SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Op soek na die werklikheid

Herman Wasserman

I went to the woods because I wished to live deliberately, to front only the essential facts of life, and see if I could not learn what it had to teach, and not, when I came to die, discover that I had not lived. () I wanted to live deep and suck out all the marrow of life, to live so sturdily and Spartan-like as to put to rout all that was not life, to cut a broad swath and shave close, to drive life into a corner, and reduce it to its lowest terms, and, if it proved to be mean, why then to get the whole and genuine meanness of it, and publish its meanness to the world; or if it were sublime,to know it by experience, and be able to give a true account of it.
Henry David Thoreau, Walden

Realiteitstelevisie, soos dit algemeen bekend staan, is aan Suid-Afrikaanse kykers bekend veral in die vorm van die gewilde program Survivor, waarvan reeds die tweede reeks tans op SAUK-TV vertoon word. Binnekort tref Big Brother, die reeks waarmee die hele wreldwye realiteitstelevisie-fenomeen in 1999 in Nederland begin het, Suid-Afrikaanse TV-skerms.

Sonder om te wil deelneem aan die bohaai waarmee voorafpublisiteit vir die reeks gemaak word, kan ’n mens nou al versigtig voorspel dat die Suid-Afrikaanse weergawe van di reeks waarskynlik ’n ander dimensie sal h as di in ander dele van die wreld waar dit ook reeds vertoon is. Die spanninge tussen inwoners van die Big Brother-huis - waar die deelnemers vir 100 dae in volkome isolasie sal woon, maar 24 uur per dag dopgehou word deur televisiekameras - sal in Suid-Afrika ook nog die gewig dra van ’n bre samelewing wat k nog allermins normaal is. Die Suid-Afrikaanse lede van die Big Brother-huis sal nie net hul toegelate een koffertjie met klere en besittings die huis binnedra nie, maar ook die bagasie van die Suid-Afrikaanse geskiedenis, die stereotipes en wanopvattings, die onkunde en vooroordele gekweek deur jarelange skeiding tussen groepe waarvan hulle as verteenwoordigers gesien sal word. Dit klink dalk hiperbolies, maar ’n mens sou tog kon voorsien dat die Suid-Afrikaanse deelnemers dus nie alleen dopgehou sal word deur kykers op soek na die tipies interpersoonlike struwelinkies, die fladderings van ontluikende romanse of die flitse van ’n naakte bors of boud nie, maar ook om te sien hoe etniese, kulturele of rassespanninge hanteer word. In ’n sin sal hulle dalk beskou word as die proefbuisbabas gebore nadat die demokratiese Suid-Afrika reeds geruime tyd besef dat hy teruggekeer het uit die postapartheid-wittebrood.

Maar wat is dit van realiteitstelevisie wat televisiegehore wreldwyd so aangryp? Volgens Sylvie Kervel (Mail and Guardian, 22-28 Junie 2001) is daar wreldwyd tans 40 programme gebaseer op die Big Brother-konsep, waaronder die Franse Loft Story, naby verwant aan Big Brother, en ’n verskeidenheid ander met toegevoegde waarde in die vorm van ’n eiland-oorlewingstoets (Survivor), seksuele verleiding (Temptation Island), militarisme en sadomasochistiese elemente (Boot Camp en Chains of Love), en selfs dieet (Big Diet). ’n Mens sou kon s dat hierdie TV-reekse nie soseer te make het met die hedendaagse samelewing nie as met sekere oerdrifte wat nog altyd maar in mindere of meerdere mate teenwoordig was in die mens. Dit is sekerlik waar. Mense het nog maar altyd voyeuristiese drange gehad, en dat dit dikwels gekoppel word aan ’n sekere sadisme of begeerte na bloed, daarvan getuig die onwillekeurige samedromming van starende mense om ’n ongelukstoneel, die genre van rillers, die alomteenwoordigheid van skinderstories. Die mens se eie lewe is nie genoeg nie - hy wil dit leef deur ander, sy eie bloed voel pomp by die aanskoue van ’n dood.

Tog is daar ook bepaalde aspekte van die tydvak waarin ons leef, die kulturele bestel van die postmodernisme, waarheen ’n mens die intense belangstelling en sukses van realiteitstelevisie sou kon terugherlei. Sowel die behoefte aan realiteitstelevisie as die idee van televisiebase om hierdie reekse op die been te bring, is tot ’n groot mate bepaal deur behoeftes spesifiek aan ons huidige tydvak. ’n Mens sou uiteraard realiteitstelevisie aan die hand van verskeie faktore kon ontleed, en hierdie is maar enkele gedagtes, nie die somtotaal van impulse onderliggend aan die fenomeen nie.

