SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Breyten en die volk

Francis Galloway

“I AM NO LONGER ONE OF US”
(Jan Afrika: Papierblom)

The intellectual is an individual endowed with a faculty for representing, embodying, articulating a message, a view, an attitude, philosophy or opinion to, as well as for, a public. And this role has an edge to it, and cannot be played without a sense of being someone whose place it is publically to raise embarrassing questions, to confront orthodoxy and dogma (rather than to produce them), to be someone who cannot easily be co-opted by government or corporations, and whose raison d’etre is to represent all those people and issues that are routinely forgotten or swept under the rug.
(Edward Said: Representations of the Intellectual)

Oopmaak-vraaggesprek

FG: Jy het ’n interessante opmerking gemaak toe jy na Die Toneelstuk verwys het as ’n “koan”. Wat bedoel jy daarmee?

Magdaleen du Toit: ’n Koan is ’n paradoksale stelling wat nie logies of deur middel van taal verklaar kan word nie. Dis ’n raaisel wat deur die Zen-meester aan sy leerling gestel word om mee te worstel, en in diť proses breek lewensinsigte deur. Deurdat dit nie logies verklaarbaar is nie (en dus die bewuste rede omseil), is dit in staat om ingrypende verskuiwings in die onderbewussyn te laat plaasvind. Dit is wat Breyten se Toneelstuk, soos trouens enige meerdimensionele kunswerk, met die menslike gees doen. Mits die waarnemer / belewer homself hierdie ervaring gun. Ons loop egter hierdie diep innerlike transformasie mis deurdat ons een van twee dinge met die koan-ervaring doen: ons probeer die kunswerk verklaar (ons Westerlinge ervaar ’n ondraaglike ongemak indien ons nie onmiddellik iets kan verstaan en kategoriseer nie), of ons verwerp dit; ons breek die spieŽl wat die raaisel — ons elkeen se raaisel — na ons weerkaats.

FG: Nadat jy na Jana Cilliers se nuwe verhoogstuk gaan kyk het, het jy gevoel dat dit nog vassteek in ou patrone — en dat Breyten in vergelyking daarmee op ’n heel ander (radikale?) wyse werk. Kan jy meer daaroor vir my sÍ?

MDT:: Jana se eenvroustuk, The American Popess, is deur die pers hoog aangeskryf as ’n ervaring wat ’n mens se kop oopmaak. Wat my betref, kon ek maar net sowel enige dag se koerant gelees het. Die Popess, die eerste vrou wat tot diť gestoelte verkies word, lewer haar beleidstoespraak by haar inhuldiging ’n aantal jare die toekoms in. Dit word ’n geskiedenis van kosmetiese veranderings en herskeppings en moderniserings wat die Roomse Kerk homself aangedoen het ten einde aktueel te probeer bly. Elke keer word die mag maar net anders ontplooi — toegegee, met elke herontwerp is die magsuitoefening subtieler — maar die Popess voltooi die sirkel deur die oorspronklike magsimbole en die absolute pouslike gesag weer in te stel. Die bietjie sosiale kommentaar is veilig en voorspelbaar, en al wat die stuk red, is die formidabele kunstenaarskap van Jana Cilliers. Jy kan jou voorstel dat Breyten se werkwyse in vergelyking hiermee totaal anargisties en ingrypend is.

FG: Hoe sien jy die onlangse “volkstemming” teen Breyten — wat neerkom daarop dat die volk besluit het dat hy vervreem moet word? Watter kragte is hier aan die werk?

MDT:: Die oorlewingsenergie van die Afrikaner-tribe is hier aan die werk. Die Afrikaner bevind hom in ’n identiteits- en sinskrisis — baie matte is die afgelope paar jaar gelyktydig onder sy voete uitgepluk. In die kollektiewe psige is prosesse aan die gang om uit die chaos weer inhoude te haal wat bekend is sodat ’n illusie van kontinuÔteit geskep kan word. Daarom word daar byvoorbeeld weer ’n taalstryd geveg, daarom is daar gedurig pogings om “Afrikaneridentiteit” te herdefinieer. Dis alles oorlewingsmeganismes van ’n groep wat hulle baie sterk bedreig voel. In so ’n konteks word van kunstenaars verwag om te paai en te pamperlang, en word ’n kunstefees ’n nuwe soort volksfees. (Dis eintlik deel van die Afrikaner-erfenis: daar is dan hoeka altyd toneel gespeel en konsert gehou op Dingaansfeeste.)

Die kunstenaar wat nie saamspeel nie, maar eerder die Afrikaner met sy eie donker kant konfronteer, word gesien as ’n bedreiging vir die orde en netheid en definisie wat binne die laer geskep word, en daarom moet hy in die buitenste duisternis uitgewerp word. (Dit is juis hierdie aandrang op netheid en orde en definisie wat die monster Apartheid gebaar het.) Deur oor ’n aangeleentheid soos diť ’n volkstemming (van alle dinge) te hou, het Die Burger duidelik sy gebrek aan insig en sensitiwiteit aangaande die verloop van ’n transformasieproses getoon. Die ironie is dat die (groot aantal) Afrikaners wat wel in voeling is met wat Breyten doen, meer van hulself dink as om deel te neem aan ’n angsvallige koppetellery, dus weerspieŽl die uitslag van so ’n referendum glad nie die werklike stand van sake nie.

FG: Hoe sien jy Breyten se rol?

MDT:: My persoonlike mening is dat Breyten draer is van ’n argetipe — sondebok? — vir die hele Afrikanervolk, ’n funksie wat hy moet vervul ten bate van kollektiewe transformasie. Hy is die boodskapper wat doodgemaak word, die Christus wat weer en weer gekruisig word. Dit is uiters pynlik vir die kunstenaar om op so ’n manier ’n bydrae te lewer tot kollektiewe evolusie, maar as die Boeddhistiese eis van “detachment” ernstig opgeneem word, is dit wel moontlik om afstand te kry en die proses te sien vir wat dit is. Dan kan hy deur die pyn en vernedering leef sonder dat dit deel van sy diepste wete word. Neti, neti. Tat twam asi. I am not This. I am That. Ek is nie die illusie nie, ek is my Godself.

Daar is vir my iets siklies in die wyse waarop die Afrikaner Breyten omhels, afstoot, omhels, afstoot; en waarop Breyten op sy beurt dieselfde met die Afrikaner doen. Jy sÍ Breyten het self op ’n keer gesÍ: “Maar daar moet ’n derde weg wees.” Daar is ’n derde weg, ’n middelwÍreld, die hartstaat, die ruimte waar deernis woon. Dis ’n ruimte wat onaangeraak is deur die vrese en angste van die massas waardeur die eindelose kringloop van polarisasie aangejaag word. Indien ’n mens die polarisasies in jou eie werklikheid kan versoen en oorstyg, transendeer jy na die hartstaat, van waar jy in liefde kan bydra (soms deur middel van radikale, onge-wil-de ingrypings) tot dieselfde proses (hoewel veel stadiger) wat ook op kollektiewe vlak aan die gang is.


Die siklus van omhels, afstoot Ö

Daar is vir my iets siklies in die wyse waarop die Afrikaner Breyten omhels, afstoot, omhels, afstoot; en waarop Breyten op sy beurt dieselfde met die Afrikaner doen. (MDT:)

Die onlangse heftige openbare reaksie op Breyten se Die Toneelstuk, wat uitgeloop het op ’n “volkstemming” teen hom, moet gesien word teen die agtergrond van sy sleutelrol in die vorming van interne sisteempolarisering en die verskuiwing van kulturele en sosio-politieke sisteemgrense sedert die vroeŽ sestigerjare.

Daar is ’n natuurlike neiging by enige gevestigde sisteem om homself te verskans; daar is ’n strewe na ewewig met omringende sisteme. Die strategie wat die bewakers van die gevestigde sisteem in werking stel om die bestaande strukture te stabiliseer, behels sowel maatreŽls wat gerig is op die uitskakeling van versteurende elemente (byvoorbeeld deur stereotipering en uitbanning) as pogings tot koŲptering en “verdrukkende verdraagsaamheid” (soos pryse en podiums). Oor die afgelope veertig jaar is ’n hele arsenaal van afweer- en stabiliseringsmeganismes rondom hierdie grensverskuiwende kunstenaar / intellektueel ontplooi.

Vir vier dekades reeds is Breyten die slagoffer van sistemiese manipulasie en van ’n magspel waarbinne hy herhaaldelik tot sondebok verhef word. Hy weerspieŽl egter self ook die verwarring en polariserings in die (Afrikaner-) gemeenskap met onder andere sy wisselende keuses tussen geweld en intellektuele afstand, sy deelname aan die politieke werklikheid teenoor die fiksionele verwerking daarvan, sy verteenwoordigende rol binne subsisteme en dan weer sy verset daarteen. Hy bly die hegemonie uitdaag, maar laat ook by tye toe dat hy gekoŲpteer word. Een ding is seker: dit was min openbare figure in Suid-Afrika beskore om ’n hele gemeenskap en literatuur tot soveel selfondersoek te dwing en van ideologiese aannames en kunsopvattings rekenskap te laat gee.

