SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Skrywersberaad-argief

Skrywersberaad




  Kirby van der Merwe
is in die Paarl gebore en woon in Kuilsrivier. Hy studeer onderwys en kuns. Van sy gedigte en kortverhale is opgeneem in onderskeidelik Nuwe Stemme en Vonkfiksie. Sy debuutroman, Klapperhaar slaap nie stil nie, het in 1999 by Kwela verskyn.

Amos met die klein mondjie

Winter in die Koue-Bokkeveld. ’n Aandwandeling, vroegaand. Die lug is indigo, maar diep en skoon soos kristal. Die berge in die verte, vervloŽ grys. Later, ’n kristalnag met die Melkweg ’n sterresproei. Iewers word daar vuur gemaak, ruik ek. Voor my tussen bloekoms deur, sien ek die silhoeŽtte van ’n groepie vuurstaners wat hande uithou oor die vlamme. Vonke wat opvlam, maak die hotnotshuisie se witgekalkte muur amper deursigtig, amper eierdopdun. En die bloekomrook styg in ’n trae spiraal bo die vuur.

Klapperhaar slaap nie stil nie
Die stukke wat ons sny
Nou te koop!
Dis hoe die lug en die lewe vermeng word en vervloei tot dinge wat patos opwek, wat heimwee bring: die oorvertel van die ou bekende jakkals-en-wolfstories rondom ’n vuur; dwaalstories; huilstories — van vergete grafte van vergete plaasvolk onder en tussen die wortels van die bloekombos langs die grondpad waarlangs ek gekom het.

Ek herken hulle. Dis dieselfde klein bedroŽ groepie wat vroeŽr die oggend in die wintergras bo-op die wal van die kontoerdam gesit het. Die damwal is ook voetpaadjie, kortpad en nie-amptelike rusplek. Ek was saam met die boer in sy bakkie. Een van die groepie, Amos, het die vorige nag op die dief afgekom wat toe nog besig was om die skaap af te slag. Die skaapdief het weggekom, berg-oor, maar hy wat Amos is, het hom herken. Hy moes die vleis en die vel by sy plek hou tot die polisie kom en die toneel van die misdaad gaan uitwys.

Later staan ek self hande oor die vlamme. Ek vra uit oor die skaapstelery en knoop die gesprek aan Dirk Ligter, die befaamde en geliefde skaapsteler, kwajong en towenaar. “Die nimlike hy” van hierdie geweste wat deur my genant Boerneef volksbesit geword het.

“Wat mens darem nie vir ’n stukkie skaapvleis sal doen nie,” laat ek hoor. Almal ken vir Dirk en die staaltjies word opgerakel.

“Hoe lyk dit met ’n stukkie van daai gesteelde skaap? Want die kole is reg,” skerts ek.

“Nooit nie!” kom dit van Amos.

Ai, Amos, dink ek by myself. En ek wonder, sou hy weet wat sy naam in Khoi-khoigowab beteken? (Klein mondjie, maar meer van toepassing op ’n meisietjie, ’n mooi beskrywende bynaampie: am = mond; os = sonder. Dus letterlik, sonder mond. Baie beskrywend, ’n mond, haar mondjie is so klein dit lyk asof sy nie ’n mond het nie.)

Sou hy ooit die verband tussen Dirk Ligter en die mitologiese Khoi-Khoi-volksheld, Heitsi-Eibib, besef? Dat Dirk Ligter die laaste skaduwee was wat hy gegooi het. Heitsi-Eibib wat kon verskyn en verdwyn en van gedaante verwissel. En op verskeie tye en plekke gesterf het, maar altyd weer hergebore kon word.

Wat van die Khoi-Khoi se godsbegrip? Dat god steeds in die omtes is. Diť mense se besef van boosheid, en die Bose, verpersoonlik in die konsep van //Gaunab, wat verantwoordelik is vir warrelwinde, die draer is van siekte, pes en die dood. Maar hy word die stryd aangesÍ deur Tsui//Goab, God die Skepper en die gewer van reŽn. Dis ’n ewige stryd waarin die Bose verslaan word. Maar ook herhaaldelik tot lewe kom.

In die heel eerste geveg, die oorspronklike geveg met die Bose, is God gewond deur die sterwende //Gaunab. Sederdien is God aan die Khoi-Khoi bekend as Tsui //Goab. (tsui of tsu = seer, gewond, //goab = knie, dus beseerde/gewonde knie).

