SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Hoe gaan Afrikaans en ander minderheidstale in Suid-Afrika oorleef?

Arrie Rossouw

Bydrae gelewer by Die Burger-lesingreeks, KKNK 2001

Inleiding

Toe ek genader is om ’n bydrae te lewer oor die vraag: “Hoe gaan Afrikaans en ander minderheidstale in Suid-Afrika oorleef?”, het verskeie scenario’s by my opgekom: aangrypende tonele van honderdduisende mense tydens ’n lente-opstand in Praag, van die Baske se selfbeskikkingsbomme in Barcelona, en, helaas, ook van ’n patetiese groepie betogers met Afrikaanse slagspreuke op plakkate langs die straat in Jan Smuts-rylaan in Johannesburg.

Ek sien beelde van “stryd en bloed” en van Don-Quichotterige bestormings van Coca Cola-koeldrankblikkies en Parmalat-joghurtbakkies en van opstandige, bebrilde Afrikaanse raasbekke met hul designer-kapsels en byderwetse baarde wat stapels Engelse koffietafelboeke voor die Uniegebou verbrand. Engels, alles net Engels!

Terselfdertyd doem beelde van jong Afrikaanssprekende JIP-lesers en -kykers by my op wat ’n Afrikaans-Engelse mengeltaal so opwindend laat klink dat jy lekkerkry, nie oor die (swak?) Afrikaans wat jy hoor nie, maar oor die selfvertroue waarmee hulle voor TV-kameras skerts en flirteer met hul jong gehoor. G’n wonder nie dat die Engelse dagblad The Star by geleentheid na die jong kykNET-programaanbieders verwys het as die nuwe geslag “with-it”-Suid-Afrikaners.

“Afrikaans — the new cool”, het hul opskrif dit uitgebasuin.

Wie wil ons wees: Afrikaners — meestal uit die meer etnosentriese dampkring — wat raas en baklei oor hul taal- en minderheidsregte? Of Afrikaanssprekendes wat deel is van die transformasie van Suid-Afrika van sy rassistiese apartheidsverlede na ’n veelrassige demokrasie waarin na almal se regte, ook almal se taalregte, omgesien word?

Laat ek sommer onmiddellik my vlag teen die paal hys. Ek glo Afrikaanssprekendes sal hul aandrang op hul taalregte oneindig skade berokken as hulle daardie “taalstryd” by wyse van optogte en betogings probeer voer. Tensy duisende ander gebruikers van (Afrika-) minderheidstale hulle in hul veldtog steun, sal so ’n benadering teenproduktief wees.

Hierby word ingesluit openbare veldtogte in koerante se briewekolomme en op LitNet oor die gebruik of afwesigheid van Afrikaans op padtekens en joghurtbakkies. Met apologie aan oorlede min. Hendrik Schoeman wil ek aan diegene wat so tekere gaan oor (die afwesigheid van) Afrikaans op borde en blikkies vra: “Wil julle veg of wil julle vreet?”

Die gebruik van Afrikaans op padborde en blikkies gaan nie ’n duit verskil maak aan die oorlewing van Afrikaans nie.

Afrikaans sal net oorleef as die praters van die taal vrede maak met die nuwe politieke bedeling in Suid-Afrika (en daarmee bedoel ek met die demokratiese bestel en die Grondwet) en hulle volledig laat betrek by die transformasieproses, of self inspring om ’n sukses daarvan te help maak.

Wit Afrikaanssprekendes moet ontkom aan die persepsie dat hulle weer eens laer trek teen ’n “vyand” — die swart en wit Engelssprekende taalgebruikers — of gereed maak om hul kinders se tasse te pak na Londen of Perth.

Bruin Afrikaanssprekendes kan ook nie bekostig om gesien te word dat hulle die hulp van die wittes aanvaar om op te “gang” teen hul swart bure in Khayalitsha of Khayamandi nie. Ons as Afrikaanssprekendes is deel van Suid-Afrika en moet gesien word dat ons so optree.

Met die aanvaarding van die nuwe Grondwet in 1994 het daar ’n welkome verskuiwing plaasgevind, van miskenning van taalverskeidenheid na die amptelike erkenning daarvan. Daardeur is die ongelyke magsverhouding wat tot in daardie stadium tussen tale bestaan het, opgehef.