Die doel van hierdie bydrae tot die openbare diskoers rondom Breyten is nie om ’n resepsie-verslag van die onlangse debat te skryf of om sy openbare rol in die post-apartheid Suid-Afrika te dokumenteer nie. Die doel is om die sikliese ritme waarop die Afrikaanse publiek / gemeenskap (die “volk” en sy stuurmanne) en Breyten mekaar omhels en afstoot toe te lig met verwysing na enkele vorige resepsie- en volkstemming-debakels; in die proses sal dit duidelik word hoe bepaalde temas herhaaldelik terugkeer. (Die samevatting hieronder berus grotendeels op bronne wat gedokumenteer is in Galloway, Francis. 1990. Breyten Breytenbach as openbare figuur. Pretoria: HAUM LiterÍr.)

Resepsie-debakels

  • Reaksie op Die Toneelstuk by die KKNK (2001)

    Die KKNK van 2001 was veronderstel om die Breyten-driekunsfees te wees: ’n nuwe verhoogstuk, ’n doekboek-kunsuitstalling (gekombineer met konsepteater) en musikale verwerkings van sy poŽsie (die Om te Breyten-konsert en die bekendstelling van Mondmusiek waarop die digter self verse voorlees met musiekbegeleiding). Maar toe kaap Die Toneelstuk die publieke verhoog as “loshand die mees omstrede gebeurtenis op die fees” — dit was skaars twintig minute op die planke of mense het begin uitstap.

    ’n Joernalis van Die Burger (hoofborg van die KKNK) som die uitstappers se emosies op as skok, walging, woede, ontsteltenis en klagtes oor onverstaanbaarheid. In berigte en koerantbriewe word verwerpings soos die volgende opgestapel: “ek voel vuil”, “ek kon liewer twaalf biere gedrink het”, “gemors is gemors”, “onstigtelik, kru en ondeurdringbaar”, “dit gaan net oor Breyten en Breyten en nogmaals Breyten”, “’n bespotting van die Here en van die wit mense”, “godslasterlik en ’n doelbewuste poging om weer eens die Christendom die slaansak van die digter se wrok teen die Afrikaner te maak”.

    ’n LiterÍre joernalis van dieselfde koerant wys in ’n Litnet-artikel oor die fees daarop dat die hewige reaksie van die kant van die publiek iets weerspieŽl van die huidige kunsopvattings in die gemeenskap waarbinne Die Toneelstuk opgevoer word. Aan die een kant is daar ’n “selfgeregtige bravado en strydlustige opvatting” van Afrikaanse kuns en kultuur en aan die ander kant ’n “totale negering van vraagstukke” aangaande kultuur en identiteit wat uitmond in ’n ontvlugting deur middel van oppervlakkige vermaak of fuiwery.

    Anders as wat die geval was tydens die Boklied-resepsie ’n paar jaar gelede kom die literÍre establishment en ander openbare meningsvormers stadiger uit hulle blokke met Die Toneelstuk. Enkele stemme gaan wel tydens en kort na die fees op wat die stuk en die openbare reaksie daarop kontekstualiseer binne ’n breŽr raamwerk as diť van ’n gesellige feeslaer. Hierdie stemme open die volgende resonansie-moontlikhede: Die Toneelstuk rig ’n uitdaging aan feesgangers om na te dink oor hulle religieuse belewing; dit toon ’n renons in slagspreuke en dogmas en bevraagteken ons oorgelewerde en voorveronderstelde idees oor identiteit; dit trek die tentpenne op en vier die kunste, die onsekerheid en die vraag. ’n Filosofiese eksegeet wys daarop dat dit ironies is dat die Afrikaners vandag ’n reddende boodskap verwag van die digter-denker wat hulle self in die tronk gegooi het — en dit terwyl hy in sy stuk te hel sÍ vir redders en ghoeroes en vra dat elkeen vir homself moet dink.

    Terwyl die eietydse segsmanne van die Afrikaner establishment (wat hulle onder andere beywer vir minderheidspolitiek, nuwe definisies van identiteitsvorming en ’n taalstryd) in die Boklied-dae ’n bepaalde soort politieke rol vir Breyten voorsien het, is daar nou by hulle tekens van ongemak. So word byvoorbeeld aangevoer dat Die Toneelstuk ’n ontsettende ontnugtering met die politiek, wat gelykgestel word aan administrasie en magspele, oordra. Wat egter nodig is, is om te vra hoe lyk ’n “estetiese politiek” wat nuwe maniere van wees en van gemeenskap kan open. As drama van persoonlike bestekopneming en kritiek op moralisme en belydenis is Die Toneelstuk ’n kragtige wekroep, maar as politieke kritiek is dit “oorvereenvoudig en romanties”. Segsmanne van die Engelse pers voel ook Breyten is “far removed from political actualities; his intervention now retards rather than fosters that recreation of identity that white Afrikanerdom so desperately needs”.

    Hierdie soort verwyte — vanaf skokkende en onverstaanbare (grensverskuiwende) kuns tot die missit van die politieke pot van die dag — is bekende temas in die wedersydse omhels-afstoot-dans van Breyten en die “volk”. Hieronder word drie vorige dansbewegings ontleed:

  • Reaksie op die eerste digbundel (1964)

    Breyten se debuutdigbundel, Die ysterkoei moet sweet, gooi in 1964 ’n knuppel in die publieke stamhok. Die toonaangewende kritici van die dag voorspel dat die leserspubliek ůf gaan lag oor die bundel met sy “afsigtelike stofomslagtekening” en “eksentrieke tipografie” ůf hulle gaan vererg oor “die ekshibisionisme, die afbreek van tematiese hiŽrargieŽ wat tot dusver gegeld het en die volgehoue neiging om te skok”. Hierdie voorspelling was in die kol. Briefskrywers in die pers beskou Breyten se tekste as “anagramme vir snobs”; as “louter snert” en “walglike gemors” wat nie bedoel is vir “doodgewone mense” nie; as probeersels wat beslis nie “opbouend en verheffend” is nie en ook nie “letterkundig skoon en groot” nie. Die ongeduld met die digter se nuwe en moeilike tegnieke kan herlei word na ’n bepaalde kunsopvatting. Kuns is naamlik gerig op die skoonheid en die orde; dit is ’n getroue afbeelding van ’n vertroude werklikheid en dit bevestig norme wat deur ander werke en die maatskappy daargestel is.

    Die verteenwoordigers van die literÍre establishment is in twee kampe verdeel. Daar is diegene wie se literatuuropvatting ooreenkomste toon met diť van die publiek en wat gevolglik nie beÔndruk is deur die digter se tematiek en werkswyse nie en dit afmaak as blote mode. Ander se aanvanklike lesersweerstand word egter oorbrug en die skaal hel meestal oor na aanprysing (en beloning met ’n prys) van die “revolusionÍre” en “radikale” vernuwing wat die bundel op die gebied van die poŽsie bring. Daar was dus ook diť lesers wat hulle oopstel vir die verskuiwing van hul verwagtingshorison en wat verruk is deur die verfrissende nuutheid, die speelse en fantasie van Breyten se woordkuns en wat verse ontdek wat soos voŽlent op jou groei, deel word van jou bloed.

  • Reaksie op die eerste kunsuitstalling (1994)

    Drie dekades na die verskyning van Ysterkoei vind Breyten se eerste kunsuitstalling, getiteld Painting the Eye, in Suid-Afrika plaas. Die inskrywings in die besoekersboeke by die twee kunslokale in Kaapstad en Pretoria asook die resensies oor die uitstalling stuit dikwels op die skok- en vervreemdingseffek van die skilderye. Dit eggo uitsprake wat dertig jaar tevore rondom sy skrywersdebuut gemaak is (ek onthou dat ek dit met ’n Rip van Winkel-gevoel gelees het).

    Die publiek is geskok en verward oor die “perversiteit”, die “pyn en morbiditeit”, die “kru effekte” en die “egosentrisme” — ander roep uit: “KAK!” “Siek!” “Vrot!”. Kritici vergelyk op hulle beurt graag die skilderye met Breyten se gedigte (waaraan hulle intussen gewen / gewoond geraak het) en voer aan dat die visuele nie “dieselfde vervoering” as sy woorde bring nie, dat hy “minder van ’n sjamaan” is in sy skilderye, dat sy “verftoorkuns nie met sy woordtoorkuns kan vergelyk nie”. Hulle tas rond, maar kan nie sy werkswyse inpas in bestaande ismes of kategorieŽ nie, want dit ontglip definisie en etiket.

