrikaanse boekbedryf is in diť lig wonderlik uniek.
  • Sowat 95 persent van alle boeke wat op die vasteland uitgegee word, is skoolboeke, vergeleke met die sowat 35 persent in ontwikkelde lande.
  • Die koste om boeke in afgeleŽ landelike gebiede te versprei, beloop dikwels 200 persent van die prys van die boek, vergeleke met 30 persent in stedelike gebiede.
  • Afrika lees sowat 12 persent van die boeke wat in die wÍreld uitgegee word, maar skep slegs drie persent van die boeke wat wÍreldwyd gelees word.
  • Weens handelstariewe, wisselkoersprobleme en gebrekkige infrastrukture is dit vir uitgewers in Afrika dikwels makliker om met uitgewers in Europa handel te dryf as met uitgewers in buurlande.

Skrywers wat baie lesers kan en wil bereik, of dit nou J M Coetzee of Wilbur Smith of Nelson Mandela is, publiseer dus in Londen, New York of Parys, nie omdat hulle werk nie plaaslik uitgegee sal word nie, maar omdat hulle oorsee meer lesers kry.

Skrywers het ’n behoefte aan lesers, selfs ’n plig om soveel lesers as moontlik te bereik. Hulle kan nie verkwalik word oor ’n besluit om in die buiteland uit te gee nie. Tog verswak die deurlopende uitvloei van suksesvolle skrywers die inheemse bedryf. Op die sukses van elke topskrywer sou inheemse uitgewers telkens 10 of 20 jonger skrywers kon uitgee. Dieselfde geld selfs Afrikaanse skrywers wanneer hul werk in Engels vertaal en oorsee uitgegee word.

’n Ander, minder meetbare gevolg van ’n situasie waar verskyning in Londen, New York of Parys die maatstaf van skrywers se sukses is, is dat nuwe, jong skrywers hul stem aanpas vir lesers in die wÍreldstede eerder as vir die oor van mense in hul eie omgewing. Daar is winste in so ’n aanpassing, maar ook veel wat verlore raak en die inheemse tradisie armer laat.

In albei gevalle, diť van die boekbedryf en diť van inheemse taal- en literÍre tradisies, is die eindresultaat ’n literÍr gekolonialiseerde Afrika. Soos in die ryke van ouds word werk uit die verre provinsies na die hoofstad gestuur, van waar dit mettertyd, met goedkeuring, weer na die verre uithoeke van die ryk versprei word.

Die boekbedryf in Suid-Afrika

In Suid-Afrika was daar in die afgelope drie jaar ingrypende veranderinge. Uitgewers het te kampe gehad met ’n wesenlike daling in staatsbesteding en alle vorme van institusionele aankope, asook met skrale bestellings van groot boekhandelaars met voorraadoorskotte. Verskeie uitgewershuise het verdwyn, so ook honderde poste in die bedryf.

Kenmerke van die boekbedryf in Suid-Afrika:

  • Die verdeling tussen die verkope van opvoedkundige publikasies en boeke vir die algemene mark is betreklik gelyk, dus beter as in die res van Afrika, maar swakker as in ontwikkelde lande. Die gemiddelde besteding per kop op boeke is betreklik laag en daar was in die afgelope dekade weinig groei in die algemene mark.
  • Die verdeling van omset in die algemene mark is sowat 75 persent vir boeke wat van elders ingevoer word en 25 persent vir boeke wat plaaslik uitgegee word. Afrikaans se aandeel is sowat 10 persent van die totaal, en ongeveer 30 persent van plaaslike publikasies. Mededinging van uitgewers vanuit die buiteland word deur elektroniese handel vergemaklik. Plaaslike uitgewers behou met moeite hul rakruimte in boekwinkels.
  • Staatsteun vir boeke en vir uitgewers in Suid-Afrika is op ’n lae vlak, veel minder as die regstreekse en onregstreekse steun wat algemene uitgewers in ontwikkelde lande van die staat kry.

Die boek in Afrikaans

Vrese rondom die toekoms van die Afrikaanse boek vorm deel van die wyer vrees oor die toekoms van Afrikaans.

Daar is geen wesenlike gevaar dat die taal sal verdwyn nie; wel die vrees dat die taal die meeste van sy openbare funksies kan verloor. Vir Afrikaans as universiteitstaal is die bedreiging groter as wat die meeste Afrikaanssprekendes waarskynlik besef. Maar selfs met verengelsing, emigrasie, ’n afplatting van Afrikaanse skole en dalende studentetalle sal ’n mens nog ’n geruime tyd moet wag, moontlik selfs tot ’n volgende geslag, voordat grondige voorspellings oor die toekoms van die taal gedoen kan word. J C Steyn het al gewys, in argumente wat moeilik betwis kan word, dat daar nog nie goeie grond is om te voorspel dat Afrikaans as skryftaal kan verdwyn nie. Sulke voorspellings is, soos baie eindvoorspellings, eerder op emosionele aannames as op saaklike ontleding gebaseer.

