SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die spanning tussen voortbestaan en geregtigheid

Johan Degenaar

Department of Philosophy
University of Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland 7602
South Africa

The tension between survival and justice.

In this article I discuss the nature of moral reflection on Afrikaner survival before 1994 and compare it with the nature of moral reflection on the Afrikaner’s right to survival as a minority group after 1994. The main focus is on the relationship of tension between survival and justice and on the difference in the relationship before and after the transference of power in 1994. N P van Wyk Louw’s view of the dynamics of survival is an important point of reference since it discusses the various crises within the Afrikaner community and the difficult choices that had to be made without certainty about the outcome. The crisis in the middle of the 20th Century concerned the choice between mere survival and survival through justice. Many critical voices were raised by Afrikaner intellectuals, but to no avail. In 1994 the Afrikaner lost his dominant position and since then a crucial question has become whether the new dispensation will guarantee the survival of Afrikaans. Will justice prevail in this regard? The answer is affirmative if democracy (liberal, plural and social) is adhered to. Plural democracy is built on the basis of respect for cultural diversity and this entails that both the state and the cultural communities as part of civil society should take responsibility for the application of human rights as it applies to the survival of different languages.

Hoe kan die mens diversiteit sinvol leef?

In hierdie opstel wil ek aandag skenk aan die aard van morele besinning oor Afrikaner-politiek voor 1994 en dit vergelyk met die aard van morele besinning oor die Afrikaner se reg op voortbestaan as minderheidsgroep na 1994. In beide gevalle konsentreer ek op die spanningsverhouding tussen voortbestaan en geregtigheid en bespreek die verskil in die verhouding voor en na die magsoorgawe in 1994. Ek maak in hierdie artikel gebruik van die insigte rondom pluralisme en morele filosofie in sosiale konteks — twee terreine wat Andrť du Toit aan die orde gestel het in ons vrugbare samewerking in die Politieke Filosofie aan die Universiteit van Stellenbosch.

As filosoof is ek bewus van die feit dat ek verskillende terme gebruik wat verdere begripsverheldering vereis. Ek dink hier aan woorde soos: Afrikaner, kultuur, volk, nasie, identiteit, multikulturaliteit, geregtigheid, ensovoort. Die betekenis van hierdie woorde is veel problematieser as wat die gebruiker van die woorde besef. Aangesien die betekenis van ’n woord die gebruik van ’n woord in ’n bepaalde konteks is, stel ek voor dat ons telkens erns maak met die bepaalde konteks.

I    Die dinamiek van voortbestaan

In sy opstel “Die ewige trek” toon N P van Wyk Louw aan in watter sin daar gesÍ kan word dat ’n volk steeds op weg is, en bespreek dan die tema aan die hand van die geskiedenis van die Afrikaner. Hierdie dinamiek van voortbestaan word geÔllustreer aan die hand van verskillende gebeurtenisse waarin belangrike keuses gemaak moes word terwyl die keusemakers geensins sekerheid gehad het oor die uitkoms van hulle optredes nie. Hierdie onsekerheid geld ook die teenoorgestelde keuses van opponerende lede van die bepaalde gemeenskap. Omrede van hierdie gedeelde onkunde oor die toekoms pleit Louw vir beskeidenheid in ons beoordeling van andersdenkendes. Hierdie beskeidenheid moet ons egter nie daarvan weerhou om ’n bepaalde keuse te maak en verantwoordelikheid vir die gevolge te dra nie.

Louw (1986:94-102) bespreek drie sulke beslissende keuses in die geskiedenis van die Afrikaner: die Groot Trek, die Tweede Vryheidsoorlog en “die keuse om Afrikaans in die plek van Nederlands as skryf- en kultuurtaal te aanvaar.” Hy nooi ons uit om nie beterweterig vanuit die huidige tyd hierdie historiese keerpunte te beoordeel nie, maar om ons terug te verplaas in daardie situasies en iets te probeer verstaan van die riskantheid van daardie keuses in bepaalde kontekste sonder nakomende insig in die verloop van die geskiedenis. Ons moet veral nie dink dat daar “telkens net een pad oopgelÍ het en dat daar nie ’n gelykop keuse tussen twee dinge was nie”. Die dinamiek van voortbestaan lÍ in die dramatiese aard van hierdie gelykop keuses in ’n toestand van onkunde en onsekerheid oor die toekoms.

In die geval van ’n keuse tussen Afrikaans as ontluikende taal sonder literatuur en Nederlands as bestaande taal met ’n gevestigde literatuur, is ’n waagstuk geneem deur ’n keuse te maak vir Afrikaans. En met sukses. Volgens Louw was die Afrikaanse taal die loopgraaf van die nasionale kultuur van die Afrikaner en het dit ’n literatuur moontlik gemaak wat ’n mate van reg gegee het aan die Afrikanervolk se bestaan. Dit is dan ook hierdie taal- en kultuurnasionalisme wat die Afrikaner in staat gestel het om die politieke mag in 1948 te verower — ’n mag wat hy gebruik het om sy reg op bestaan en voortbestaan te beskerm deur die beleid van apartheid.

My eie politieke bewuswording ontstaan in hierdie periode waarin die spanning tussen voortbestaan en geregtigheid opgehef is in die sin dat die voortbestaan van die Afrikaner geregverdig is bloot op die besit van ’n eie taal en kultuur wat beskerm moes word. Krities beskou was die beskerming van ’n eie taal en kultuur nie die historiese keuse wat bevraagteken moes word nie, maar die wyse waarop dit gedoen is. Ons kan in hierdie verband die uitspraak van lord Acton in gedagte hou: “Power tends to corrupt and absolute power corrupts absolutely.” Die verleiding vir die maghebber was te groot om ’n beskermingsbeleid te gebruik wat op die maklike kriterium van rassediskriminasie berus maar wat die waardigheid van sowel die slagoffer as die dader aantas. Dit is hierdie beleid wat ek bevraagteken het op morele gronde — ’n kritiek wat aansluit by Louw se opmerking oor die grootste versoeking vir die Afrikaner in die apartheidsperiode as synde die keuse vir blote voortbestaan bo voortbestaan in geregtigheid.

Dit is aan hierdie idee van die spanningsverhouding tussen voortbestaan en geregtigheid dat ek aandag wil skenk.