Moet ek hulle vertel, wonder ek, maar besluit om nie die groepie te depress nie. Voer liewer ’n binnegesprek oor die Khoi-Khoi se konsep van ’n lydende God. ’n God met ’n menslike sy. Hulle idee van ’n verwondbare God teenoor ’n triomferende, allesoorwinnende God. Dat ook hulle geglo het dat die finale stryd nog moet kom: die geveg waarin //Gaunab finaal en vir ewig verslaan sal word.

Vir my is die besef dat God eintlik ’n wond saamdra en saam met sy mense ly baie bekoorlik.

Paradoksaal, dink ek: bevryding deur geloof in ’n gewonde God. ’n Verwondbare God waarvan hierdie klein, liggeboude mense, tot op die been maer, salig onbewus van is. Hulle wat ente stap, tussen gemeenskappies. Waar die naaste winkel 25 km ver is. Aangewese is op die plaaseienaar se plaaswinkel.

Die gewonde knie Ö pragtig, skoonheid in verwonding, bevryding deur verwonding!

    Wounded Knee, unincorporated community in South Dakota, on the Pine Ridge Indian Reservation. Wounded Knee was the site of two conflicts between the local Native American population and the United States government. In the late 1880s the Sioux began practising a religion taught by Wovoka, a Paiute prophet who promised that performing the ritual Ghost Dance would result in the return of native lands, the rise of dead ancestors, the disappearance of the whites, and a future of eternal peace and prosperity. Nearby white settlers, frightened by the rituals, called for federal intervention. Reservation police believed Chief Sitting Bull to be the instigator of an impending rebellion and killed him when he resisted arrest. His followers then fled to the camp of Chief Big Foot. The 7th Cavalry pursued the Sioux and placed them in an encampment near Wounded Knee Creek. On December 29, 1890, a shot was fired within the camp and the army began shooting. The soldiers massacred some 200 unarmed Sioux men, women, and children. Those who attempted to escape the battle were pursued and killed.
       The second incident started on February 27, 1973, when armed supporters of the American Indian Movement (AIM) seized and held Wounded Knee, demanding a US Senate investigation of Native American problems. Federal law enforcement officers were sent to the site, and during gunfire exchanges, two Native Americans were killed and several people on both sides were injured. The siege ended 70 days later, when the Native Americans were promised that negotiations concerning their grievances would be considered. After one meeting with White House representatives and a promise of a second one, the Native Americans were informed that their treaty grievances should be referred to Congress. No further meetings took place. (“Wounded Knee,” Microsoftģ Encartaģ 98 Encyclopedia , 1993-1997)

Volkse, geestige vertellings om ’n gloeiende galleyblik, die sproei van vonke wanneer die vuur met peerboomwortels aangestook word. ’n Staanvuur. Later, ’n sitvuur. Wat het ek hier kom soek? Geselskap? Omdat ek behoort? Of omdat ek, as skrywer, bloot aan ‘t ase is? Besef het: hier staan iets, hier bestaan nog iets, hier is moontlik ’n spoor, ’n oorblyfsel, ’n taalfossiel, ’n tongval. In die sang sekere patrone, invalle, ritmes.

Opeising en toe-eiening van hierdie mense se onskuldige sÍgoed? Hulle wat salig onbewus is daarvan dat die ongenooide gas doelgerig ingestel is om enige oorblyfsels van ’n vervloŽ tyd, enige aardigheid, vir homself uit te sif, te wen, uit wan, en toe te eien? Flertse, flenters dialoog, verhale. Die pyn en die syn. Nuwe en ander monsters en spesimens agter glas.

Maar ons is tog almal besig om voortdurend ander dioramas, ander uitstallings vir onsself te skep. En dit is ook reg so: dis ons plig om stories te boekstaaf, te interpreteer, dit ons studieveld te maak. Daarin op te gaan en dit ons eie te maak. Dink aan die onskatbare pionierswerk en versiendheid van William Bleek en Lucy Lloyd. Selfs in Afrikaans die lang lys beginnende met G R von Wielligh se bundels, Dierestories (1907) en Boesmanstories (1919-21), EugŤne Marais se Dwaalstories (1927), en almal wat bygedra het om Afrikaans in al sy variante — van die Kaapse Vlakte tot die Richtersveld — vir die nageslag te bewaar: ons kollektiewe, inklusiewe toonkas.

Dinge vir memorie en vir mymering: my persoonlike dioramas agter glas. Selfs ’n paar dingetjies om te bekyk, te bevoel hier langs die galleyblik:

Anglo-Boereoorlog: Boereverdriet, Boeretroos? ’n Jaar se Die Burger Bylae-spasie, omgeskakel in rand en sent is troos voorwaar!