    Die oorwegende reaksie is een van ongemak en onvrede — soos destyds met sy skrywersdebuut. Die rede hiervoor is ůf omdat elemente van die werk geÔsoleer en te lig bevind word (gemeet aan heersende kunskriteria) ůf omdat daar nie vaste betekenis aan die skilderye toegeken kan word nie — en dit terwyl die geheel veel meer as die dele is en “betekenis” in die gapings tussen die elemente lÍ en daarom uitgestel bly. (Betekenis in Breyten se werk is onbegrens, totaal vry en nooit finaal nie. Dit verg moed om jou oor te gee aan ’n ewigheid van betekenismoontlikhede.)

    Nou ook, soos in die sestigerjare, is daar egter kykers wat bereid is om die bekende kyk-konvensies, wat ’n mens dikwels soos ’n kierie met jou saamdra na ’n kunsuitstalling, neer te lÍ en om hulle oor te gee aan die transformerende skilder- en koplandskap van die kunstenaar, die flirtasies met betekenis, die ongedanste dans. Hulle verheug hulle in die “wonderlike onsekerheid” van die skilderye wat “stof vir drome” is en wat bevestig dat “volgehoue rewolusie deel moet wees van die intellektuele lewe in hierdie land”.

  • Reaksie op die eerste verhoogstuk (1998)

    Lank voor die tyd reeds hits die pers die reaksie op Breyten se eerste drama, ’n opdragwerk vir die KKNK, aan: “Alle oŽ is op Boklied“. Die reaksie tydens die openingsaand is gepolariseerd en ’n joernalis van Die Burger som dit sů op: “Grotesk, ontstellend, die ergste tot nog toe in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse teater. Briljant en gereed om te eniger tyd die verhoŽ van Londen, Parys en New York te verower.”

    Dit is die openlike seksuele inslag van die stuk wat selfs hardebaardmanne onkant vang en ten minste een vroulike teaterganger in nood na ’n dominee laat soek. Die uitlopers (en hulle briefskrywende ondersteuners vir wie dit “nie nodig is om die affÍre te sien nie”) verdoem die stuk as: “die ergste vorm van banaliteit”, “braaksel”, “platvloerse uitbeelding van naaktheid en seks wat ’n mens laat wanhoop aan wat as ’kuns’ voorgehou word”, “’n struikeling vir swakkere broeders”, “ ’n oefening in solipsistiese intellektuele masturbasie”, “tipies van die nuwe neiging om Afrikaans te vervleg met banaliteit, seks, vloekwoorde en bespotting van God”, ’n verhoogstuk wat “buite die raamwerk van Christelike beginsels val”. Drie spesifieke invalshoeke vind ’n openbare podium in die Boklied-naskok: die “keiser-het-nie-klere-aan”-perspektief; die “aanslag-op-vroue”-invalshoek ingegee deur ’n Bloemfonteinse vrou (en waarin die hoof van ’n Dramadepartement sy aanvanklike entoesiasme oor Boklied temper deur te sÍ dat dit goed sal wees as dit die Afrikaner laat teruggryp na religieuse en volksnorme); die “mens-tot-’n dier-verlaag”-debat tussen ’n groenboontjiekokende huisvrou en ’n bekende digteres.

    Ook vanuit groepsgeledere word beswaar aangeteken. Die ATKV-Dames teken by monde van hulle presidente “ten sterkste beswaar daarteen aan dat die moraliteit van ons mense deur onder andere hierdie tipe kuns afgekraak word”. Die organisasie Sakemanne vir Jesus verklaar dat Boklied ’n belediging vir die mens as God se Skepping is en ’n klap in die gesig van opgevoede Christenteatergangers en hulle doen ’n beroep op inwoners van die Vrystaat om nie die toneelstuk by te woon nie. Drie APK-gemeentes versoek SUKOVS om nie met die speelvak van die stuk voort te gaan nie: “Indien hierdie skynbare ’nuwe benadering’ tot die kunste deur SUKOVS voorgestaan word, wat ’n verdringing van Bybelse norme tot gevolg sal hÍ, moet die moontlikheid van veel sterker teenoptrede in die toekoms nie buite rekening gelaat word nie.” Die HNP se woordvoerder oor Kultuursake reik ’n persverklaring uit waarin aangevoer word: “Elke Afrikaner wat nog waarde heg aan ons volk se Christelike geloof en die waarde en lewensbeskouing van ons voorgeslagte, verwerp hierdie sogenaamde ’kuns’ met wrewel en algemene veragting. Dit is jammer dat Breytenbach wat hom reeds op soveel maniere as vyand van die Afrikanervolk bewys het en tereg vereer is as wÍreldburger, nie liewers Engels as sy taal aanvaar nie en sy volksgenote spaar van die grenslose skande en vernedering wat hy met sulke ’kuns’ oor ons bring nie.”

    Die heersende kunsopvatting wat hierdie reaksies onderlÍ, word deur een briefskrywer soos volg saamgevat: “Watter onsigbare mag bemeester meesters van die woord, die pen, die kwas om onder die dekmantel van kuns perverse drek op ’n Afrikaner-kunstefees te gaan stort? Kry hierdie kunstenaars en hul ekstatiese dissipels dalk in Parys se agterstrate die mitologie of in ander hole hulle inspirasie? Stellig so. Of is dit moontlik dat hulle nie besef dat die Bybel die grootste bron van skone, edele en reine inspirasie is nie? Ek verafsku wat hulle as kuns beskou; dit wat in buitelandse hole hoort. Ek ys as ek dink hoeveel Afrikaners hulself ’n onreg aandoen deur Boklied by te woon en besmet te word.” Twee rubriekskrywers van Die Volksblad lÍ ook namens die volk kunsopvattings op die tafel. Die een se voorkeur gaan ondubbelsinnig uit na opvattings soos “kuns is ’n gawe van God en moet tot sy heiligheid wees” en “niks kan uit ’n kunstenaar kom wat nie in die man is nie”; die ander een vind dit so jammer dat Breyten nie sy “wonderlike Godgegewe gawe” gebruik om te spreek tot die hart van sy volk nie — “maar vir ’n Boeddhis is dit seker nie moontlik nie”.

    Soos tevore die geval was, is die “ten-gunste-van”-briewe in die minderheid. Maar diť briefskrywers het die moed om Boklied binne Breyten se (lewens-) oeuvre te plaas en daarop te wys dat dit ’n beroep doen op intelligente en intellektuele speurwerk. Argumente wat aangevoer word, sluit in: “Dit is jammer dat ’n verwikkelde stuk soos diť gebruik word om penis-angs (of is dit penisfrustrasie?) te verwoord”; “dit is belangrik dat Suid-Afrikaners na hulle aggressie kyk”; “ons wil geprikkel word in ons taal en ons mag maar ’n bietjie opgevoed word ook terselfdertyd”; “Breyten smokkel met ons koppe”.

    Hierdie keer egter het kenners en kundiges van velerlei aard opgeruk om lansies te breek vir Boklied. Een resensent beskryf die verhoogstuk as “konsepkuns wat uiteindelik die deur na ’n veelseggende debat oor eksistensialisme en die skeppingsproses oopmaak” en ’n ander wys daarop dat dit “’n surrealistiese teatrale fantasie is wat diep sny en niemand wat Afrikaans hoog ag onaangeroerd kan laat nie”. Kenners wys op die Frans-Afrikaanse toneelkonneksies wat in ag geneem moet word en op die eeue oue skandemakertradisie van die toneel; die raakpunte met die konvensies van die Griekse teater; die terugkerende temas en metafore in Breyten se oeuvre. In die meningsvormende tydskrif De Kat word Boklied die kapstok vir ’n besinning oor Jan Publiek en sy hantering van “’n wÍreld sonder grense in die post-sensuur era”.

    Die opvoering sit ’n filosofiese diskoers oor die Afrikaner en sy taal aan die gang wat vanaf ’n ontbytbyeenkoms op die fees uitkring tot allerlei mediagebeure en artikels, onder andere in die nuwe tydskrif vir filosofie en kultuurkritiek, Fragmente.

    Een gesaghebbende kommentator verwys in ’n artikel in Die Burger na Boklied, met sy digte intellektuele abstraksies, as ’n hoeksteen in ’n fees “wat een van die belangrikste arenas word vir die uitbeelding en vertolking van Suid-Afrika se voortstuwende metamorfose” en ’n toetsterrein “vir die vermoŽ waarop Afrikaans as taal en kultuur sy post-apartheidskrisis die hoof kan bied”. Hy verwys na Van Wyk Louw se onderskeid tussen eksterne en interne bedreigings vir die Afrikaner se voortbestaan. In eietydse terme verwys eersgenoemde na gevare soos die “toeploeg deur massa-immigrasie of ’n massa-demokrasie”; laasgenoemde kom voor wanneer die mense onder die volk “wat intelligent genoeg is om te dink en die gawe het om te skryf“ voel dat die groepslewe ’n gevangenis word en wanneer die taal vir hulle te weinig bied om die honger van die verstand te versadig. Die krisis raak dodelik wanneer daar onder hierdie mense nie meer die behoefte is om in die taal alles te beleef en te verwoord nie. Breyten se Boklied verteenwoordig volgens hierdie kommentator ’n “mikrokosmos van hierdie soort voortbestaanstryd”.