’n Belangrike vraag in hierdie verband is die vraag na die wyse waarop hierdie problematiek verander het in die oorgang van apartheidspolitiek na ’n demokratiese regering. Met die oorgang het die vraag na die verhouding tussen voortbestaan en geregtigheid nie verval nie. Dit het net ’n ander vorm aangeneem, omdat die konteks drasties verander het. In die morele gesprek oor die voortbestaan van die Afrikaner as maghebber het die vraag na geregtigheid in sy optrede teenoor ander bevolkingsgroepe sentraal gestaan. Met die omkeer van rolle in 1994 en die prysgawe van politieke mag is die vraag of die reg op die voortbestaan van die Afrikaner deur die nuwe maghebber erken en eerbiedig word.

Die beantwoording van hierdie vraag moet nie lei tot die uitskakeling van die belangrike verantwoordelikheid van die Afrikanergemeenskap om sy taal en kultuur te bevorder in ’n demokratiese samelewing nie. Inteendeel: in ’n demokrasie, gekenmerk deur multikulturaliteit, is die regsbegrip ’n verwikkelde aangeleentheid en is ’n gemeenskap se bestaansreg iets wat daagliks deur die gemeenskap self geskep moet word. Die groot vraag is of die Afrikanergemeenskap opgewasse is vir hierdie taak.

II    Multikulturaliteit

Alhoewel ek aandag wil skenk aan die spanning tussen voortbestaan en geregtigheid wat die Afrikaner betref in die periode voor en na 1994, wil ek as filosoof ook die problematiek plaas in die ruimer konteks van multikulturaliteit as globale verskynsel. Die proses van modernisering en die ontwikkeling van informasietegnologie het die distansies tussen lande en volkere kleiner gemaak. Die resultaat van hierdie proses is egter nie die nivellering van verskillende kulture nie, maar die beklemtoning van multikulturaliteit. In Suid-Afrika het ons altyd geweet dat ons ’n multikulturele land bewoon, maar met die koms van demokrasie het multikulturaliteit sterker op die voorgrond getree. Hierdie ontwikkeling het ook implikasies vir die wyse waarop die Afrikaanse kultuur verstaan kan word.

Die woord kultuur dui op die lewensvorm van ’n gemeenskap — ’n groep mense wat bepaalde eienskappe deel. In die geval van ’n volksgemeenskap is die eienskappe gewoonlik ’n gedeelde taal, godsdiens en geskiedenis. In monokulturele kontekste lewer dit geen probleme op nie, maar in multikulturele kontekste wel. Die rede hiervoor is dat in sulke gevalle verskillende kultuurgemeenskappe in dieselfde land moet saamlewe. En omdat dit in die politiek gaan om die regulering van magsverhoudinge, is ’n sleutelvraag in ’n multikulturele samelewing die vraag na die mag wat aan kultuurgemeenskappe gegee word en gegee kan word om hulle kulture te beoefen.

Hierdie probleme bestaan in alle multikulturele samelewings, en al hoe meer samelewings word vandag deur multikulturaliteit gekenmerk. Dit is ’n boeiende verskynsel op weg na die 21ste eeu — boeiend maar ook moeilik om polities te akkommodeer. In hierdie verband blyk die gevaar van nasionalisme — die ideologie van die kongruensie van een kultuur en politieke mag — en nasiebou-programme wat nie respek vir afsonderlike kulture toon nie. In gevalle waar die staat nie ruimte laat vir die vrye ontwikkeling van kulture nie, is die verantwoordelikheid van die kultuurgemeenskappe des te groter. Indien die staat in gebreke bly om die voortbestaan van kulture in geregtigheid te waarborg, moet die burgery self die stryd om regverdigheid stry.

Dit is in sulke gevalle dat demokrasie se belangrikheid blyk — demokrasie in drievoudige sin: liberaal, pluraal, sosiaal. Liberale demokrasie waarborg individuele regte. Plurale demokrasie erken die regte van kultuurgemeenskappe. Sosiale demokrasie verbind die staat daartoe om individue en groepe in staat te stel om hulle regte inderdaad uit te lewe.

Hierdie algemene punt oor die waarde van kulturele pluralisme is maklik om te maak. Die praktiese situasies is egter moeiliker om te hanteer. Daarom is die beginsel van kontekstualisering van groot belang: die historiese, geografiese en politieke konteks moet in elke geval in aanmerking geneem word. Die wyse waarop kulture in byvoorbeeld Nederland ingeskakel word, hoef nie te geld in die Suid-Afrikaanse samelewing nie. En verder: die manier waarop die verskillende tale en kulture in Suid-Afrika geakkommodeer word, kan ook van mekaar verskil, afhangende van tyd, plek, aanvraag en omstandighede.

III    Besinning voor 1994

Daar is ’n neiging om in die gesprek oor die geskiedenis van die Afrikaner na 1948 op die onaanvaarbaarheid van apartheid te fokus en die rol van die ideologie van Afrikanernasionalisme in diť verband te beklemtoon. Hierdeur kom die kompleksiteit van die Afrikaanse kultuur egter nie tot sy reg nie en word nie voldoende aandag geskenk aan die besinning binne die kultuur self oor belangrike aangeleenthede wat betref taal, kultuur, kuns, moraliteit, religie, politiek en letterkunde nie. En hierdie besinning is belangrik omdat dit nie net ’n voetnota is by die geskiedenis nie, maar ’n belangrike deel daarvan. Dit moet in gedagte gehou word ook in die konteks van ons gesprek, waar ek my beperk tot ’n besinning oor die idee van voortbestaan in geregtigheid.

Wat die betekenis van die woord geregtigheid betref, wil ek net daarop wys dat ek gerieflikheidshalwe aansluit by die gebruik van die woord as sinoniem vir regverdigheid. Beide woorde het in hierdie gebruik dieselfde betekenis as die Engelse woord justice. Omrede van ’n religieuse konnotasie wat met die woord geregtigheid verbind is, verkies ek self die term regverdigheid met sy moreel-politieke betekenis. Ons moet wel in gedagte hou dat Louw, met sy idee van ’n “dieper reg” wat die lewe van ’n volk bepaal, moontlik ’n religieuse of metafisiese konnotasie wou behou en dat sy keuse gevolglik op die woord geregtigheid geval het. In hierdie gesprek sal die konteks van gebruik die betekenis help bepaal, maar as algemene aanduiding geld die gebruik van die woord geregtigheid as sinoniem vir die woord regverdigheid .