Die rolprente The Truman Show en EdTV van ’n paar jaar gelede het geblyk profeties te wees. Jim Carrey se karakter in eersgenoemde film was onder die indruk dat sy werklikheid die enigste een is wat bestaan, terwyl sy voorstad eintlik ’n onderdeel was van ’n groter wreld, waar mense hom dopgehou het sonder dat hy daarvan bewus was. Die film het beklemtoon hoe ervaringe gerepresenteer en gesirkuleer word, hoe werklikhede in mekaar teleskopeer (bakpoeierblikkie-op-bakpoeierblikkie) - ’n oorvergrote beeld van die postmodernistiese insig dat alles gemedieerd is: ons ervaar niks “direk” nie, maar alles wat ons ervaar, is reeds ingebed in taal, tekens, beelde, representasies.

Die ekonomiese keersy van postmodernisme is laat-kapitalisme, waarin alles gekommodifiseer word, waar dinge se belangrikheid gemeet word aan hul markwaarde, waarin die hele wreld as gevolg van versnelde globalisering toegespin is in die web van koop en verkoop. Net soos The Truman Show die ervaringe van een arme siel, salig onbewus, teen ’n koopsom opgedis het aan ’n televisiegehoor, word die ervaringe van die deelnemers in Big Brother verkoop; of dit nou skelm seks onder die komberse is of ’n traan gepink in die “privaatheid” van die biegkamer, daar is niks wat nie ’n prys het nie.

Ons lewe in ’n wreld waar ons bewus is van inligtingsoordaad. Ons is bewus daarvan dat ons kennis van die werklikheid gemedieer word deur ’n verskeidenheid media, van televisie tot koerante tot internet tot die Huisgenoot. Ons weet dat die beelde van Iran en Irak, die vertellinge van Palestynse “aggressie” of Israelse “slagoffers”, die heersende idees oor moraliteit, liefde, seks, godsdiens, noem maar op — dat al hierdie sake vir ons opgedien word deur die televisiebase van CNN, die regisseur van MTV se popvideo’s of die aanbieder van kykNET se Voorblad. Hierdie besef van oorspoel wees deur ’n vloedgolf inligting het by ons die indruk geskep dat daar niks meer oorspronkliks is nie, dat alles al vantevore ges is. Vandaar die postmodernisme se voorliefde vir pastiche en ironie, die herhaling en spottende ondermyning van bestaande genres en style.

Op filmgebied het Quentin Tarantino se films die weg gebaan vir al meer sulke kopknikkies na die verlede; in die letterkunde was daar ’n opgeskerpte bemoeienis met die skeppingsproses (van hierdie tekste het nou al klassiek geword, soos Italo Calvino se If on a Winter’s Night a Traveller; en wat films betref, dink maar aan Aunt Julia and the Scriptwriter) en die maak van nuwe tekste uit die reeds bestaande (Joan Hambidge se parodiese Sonja Verbeek-reeks, om maar een te noem).

In die onlangse film Nurse Betty, waarin ’n vrou so opgaan in haar gunsteling-TV-sepie dat sy later die draaiboek daarvan begin uitleef, is hierdie besef onomwonde saamgevat — die media in al sy vorme weerspiel nie een of ander objektiewe werklikheid nie, maar vorm ons werklikheid vir ons. Ons kultuur het behep geraak met representasie.

In hierdie beheptheid met beelde en die proses waarin hulle aan ons oorgedra word — en die invloed wat hulle op ons werklikheidsbesef het — l dalk een van die redes vir die wegholgewildheid van realiteitstelevisie. Die intense bewus wees van ons werklikheid as gemedieerd, as reeds genterpreteer voor dit sigself aan ons voordoen, het moontlik by TV-kykers ’n behoefte laat ontstaan na onmiddellikheid. Ons wil nie meer hoor hoe iemand die werklikheid vir ons interpreteer, analiseer of kompliseer nie, ons wil dit self sien. Ons wil dr wees in die badkamer van die Big Brother-huis wanneer tande geborsel word; ons wil dr wees wanneer die sweet van die Survivor-deelnemers se voorkoppe afdrup; ons wil slf die muskiete voel steek in die Outback en slf die spanning voel oplaai in die sitkamer van Big Brother se Randburg-huis.