Wat die Afrikaanse boek betref, was daar in die laaste 20 jaar ’n sterk groei in verkope en ’n wyd gebaseerde, volwasse en verdraagsame leeskultuur. Maar wat ’n mens by diť groei in verkope van Afrikaanse boeke in gedagte moet hou, is dat Afrikaanse boeke steeds ’n betreklik klein nismark is en oorwegend verkoop word uit winkels waarvan die eienaarskap, algemene sfeer en kennis van personeel oorwegend Engelstalig is. Dat dit wťl gebeur, is betreklik uniek. Met die uitsondering van groot, sogenaamd internasionale winkels in wÍreldstede, is boekwinkels merendeels eentalig, ook in veeltalige lande soos Kanada, Switserland en BelgiŽ.

Terwyl dit algaande duidelik word in watter mate Afrikaans ’n niedominante taal in Suid-Afrika is, is daar toenemend ’n uitwaartse strewe by mense en instansies wat die belange van die taal wil bevorder. Waar die ywer van die taalgemeenskap tevore dikwels na binne gekeer was, en daar gehuiwer sou word om formele erkenning te gee aan andersdenkende skrywers, is daar nou meer openheid en ’n groter sensitiwiteit vir ’n verskeidenheid van stemme. Die saak vir Afrikaans berus nou in ’n belangrike mate ook op die bevordering van veeltaligheid; die beskerming van ander inheemse tale; en die skep van geleenthede vir arm taalgemeenskappe. Dit is ook ’n taak van die uitgewer.

NB-Uitgewers

Uitgewers soos Tafelberg, Human & Rousseau, Kwela, Queillerie en ander is saamgevoeg om op die lange duur te kan oorleef, maar met ’n strategie om nog die afsonderlike drukname en die literÍre tradisie rondom elke druknaam te behou en uit te bou.

Dus: Drukname soos Tafelberg, Human & Rousseau, Kwela en dies meer bly redaksioneel selfstandig, terwyl ondersteunende dienste soos finansiŽle bestuur, bemarking en produksie gedeel word en skaars middele soos kapitaal en kundigheid gesamentlik benut word.

Ons het in die laaste jare reeds goed gevorder om ’n uitgewery te word wat doeltreffend met internasionale uitgewers kan meeding. Ons het:

  • ons redaksionele begeleiding op ’n hoŽ vlak gehou en ons kernvermoŽns in ontwerp, bemarking en finansiŽle bestuur verbeter;
  • die fondslys verruim, met ’n breŽr spektrum van skrywers en kategorieŽ van boeke wat uitgegee word;
  • in ’n statiese mark groei van 44 persent oor die laaste twee boekjare bereik;
  • in die toekoms belÍ met beleggings in nuwe soorte boeke, kundigheid, verspreidingsgeriewe en rekenaarstelsels.

Afrikaanse skrywers en lesers voel meesal dat hulle ’n spesiale besit het in die ou en diep fondslyste van Tafelberg, Human & Rousseau en J L van Schaik. Ons het ’n veeleisende verantwoordelikheid op ons geneem om daardie besondere posisie van vertroue te behou; om tegelyk met nuwe drukname nuwe literÍre tradisies te vestig, in Afrikaans en in Engels; en dan om steeds aktuele publikasies, geÔllustreerde kleurwerk, en ook kinderboeke en jeugboeke te publiseer. Ons gee dus in meer as een taal uit en oorspan meer as een literÍre, politieke en sosiale establishment, wat deesdae nie ’n algemene verskynsel by uitgewers is nie.

Hoewel ons al meer in minstens Engels ook suksesvol moet wees om te kan oorleef en ons beskawende invloed in die samelewing te laat geld, is dit nie ’n geheel nuwe ontwikkeling vir ons nie. Die histories Afrikaanse uitgewers was nog nooit so netjies en eenselwig Afrikaans as wat baie mense dalk vermoed nie. Human & Rousseau se heel eerste publikasie was in Engels, ’n digbundel van Anthony Delius. Tafelberg gee al dekades lank ook in Engels uit, en het al ’n verskeidenheid van titels in die swart landstale uitgegee. ’n Druknaam soos Kwela, wat in die eerste plaas sigbaar en suksesvol op Engelstalige skrywers gerig is, gee weer beduidend ook in Afrikaans uit. Die uitgewers in die NB-groepering is moontlik die enigste in Suid-Afrika wat buite die skoolmark in al die tale van die land uitgee.