Op hierdie stadium van die Suid-Afrikaanse geskiedenis is die onreg van die apartheidspolitiek en, danksy die onthullinge deur die Waarheid- en Versoeningskommissie, ook die onheile van daardie tyd, oorbekend. My taak is om net die aandag te vestig op die besinning oor die Afrikaner in terme van die konsepte van voortbestaan en geregtigheid. En ’n sleutelfiguur in hierdie verband is N P van Wyk Louw.

Reeds vroeg in die sestigerjare vra hy:

    Besef u dat ons in ’n Umbruch lewe waarin die Afrikaner se politieke denke meer vernuwing nodig sal hÍ as wat dit tussen 1860 en 1960 gekry het? (Louw 1963:3)

Met sy ernstige en noukeurige dinkwerk het Louw self ’n bydrae tot hierdie vernuwing gelewer. Aanvanklik het hy ’n estetiese nasionalisme voorgestaan waarvolgens die voortbestaan van die Afrikaner geregverdig word deur die skoonheid van die Afrikaanse taal en die kwaliteit van die Afrikaanse letterkunde. Hy noem dit regverdiging deur “die rykdom van onvervangbare waardes wat ons in die taal voortbring” (1954:164).

Later introduseer hy ’n etiese nasionalisme waarin die morele beginsel van respek vir persone aan die orde gestel word. Dit is ’n voortsetting van ’n gedagtegang wat vroeg reeds deur Louw geformuleer word in terme van die taak van die intellektueel om kritiese vrae aan sy volk te stel. Die basis van hierdie kritiek beskryf Louw (1939:19) as “die klein kern van menslikheid” wat saam met skoonheid die waardes van waarheid en sosiale geregtigheid sentraal stel. Aan die hand van hierdie idee van “die klein kern van menslikheid” bespreek hy die groot krisis wat vir die Afrikaner ’n bedreiging inhou, naamlik ’n keuse vir blote voortbestaan in plaas van ’n voortbestaan in geregtigheid saam met ander bevolkingsgroepe in Suid-Afrika.

Met gebruikmaking hoofsaaklik van sy eie woorde wil ek ’n aanduiding gee van die etiese kleur van Louw (1958:58-63) se besinning oor hierdie krisis. ’n Etiese volkskrisis bestaan

    Ö wanneer ’n groot deel van ons volk in die gevaar sou kom om te meen dat ons nie in geregtigheid met ons medevolke in Suid-Afrika hoef saam te leef nie: sou kon meen dat blote voortbestaan die hoofsaak is, nie regverdige bestaan nie ... Ek glo dat op ’n vreemde manier dit die krisis is waaruit ’n volk herbore, jonk, skeppend, te voorskyn kom, hierdie “donker nag van die siel” waarin hy gesÍ het: Ek sal liewer ondergaan as deur ongeregtigheid bly voortbestaan.

Inderdaad, wat is die sin van die bestaan van ’n volk “as hy iets haatliks en iets boos is vir die beste binne — of buite — hom?”

By Louw het hier ’n duidelike verskuiwing plaasgevind. Binne sy estetiese nasionalisme lui dit: die volk het reg op bestaan op grond van taal en literÍre waardes en hy is trots daarop. Binne sy verruimde etiese nasionalisme lui dit: die volk het reg op bestaan, maar oefen hy hierdie reg op ’n regverdige wyse uit?

Dit is tot die eer van Louw, wat die Afrikaner omrede van sy taal en letterkunde so liefgehad het, dat hy die Afrikaner op so ’n diep vlak aangespreek het oor iets haatliks en iets boos vir die klein kern van menslikheid in hom. Dit is daarom verstaanbaar dat hy die Afrikaner deurlopend daaraan herinner het hoe belangrik redelike diskussie is oor lewensbeginsels en hom wys op die noodsaaklikheid van kritiek en polemiek as ’n gedurige stryd, ’n afgraaf na die wortels toe. Hy het gevoel dat die gisting veral op politieke gebied ’n veel beter polemiese literatuur verdien. Wat ons nodig het, is: idee teen idee, eerder as klap teen klap. Dit geld, onder andere, botsings tussen ideologieŽ, ekonomiese teenstellinge, probleme in verband met ras, volk en nasie, en veral vraagstukke betreffende multikulturaliteit en veeltaligheid in dieselfde samelewing.

Die besorgdheid van Louw oor die Afrikaanse taal as sentrale merker van die Afrikaanse kultuur was ’n belangrike bydrae tot die debat oor die voortbestaan van die Afrikaner. My kritiek op Louw in hierdie verband was gerig op die volksnasionalistiese idioom waarin hy sy saak gestel het. My standpunt is dat dit juis die onpluralistiese vashou aan die politieke soewereiniteit van die volk is wat kan lei tot die bedreiging van die voortbestaan van ’n gemeenskap en van sy taal in ’n multikulturele samewewing. Daarteenoor kan die prysgee van politieke soewereiniteit ten gunste van ’n pluralistiese bestel, wat die waarde van kulturele diversiteit erken, die ruimte skep vir die behoud van die eie kultuur.

Ook waardevol in Louw se besinning is sy oproep gerig tot die Afrikaner om nie in rassistiese terme oor die voortbestaan van die Afrikaanse taal te dink en te praat nie. Die Afrikaanse taal is te kosbaar om so misbruik te word. Daarom ontwerp hy ’n taalnasionalisme waarmee hy die immoraliteit van ontsegging van volwaardige burgerskap aan die bruin Afrikaanssprekendes aantoon. Die keuse wat die Nasionale Party gemaak het vir eksklusiewe nasionalisme was ’n verkeerde keuse. Bekend is sy uitspraak:

    Die bruinmense is ůns mense, hůůrt by ons. ... Ek het ’n innige begeerte — nee, ’n hartstogtelike wil — dat my volk, blank en bruin, en die taal wat ons praat, in hierdie land bly voortbestaan.” (Louw, 1960:v)

In hierdie konteks was die oproep tot voortbestaan in geregtigheid nie ’n vorm van moraliserende romantiek nie, maar ’n besorgdheid om ’n taal wat bedreig word omdat slegs drie miljoen van die ses miljoen sprekers van Afrikaans as volwaardige burgers beskou word. Dit was ’n duidelike oproep in 1960 tot die wit Afrikaner om die bruin Afrikaner as medeburger te aanvaar en daardeur ook te demonstreer dat sy politiek nie rassisties gemotiveer is nie. Soos blyk uit die verloop van die geskiedenis, is die raad van Louw nie ernstig opgeneem nie.