Die alternatiewes: Apartheid. De Kat, Insig, Tydskrif Rapport.

Armoede: As onderskeidingsteken. “Ek het my aan my veters opgetrek tot waar ek vandag is.”; “Ons was arm, maar nie vuil-arm nie.”; “Julle mense is bloot lui.”

Arrogansie: Brief in Die Burger: “Nuwe leuse is ’n ‘bekvol’” Di 2 Mei 2000:

    “’n Dooie taal gaan nie veeltaligheid bevorder nie. Dit lyk vir my na ’n taamlik deursigtige poging om die taaltameletjie te omseil: kies ’n geskikte leuse uit ’n dooie (wel Suid-Afrikaanse) taal, en niemand kan daaroor juig nie (die sprekers is almal dood) en niemand kan daarteen beswaar maak nie (niemand anders verstaan dit nie en dit bevoorreg nie ’n bestaande taalgemeenskap nie)ÖEk voorspel dat ons nooit hierdie leuse uit iemand se mond sal hoor nie.”

Of: W J Verwoerd sr, Stellenbosch. Die Burger, Di 2 Mei 2000.

    “Maar van die tradisies van die Westerse beskawing en die invloed van wit mense wat hierdie land bewoonbaar gemaak het, het niks oorgebly nie. Persoonlik sou ek verkies het dat op ’n Suid-Afrikaanse tradisie wat reeds byna 100 jaar bestaan, voortgebou word deur die ou Uniewapen (desnoods met ’n paar verwysings) te behou. In 1795 het sommige Nederlanders ook gedink hulle is slim deur hul land te herdoop in die naam van ’n langvergete pioniersvolk, die Bataviere. Die Bataafse Republiek was egter van korte duur en die naam het geen aanklank gevind nie. Net so is dit vir almal duidelik dat die gebruik van Boesman figure en die ?Xam (sic) ’n foefie is om om die hede te ontsnap. Die nuwe wapen sal geen hartsnare roer of daarin slaag om Suid-Afrika te simboliseer nie.”

Boesmans: In Kaapse Nasionale Museum.

Boetman: Ek sal volstaan met Richard Rive se enigste sÍding in Afrikaans: “En kyk hoe lyk ons nou!”

Distrik Ses: (Sien Armoede bo.)

Erfgoed: ... laat die erwe van ons vaders vir ons kinders erwe bly.

Housemaid’s knee: Inflammation of the kneecap, often due to excessive kneeling. (Swart knieŽ.)

Die Kleurling:

    KLEURLING IN SY OMGEWING
       Paarl Post, Vrydag 18 Sept 1953, p 6
       Toe mnr W A Joubert, voorsitter van die PPV, verlede Vrydagmiddag die kunsuitstalling van mej Hettie Louw in die Paarlse kunssaal open wat deur sowat 100 mense bygewoon is, het hy gesÍ dat die kunstenares baie geÔnteresseerd is in Kleurlingtipes “omdat hulle iets van hul eie het wat naby aan ons is en tog verskillend is”.
       Hierdie studie van die eie in die Kleurling is waaraan ons meer aandag kan gee — veral die Kleurling in die platteland.
       “Enige persoon wat die moeite doen om na Mamre te gaan,” het mnr Joubert voorts gesÍ, “sal die besondere atmosfeer van die Kleurling in sy eie omgewing dadelik aanvoel — soos hulle tipiese rietdakhuise, skewe mure en krom strate, hul manier van loop-en-gesels en arms-swaai.
       “Die besoeker voel asof hy in ’n ander atmosfeer kom — nie soos die Kleurling wat hier in ons agterbuurtes woon nie, maar in sy eie dorpie in ’n landelike omgewing wat hy self geskep het en waar hy homself op ’n natuurlike manier kan uitlewe.”
       Dit is hierdie atmosfeer wat mej Louw op so ’n simpatieke manier op die doek gebring het, aldus mnr Joubert. Ook in haar portretstudies van Kleurlinge het sy hul postuur, gelaatstrekke en gesigsuitdrukking op ’n baie simpatieke en intieme manier uitgebeeld. Mnr Joubert het ook sy toehoorders se aandag gevestig op die besonder keurige manier waarop die skilderstukke geraam is.