    Twee artikels in Fragmente benut ’n lesing van Boklied vir, onderskeidelik, “die denke van ons tyd” en “’n religie vir ons tyd”. In eersgenoemde geval voer die jong filosoof aan dat die verhoogstuk “deel is van ’n tradisie waar kuns geen rusplek vind in ’n voltooide en afgeronde spekulatiewe geheel nie”, maar in die skadu staan van “onvoltooidheid, onderweg-wees en die nomadiese”. In die tweede artikel word twee religieuse houdings waaruit mense die chaos probeer besweer voorgehou: die eerste is ’n houding waarvolgens die mens hom teen die chaos en die gebeure moet verskans (die monoteÔstiese religie) en die tweede, wat Boklied voorstaan, is ’n “godlose religie” waarin die chaos en die gebeure ontvang en beleef word en die “godlose” verantwoordelikheid neem vir sy eie lewe.

    In ’n artikel in Beeld spreek ’n befaamde aktrise en dramakundige haar bedenkinge uit oor die gebruik van “’n filosofiese maatstaf” in die beoordeling van toneel. Sy het dit teen “geleerdheid en toneel wat nie bedmaats is nie” en teen die “verstaanbare gebrek aan dramaturgiese vakkundigheid” by Breyten wat daartoe lei dat hy “nie toneelmatige gestalte kon gee aan sy ongetwyfeld belangwekkende beskouings oor tydgenootlike werklikhede binne veral die Afrikanergemeenskap nie”. En dit is juis vakkundige dramaturge wat deur die eeue daarin geslaag het om “in universeel betekenisvolle toneelstukke iets van die menswees van ’n besondere gemeenskap of tydvak aan tydgenootlike gehore te kommunikeer”. In ’n tydvak waarin die Afrikaanse taal in die spervuur staan, is haar versugting: “Wat het geword van ons Afrikaanse dramaturge? Waar is die vakkundige dramaturge wat die menswees van die Afrikaner in hierdie noodlotstyd in sy eie taal vanaf ’n verhoog openbarend kan laat spreek tot die harte van ’n volk wat daarna dors?”

    Hierdie artikel word aan die een kant aangegryp deur sommige anti-Boklied rubriek- en briefskrywers en aan die ander kant gee dit aanleiding tot ’n mini-debat binne die Boklied-diskoers oor die rol van filosofie binne die literÍre kritiek. Dit kring ook uit na ’n belangwekkende professorale intreerede oor “Literatuur as moederland” waartydens gewaarsku word dat “onverdraagsaamheid en parogialiteit die dood in die pot van ons Afrikaanse geesteslewe sal sit”.

    Boklied is in vele opsigte ’n waterskeiding — nie net vir die Afrikaanse toneel nie, maar ook in die Afrikaanse geesteslewe aan die einde van die twintigste eeu. Afrikaanse koerantredakteurs verwys na hierdie doodsklok-of-deurbraak-polemiek as “die gesondste debat in tye, die mees versadigende tafelgesprek in weke”. “Akademici, kritici en die gepeupel” het gesels oor Boklied en die afsluiting van die speelvak in Oudtshoorn (waar mense ten duurste betaal het vir kaartjies op die swartmark) is beskryf as ’n triomf. Die stuk word bekroon met die Herrie-prys en twee maande later oes dit nege Vitas in.

    Maar terwyl Huisgenoot (eens die volk se universiteit) ’n onderhoud voer met Breyten wat “die volk nogmaals aan die gons” het, doen die Afrikaanse Protestante Kerk van die Rosestad ’n meningsopname oor Boklied “omdat dit nie meer oor die verryking van Afrikaans gaan nie, maar eerder oor die verwÍreldliking van die Afrikanervolk”. Die APK ervaar die stuk “as ’n uitdaging vir dit waarvoor ons staan, want dit kom van ’n Zen-Boeddhis af en hy het niks met Christenskap te doen nie”. In die opname wat saam met ’n plaaslike radiostasie gedoen is, was daar minstens 622 mense teen die opvoering gekant, terwyl slegs drie mense gesÍ het die opvoering moet voortgaan.

    En so, aan die einde van die twintigste eeu, word daar ’n volkstemming rondom Breyten en sy kuns gehou. Klink dit bekend?


    Volkstemming-debakels

  • Nogmaals ’n toneelstuk en ’n volkstemming (2001)

    Die uitstappery van ’n aantal teatergangers tydens die onlangse opvoering van Die Toneelstuk asook die ondeurdagte uitlating van ’n segsman van die huidige Afrikaanse intellektuele establishment (wat duidelik sy gehoor verkeerd gelees het) dat die afwysende reaksie daarop Afrikaners van Breyten kan vervreem, lei tot ’n opportunistiese stukkie joernalistiek aan die kant van Die Burger. (Die dubbelsinnige rol wat Die Burger sedert die sestigerjare ten opsigte van Breyten gespeel het, is ’n storie op sy eie!) Hierdie koerant plaas die volgende vraag op die koerant se internet-tuisblad: “Behoort Afrikaners Breytenbach te vervreem of te aanvaar?” Sowat 80% van respondente stem ten gunste van vervreemding.

    Breyten reageer per e-pos (in Engels) op hierdie openbare vraag deur te sÍ dat hy onder geen omstandighede gereken wil word as ’n lid van die Afrikanervolk nie, al sou hy uitgenooi word om dit te doen.

    Hierdie nuutste volkstemming-debakel klink nou al na ’n ou-ou refrein uit een of ander volksliedjie-op-een-snaar. Hieronder word enkele vorige strofes in chronologiese volgorde toegelig:

  • ’n Prys en ’n visumweiering (1965)

    ’n Jaar nŠ sy dubbele debuut kom Breyten weer in die nuus toe dit bekend raak dat hy die Afrikaanse Pers Beperk-prys gewen het. Die volk se Sondagkoerant, Dagbreek en Sondagnuus, skilder ’n romantiese prentjie van die swerwersbestaan van die “seun van Bonnievale wat sy ouers en sy vaderland vyf jaar laas gesien het” en wat sy prysgeld wil aanwend om sy geboorteland aan sy koninklike lotus, sy vrou van Oosterse afkoms, te kom wys. Teen Mei 1965 raak dit bekend dat ’n visumaansoek vir Yolande afgekeur is. Die media-aankondigings gee aanleiding tot hewige openbare reaksie.

    Berigte oor die bekroning van sy werk en oor sy persoonlike lewe stel die digter bekend aan ’n publiek vir wie hy andersins net “’n skrywer” sou bly. Met die uitsondering van enkele briewe is die briefskrywers in koerante gekant teen sy huwelik en skryfwerk. Die anti-Breyten-reaksie kan ruweg verdeel word in twee groepe: aan die een kant is daar die reaksie op sy oortreding van ’n landswet en die “nie-blankheid” van sy vrou en aan die ander kant die reaksie op hom as kunstenaar, sy liberaalheid as skrywer en sy verbintenis met die Sestigers.

    Briefskrywers in die eerste kategorie voer feitlik deurgaans aan dat Breyten met “voorkennis en voorbedagte rade” ’n huwelik aangegaan het wat onwettig is in sy land, dat “mense wat die huwelik tussen ’n Blanke Afrikaner en ’n Nie-Blanke vrou goedpraat, nie in Suid-Afrika hoort nie” en verdien om in die “buitenste duisternis” gewerp te word. Die volk word gewaarsku om nie die “beginsels van sy voorouers” prys te gee nie en om sy “identiteit te bewaar”, want dit is “elke trotse en beskaafde volk se waardevolste kleinood”; dit kan nie toegelaat word dat die Breytenbachs ’n presedent skep wat “onberekenbare skade aan ons tradisionele leefwyse en landsbeleid” sal berokken nie; “die godsdienstige en rasse-andersheid maak hierdie huwelik iets vreemds aan die norm”.

    Briefskrywers in die tweede kategorie gee ook aanduidings van hulle ideologiese / politieke voorkeure, maar lÍ verbande met die opvatting dat dit die funksie van die kuns is om die politieke status quo te onderskryf en dat die skrywer “volkskrywer” moet wees. Een briefskrywer gee selfs raad aan uitgewerye en ander instellings wat pryse toeken. Volgens hom moet hulle dit verpligtend maak dat deelnemers hulle eie en hul gades se persoonskaarte aan die bundel poŽsie of prosa heg wat vir beoordeling in aanmerking kom, want: “Deur hierdie reŽl streng toe te pas en eers die persoonskaarte te bestudeer, sal dit soms nie eers nodig wees om lang manuskripte vol onverstaanbare onsin deur te lees nie en sal baie onaangenaamheid uitgeskakel word. Op diť wyse hou ons ons letterkunde raseg en suiwer.”