Nog ’n kenmerk van Louw se besinning oor voortbestaan is sy positiewe waardering van die demokrasie, wat hy beskryf as “regering deur oorreding”. Hy beskou dit as noodsaaklik vir die geestelike bloedsomloop van individue en gemeenskappe. Hy kies dit ten spyte van die gevare wat dit inhou. In sy eie woorde:

    Die redelike demokrasie is ’n hoŽ en edel maar ’n gevaarlike leefwyse; dit is geen rusbed waarop ’n volk hom kan uitstrek nie. (Louw 1958:14)

Die voordeel van demokrasie, wat nie gelykgestel word aan blote meerderheidsregering nie, is dat dit ’n sensitiwiteit kweek vir die kompleksiteit van die politiek in multikulturele en veeltalige samelewings. Hierdie kompleksiteit beklemtoon die belangrikheid van demokrasie as regering deur oorreding. Dit impliseer nie net redelike besinning nie, maar redelike gesprek met mekaar oor ’n gemeenskaplike toekoms. Louw het wit Afrikaners gekritiseer oor hulle gebruik van die onwaardige skeldwoord bont in hulle afwysing van die “bont-beleid” van integrasie en hulle opgeroep tot die eerbare weg van redelike demokrasie. Wat Louw veral ontstel het in hierdie verband, was die konstante weiering van Afrikaanssprekendes om al hulle taalgenote te betrek by ’n gesprek oor ’n gemeenskaplike toekoms, ook wat betref die voortbestaan van die Afrikaanse taal. Omdat demokrasie gesamentlike besluitneming insluit, kan ons beweer dat dit die grondslag lÍ vir kreatiewe voortbestaan, omdat gesamentlike besinning self ’n bestanddeel van die toekoms word en sodoende voortbestaan waarborg.

In hierdie bespreking het ek my toegespits op die kritiese bydrae van Louw hoofsaaklik omdat hy in die gesprek rondom Afrikaans die probleem geformuleer het in terme van die spanningsverhouding tussen voortbestaan en geregtigheid. Daar is egter ander persone wat op verskillende terreine kritiese vrae gestel het. Hierdie Afrikaanssprekendes het oor ’n lang tydperk sterk beswaar gemaak teen die feit dat die apartheidsregering, naas baie ander ongeregtighede, Afrikaans beledig het deur dit die taal van apartheid te maak. Afrikaanse skrywers het in hierdie donker periode beweer dat hulle hulself skaam om Afrikaners te wees en Breytenbach het selfs gesÍ dat Afrikaans ’n taal vir grafstene geword het. Danksy ook hierdie kritiek het Afrikaans polities verander van ’n taal van onderdrukking tot ’n taal van bevryding, van ’n witmanstaal tot ’n oop taal. (Degenaar 1995:27)

Indien ons die aandag verskuif van Suid-Afrika na Nederland, dan blyk dit dat besinning oor voortbestaan en geregtigheid ook daar sterk op die voorgrond getree het. Die rede is voor die hand liggend. Die geskiedenis het ’n noue band gelÍ tussen die Nederlander en die Afrikaner. Aan die einde van die vorige eeu is daar, as gevolg van taal- en kultuurverwantskap, na Suid-Afrika verwys as “een nieuw Nederland onder het zuiderkruis”. Schutte wys op hierdie verband in sy opstel “Een eeuw Nederlandse aandacht voor Zuid-Afrika” (1981) en in sy boek Nederland en de Afrikaners. Adhesie en Aversie (1986). Reeds die titel van die boek dui op die spanningsveld van die verhouding tussen binding en afsku.

In sy opstel stel hy die aanvanklike groot simpatie vir die Afrikaners in hul vryheidstryd teenoor die uitgesproke afkeer aan apartheid. Laasgenoemde formuleer Schutte (1981:3) soos volg:

    Thans daarentegen beijveren politici, journalisten, zielzorgers en actievoerders zich, Nederland een Voortrekkersrol in die kruistocht tegen het als een schandvlek onder de volkeren uitgekreten apartheidsland te doen vervullen.

Op grond van die Voortrekkersrol in die kruistog teen apartheid verwerf Nederland die dubbelsinnige titel “preekstoel van Europa”.

Hierdie leiersrol in morele verontwaardiging is verstaanbaar as ons besef dat dit dieselfde volk is wat aan die einde van die vorige eeu die Boere op morele gronde gesteun het in hulle stryd teen Engelse imperialisme. Hulle kulturele, religieuse en taal-verwantskap is aangevul deur ’n regsbegrip binne die tradisie van Hugo de Groot.

    Als leden van een klein natie waren de Nederlanders niet slechts voorstanders van het zelfbeschikkingsrecht der volken, ze geloofden ook heilig in de noodzaak van grondvesting deur internationale verhoudingen op volkenrechtelijke in plaats van machtpolitieke basis.
    (Schutte, 1981:15)

Hierdie gesonde respek vir regverdigheid wat aanvanklik gerig was ten gunste van die Afrikaner is tereg in die apartheidstyd gerig teen hom.

IV    Besinning na 1994

Soos blyk uit die voorafgaande bespreking, is die spanningsverhouding tussen voortbestaan en geregtigheid in die besinning voor 1994 oor die Afrikaanse kultuur gekwalifiseer deur die Afrikaner se dominante posisie in die magsverhoudinge binne die politiek. Die voordeel van hierdie bedeling vir die Afrikaner was dat die voortbestaan van Afrikaans gewaarborg is deur die regering. Hierdie voordeel het egter ook ’n nadeel ingehou, naamlik die gebrek by die Afrikaner aan ’n burgerlike-verantwoordelikheidsbesef ten opsigte van die voortbestaan van sy taal.