Of so was die verwagting.

Teoreties het dit inderdaad plaasgevind, maar in die praktyk, moet ons toegee, het weinig verander. Inteendeel, die situasie het eintlik versleg. Ons het nou te make het met ťťn taal wat domineer, pleks van twee. Daarom sou mens opreg kan wonder oor die toekoms van die niedominante of minderheidstale. Maar meer nog: oor die toekoms van die sprekers daarvan. Die uitdaging is dus om die taalgelykheid wat in teorie bestaan, ook in die praktyk gestalte te laat vind.


Onmisbaarheid in die verbruikersmark

’n Mens kan uit verskillende hoeke kyk na die sprekers van Afrikaans: As mense met politieke aspirasies; as mense wat hoŽ letterkunde skryf en aweregse musiek maak, maar ook populÍr sing soos Patricia Lewis; as mense wat ’n behoefte het om bemagtig te word. Maar ook as mense wat koop en verkoop.

En dit is hoe ek as koerantredakteur en sakeman daarvan hou om na Afrikaans te kyk: Watter rol speel Afrikaans in die wÍreld van koop en verkoop? Wat bied Afrikaans vir sy sprekers waar produkte en geld van hand verwissel? Wat baat Afrikaans vir diegene wat sake doen? Is ons besig om ’n taal te red of te bevorder? Of is ons besig om met en in die taal te woeker ter wille van voortbestaan?

Iemand het op ’n keer gesÍ as jy wil hÍ die swart renoster moet nooit uitsterf nie, moet jy probeer om van swart renosters melkbeeste te maak. Nutsdiere loop nooit die gevaar van uitsterf nie. Dien ’n ekonomiese doel en mense stel in jou belang. Wees bemarkbaar en jy gaan moeilik uitsterf. Afrikaans is bemarkbaar.

Hoe kan ek so seker wees, vra u. Kom ons kyk hoe lyk Afrikaanssprekendes vanuit die oogpunt van die mark.

Eers ’n paar syfers en statistiek (vir die doel van marknavorsing word daar gewoonlik gekyk na die getalle van die ouderdom 16 jaar en ouer):

  • Die totale Afrikaanse mark is sowat 4 356 000 groot, wat verdeel kan word in 2 314 000 wit Afrikaanssprekendes en 2 042 000 bruin Afrikaanssprekendes.
  • Die Afrikaanse groep as geheel bestaan uit 6 526 056 individue uit die totale Suid-Afrikaanse bevolking van 44 704 610 (BRM 2000-syfers), oftewel 14,6% van die bevolking.
  • Bruin, swart en IndiŽr-Afrikaanssprekendes maak 51,7% van alle Afrikaanssprekendes uit.
  • Altesame 83,6% van die bruin gemeenskap is Afrikaanssprekend.
  • Die grootste konsentrasie van Afrikaanssprekendes is in die Wes-Kaap (1 602 000) en Gauteng (1 058 000).

    Die volgende tabel gee die verspreiding van Afrikaanssprekendes in verhouding tot ander taalgroepe in die verskillende provinsies:

        Vrystaat  Gauteng  Noord-Kaap   Wes-Kaap
    Afrikaans     14,5%     16,7%     69,3%             59,2%

  • Afrikaanssprekendes het verlede jaar R161,497 miljard tot die huishoudelike besteding in Suid-Afrika bygedra. Dit is 32,3% van Suid-Afrika se totale huishoudelike besteding van R500,461 miljard.(1)
  • Hulle bydrae tot Persoonlike Inkomstebelasting is R27,086 miljard uit die totaal van R73,834 miljard, oftewel 36,7%.

    Hierdie syfers is indrukwekkend. Belangriker is egter wat gedoen kan word om hierdie posisie te verbeter of kragtiger te benut.


    Die Afrikaanse mark se houdings in breŽ trekke

    Daar is onlangs vir die eerste keer omvattende navorsing gedoen oor die kulturele en kommunikasiehoudings van Afrikaanssprekendes deur Impact Information en Strategic Diagnostics.