    Breyten se verbintenis met die Sestigers word herhaaldelik beklemtoon. Hulle word onder andere ’n klompie “windbroekprotesteerders” genoem wie se pogings bestaan uit ’n paar boekies wat “al klaar op rakke lÍ en stof vergader, kletspraatjies oor hoe onbeskaafd die Afrikaner is, ’n onophoudelike onderlinge gerugkrappery en ’n yslike grootbekkigheid oor die algemeen — dus niks om oor te roem nie”. Volgens hierdie populistiese meningsvormers word sekere letterkundiges “alte maklik op sleeptou geneem deur elke agitasie van baard- en plakkaat-draende intellektueles”, terwyl die volk “deur ’n soort literÍre orde van sersant-majore beveel word om te klink en te drink ter wille van die vryheid van spraak en pers en van hernieuing”. Die versugting gaan op dat “die Vader ons land en volk daarvan bewaar dat ons dalk eendag geregeer word volgens die norme en denkbeelde van die huidige geslag ’kunstenaars’, baie van wie, hoewel in ’n bepaalde rigting begaaf, van die mees emosionele, oorgevoelige en soms kwalik toerekeningsvatbare mense in die land is”.

    Met verwysing na enkelinge wat hulle kommer uitspreek dat Breyten verlore mag gaan vir die Afrikaanse letterkunde, reageer talle briefskrywers in die trant van: “Sal ons Afrikaners regtig iets verloor as ons nie Breytenbach met sy liberalistiese idees by ons het nie? Ek glo ons is sonder sy werke beter daaraan toe. Laat ons maar liewer in onkunde en ’geestelike onbeskaafdheid’ verkeer eerder as om ons trots en beginsels prys te gee ter wille van liberalisme”. Pleidooie gaan op vir ’n “egte volksdigter wat deur skade en skande by sy volk staan”. Selfs van die kant van die toonaangewende kritici is daar ’n stem wat opgaan vir die siening dat die “morele kode van die volk” voorop staan in die verhouding kuns en politiek; hy glo dat die kuns die volkstrewe moet dien. (Hierdie soort opvatting word in die sewentigerjare uitgebou in ’n geheime studiestuk oor die gevaar wat versetliteratuur en dissidente skrywers vir die volksaak inhou en wat voorgelÍ word aan die Afrikaner Broederbond.)

    Breyten reageer in ’n brief aan Die Burger op die visumweiering aan sy vrou (en by verstek op die “volkstem” wat teen hom uitgebring is). Hy stel dit onomwonde dat hy “apartheid met al sy implikasies haat”. As apartheid “verteenwoordigend is van die Afrikanerdom”, as die twee nie geskei kan word nie, sien hy geen toekoms vir die Afrikaner in Suid-Afrika nie. Sy teleurstelling, en woede, kry uitdrukking in die stelling: “As ek my Afrikanerskap sou kon opsÍ, sou ek dit doen. Ek skaam my vir my mense.” Van nou af sou die kwessie van identiteit (en ’n herdefiniŽring van Afrikaner-/ Afrikaans-wees) die hoofbron van Breyten se sosiale kritiek word en sy uitsprake oor (Suid-) Afrikanerskap hoekstene in ’n uitkringende debat oor “lojale verset” teenoor “Afrikanerverraad”.

  • ’n Besoek en ’n toespraak (1973)

    In 1973 was dit die eerste keer dat Breyten sy sienings oor Afrikaans en Afrikanerskap in lewende lywe na die volk gebring het. In hierdie vroeŽ fase van “verligte” Afrikanerpolitiek word ’n visum aan Yolande toegestaan en kom hulle vir negentig dae (sonder aanhouding!) na die digter se geboorteland. Dit is die verligte Afrikaanse Sondagkoerant, Rapport, wat die nuus van die Breytenbachs se aankoms in ’n eksklusiewe voorbladberig aankondig. Die beoogde private familiebesoek word spoedig deur die pers in ’n skouspel omskep en daartoe dra Breyten se optrede by die Universiteit van Kaapstad se Sestiger Somerskool grotendeels by.

    Die Afrikaanse pers (wat die vorige paar jaar striemende kommentaar gelewer het op Breyten se openbare uitsprake oor apartheid, Afrikanerskap en sy vereenselwiging met die vryheidstryd in die Nederlandse pers) verwelkom die “begaafde ballingdigter” aan wie “die verlange na sy geboorteland al die jare gevreet het”, maar wat nou “huis toe kom” om die “plek waar sy hart is” aan sy “mooi, verfynde, opgevoede vrou uit die ViŽtnamese adelstand” te wys. In die vorm van “’n briefie aan Breyten” verwelkom een redakteur die digter en vertel hom hoe nodig die land hom as digter het: “Verskoon asseblief die vleitaal, maar jy weet ons het glad te min manne soos jy. In ’n hele geslag lewer ons soms nie eens een man met jou soort talent op nie. Ons kan nie bekostig om jou te verloor nie. Ons wil hÍ jy moet by ons bly — indien nie in die liggaam nie, dan tog wel in die gees, soos die ou dominees altyd gepraat het.” Hy vra dat die digter nie uit reaksie teen aanvalle uit eie kring sy rug op sy mense moet draai en sy gevoelens deur verdrywers laat bepaal nie, want dan sal hy sy invloed by sy mense verloor.

    ’n Groot deel van die pers, wat so hartlik gereageer het op die koms van die Breytenbachs, sing egter ’n ander deuntjie na sy Blik van buite-toespraak by die Somerskool. Die afwysende reaksie wat dit uitlok, is veral gerig op sy uitsprake oor Afrikanerskap en Afrikaans. Volgens hom kan die voortbestaan van die Afrikaner en sy kultuur alleen verseker word deur die aanvaarding van Suid-Afrikanerskap. Die Afrikanervolk is ’n bastervolk, maar het daardie gedeelte van sy bloed wat uit Europa kom, gestol tot ’n gewaande stam-identiteit: “Ons het van ons andersheid die norm, die standaard gemaak — en die ideaal. En omdat die handhawing van ons andersheid ten koste van ons mede-Suid-Afrikaners — en ons Suid-Afrikaansheid — is, het ons ons bedreig gevoel”. Sy aanklag is dat die mure wat ons om ons gebou het ten einde ons “identiteit” te beveilig, die “bestek van ons selfmoord, ons selfvernietiging, ons dood” geword het. Hy doen ’n beroep op mede-Afrikaanse skrywers om nie te bly vassit in “die strikke van Apartaans nie, maar Afrikaans te praat” — en so hul Suid-Afrikanerskap en menslikheid uit te leef.

    In reaksie op hierdie toespraak berig een koerantredakteur dat hy “beroepe en oproepe van ons goeie lesers ontvang waarin aangedring word op die onmiddellike uitskopping van Breyten Breytenbach uit die land”, want hy het hom nou bewys as uitlander, ’n letterkundige terroris en ’n verlore seun wat gerus maar verlore kan bly in die linkse wÍreld van Parys. Die redakteur voel egter dat dit nie nodig is om teen Breyten op te tree nie: “Ons Regering het waarskynlik met sy besluit om hom tog in Suid-Afrika toe te laat, hierdie digter-agitator genoeg tou gegun om homself op te hang. Waarom hom nou van diť galg bevry deur hom uit die land te help?”

    Die algemene gevoel onder die briefskrywende publiek (wat meestal nie self teenwoordig was tydens sy toespraak nie en dus reageer op beriggewing daaroor) is dat sy uitlatings “sieklik” en “walglik” is; hulle is vol wrewel en ergernis oor die “snert” wat die digter kwytraak. Aan die een kant is daar diť wat hulle opruk oor Breyten se siening van die Afrikaner. Hulle voel dat die Afrikanervolk diť volk is wat “hierdie land staande hou omdat sy kultuur al een is wat nie aan die permissiewe tydgees van die nuwe moraliteit toegee nie en wat in sy volkskarakter Christelik is”. Breyten self word telkens, “ten spyte van die feit dat hy Afrikaans praat”, nie as ’n Afrikaner beskou nie — hż is die kultureel verbasterde. Aan die ander kant is daar diť wat beswaard voel oor die kunstenaar wat hom met die politiek bemoei en profeet probeer speel.

    Dit is egter ook so dat Breyten tydens sy toespraak ’n hartlike ontvangs vanuit die gehoor, wat grotendeels bestaan het uit “onse mense”, geniet het. Een joernalis skryf dit toe aan ’n ontplooiende verset onder Afrikaners teen Afrikaner-kleurpolitiek. ’n Ander een stel dit dat “die Boere nie meer base wil wees nie, maar in die allereerste plek bantoe Ö wat as dit vertaal word, maar alleen beteken: mense.” Enkele lesersbriewe deur persone wat self in die gehoor was, bevestig hierdie waarneming. Een briefskrywer voel dat skrywers soos Breytenbach “funksioneer as simbool van ons eie bevryding wat maar net nog ons nuwe vermoŽ behels om dinge onbevrees en duidelik uit te sÍ”. ’n Ander stel dit dat meer mense soos hierdie digter nodig is om alle Afrikaners bewus te maak van die “monsterbeeld” van die Afrikaner wat deur die jare geskep is (en waaraan die staat, kerk, kultuurorganisasies en die letterkunde meegehelp het) sodat daar dalk ’n kans mag wees om “iets van ons mensheid te red”.