Met die verlies van mag vanaf 1994 het hierdie toedrag van sake verander. Die verantwoordelikheid vir die voortbestaan van Afrikaans lÍ nou veel meer in die hande van die gebruikers daarvan. Indien hierdie uitdaging aanvaar word, beloof dit om ’n boeiende periode te wees waarin Afrikaans ruim en skeppend hanteer kan word.

Verskillende temas kan in hierdie verband uitgelig word. In die eerste plek is daar ’n vraag na die regsbegrip wat gebruik word. Is reg ’n aanspraak wat op ’n liberale wyse slegs individue toekom, of kan dit ook op plurale wyse vir afsonderlike kultuurgemeenskappe geld? Beide tradisies bestaan, en vir Suid-Afrika is dit belangrik dat beide deur die staat erken word. Dit is sinvol om te praat van regte van kultuurgemeenskappe en van minderheidsregte, want groepe moet teen die mag van die staat beskerm word aangesien die staat as nasionale staat onvermydelik ’n eenheidskultuur op die samelewing afdruk. In ’n multikulturele opset soos in Suid-Afrika moet minderheidsgroepe hulle kan beroep op, byvoorbeeld, die reg dat hulle taal deur die staat beskerm word.

Die ANC het hierdie reg op die volgende wyse geformuleer in sy Vryheidshandves:

    All people shall have equal right to use their own languages, and to
    develop their own folk culture and customs.

Hierdie gedagte is ook in die Suid-Afrikaanse grondwet opgeneem. Artikel 30 lui soos volg:

    Elkeen het die reg om die taal van sy eie keuse te gebruik en om aan die kulturele lewe van eie keuse deel te neem.

In sy toespraak by die opening van die parlement in 1999 het Mandela dit weer soos volg aan die orde gestel:

    Die Regering erken die bekommernis van gemeenskappe vir die vooruitgang van hul taal, kultuur en godsdiens. Die proses om ’n kommissie vir die bevordering en beskerming van die regte van kultuur-, godsdienstige en taalgemeenskappe te vestig, sal voortgaan. (Die Burger, 11 Februarie 1999)

Dit is wyse woorde in die konteks van multikulturele samelewings, maar ’n belangrike probleem is die toepassing daarvan in die praktyk. Wat beteken dit, byvoorbeeld, in die geval van eise om moedertaalonderwys op primÍre, sekondÍre en tersiÍre vlakke? Dit is moeilike vrae wat binne bepaalde kontekste beantwoord moet word. Wat wel duidelik is, is dat die spanningsverhouding tussen voortbestaan en geregtigheid ’n ander vorm aangeneem het. In beginsel is die ruimte van geregtigheid geskep vir die voortbestaan van Afrikaans. Die groot vraag is nou egter: wat is die praktiese implikasies van hierdie beginsel? En verder: wie moet verantwoordelikheid aanvaar vir die regverdige toepassing daarvan?

Keuses vir Afrikaanssprekendes in hierdie verband is, onder andere, die volgende: Gaan ons die grondwetlike weg afwys en strewe na ’n onafhanklike Afrikanertuisland, of aanvaar ons die bestaande regstaat saam met die strewe na die instelling van ’n outonome Afrikaanse Kultuurraad, of gaan ons taalontrou wees en opgaan in ’n groter geheel? Verder: kies ons vir ’n monokulturele nasiebouprogram op die basis van een taal, of vir ’n demokratiese multikulturele bestel waarin Afrikaans ’n volwaardige rol speel naas ander tale? Indien ons multikulturaliteit kies, gaan ons die staat vertrou om volgens sy nasiebouprogram alleen die reŽls neer te lÍ, of gaan ons die demokratiese weg volg om ons burgerskap uit te lewe deur aanspraak te maak op erkenning van Afrikaans op alle terreine?

Die brosjure ’n Voorreg met ’n reg, uitgegee deur die Afrikaanse Oorlegplatform, handel oor die regte van Afrikaans en bespreek die verskillende maniere waarop burgers kan aandring op respek vir hulle taalregte. In die eerste plek kan die betrokke instansie aangespreek word. Tweedens kan die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad genader word om steun. In die derde plek is die Menseregtekommissie beskikbaar indien grondwetlike regte aangetas word. Veral belangrik is die beoogde Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe wat genader kan word met die spesifieke doel om die skending van gemeenskapsregte te behandel. In die vyfde plek kan die saak aan die hof voorgelÍ word. (Die Burger, 2 Februarie 1999)

Die boeiende aspek van die nuwe bedeling is dat die Afrikaanssprekende bevry is van die binding van Afrikaans aan die stigma van apartheid en dat hy ’n groot verantwoordelikheid dra om Afrikaans inklusief te maak en sy voortbestaan te bevorder deur, onder andere, inderdaad aanspraak te maak op grondwetlike regte en toe te sien dat hulle in die praktyk toegepas word.

Verskillende organisasies het hierdie verantwoordelikheid op hulleself geneem. Steyn (1998) bespreek hierdie nuwe aktiwiteite rondom Afrikaans en fokus op die Afrikaanse Oorlegplatform. Die doelwit van die Oorlegforum word soos volg geformuleer: die skepping van ’n proses

    Ö vir verteenwoordigende oorlegpleging, saambinding, konsensusbou en inspirerende standpuntstelling oor grondwetlike regte en maatskaplike verantwoordelikhede van die Afrikaanssprekendes in die multikulturele en veeltalige Suid-Afrika. (Soos aangehaal deur Steyn, 1998:262)

Grondliggend aan hierdie benadering is dat hier geen strewe na afsondering is nie. Die Afrikaanse Oorlegforum is inklusief ten opsigte van Afrikaanssprekendes. Die eie taal word gesien as ’n oop huis eerder as ’n fort. Die grondwet word gerespekteer en daar word gestrewe na samewerking tussen Afrikaans en ander minderheidstale, oorlegpleging met die breŽ Suid-Afrikaanse gemeenskap, dienslewering aan die samelewing, en aanvaarding op internasionale vlak.