    Ek gaan nie in besonderhede hierop in nie, omdat kliŽntkonfidensialiteit ter sprake is, maar die breŽ trekke van hierdie navorsing wys die volgende hoofgroeperinge:

  • 5% jong Afrikaanssprekendes in die stede het geen erg aan groepsverband nie.
  • 10% Afrikaanssprekendes beskik oor die hoogste kwalifikasies; hulle woon hoofsaaklik in Gauteng; hulle is welvarend; en hulle het geen probleem om in Engels te werk nie.
  • 14% is ouer, gegoede, wit Afrikaanssprekendes wat byvoorbeeld aandring op Afrikaanse advertensies (baie vroeŽre meningspeilings, blyk dit nou, het hoofsaaklik hierdie groep se gevoelens en houdings vertolk).
  • 19% Afrikaanssprekende bruines met die laagste kwalifikasies, wat in die landelike gebiede of dorpe woon, is eentalig Afrikaans.
  • ’n Verdere 24% bruines met lae kwalifikasies, wat in landelike gebiede of dorpe woon, verstaan Engels sleg en lees nie Engels nie.
  • Die grootste groep is 28% Afrikaanssprekendes wat verteenwoordigend is van alle kleure; hulle is jong stedelinge met kinders in die huis; hulle is baie betrokke by wat in die land gebeur, maar hulle dink daaraan of hulle die land wil verlaat; en hulle is gemaklik met Engels as vaktaal.

    Dus: ’n volle 57% Afrikaanssprekendes is byna eentalig Afrikaans of dring aan op Afrikaans in die handel en wandel. Altesame 38% wat hulleself beskou as “goeie Afrikaners” aanvaar Engels as instruksietaal of gebruik Engels by die werk. ’n Skrale 5% is besig om te verengels.

    Enkele ander bevindings oor Afrikaanssprekendes is interessant, naamlik:

    Wittes

  • wil gemaklik voel om Afrikaans te kan praat
  • soek erkenning van die Afrikaanse kultuur en volk
  • wil keuses hÍ in taal en onderwys
  • wil nie stagneer nie
  • is moeg daarvan dat Afrikaanse mense uitgebeeld word as dom, verarm of versukkeld
  • weet hulle moet die land maak werk
  • het hulp nodig om hulleself te posisioneer as byderwets, trendy, cool
  • besef hulle moet hulself onmisbaar maak.

    Bruines

  • het ’n behoefte om te behoort — bevind hulle in die middel ten opsigte van ras, taal en kultuur
  • het ’n behoefte aan leierskap en rigting
  • het ’n behoefte aan sosiale aanvaarding en daarom verengels van hulle.


    Wat is vir die mark belangrik?

    Een van die punte wat vir die mark van belang is, is die gewilligheid van mense om nuwe produkte, dienste of idees te aanvaar. Hiervoor gebruik marknavorsers gewoonlik die volgende Nielsen-kategorieŽ:

  • “todayers” (hardegat, materialisties, voel niks vir sosiale konvensies nie)
  • “achievers” (individuele waardes, bevraagteken tradisie en gesag, maar is nie aggressief nie, ingestel op selfverbetering, prakties eerder as op die estetiese ingestel)
  • “yesteryears” (weerstand teen verandering, tradisie en die groep is baie belangrik, onverdraagsame neigings, uit voeling met tegnologie)
  • “belongers” (aanvaar ander groepe maklik, gaan saam met die stroom, nie materialisties nie)
  • “enhancers” (ingestel op selfverbetering en kwaliteit, vir nuwe tegnologie).

    Terwyl ons die verskeidenheid in ag neem wat aangedui is deur die navorsing waarna ons hierbo verwys het, kan ons tog geldige veralgemenings maak oor Afrikaanssprekendes aan die hand van die Nielsen-kategorieŽ.

    Hiervolgens is bruin Afrikaanssprekendes erg versplinter tussen hierdie groepe, maar wit Afrikaanssprekendes het ’n sterk konsentrasie binne die “yesteryears”-groep.

    Die punt wat belangrik is, is die ongeneentheid van “yesteryears” om met nuwe tegnologie te eksperimenteer en dit te aanvaar.

    Kom ek vul dit in met ’n paar syfers.

    Terwyl (wit) Afrikaanssprekendes dieselfde aanvaarding het as wit Engelssprekendes van selfone en selfs satelliet-TV, is Afrikaanssprekendes se aanvaarding van die internet beduidend swakker. Slegs 3% van Afrikaanssprekendes gebruik die internet vir bankdienste (hoewel die tendens groei). Die internetdiensverskaffer M-Web het byvoorbeeld byna 67% Engelssprekende intekenare teenoor slegs sowat 33% Afrikaanssprekendes.