  • ’n Verhoor en ’n vonnis (1975)

    Op 19 Augustus 1975 word Breyten op die Jan Smuts-lughawe in hegtenis geneem. In ’n summiere verhoor verskyn hy op 21 November voor die regter-president van Transvaal om te antwoord op aanklagte ingevolge die Wet op Terrorisme. Hy erken skuld op die lywige klagstaat waaruit bepaalde verwysings (onder andere na geweld en ondermyning) gehaal is. Vier dae later word hy skuldig bevind aan die hoofaanklag dat hy ’n aktiewe ondersteuner is van die verbode ANC en ’n stigterslid van geheime anti-apartheidsorganisasies en (ten spyte van die verwydering daarvan van die klagstaat) aan elf “terroristiese dade” ter bevordering van ’n “sameswering wat strewe na die rewolusionÍre verandering van die Suid-Afrikaanse samelewing”.

    Voor die vonnis uitgespreek sou word, bied die verdediging roerende getuienis ter versagting en ’n pleidooi vir ’n minimum vonnis aan: ’n kontekstualisering van die digter se betekenis vir die Afrikaanse letterkunde, ’n verklaring deur die ondersoekbeampte in die saak en ’n pleidooi deur die digter self. Hierdie verduideliking van sy lewensverloop en optrede het sy vriende ťn teenstanders onkant betrap — en hierdie skuldbelydenis sou in die era na die tronk op verskillende wyses by hom naspook, soos nou ook in Die Toneelstuk.

    Teen alle verwagtinge in lÍ die regter egter klem op “die erns van die misdaad”: “In die omstandighede wat vandag bestaan, die klimaat wat nou heers, is wat u gedoen het ’n ernstige bedreiging vir die veiligheid van die staat en die vreedsame naasbestaan van die inwoners van hierdie land. In al die omstandighede het ek tot die gevolgtrekking gekom dat die vonnis wat ek moet oplÍ, een is van nege jaar gevangenisstraf”. Twee jaar hiervan sou in eensame aanhouding wees, op “death row”, en uitmond in ’n tweede verhoor waartydens ongerymdhede aan die kant van die staat ten opsigte van die eerste verhoor op die lappe sou kom.

    Die gebeure om Breyten se aanhouding en verhoor was ’n verleentheid vir die verligte pers wat hom in 1973 met ope arms terugverwelkom het in die land en wat selfs sy Somerskooltoespraak kon koppel aan die opkoms van die “nuwe” Afrikaner. Dit het inderdaad tůť gegaan oor die verbreding van die Afrikanerlaer om plek te maak vir “afwykelinge” soos die Sestigers. Maar hierdie nuwe laer het natuurlik ook sy grense en Breyten se aandadigheid aan “terrorisme” het hom daarbuite gestel. Dit was dus in 1975 vir die verligte pers moeilik om dieselfde entoesiasme teenoor hom te handhaaf as twee jaar tevore. Die persreaksie word ’n eierdans waarin, aan die een kant, heelhartig saamgestem word met die vonnis en, aan die ander kant, Breyten se verskoning aangegryp word om hom weer binne die laer te kry, sy “Afrikanerskap aan hom terug te gee” ter wille van die Afrikaanse Letterkunde / Kultuur.

    Uit die aantal lesersbriewe wat in koerante verskyn, kan mens aflei dat die verhoor en skuldigbevinding minder reaksie van die publiek ontlok as die visumdebakel van 1965. Maar die digter het nou selfs minder ondersteuning van die publiek geniet as tůť. Volgens ’n meningspeiling (die eerste formele volkstemming!) wat deur Rapport gedoen is, meen 21,1% van die Afrikaners wat ondervra is dat dit die Afrikaanse letterkunde tot nadeel sou strek as Breyten nie langer in Afrikaans skryf nie; 35,6% sÍ dit sal die letterkunde tot voordeel strek as hy ophou skryf; byna die helfte wil geen mening uitspreek nie. Een uit elke drie Nasionale Party-ondersteuners sÍ hulle sou hom nie mis nie. Engelssprekendes stem nie saam nie en 30,9% glo dit sal tot Afrikaans se nadeel wees. Hierdie vraag is deur die oorgrote meerderheid beantwoord vůůrdat dit nog bekend geword het dat hy in hegtenis geneem is.

    Die Afrikanergehoor wat hom in 1973 toegejuig het tydens sy Somerskooltoespraak, swyg nou. Die lesersbriewe wat wel verskyn, val uiteen in twee groepe. Aan die een kant is daar ’n klein groepie wat aangegryp is deur Breyten se berou en bereid is om hom op te neem in Afrikanerkringe. Aan die ander kant is daar die lesers wat meen dat sy straf geregverdig is — wat hy gedoen het, is “duiwelse werk”, “verloŽning” en “verraad” op ’n skaal wat geen simpatie regverdig nie. Byna al die briewe in die tweede kategorie weeg die digter op teen “ons manne op die grens” en vra onder meer: “Wie doen die meeste vir ons taal? Hķlle beskerm ons sodat ons taal en volk en land kan voortbestaan.” Net soos in die geval van redaksionele kommentaar in die pers is daar in hierdie briewe nie aanduidings van besinning oor die moontlike legitimiteit van alternatiewe sienings of ’n alternatiewe politieke bedeling vir die land nie.

    In die tydvak tussen Breyten se eerste en tweede verhoor (in 1977) vind die Soweto-opstand plaas wat landswyd uitkring: Apartaans is die lont by die kruitvat.

  • Vrylating en verhuising (1982)

    Gedurende sy inhegtenisname en gevangeskap was daar sporadiese pleidooie vir Breyten se vrylating, insluitende die aksies van internasionale anti-apartheidsgroepe, die Franse regering, PEN-Internasionaal en die Afrikaanse Skrywersgilde. Selfs enkele Afrikaanse koerante het in die tagtigerjare versigtig bewoorde voelers uitgesteek na die moontlikheid van vervroegde vrylating, veral omdat hy “nie gemaak is van die stoffasie van geharde en gevaarlike revolusionÍre nie” en omdat die “blanke openbare mening” (die volkstem) teen hom verflou — begenadiging mag dalk “beter rehabiliterende resultate” oplewer as uitvoering van die letter van die vonnis.

    In Februarie 1981 kondig die nuwe minister van justisie aan dat amnestie met die Republiekfees van daardie jaar aan talle gevangenes toegestaan gaan word, maar dit was nie duidelik of mense wat ingevolge veiligheidswetgewing gevonnis is, daarvoor sou kwalifiseer nie. Vroeg in 1982 word ’n wetswysiging aanvaar wat voorsiening maak vir die vervroegde vrylating of vrylating op parool van mense wat skuldig bevind is aan misdrywe teen die veiligheid van die staat. Hierdie toegewing maak deel uit van die “hervormingspolitiek” van die dag. Op 2 Desember 1982 word Breyten onverwags uit die gevangenis vrygelaat na sewe jaar tronkstraf. Na ’n besoek aan sy familie vertrek hy en sy vrou na Parys.

    Die breŽ publiek swyg oor Breyten se vrylating. En die oorwegende reaksie van die Afrikaanse pers is een van waarskuwing. Een koerant is bly “dat hy verkies het om elders te woon” en hoop dat hy ’n duur, maar goeie les geleer het: “Om nie te diep in rewolusionÍre politiek betrokke te raak nie. Sy straf is uitgedien en hy het sy prys betaal. Nou is dit belangrik dat hy liefs van die openbare toneel verdwyn, want hy is iemand wat ’n misdaad teen ons en ons land gepleeg het.” ’n Ander koerant hoop die afslag op sy vonnis sal “ ’n stimulant wees om hom van verdere geknoei teen staatsgesag te weerhou”. Nog een spreek die hoop uit dat hy “sy ou politieke paaie van ekstremisme sal vermy en dat hy die onbetwisbare talent waaroor hy beskik, voortaan uitsluitend sal aanwend in die belang van die Afrikaanse taal en letterkunde”.

    ’n Minderheidstem gaan op vir Breyten as woordkunstenaar wat “in sy betrokke skrywery in nuwe perspektief ’n opbouende bydrae kan lewer tot vreedsame verandering in die land”. Hierdie koerant het egter ’n bepaalde politieke agenda in gedagte: “Breytenbach sal stellig reeds weet dat die Suid-Afrika van vandag nie heeltemal dieselfde een van sewe jaar gelede is nie — behalwe waar ’n sterk owerheid nog steeds die veiligheid van die Staat jaloers bly bewaak. Die Suid-Afrika van 1982 is een wat, onder leiding van ’n dinamiese Eerste Minister, die weg van eerlike en welwillende evolusie ingeslaan het.”