Dit is in hierdie verband dat die idee van voortgesette waaksaamheid — Camus se “eternal vigilance” — van uiterste belang is. Nederland het ’n belangrike rol gespeel om die Afrikaner te help om kritiese vrae te vra in verband met die verhouding tussen voortbestaan en geregtigheid in die periode voor 1994. Die vraag wat nou gevra kan word, is of hierdie rol van Nederland na die onderhandelde rewolusie van 1994 ten einde geloop het. My standpunt is dat die bydrae van Nederland tot die Suid-Afrikaanse politiek nog steeds belangrik bly — sowel in die algemeen as in die besonder wat betref die verhouding tussen voortbestaan en geregtigheid. Soos reeds aangetoon, het die spanning tussen voortbestaan en geregtigheid ’n ander vorm aangeneem. Nederland kan die Afrikaanssprekende help in sy stryd om ’n regverdige bestel waarin dit moontlik is om die Afrikaanse taal vryelik te beoefen. Voortgesette waaksaamheid ten opsigte van die Afrikaanse kultuur is belangrik, omdat die gevaar van kultuur-imperialisme en die program van nasiebou inderdaad ’n bedreiging inhou.

Die kultuurgesprek tussen Nederland en Suid-Afrika is nie net moontlik en nodig omrede van taalverwantskap nie, maar ook omrede van die verskynsel van multikulturaliteit. Die Nederlandse kultuur moet, byvoorbeeld, sy houding bepaal ten opsigte van ’n pluraliteit van kulture binne sowel as buite sy grense, en ten opsigte van sy status binne die Europese Unie wat, onder andere, as gevolg van die druk van die imperium van die mark, nasionale state se soewereiniteit beperk. Vergelykbaar in hierdie verband is die Afrikaanssprekendes se verhouding tot ander kulture in Suid-Afrika, asook hulle verhouding tot die nasionale staat wat nasiebou voorskryf.

’n Derde gesprekspunt tussen Nederland en Suid-Afrika is die feit dat beide lande geraak word deur die internasionalisering van Engels. Ook al word hulle op verskillende maniere hierdeur geraak, en al is die reaksies verskillend, kan ’n gesprek oor die implikasies vir die eie taal van belang wees. Indien die beginsel van taaltrou of respek vir eie taal aanvaar word, kan die vraag gestel word na waar die grense getrek moet word in die geval van die internasionalisering van Engels en die gevolglike nasionalisering daarvan in bepaalde lande.

Steyn (1993) wys in sy opstel “Reaksies uit die Afrikaanse en Nederlandse taalgemeenskappe op bedreigings vir hulle tale” daarop dat “in nie-Engelssprekende lande is Engels al meer universiteitstaal, kongrestaal en die taal van wetenskaplike publikasies” (252). Indien die Nederlandse spreuk “In het Nederlands gepubliseerd is niet gepubliseerd” veralgemeen word, kan die vraag gestel word of Engels nie onvermydelik ook universiteitstaal in Nederland en Suid-Afrika moet word nie. Die probleme rondom die verengelsing van Afrikaanse universiteite vereis ook ons aandag indien die voortbestaan van Afrikaans ernstig opgeneem word. Soos wat hierdie probleme aan die orde gestel word en aandag geskenk word aan respek vir die eie taal, veral binne die konteks van multikulturaliteit en van verengelsing, blyk dit al hoe meer dat die spanningsverhouding tussen voortbestaan en geregtigheid ’n komplekse verhouding is.

V    Demokrasie in multikulturele konteks

Indien ons multikulturaliteit en veeltaligheid as werklikhede positief evalueer, kan die vraag gestel word na watter regeringsvorm die beste hieraan kan voldoen. Ek het reeds aangedui dat demokrasie die aangewese weg is. Die tyd is egter verby dat ’n mens sonder meer kan beweer dat jy vir demokrasie is. Sleutelvrae is die volgende: Wat word bedoel met hierdie woord en watter vorme van demokrasie is ter sake?

Minstens drie vorme van demokrasie kan onderskei word: liberale, plurale en sosiale demokrasieŽ, en al drie vorme moet ernstig opgeneem word.

  • Liberale demokrasie dui op regering deur die burgers van ’n land volgens ’n konstitusie en ’n handves van menseregte ten einde verteenwoordigende en verantwoordelike regering moontlik te maak.
  • Plurale demokrasie sluit die volgende in: ’n pluraliteit van politieke partye, ’n pluraliteit van organisasies in die burgerlike samelewing, ’n pluraliteit van tale en kultuurgemeenskappe, en ’n pluraliteit van (outonome) gebiede wat die mag van die nasionale sentrum effektief beperk. Wat multikulturaliteit betref, speel demokrasie ’n belangrike rol om ’n sosiale ruimte te skep waarbinne nie net toleransie van kulture nie, maar positief respek vir kulture gekweek kan word.
  • Sosiale demokrasie introduseer die waarde van die gelykheid van burgers. Die ideaal van gelykheid beklemtoon nie individuele belang of groepsbelang nie, maar algemene belang en vereis dat die staat die materiŽle infrastruktuur skep ten einde burgers in staat te stel om nie net in naam in ’n demokratiese samelewing te leef nie, maar om inderdaad ook aan besluitnemingsprosesse deel te neem.

Indien die liberale, plurale en sosiale aspekte van demokrasie erken word en die waardes van vryheid, pluraliteit en gelykheid al drie geld, kom ’n spanningsveld tot stand tussen individuele belang, groepsbelang, en algemene belang wat nooit opgelos kan word nie, en wat die politiek omskep tot ’n terrein van sinvolle stryd om ’n regverdige leefruimte. Hierdie agonistiese demokrasie, dit wil sÍ, demokrasie waarin stryd en gedurige waaksaamheid ingebou is, is ook teenwoordig in multikulturele samelewings waarin respek vir verskillende take en kultuurgemeenskappe behoort te geld.

Die relevansie van hierdie gedagtes oor agonistiese demokrasie vir ons tema is dat dit lig werp op hoe belangrik dit is dat individue en kultuurgemeenskappe verantwoordelikheid aanvaar om toe te sien dat menseregte toegepas word. Dit is ’n groot taak wat burgerskap in ’n demokrasie inhou — ’n taak wat moeilik is en deurgaans moeilik bly om uit te voer — veral in multikulturele en veeltalige samelewings, omdat daar geen bloudruk is van hoe om probleme op te los nie en omdat die toepassing van dieselfde reg van mekaar verskil omrede van historiese en kontekstuele faktore. Byvoorbeeld, wat beteken dit om taalregte te hÍ in Suid-Afrika waar 11 amptelike tale erken word? Om hierdie vraag te beantwoord, moet ten minste die volgende in aanmerking geneem word: die aantal sprekers van die taal, die geografiese verspreiding, die historiese rol van elkeen, en die posisie wat elkeen inneem in die sosiale, ekonomiese en politieke landskap. Inderdaad ’n moeilike opdrag waaraan verteenwoordigers van elke kultuurgemeenskap afsonderlik en gesamentlik moet deelneem.