    Navorsing toon telkens dat rekenaars in Afrikaanssprekende huise staan sonder om aan die internet verbind te wees. Vrees vir die gevare wat die kinders op die internet kan teenkom, is een van die belangrikste redes vir die onwilligheid om aan te sluit.

    Bruin Afrikaanssprekendes is wat selfone sowel as satelliet-TV betref, ver agter die wit gebruikers.

    Duidelik is hier gevaarligte vir die toekoms van Afrikaanssprekendes. Aan die een kant het jy ’n groot groep mense wat nog te arm is om van nuwe tegnologie gebruik te maak en aan die ander kant ’n beduidende groep mense wat koel staan teenoor die belangrikste hedendaagse tegnologie.

    Hier sal duidelik verskuiwings gemaak moet word om Afrikaanssprekendes se rol in die mark nie te verswak nie:

  • Eerstens sal die armer, hoofsaaklik bruin sprekers van Afrikaans bemagtig moet word om toegang tot die nuwe tegnologie en die voordele wat dit bied, te kry. Ons weet byvoorbeeld dat ongeveer 44% van Afrikaanssprekendes in die landelike en stedelike armer bruin groep val. Hier is ’n natuurlike ontwikkelingspunt wat deur bemagtiging tot voordeel van die groep as geheel versterk kan word.

  • Tweedens sal Afrikaanssprekendes in die algemeen oortuig moet word om oper en meer toeganklik tot nuwe tegnologie en spesifiek die internet te staan.

    Die konsentrasie van Afrikaanssprekendes in hierdie Sosiomonitor-groep van die “yesteryears” het verdere gevolge vir die bemarking aan Afrikaanssprekendes.

    Die eienskap van lojaliteit aan die bekende is negatief vir die vestiging van nuwe handelsmerke, maar positief vir vertroude handelsmerke. Ook, indien jy wel mense uit hierdie groep van handelsmerk laat verskuif, kry jy mense wat lojaal bly wanneer hulle eenmaal ’n keuse uitgeoefen het. Dit sal maatskappye dus baat om in die langtermyn-ontwikkeling en -bou van hul handelsmerke te investeer waar Afrikaanssprekendes deel is van die teikenmark.

    Tot dusver het twee aspekte duidelik na vore gekom:

  • Ten opsigte van die aanvaarding van nuwe tegnologie steek Afrikaanssprekendes oor alle kleurgrense heen af by wit Engelssprekendes.
  • Die ekonomiese kloof loop nog sterk tussen wit en bruin Afrikaanssprekendes.


    Ekonomiese bemagtiging

    Een van die grootste uitdagings vir Afrikaans en die vermoŽ om as minderheidstaal te oorleef — lÍ in die vermoŽ van Afrikaanssprekendes om te help om die poel van meer as 40% ekonomies en tegnologies agtergeblewe sprekers van Afrikaans te bemagtig.

    Die geskiedenisboeke oor die stryd om die erkenning van Afrikaans kan gerus weer afgestof word om te kyk wat histories gedoen is ten opsigte van Afrikaans. Die bedoeling is nie om vanoggend ’n analise te maak van al die prosesse en strategieŽ nie, maar wat wel belangrik is, is die feit dat daar daadwerklike pogings aangewend is om die Afrikaanse taal se interne struktuur te ontwikkel sodat dit die nuutverworwe funksie (amptelike taalstatus) kon uitvoer. Daardie geskiedenis is aan die meeste van u oorbekend.

    Gelyklopend met die ontwikkeling van Afrikaans tot wetenskapstaal was die bewustelike ekonomiese opheffing (bemagtiging) van die Afrikaanse gemeenskap, hoewel net van ’n bepaalde segment. Deur toegang tot onderwys en die hoŽr onderwys te verseker is daar langs hierdie weg toegang tot magstrukture aan diť segment van die Afrikaanse gemeenskap verseker. Sodoende kon die Afrikaanse taal naas Engels sy plek as amptelike taal inneem.