Dis natuurlik steeds net illusie, want die programme se regisseurs besluit steeds watter dele om uit te sny en watter om op die voorgrond te druk (kyk maar hoe word daar vroeg narratiewe lyne gedentifiseer — romanses tussen di en daai, spanning tussen die een en die ander een — en hoe daar gesny en geplak word om hierdie lyne te volg). Maar die punt is dat ons voel asof ons die ervarings van die deelnemers onmiddellik waarneem. Selfs al word daar in Big Brother gesny en geplak, of selfs al speel die deelnemers van Survivor vir die kamera, die gesteelde kykies in die tent of die slaapkamer werk mee daartoe dat ons voel asof ons die werklikheid eerstehands ervaar. Want ons is op soek na ’n vaste werklikheid te midde van al die illusies waarmee ons dag na dag gebombardeer word.

Is dt nie die aantrekkingskrag van Survivor se stowwerige Outback, Boot Camp se blinkgepolitoerde barakke en Temptation Island se sonnige strande nie — die belofte van ongekompliseerde, direkte ervaring, die terugkeer na basiese behoeftes, die afwesigheid van analises en die verwarrende oorvloed van keuses nie? Hoe aantreklik lyk die ontginning van primitiewe, oerbeginsels van oorlewing nie! “To live deliberately,” soos Thoreau in die aanhaling hierbo skryf, “to front only the essential facts of life!” Na die natuur!

“The tribe has spoken,” word daar formuleagtig elke keer aan die einde van ’n Survivor-program ges wanneer een van die deelnemers afgestem word. Di ongelukkige deelnemer moet dan sy/haar fakkel (ryk aan simboliek van ’n flikkering van beskawing in die oorweldigende natuur, ’n teken van die stryd teen die elemente) vorentoe bring om uitgedoof te word. Die ritueel is bekend, dis week na week dieselfde, die frases wat deur die spelleier uitgespreek word, vertroud. Byna soos ’n Nagmaals- of doopformulier se inkantasies. L hierin nie ook dalk iets van ’n gesekulariseerde wreld se soeke na die religieuse, die heilige ruimte, die magiese kring rondom die vuur nie? Is hier dalk ’n ooreenkoms met die rave-toneel waarin na sommige groot danspartytjies as “tribal” byeenkomste verwys word? By Survivor se stemgeleenthede is daar ook die getuienissessie, soortgelyk aan die ontboesemings by kerklike “getuienisgeleenthede”. Elke deelnemer word gevra oor sy of haar ervarings van die afgelope toets, en hulle moet hul emosies blootl. Die kyker slurp dit op, want ons het ’n behoefte aan samehorigheid. Ons ken dalk nie die bure in ons woonstelblok nie, ons maak nie ons elektriese hekke vir vreemdelinge oop nie, en ons het nie ’n idee hoe lyk dit in ’n township nie, maar ons is op voornaamterme met Colby, Tina, Jerri en Nick.

Die feit dat daar, ten spyte van die klem op onmiddellikheid en direktheid, steeds aan die einde van Survivor-programme teruggekyk word op die dag se ervaringe en daaroor berig word, soortgelyk aan die biegsessies in die Big Brother-kamer, dui moontlik op ons onontkombare behoefte aan stories. Ons ervaar onmiddellik — of so dink ons — saam met die deelnemers, maar net soos hulle het ons behoefte daaraan om te narrativeer, om die gebeure deur middel van ’n verhaal tot een of ander koherensie saam te snoer.

Kyk ’n mens na die realiteitsreekse, word dit duidelik dat die lewe in afsondering in ’n huis besaai met TV-kameras of ’n oorlewingstoets op ’n eiland nie soveel verskil van ons alledaagse een nie. Die eise van menseverhoudings, die politiekery, die rugstekery, die magnetisme tussen party mense en die afstotende kragte tussen ander, die gesukkel om ’n huis te bou en kos bymekaar te maak — dit ken ons ook van ons werkplekke, vergadersale en huise. Ons wil ons eie lewens herhaal sien. Ons wil ander mense sien repeteer vir wat vir ons ’n harde werklikheid is. Ons wil sien hoe mense worstel met vertroue en verraad, met intimiteit en wraak. Want storievertel is nie ’n luukse nie, kyk — dit is nes skuiling soek en skinder. Dis een van ons basiese behoeftes.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.