VI    Samevatting en besluit

In die voorafgaande bespreking het ek besin oor die spanningsverhouding tussen voortbestaan en geregtigheid in die konteks van Suid-Afrika voor 1994 en na 1994. In beide gevalle het ek ook kortliks verwys na die rol van Nederland in hierdie verband. Ten einde hierdie tema in ’n ruimer konteks te plaas, het ek ook aandag geskenk aan twee belangrike probleme van die politiek in die wÍreld vandag, naamlik die bestaan en evaluering van multikulturaliteit en die vraag na die inhoud van demokrasie as regeringsvorm. Dit is in hierdie verband dat die belangrikheid van die drie-eenheid van demokrasie — liberaal, pluraal en sosiaal — aan die orde gestel is. Diť insig het my gehelp om die onvermydelike agonistiese karakter van demokrasie aan te toon, sowel as die voortdurende waaksaamheid wat dit vereis.

In aansluiting by Louw het ek die onderskeid tussen blote voortbestaan en regverdige voortbestaan beklemtoon en dit aangevul met die idee van kreatiewe voortbestaan. Die idee van kreatiewe voortbestaan beklemtoon nie net morele verantwoordelikheid nie, maar ook voortdurende waaksaamheid. Dit bring ook onder die aandag van ’n individu en van ’n gemeenskap dat skeppend en verbeeldingryk omgegaan moet word met die feit van bestaan en voortbestaan. Dit beteken dat die menslike bestaan nie net ’n gegewe is nie maar ook ’n opdrag. Om volwaardig mens te wees, is inderdaad ’n moeilike opdrag. Louw (1958:57) verwys na die verwikkeldheid van menswees as “hierdie geknoopte en gekoekte kosmos van die Mens”. Hierdie menslike kompleksiteit word verder verdiep deur multikulturele uitdagings, veral as ons besef dat die andersheid van die ander ’n voorwaarde is van selfkennis.

Indien ons die lewe van ’n volk of ’n taalgemeenskap saam met Louw as ’n “ewige trek” sien, dan kan ons die huidige situasie van die Afrikaanse taalgemeenskap ook as ’n “trek” sien. In die huidige konteks is dit natuurlik nie ’n wegtrek na ’n ander land nie, maar ’n intrek in die (nuwe) moontlikhede van hierdie land met sy multikulturele samestelling — ’n pragtige voorreg en ’n boeiende uitdaging.

Summary

In this article I have discussed the nature of moral reflection on Afrikaner survival before 1994 and compared it with the nature of moral reflection on the Afrikaner’s right to survival as a minority group after 1994. The main focus has been on the relationship of tension between survival and justice and on the difference in the relationship before and after the transfer of power in 1994.

The section on the dynamics of survival consists of a discussion of N P van Wyk Louw’s essay on the ongoing journey in which the Afrikaner people are involved. In the history of this cultural community many important decisions had to be made without any certainty in the minds of the decision-makers about the outcome. Lack of certainty, however, does not exempt one from the responsibility of making difficult decisions. Louw discusses three decisive choices in the history of the Afrikaner people: the Great Trek, the Anglo-Boer War, and the choice for Afrikaans rather than Dutch as the language of the people.

In the middle of the 20th Century Louw realised that the Afrikaner was involved in a new crisis and had to make a choice between mere survival as a cultural group or survival through justice along with other cultural groups in South Africa. By emphasising the role of language as a crucial characteristic of a people, he deplored the role played by race in nationalist politics. He rejected the policy of apartheid as applied to people of colour who spoke Afrikaans as their home language. The history of Afrikaner nationalism clearly demonstrated that the politicians did not heed the advice of Louw to take justice seriously on this issue.

Another characteristic of Louw’s concern for justice in cultural politics was his positive evaluation of democracy, which he described as “rule through persuasion”. He admitted that this rational democracy was a difficult and dangerous lifestyle that challenged the validity of group preferences. Democracy — which should not be equated with majoritarianism — creates a sensitivity to the complexity of politics in multicultural and multilingual societies. Cultural communities need rational discussion entailed by democracy in order to come to collective deliberation on a shared future. In this way democracy helps to bridge the gap between survival and justice and lays the foundation for creative survival, since deliberation and negotiation become necessary components of the future and, by way of this just procedure, guarantee the survival of cultures.

Within the Afrikaans community Louw was not the only one who raised crucial questions about the immoral nature of nationalist politics. Various Afrikaner intellectuals criticised apartheid. During this dark period in the life of the Afrikaans community many intellectuals said they were ashamed to be Afrikaners and Breyten Breytenbach stated that Afrikaans had become the language of the graveyard. Mere survival without justice was a dead end.

This harsh criticism was important and contributed to the eventual capitulation of the apartheid regime, which enabled Afrikaans to be transformed from a language of oppression into a language of liberation.

The Dutch people, because of their link with the Afrikaner community, also contributed to the process of soul-searching by Afrikaners. The moral indignation of the Dutch people against apartheid was described by a Dutch historian in terms of the pioneering role they had to play in the crusade against the land of apartheid, described by some as “the skunk of the world”. They argued that they had a right to play this leading role of moral indignation since they had supported the Afrikaners towards the end of the 19th Century in their struggle against British imperialism. Their concern for justice, which had originally been directed in favour of the Afrikaner’s struggle for survival, turned against the Afrikaner in the apartheid era in which survival was divorced from justice.

Before 1994 the tension between survival and justice in the case of the Afrikaner was determined by his dominant position in the power structure of the state. This state of affairs changed drastically with the transference of power in 1994. A crucial question had now become whether the new dispensation could be expected to guarantee the survival of Afrikaans. Whatever part the state might play, the changed situation has brought about that the users of Afrikaans must themselves take responsibility for the survival of their language. To the extent that the state enforces the Anglicisation of society, this responsibility becomes greater. It can only be hoped that cultures in civil society will be allowed the freedom to do their duty in this regard.