Ons moes uit noodsaak die afgelope drie jaar meer saaklik werk om mededingend te kan wees en het dit in ’n belangrike mate reggekry. Maar ons het nie, en wil nie, die geestelike ruimte vir skrywers verskraal nie, ook nie die uitgewers se noue saamleef met boek en taal nie. In die samevoeging is gesag in die uitgewery afgewentel en is die model van ’n uitgewersbaas omring van redakteurs vervang deur een waar die redakteurs uitgewers geword het en elkeen selfstandig en met redaksionele onafhanklikheid ’n eie publikasielys saamstel. Dit skep ruimte vir inisiatief, verskeidenheid en vlugge beweeglikheid. Die uitgewersgroep kan dan enersyds saaklik doeltreffend wees, en andersyds hoogs persoonlik en individualisties, bevolk deur mense wat toegewy is aan hul vak en sensitief vir skrywers, lesers en die groter saak van die boek.

Vorentoe

Die algemene uitgewer se natuurlike idealisme word vandag steeds deur die realisme van groter kragte in die omgewing getemper. Ons beset ’n ruimte Írens tussen valse grootsheid en valse nietigheid. Die uitgewer kan nie op sy eie ’n leeskultuur skep nie, hoogstens ’n bydrae daartoe lewer. Die uitgewer kan nie goeie letterkunde verseker nie, hoogstens nuwe talent begelei en probeer om nie met ’n benouende maatskappykultuur nuwe lewe te smoor nie. Die uitgewer se bydrae is eintlik heel beskeie, maar dan steeds noodsaaklik en baie belangrik.

As uitgewers is dit vir ons belangrik, veral nou in ons land, om nie oorhaastig tot uiterste gevolgtrekkings te kom nie. Wanneer daardie gevolgtrekkings aan die somber kant is, beland mense maklik in ’n kringloop waar hulle onnodig broos en magteloos voel. Te midde van velerlei kleiner en groter terugslae vir die inheemse boek sien ons in die nuwe werk wat elke dag by ons kantore opdaag, nog ruim bewys van volop skeppende energie en van gulsige, geesdriftige betrokkenheid by land, lewe en taal.

Die houbare houding, uit ’n uitgewersoogpunt, is om saaklik te doen wat gedoen kŠn word en gedoen můťt word. Die afgelope twee jaar se vordering met nuwe vaardighede en groei in verkope moet volgehou word. Ons moet vasberade werk om inheemse boeke ook buite die land se grense beter te bemark. Ons moet ook die staat oortuig om die inheemse boekbedryf beter te help, dalk deur steun in ’n program wat tegelyk ook die leeskultuur kan versterk.

Om ’n uitgewer hier te wees bly ’n veeleisende vreugde, met die klem nog op vreugde. Daar is steeds ruimte vir idealisme en voldoende bestendigheid om ook realisties te droom.

[1] Ek veronderstel ’n goeie begrip vir die halwe woord wat ’n mens benut om kort te praat. Wanneer ek na skrywers verwys, is dit in die ruimste sin van die woord, om sowel ’n verskeidenheid skrywers as illustreerders, kunstenaars, fotograwe en dies meer in te sluit. En wanneer ek van die boek praat as ’n helende krag wat lesers kan lei en verbly, in die sin van Sir Philip Sidney se “teach and delight”, dan is dit nie tot uitsluiting van die ander skakeringe in die uitwerking wat ’n boek kan hÍ nie, soos om te ontstig, te verwar, te skok, te prikkel, te vermaak, te verlei, of te verruk.

[2] Statistiek oor wÍreldtendense in die boekbedryf is ontleen aan interne verslae van die Mohn-stigting in Duitsland (wat deurlopend die mees omvattende navorsing oor die boekbedryf in die wÍreld doen), Whitaker Book Track, AAP Sales Reports, Andrť Schriffrin se The Business of Books (2000, Verso), en inligting verstrek deur die bestuur van Frankfurt Buchmesse.

[3] Statistiek oor die boekbedryf in Afrika is verkry uit African Publisher’s Review 7(5), Sept/Okt 1998; Askerud, P, A Guide to Sustainable Book Development (1979, Unesco); en Wafawarowa, B, “Book policies and book development in Africa”, Kaapse Bibliotekaris, Mei/Junie 2001.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.