Grond:

    Liefde vir ouers, dit weet ek nou, liefde vir broers en susters, familie, vriende, minnaars, dit alles val van jou af; al wat oorbly, is die liefde vir die aarde.
       Andrť P Brink. Inteendeel. p 206

HAT:

    Kaffer, 48 lemmas
       Kaffermeid: Bantoevrou of -meisie [as (huis)-bediende]: Baie Kaffermeide werk op die lande, Sy het een wit meisie en twee Kaffermeide in die huis.

    Hotnot:
       1. Uitroep van byval, bewondering en ligte spot: Hotnot! waar staan die klong se kuif!
       2. hotnot. a. Iemand wat gehiet en gebied, aan wie minder aangename take opgedra of wat geminag word: Ek is niemand se hotnot nie. Hy is mos almal se hotnot. b. liefkosende of goedige spotnaam: Kom hier, my hotnot. Uitdr.: Gaan kyk waar die bul die Hotnot gestoot het, gaan broek losmaak. Daar gaan ’n Hotnot dood — gesÍ wanneer daar netvliesagtige wolkies aan die lug is of wanneer die onderkant van wolke soos hangende vrouehare lyk. Hy het ’n Hotnot doodgeslaan — gesÍ van iemand wat voordurend teenspoed het. ’n Los Hotnot, een wat nie in diens is nie; iemand wat vry is om te doen wat hy wil.

Kagga Kamma: Wat meer kan mens sÍ?

Moedertaal: “The beauty and picturesqueness, and euphonious playfulness, or the gravity of diction which I have among my people, and other tribes as well, are all but impossible to be given literally in English.” LeFlesche (1963)

Paternalisme: “Die Kleurlinge is ons mense Ö”

Saartjie Baartman: Hijack!

Die Slawelosie: Uitgrawing van opvulgrond in die vloer onder die swaar vloerbalke. In die grond word daar gekrap en gesif vir restante van slawe-okkupasie. Slawe se alledaagse bedrywighede in skerwe gebreekte porselein en stukkies been van dierlike oorsprong. Seker sopbene en dies meer teenoor die Mercedes Benz-versamelings in hulle glaskaste, uitstalkaste. Bogronds. Uitstallings van erdewerk en porselein, kabinetwerk, klere en wapens van die Bataafse en Britse gloriedae. Blink swart leiklipvloere, dieselfde leiklip wat as posklippe gebruik is, waarop briewe uitgekap, uitgeskraap is.

Noble savage: Geen kommentaar.

Oosterse konneksie: Dis vreeslik fashionable deesdae om ’n Angela van Bengale of Anna van Batavia in die geslagsregister op te spoor, of ’n soektog na hulle op tou te sit. Hou vas, Suid-Afrika, die volgende paar jaar gaan julle toegegooi word onder romans en gedigte met die inheemse en die oosterse as tema, as agtergrond. Die argiewe gaan omgedol word. Derms gaan uitgeryg word, die arme slawe gaan weer onder wit hande op die wiel gebreek word, aan die skavot swaai, gevierdeel word. Koetswiele gaan dreun!

Straf : Om pyn en straf, vernedering toe te eien en te vertroetel. Verworwe immuniteit teen genoemde. Lyfstraf. Hangstraf. Doodstraf. Lynching.

Die Struggle: Van merke, strepe: was jy gearresteer? Op die eiland? Het jy dokumentÍre bewyse, foto’s, merke ter stawing? Nostalgie: die sarsies donshael op ’n sinkdak soos ysreŽn, die rubberkoeŽl, die blikkie smeulende traanrook, die baton, die rubberknuppel, die karwats.

Uitgewekenes, emigrante: Chickens / the chicken run. Almal hoogs gekwalifiseerd, groot verlies vir SA.

Verlies: Getaande beeld van die witman, die Afrikaner as halfgod.

Hier by die sitvuur besef ek weer die waarde van ’n wÍreld wat ingestel is op luister. Ingestel is op klank: die nuanses van stilte, die spasies tussen woorde, die stiltes in ’n tweegesprek, stilte tussen twee mense wat mekaar verstaan, op mekaar ingestel is, waar woorde tussen hulle onnodig en oorbodig geword het. ’n Gebondenheid wat deur stilte bestendig, beaam word.

In die samelewing wat visueel ingestel is, word die mooi prentjie alles. Word mense dŪt wat op ’n skerm beweeg, paper cut outs, fatsoene. Kry mense net nou en dan vorm, selfs vir mekaar. Vervlak ons tot ’n laugh-a-minute sit-com-samelewing. Of van “Vetkoekpaleis” en “Maak ’n las”. Waar die Schusters oorleef en die Staatsteater sluit, is die vere belangriker as die voŽl. Word ons prentjies, met ’n baie, baie kort raklewe.

