SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Verlief op Suid-Afrika: deesdae en toeka se dae

Etienne Britz

Die Piper Cherokee kantel op ’n manier wat my verontrus. Maar my reisgenoot, wat klein vliegtuigies ken, plaas ’n bemoedigende hand in die waai van my knie. Teen ’n hoek van miskien dertig grade, vyf honderd meter bo straatvlak, snak ek na my asem bo Hillbrow. “Gee jou hart vir Hillbrow,” lag my reisgenoot, wat daardie einste Johannes Kerkorrel-nommer op ’n CD saamgebring het.

Oor Soweto bereik die atmosfeer in die kajuit die kwaliteit van pure poŽsie. Met elke fatalistiese draai aan die stuurstang val die wÍreldberoemde swart stad, links en regs, voor ons oop. My reisgenoot het ook Paul Simon ingepak. Uit die draagbare CD-speler klink sy woorde oor Soweto in die jare tagtig: “These are the days of miracle and wonder.”

“Sien jy nou? Selfs as geluk jou effens vergeet het, moet jy nooit heeltemal van geluk vergeet nie,” sÍ my reisgenoot.

Die Piper draai noordwaarts, klim hoŽr, en na ’n halfuur vlieg ons oor bome wat ek as Kapenaar vir die Bosveld aansien en waaronder ek sebras en apies vermoed.

“Die oplossing is altyd om na ’n hoŽr vlak te reik,” sÍ my reisgenoot. “Coleridge het geskryf dat Gotiese argitektuur die oneindige voorstelbaar maak. Dit is ook waar van hierdie Suid-Afrikaanse uitspansel, hierdie katedraal van die natuur.”

Na die vlug voel ek inderdaad gelukkig en opnuut lief vir Suid-Afrika.

My reisgenoot se huis loop oor van boeke, CD’s en honderde video’s. Ek kom tuis by ’n mens van pretensielose maar feestelike gekultiveerdheid. ’n Versamelaar ook van kuriositeite wat pas by ’n vrolike humorsin, soos ’n boek uit 1897 wat veroordeelde vroue volgens hulle kriminele gelaatstrekke in kategorieŽ plaas. My Kaapse dunk van Pretoria word by die minuut opgegradeer.

Uit die skat van rarighede haal my reisgenoot ’n Afrikaanse reisverhaal uit 1925: Daar Ver oor die See: Ons Eie Reis na Europa, deur Tannie. “Weet jy hoe lief was die mense in daardie tyd vir ons land? Diť gevoel kry ons vandag terug.”

“Impromptu” sou die leuse kon wees van my reisgenoot, want oomblikke later lÍ ek op ’n sofa en luister toe-oŽ na klein uittreksels uit die Europese reis-indrukke van Tannie.

Tannie kom in Lissabon aan en verdwaal spoedig in die kronkelende straatjies.

“Bewaar ons, nee! Beduie nou vir iemand om ’n sekere plek te gaan soek in so ’n labirint! Ek sien geen kans om my weg daarin te vind nie, al word ek ook duisend jaar oud in Lissabon.

“Nee, gee maar vir my ons ou dorpies se reguit, breŽ strate in Suid-Afrika, almal pylstert noord en suid, oos en wes, dan weet ’n sondaar tog ten minste waar hy is.”

Die verskillende tale van Europa krap Tannie se kop om. Sy skryf: “Ek wens van harte dat die ganse mensdom nou soveel verstand wil kry om net een taal te praat — solank as dit ons liewe ou Afrikaans is! Ons hoor gedurig Duits, Frans, Engels, Portugees en Spaans aan boord, en ons ore is moeg daarvan.”

In GŲttingen in Duitsland loop Tannie haar vas in ’n aaklige waarheid as sy op soek gaan na die plaaslike variant van wors, daardie Boere-lekkerny “wat die Afrikaanse studente hier letterlik by die jaart en by die myl oppeusel.

“Ons kom voor die winkel, geld in die hand; maar op die psigologiese moment fluister iemand gelukkig net ťťn woord: ’Perdevleis’!”

Iets wat Tannie ook hinder as Suid-Afrikaner, is al die trappe wat sy in Europa moet klim.

“Kom jy by ’n hotel of woonhuis, dan staar ’n trap jou in die aangesig sodra die voordeur oopgaan. In skepe, museums, skole, universiteite, spoorwegstasies, by monumente, in koningspaleise - net waar jy kom, is dit trappe op en trappe af. ’n Mens klim jou byna dood aan al die trappe.”

Die ou portretskilderye van aristokratiese families in Duitse museums, “met pakke en tabberds so netjies dat dit lyk asof dit aan die lyf gegiet is”, laat Tannie terugverlang na die natuurlike leefstyl van Suid-Afrika. Sy kyk na die koninklike kinders op die skilderye wat kennelik nooit toegelaat is om “vuil of kaalkop buite rond te hol nie”, en kry hulle jammer “want hulle mog nie eens kaalvoet in die water loop as dit gereent het nie. Hulle mog nie kleiperde maak of met dolosse speel nie.

“Dan sÍ ek sommer: ’Nee dankie tog, vir my nie! Ek bly liewer in ons eie huis in Suid-Afrika by my eie mammie. Geen koningskind op aarde het nog ooit beter en gesonder kos geŽet as suiker en pap met melk, of lekker boerbrood en botter nie.”

Soos ek, onderneem Tannie ’n lugreis, maar haar vaart van Berlyn na Leipzig in ’n ballonskip met vier sitplekke word kortgeknip deur “Motor-defect”. Daar moet ’n noodlanding gemaak word in ’n ertjieland. Die konsternasie wat volg, leer haar een ding: die Boere van 1925 is welkom in Europa weens die Anglo-Boereoorlog. Een van die Duitsers wat Tannie tussen die ertjiepeule te hulp snel, roep uit: “Ag ja, die Boeren, ons het almal gehoor van die Boeren-krieg. Ag so!”

In VenesiŽ is Tannie geskok deur die armoedige kamer van ’n kelner. Weer steek die toestand in Suid-Afrika vir haar gunstig af teen die toestand “daar ver oor die see”. Die kamer is ’n “donker, vuil hokkie, soos wat ’n mens nie vir ’n Swartman sal gun nie; sy bed sommer ’n klomp vodde, en lappe pleistering van die muur af.

“... En dan word die arme Swartmense in ons land nog altyd bejammer deur idiote wat niks van hulle af weet nie! Hulle leef soos konings in vergelyking met baie arm witmense hier oorsee.”

Ook die winkels van Londen prikkel Tannie se vaderlandsliefde. “Die winkels is niks hoŽr as vier, vyf tot ses verdiepings nie; en as ’n mens gewoond is aan Kaapstad en Johannesburg en Durban se winkels, dan hoef jou mond hier nie eintlik oop te hang nie.”

“Sien jy wat ek bedoel?” vra my reisgenoot. “Verlief wees op Suid-Afrika is terug: diť keer net fyner, minder aggressief, meer verheffend as in daardie tyd van Tannie.”

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.