In a democratic society one can speak of the rights of cultural communities to use their own language. These minority rights are of crucial importance in multicultural societies as a protection against a state which, as a national state, inevitably imposes a unitary culture on society in order to build a nation. A right entails that the state has to provide this protection. The ANC formulated this right as follows in the Freedom Charter: “All people shall have equal right to use their own languages, and to develop their own folk cultures and customs.” The South African Constitution also acknowledges this right.

The principle is clearly stated, but the difficult problem of practical application remains to be sorted out. What, for example, do language and cultural rights mean in terms of primary, secondary and tertiary education? And furthermore, who should to take responsibility for the just application of this principle? If the Afrikaans-speaking community decides against a monocultural nation-building programme in favour of a democracy which respects cultural diversity, can it trust the state in its nationalist aim of nation-building, or should it follow the democratic route to mobilise civil society and claim recognition for Afrikaans on all levels? It should at least lay claim to its constitutional rights and see to it that these are justly applied in practice.

If one evaluates multiculturalism and multilingualism positively, the question can be raised about the best form of government to achieve these aims. I have already assumed that democracy is the appropriate method. It does not suffice, however, merely to say one is in favour of democracy. One has to state clearly what the meaning of the term is and which forms of democracy are preferred.

At least three forms of democracy can be distinguished: liberal, plural and social democracies. Liberal democracy refers to rule by the people of a country on the basis of a constitution and a bill of human rights enabling representative and responsible government to take root. Plural democracy includes a plurality of political parties, free organisations in civil society, cultural communities and autonomous regions that can curb the power of the national centre effectively. It does not merely tolerate a plurality of cultures but cultivates a respect for such a plurality. Social democracy introduces the value of the equality of all citizens. It does not emphasise individual or group interests but common interests, and demands that the state create the material infrastructure that would enable citizens to live in a democratic society, not only in name but in a mature manner and participating in decision-making processes.

If all three forms of democracy are adhered to, promoting freedom, plurality and equality, a field of tension is created between individual interest, group interest and common interest — a tension that can never be resolved but is a hallmark of democratic societies and which characterises democratic politics as an ongoing meaningful struggle for a just society. This kind of politics can appropriately be described as agonistic democracy, that is, a democracy in which tension, struggle and eternal vigilance are of crucial importance. Agonistic democracy is inevitably present in multicultural societies if the claims of different cultural communities are taken seriously.

The relevance of these thoughts on agonistic democracy for our theme is that it highlights the importance of respect for difference and of the responsibility of not only the state, but also individuals and cultural communities to see to it that human rights are indeed put into practice in all spheres of life. This is the great task entailed by democracy — a task which is difficult and remains difficult, especially in multicultural and multilingual societies, since there is no blueprint to assist in solving problems, and because the application of the same right will differ in different situations.

The tension between survival and justice can best be approached in terms of the notion of creative involvement. This means that not only moral responsibility is important, but also eternal vigilance. It brings to the attention of individuals and communities the fact that they should involve themselves creatively and imaginatively with the facts of existence and survival. This notion demonstrates that human existence is not merely a fact, but a task to be performed. Indeed, it is only the conscious and responsible involvement in this performance that makes human life worth living.

Bibliografie
Degenaar, J J 1976 Moraliteit en Politiek. Kaapstad: Tafelberg.
Degenaar, J J 1980 Voortbestaan in Geregtigheid. Opstelle oor die politieke rol van die Afrikaner. Kaapstad: Tafelberg.
Degenaar, J J 1984 “Die betekenis van N.P. van Wyk Louw vir my eie denke”, Standpunte 173, Oktober 1984.
Degenaar, J 1993 “Diskoers van menseregte”, Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 33/4, Desember 1993, 239-250.
Degenaar, J 1995 “Kultuur in ’n veranderende Suid-Afrika.” Pp 15-36 in H Ester en A van Leuvensteijn (reds): Afrikaans in een veranderende context. Taalkundige en letterkundige aspecten. Amsterdam: Suid-Afrikaanse Instituut.
Giliomee, H 1998 “The Majority, minorities and ex-nationalities in South Africa and the proposed cultural commission.” Pp 37-44 in Seminar Report: The Constitutional Protection of Multiculturalism. Johannesburg: Konrad-Adenauer-Stiftung.
Louw, N P van Wyk 1954 Lojale Verset. Kritiese gedagtes oor ons Afrikaanse kultuurstrewe en ons literÍre beweging. Kaapstad: Nasionale Boekhandel (Eerste druk: 1939).
Louw, N P van Wyk 1958 Liberale Nasionalisme. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.
Louw, N P van Wyk 1960 Voorwoord tot D P Botha: Die opkoms van ons Derde Stand. Kaapstad: Human en Rousseau.
Louw, N P van Wyk 1963 “En nog is die einde nie”, Standpunte, 16/6, Augustus 1963.
Louw, N P van Wyk 1986 Versamelde Prosa, Deel Een. Kaapstad: Tafelberg.
Schutte, G J 1981 “Een eeuw Nederlandse aandacht voor Zuid-Afirka.” Pp l 3-38 in G J Schutte, ea: Zicht op Zuid-Afrika. Honderd jaar geschiedenis van Zuid-Afrika, 1881-1981. Amsterdam: NZAV.
Schutte, G J 1986 Nederland en de Afrikaners. Adhesie en Aversie. Franeker T Wever B V.
Steyn, J C 1990 “Menseregte en taalregte”, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 8/1, 1990, 39-47.
Steyn, J C 1992 “Die behoud van Afrikaans as ampstaal.”Pp. 201-226 in V N Webb (red): Afrikaans nŠ Apartheid. Pretoria: J.L. van Schaik.
Steyn, J C 1993 “Reaksies uit die Afrikaanse en Nederlandse taalgemeenskappe op bedreigings vir hulle tale”, Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 33/4, Desember 1993, 251-259.
Steyn, J C 1998 “Nuwe aktiwiteite rondom Afrikaans: die totstandkoming van ’n Afrikaanse Oorlegplatform”, Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 38/4, Desember 1998, 253-264.
Webb, V N (red) 1992 Afrikaans nŠ Apartheid. Pretoria: J L van Schaik.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.