    Elf maande na Breyten se vervroegde vrylating kon wit stemgeregtigdes “ja” of “nee” gaan stem vir ’n “Nuwe Bedeling”. Die pers het nie agterweŽ gebly om prominensie te verleen aan die oorwegende ja-reaksie van die Afrikaanse literÍre establishment nie. Breyten self meen egter dat ’n ja-stem wit diktatorskap en diskriminasie verder sal wettig; dat die “aanpassings” onder die Botha-bewind ’n vals front skep waardeur die Suid-Afrikaanse regering sy beeld na buite probeer verbeter. Volgens hom verteenwoordig die Nuwe Bedeling die strategiese en strukturele veranderinge wat nodig is om die wit minderheid se magsmonopolie te versterk — die staat het dus geen evolusie ondergaan nie.

    Net soos in die voor-tronkfase beywer Breyten hom in die na-tronkfase in die openbaar vir transformasie in teenstelling met die “hervorming” van apartheid / die Suid-Afrikaanse staat. Indien hy hom nog in die eersgenoemde fase uit skuldgevoel in ’n “ons”-verhouding verbind het met die Afrikaners, deins hy na sy vrylating terug van Afrikanerskap. Kort na sy aankoms in Parys stel hy dit so: “Ek is nie meer ’n Afrikaner nie. En dit is nie uit opstand of uit skaamte nie. Ek voel my net nie meer verbonde aan die konsep nie. Ek is hoogstens nog Suid-Afrikaans.” Hy dra nie meer gewillig saam aan die skande van sy mense nie en sy verbondenheid met die land het komplekser geword. Hy is nie meer “volkskritikus” uit skuld en sentiment nie, maar toegewy aan die saak van swart politieke mag en meerderheidsregering, soos verteenwoordig deur die ANC. Maar selfs as radikale teenstander van apartheid bly hy by die Afrikaner betrokke — en wel in die rol van “bewusmaker” of “gewete”.

  • Nogmaals ’n prys en ’n toespraak (1986)

    Die tagtigerjare is ’n skisofreniese tydvak vir die volksaak: aan die een kant word twee opeenvolgende noodtoestande aangekondig om verset teen die Afrikanerstaat se apartheidsideologie te onderdruk en aan die ander kant is dit die hoogty van die sogenaamde “Alternatiewe Afrikanerskap”.

    Die Afrikaner-establishment openbaar ’n Nuwe Bedeling-houding ten opsigte van die dissidente Breyten (wat toe nie, soos gehoop is, sy mond hou in die openbaar en net sy hand op skrif sit om die Afrikaanse Letterkunde en Kultuur uit te bou nie). Die groot volksprys, naamlik die Hertzogprys, word in 1984 aan hom toegeken vir sy tronkbundel (’yk’) , maar hy wys dit van die hand omdat hy glo dat hy deur die aanvaarding van die prys sou help om “ ’n illusie van soepelheid te verleen aan strukture en ’n stelsel wat eksklusief, diskriminerend en verdrukkend bly”.

    Op 12 April 1986 word die nuut ingestelde Rapport-prys aan Breyten toegeken tydens ’n luisterryke geleentheid in die Staatsteater in Pretoria. Die bekroning lok teenstellende reaksie uit van die vooraanstaande, uitgelese gehoor: hulle juig hom tydens die aankondiging staande toe (die verloopte seun het immers weer huis toe gekom, met sy kleurvolle karavaan), maar reageer gedemp op sy aanvaardingstoespraak. Aan die een kant was daar die verleentheid van verligte Afrikaners wat, dertien jaar na die Somerskool-toespraak, nie wou hoor dat hulle nog nie werklik gevorder het op die pad na (hulle) bevryding nie. Aan die ander kant was daar diť wat (soos nou onlangs weer) aanstoot gegee is deur sy gebrek aan “erkentlikheid” en “onkunde oor resente politieke ontwikkelinge en sentimente”.

    Breyten se aanklagte is dat die Afrikaner ’n onding doen aan mede-Suid-Afrikaners; dat die Afrikaner rassisme oprig en ophemel as ideale staat; dat die Afrikanerstaat ’n anomalie en anachronisme is; dat die Afrikanerkerke moreel bankrot is en “God rondstoot asof Hy ’n Casspir is”; dat die denkende establishment gelyk aan die staat, apartheid, die Broederbond, die Akademie is. Sy voorskrif vir bevryding is die aftakeling van die Afrikaner se magsmonopolieŽ omdat dit onwettig en totalitÍr is. Die aanhangers van die Nuwe Bedeling kon nie uitsprake soos hierdie dawerend toejuig nie.

    Die verligte Afrikaanse pers is in ’n krisis gedompel. Rapport voer ’n eierdans uit om te verduidelik dat die koerant “geen aandadigheid” aan die pryswenner se toespraak het nie. Inteendeel, die koerant is ontstem oor sy “eensydigheid, vlak begrip van die werklikhede, vooroordeel en onverdraagsaamheid”. Tog stel die koerant die demokratiese reg van meningsuiting hoog, want Breytenbach verteenwoordig immers sienings waarmee mense met “goeie oordeel en eerlikheid” kan saamstem: die boosheid van die apartheidsisteem wat deur die wet gesanksioneer word; die onduldbaarheid van rassisme as onderbou in ’n staat; die gevaar van burokratiese totalitarisme; die malheid van militÍre oplossings en bloed; die inspan van God voor die apartheidskarretjie. (Die prys-debakel dra sekerlik by tot die omstrede bedanking van die verligte redakteur van hierdie koerant ’n jaar later.)

    Vir die Engelse pers reflekteer en simboliseer Breyten se odusseia “van Staatsgevangenis tot Staatsteater” en die gehoorreaksie daarop “the inner crisis and self-doubt of Afrikanerdom”. Die kern van die verskil in Afrikanerreaksie op sy toesprake van 1973 en 1986 lÍ volgens hierdie media in die volgende: “In 1973 they did not understand the dangers he was talking about. But in 1986 they are feeling the heat of the flames behind, although they still dislike his recipe and what he says.” (In 2001 weet die Engelse pers weer wat die Afrikanerdom nodig het van sy skrywers en intellektuele, naamlik om ’n nuwe Afrikanerdom te smee.)

  • Die post-Staatsteater-era

    Die Afrikaner-establishment se verhouding tot Breyten gedurende die tagtigerjare was ’n wortel-en-stok-benadering. Toe die wortel van vervroegde vrylating en literÍre pryse hom nie hokslaan nie, word die afweermeganisme van visumweiering ingespan (gedurende 1987 toe hy sy siek vader wou besoek en toe weer in 1988 om ’n eredoktorsgraad aan die Universiteit van Wes-Kaapland te ontvang). Daardeur word hy immers van die geleentheid ontneem om, in ’n tydvak van algemene en toenemende onrus onder teenstanders van die apartheidsisteem, gemoedere te kom opsweep vanaf ’n literÍre podium. Die hantering van sy visumaansoeke was ’n handige illustrasiegeleentheid vir die Nasionale Party om te wys dat hy dit erns het met sy verkiesingsbelofte insake “landsveiligheid”. In teenstelling met wat gebeur het toe ’n visum in 1965 aan sy vrou geweier is, lok die visumonthouding aan Breyten self weinig openbare reaksie van medeskrywers en die publiek uit.

    Dit weer hom egter nie uit die (literÍr-) politieke diskoers nie en hy spreek vanaf verskillende platforms skerp kritiek uit teen die Botha-era en die Nuwe Bedeling. Hy bemoei hom wel nie meer, soos in die voor-tronk-era, met ondergrondse politieke bedrywighede nie, maar is mede-inisieerder van ’n andersoortige “ondergrondse” aksie, naamlik die reŽling van ’n hoogs geheime ontmoeting tussen die ANC en ’n groep progressiewe Suid-Afrikaanse meningsvormers in Dakar in Julie 1987.

    Daar is nie totale gelykstemmigheid oor strategie en proses onder die Afrikaanse genooides nie, maar die gemene verbintenis is dat hulle hul beywer vir die skepping van ’n verenigde, demokratiese en nie-rassige Suid-Afrika (wat deur talle volksgenote as verraad teenoor die apartheidstaat ťn die Afrikanerdom beskou word). Ten spyte van bedenkinge wat Breyten het oor liberale opposisie, neem hy weer deel aan onderhandelingsinisiatiewe wat nŠ Dakar momentum kry (byvoorbeeld samesprekings in Leverkussen en die Watervalberaad in 1989). Hy glo dat hy as skrywer ’n bepaalde verantwoordelikheid het, naamlik om ’n bydrae te lewer tot ’n regverdiger gemeenskap en die totstandkoming van ’n nuwe Suid-Afrikaanse kulturele identiteit.

    Die reaksie op die na-tronkse Breyten is uiteenlopend. Vanuit reaksionÍre perspektief word hy nog steeds as volksverraaier veroordeel; “hervormingsgesindes” ťn “ontnugterde verligtes” span daarenteen verskillende strategieŽ in om hom vir hulle saak te probeer opeis en sodoende in ’n veilige kulturele hawe tuis te bring; die opkomende “radikale” faksie (soos die sogenaamde “literÍre mafia” wat ’n nuwe soort aktivistiese betrokkenheid voorstaan) het onvrede met Breyten se nuwe rol as “onderhandelaar”.