’n Mens wonder of dit dalk nie weer tyd geword het vir die terugkeer van die sjaman en die griot nie. En van die wyse ou vrou. Dat, in plaas hier te staan, daar nie liewer om die vuur gedans behoort te word nie.

Die vuur gloei laag. ’n Deur gaan oop. ’n Kind kom koulik nader. Agter haar is daar die flikkering van ’n kers wat in ’n ligte trek staan. Binne sien ek ’n katel, ’n kas, ’n kis.

Ek moet aanstaltes maak. Want ek is nie goeie geselskap nie, kom ek agter. Ek het nie veel van gemeenskaplike belang om oor te praat nie. Niks te vertelle nie. Miskien staar ek te lank, in die kole, in die ruimte.

Die ruimte, en ek wonder, miskien moet ek vertel van die keer toe ’n “alien” in Wupperthal geland het, en daar weg is met “Hoe lÍ die berge nog so blou Ö” Of hoe daar gekook word op die klipwerwe met die vastrap en die riel en “Dis ’n lekker ou Jan”? Maar nee, besluit ek, laat ek nie die mense depressed maak nie.

Miskien moet ek sÍ: Amos, my ou maat, het dit nie tyd geword dat jy begin praat nie? (Miskien jou bek begin rek nie?) Die Bonsmara staan vet in die veld en die floskop Herefords op die groene weide.

Ek moet terug na my slaapplek toe in ’n plaasopstal op die waterpas vloedvlakte duskant die Skurweberge. Die grond gereed gemaak vir aartappel en ui. En as ek na die groepie langs die vuur kyk, weet ek van watter nut die veel gewaande Westerse beskawing is: vaste werk op die aartappelland.

Toe ek terugkyk, het hulle die vuur weer begin stook, ’n hoŽ vuur. Weer stelling ingeneem, hande uitgesteek oor die oop vlamme. SilhoeŽtte, fatsoene vir ’n buitestaander. Was ťk deel daarvan, was ek ook net nog ’n fatsoen, ook een van die paper cut outs.

“Lekker slaap,” het ek gegroet, en gedink, manne, julle moet wakker-slaap!

Buitestaander of te not, ek besef ek is net soos die groepie by die vuur lid van die groep mense van wie se lede se geraamtes, liggaamsdele in museums en in private versamelings as kurios aangehou en uitgestal word. Selfs opgestopte koppe met glasoŽ as jagtrofeŽ. Dis seker maklik vir ’n klomp slim mense om deesdae van gedeelde waardes en ’n strewe na inklusiwiteit te praat. Talk is cheap. Hoe kan daar rus wees solank daar in die groot Europese museums mense as monsters, as spesimens aangehou word? Jy sal nooit volwaardig mens kan wees nie. Nie solank jy as kurio beskou word nie.

    Binne vier jaar het ek hierdie vlaktes sien verander. Die eerste keer was daar troppe wild in oorvloed. Nou gaan dit swaar om enigiets op te spoor. Daar is nie meer eenhorings oor nie. Miskien het selfs die hippogriewe verdwyn. Dis ’n hartseer, hartseer land. (Brink, Andrť P. Inteendeel.)

Dis ’n aartappel- en uieland, dink ek.

/Narra /narra se tara oms //va //aru. Ek loop voel-voel terug huis toe. ( /narra — om in donker rond te tas, te voel, te bevoel, om in donker bevoel te word.) Hoop dat die donker my nie oorval nie, dat ek tog net nie maniengel nie. Inshallah.

Ek neurie my gunsteling Griekwa-gesang terwyl ek kortpad kies oor ’n geploegde land: “Hż trek die voor, en breek die kluit Ö ”

Veilig in my bed bid ek die kindergebedjie, nadat ek, soos my oupa destyds opdrag gegee het, “gaan bad, gaan pis, en gaan slaap” het: Ik ben ’n kindjie klein. Here maak my hartjie rein. Amen.

LitNet-leser: Wat dink jy van hierdie bydrae? Twee pryse van R1000 elk word toegeken aan die interessantste reaksies op referate. Stuur jou opinie aan SÍNet by redlitnet@mweb.co.za

Besoek die beraad se virtuele boekuitstallings en ondersteun ons skrywers deur hul boeke via LitNet te bestel.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.