    Tydens die Watervalberaad spreek hy hom sterk uit teen “skuldgevoelens en selfkastyding” wat selfkoesterend is — volgens hom is dit is ’n besef van verantwoordelikheid wat ’n mens aan die beweeg kry: “Bly beweeg, ver anderkant bevryding. Niks is vir ewig gewen of gevestig nie. Of, waarskynlik, vir ewig verloor nie.”

    Hierdie was inderdaad profetiese woorde wat as samevatting kan dien vir Breyten se rol as openbare figuur gedurende die negentigerjare — en veral in die post-apartheid “nuwe Suid-Afrika”. Aan die een kant bou hy voort op sy omstrede reputasie as staatskritikus (dink maar net aan die kere dat hy in ope briewe en op openbare podiums swaarde kruis met staatspresidente Mandela en Mbeki en aan sy omstrede uitsprake oor die WVK, skuldbelydenis, die post-bevrydingsrol van die ANC, nuwe soustreine en die korrupsie van mag). Aan die ander kant bou die omhels-afstoot-ritme tussen hom en die post-apartheid “volk” op na ’n soort rooiskoenedans (met verwysing na die sprokie) wat uitloop op die breekspul van Die Burger-volkstemming.

    Hierdie dans tussen Breyten en die “volk” sedert 1994 moet nog volledig gekarteer word. In diť proses sal mens moet onderskei tussen die “breŽ Afrikaanse publiek” en die argitekte / bewakers van die ontplooiende post-apartheid volkstruktuur of Afrikanerdom. ’n Mens sou ook moet let op die (nuwe) koŲpterings- en afweermeganismes wat rondom hierdie openbare figuur, wat nie mooi die passies van die volksdans wil aanleer nie, ingespan word om die wankelende sisteem te stabiliseer.

    Die openbare reaksie op Boklied en Die Toneelstuk wys duidelik uit dat Breyten en die breŽ Afrikanergemeenskap nie gesellig tiekiedraai nie en hy word nou (weer) uit die volkskring uitgestoot. Omrede die “regte geluide” wat hy gemaak het oor taalbedreiging (selfs ’n “taalstaat” en ’n Afrikaanse universiteit in die Klein Karoo) is hy deur die nuwe establishment nader getrek. Hy aanvaar die uitnodiging na die nuwe podiums vir Afrikaans en Afrikaanse kultuur — insluitende die KKNK, ’n Afrikaanse oorlegplatform, redaksionele medewerking aan ’n kultuurtydskrif, lidmaatskap van ’n nuwe kulturele (druk-)groep en selfs die Hertzogprys. Maar toenemend het dit duidelik geword dat hierdie dans ook nie meer so gesellig is nie.

    Toemaak-vraaggesprek

    FG: Sien jy patrone ten opsigte van die aantrek-afstoot-energieveld tussen Breyten en die verskillende strukture (letterkundige kanon, staat, volk, regswese, politieke ideologieŽ, media)?

    MDT:: Wat ons hier het, is die eeue oue dans tussen die bevestiging en die bevraagtekening van bestaande realiteite. Die versoening en oorstyging van hierdie polariteit lÍ ten grondslag van individuele en kollektiewe transformasie. Is so ’n versoening moontlik?

    In ’n lesing na aanleiding van sy boek Along edges waarin hy ’n vergelyking tref tussen die Christendom, die Boeddhisme en die San-religie, sÍ prof Kobus Kruger dat die San-psige in staat is om op die snykant van ’n mes te balanseer tussen “expanding” en “contracting”. (In hierdie sin staan hulle nader aan die Boeddhisme as aan die Christendom.) LÍ die geheim hiervan miskien by die kampvuur, die “teater” waar die San hulle laat meevoer deur die nie-reŽle wÍreld wat die sjamaan in woord en dans optower, waar hulle onbevange met die diepste onderbewussynsinhoude kennis maak en dit in hul werklikheid integreer? Miskien bring dŪt die ligtheid wat hulle in staat stel om vreesloos op die snykant van ’n mes te dans.

    FG: Is daar ’n nuwe manier waarop ’n mens sou kon kyk na die rol van ’n sisteemverskuiwende kunstenaar soos Breyten?

    MDT:: Ek wil die vraag omkeer: is daar ’n nuwe manier waarop ons onsself kan posisioneer ten opsigte van ’n kunstenaar soos Breyten? Sou dit vir ons moontlik wees om met ’n sjamaan soos hy te leer saamdans, sou ons dit oor ons hart kon kry om ons aan sy stories te verwonder pleks van dit te probeer verklaar of dit te verwerp? Is dit moontlik om ’n teaterpubliek op te voed tot die bereidheid om hulself te konfronteer met onthutsende materiaal? Het ek die moed om te werk met die konsep dat as iets my kwaad of verleŽ maak of my ongemaklik of bedreig of beangs laat voel, dit iets vir my reflekteer waarmee ek nog ’n afstand in myself moet aflÍ? Sou ons die geduld kon aanleer om die daad van betekenistoedigting uit te stel om die teks / ervaring kans te gee om nog lae te ontbloot?

    FG: Watter nuwe grense het Breyten nou met Die Toneelstuk oorskry wat sulke heftige reaksie ontlok het? Watter dogma daag hy uit?

    MDT:: Breyten keer hier veral godsdienstige metafore en simbole om. Hy bevraagteken so geykte, dogma-versteende inhoude en maak nuwe betekenismoontlikhede oop. Die toeskouer word vrygemaak om met nuwe moontlikhede te speel (dit hang egter van homself af of hy hierdie vryheid gaan benut).

    Met die posisie wat hy ten opsigte van kollektiewe skuldbelydenis inneem, voltooi hy die sirkel van sy kritiek op kollektiewe optrede wat nie deur die individu deurgedink is nie. Selfs iets soos skuldbelydenis is, wanneer dit maar in die groep nagepapegaai word en nie in die hart van die individu ontstaan het nie, net so boos soos kollektiewe geweld en onderdrukking.

    Ten slotte

    Hoe kan “die volk” vir Breyten “uitstem”? Hy was nog nooit deel van hierdie gewaande struktuur nie.

    Breyten kan die resultaat van Die Burger se volkstemming soos ’n verbleikblom aan sy Afrikahemp speld en dit dra na die volgende rondte van die ongedanste dans. Hy weet tog immers dat die ware kunstenaar nie na enige dog-ma (of pa) se pype kan dans nie; hy mag nie vioolspeler in die voorkamer van die maghebber ůf van die “volk” en die establishment word nie. Die kunstenaar het egter wel ’n verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap waarbinne hy funksioneer — soos Breyten dit reeds in November 1964, kort na sy debuut, in die tydskrif Sestiger formuleer:

    “ Hy moet ook die gewete van sy gemeenskap beliggaam. Hy moet vooruit kan kyk en waarsku as hy dink ons raak die weg kwyt. Hy is ’n seismograaf en ’n weervoorspeller ÖHy bewaar ons gemeenskaplike ervaring, die voetspore van ons langsame evolusie. Hy moet sorg dat daardie kort paadjie wat ons tot dusver gekruip het nie toegroei nie. Hy moet sorg dat ons are nie verkalk nie. Hy is ons geheue en ons spaarbank, ons flitslig en ons horlosie — en as hy dit nie is nie, wie sal dit dan wees?”

    En dit doen Breyten — en daarvoor het hy nie “die volk” se ja-stem nodig nie, want hy dans op die Middeweg.

    I am no longer one of us
    (’n beweging: vir Duoduo en Edward Said)

    nou het jy geen wortels meer
    behalwe die skerm van skyn
    in boek en oor doek, die flikkering
    van soek-na-sin en die uitmekaarhaal
    van gewaande betekenisse: nisse
    waar die niks ’n vegie besoedeling deponeer
    in ink, die verbygaande se beweging

    jy kyk in die spieŽl en sien
    hierdie gemeenskap is nie joune nie:
    Ö

    natuurlik is daar nog die kelk van ’n huis
    wat blom tussen bome, jou pa jou ma
    vang die skaduwees en hang ’n gelag
    soos visse aan die takke
    Ö

    dit is nie joune nie: in ’n beweging
    van die verbygaande strompel jy langs die Middeweg
    met ’n skrywende blindstok om te voel-voel
    na die spook-memorie aan oorsprong en tuiskoms
    soos die herinnering aan pyn
    wat agter ooglede kerm

    nou sleep jy die wortels in die stof, teken strepe
    wat prentjie moet maak in ink en vergelyking
    van afwesigheid: voel-voel
    na dood wat nie daar is nie

    hier is jou geboortegrond, hier is jy tuis
    in die bewegings van verbygaan

    (Jan Afrika: Papierblom)

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.