    Die vraag wat nou met reg gevra kan word, is: Watter rol kan Afrikaans met hierdie ryke ervaring, maar ook hulpbronne, speel in die praktiese vergestalting van die gelykheidsideaal wat teoreties tussen tale bestaan?

    Na my mening moet Afrikaans eers voor sy eie deur vee deur by die breŽr Afrikaanse spraakgemeenskap te begin.

    In ’n “bestekopname” het Christa van Louw, uitvoerende hoof van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA), onder meer bevind dat die Afrikaanse kulturele produksie nie verteenwoordigend is van die volle spraakgemeenskap nie en dat daar ’n enorme ongeskrewe (mondelinge) letterkunde bestaan in dele van die spraakgemeenskap wat uit nie- en nuutgeletterdes bestaan.

    So is daar byvoorbeeld bevind dat daar in ’n groot mate ’n skat in die besit van die plattelandse gemeenskappe (soos plaasgemeenskappe en vissersdorpies) is, waar invloede van buite en massavermaak (TV, ens.) nie volkome oorheers nie. Hierdie skat van vertellings, liedjies, rympies en raaisels word bedreig.

    Die heterogeniteit van die Afrikaanse taal word nie genoegsaam in die Afrikaanse letterkunde en in die populÍre media weerspieŽl nie, en hierdie werklikheid is nie te wyte aan ’n gebrek aan swart Afrikaanse skrywers en talent nie. Die feit is dat die taal- en taalverwante beroepe nie verteenwoordigend van die volle spraakgemeenskap is nie.

    ’n Groot persentasie Afrikaanssprekendes is vasgevang in ’n “kultuur van stilte”, diť soort waarvan Freire praat. Hulle kan nůg die woord nůg die wÍreld lees.

    Die hantering van hierdie realiteite, sÍ Van Louw, impliseer die noodsaak vir ’n ontwikkelingsproses, dus die ontwikkeling van die lewensgehalte van die betrokkenes. Dit behels die bemagtiging van hierdie sprekers van Afrikaans om volledige burgers te kan wees met doeltreffende opvoeding, verhoogde ekonomiese aktiwiteit en politieke mag.

    Daar heers ’n enorme ontwikkelingsbehoefte onder Afrikaanssprekendes. Vir miljoene van hierdie taalsprekers is Afrikaans die middel tot bevryding en bemagtiging.

    Die tweede uitdaging vir Afrikaans en Afrikaanssprekendes is hoe om konstruktief mee te werk nie net vir die voortbestaan van Afrikaans nie, maar ook vir die dinamiese saamleef van die taal naas ander en met ander. Die keuse vir Afrikaans blyk binne hierdie dominant-gedomineerde- of wen-verloor- omstandighede eenvoudig te wees: die verstikkende isolasie van ’n minderheidstaal met al die gepaardgaande woede en frustrasies enersyds, of die uitdagende aanvaarding dat ook die Afrikaanse taal en daarom die Afrikaanse spraakgemeenskap deel vorm van die diverse meerderheid.


    Afrikaanssprekendes sal nie net na hul eie belange moet omsien nie, maar sal ook die gebruikers van ander minderheidstale moet help bemagtig sodat die steunbasis vir die gelykberegtiging van alle tale gekonsolideer en versterk kan word.

    Veeltaligheid moet in ’n nasionale bate omskep word. Bemagtigingswerk deur Afrikaans kan ’n model word vir ander tale om te volg.

    Onlangs in ’n onderhoud wat dr. Mongane Wally Serote, die bekende swart skrywer/filosoof, met Die Burger gevoer het, het hy gesÍ Afrikaanssprekendes moet Afrika-tale as nasionale bate ervaar, erken en uitdra. “Afrikaans bied ’n les oor hoe ’n inheemse taal dinamies kan wees. Dit groei elke dag en is ’n pilaar van veeltaligheid. Nou moet Afrikaanse mense leer om ook ander se taalregte te verdedig.”


    Afrikaans-renaissance

    As ek rondom my kyk en ek sien die oplewing in die gebruik van Afrikaans (soos by hierdie en ander kunstefeeste), die oplewing in Afrikaanse boeke, die dinamiese ontwikkelinge in die Afrikaanse
    TV-, koerant-, tydskrif- en internetmark, die gemak waarmee jong Afrikaanssprekendes hulleself handhaaf in die nuwe digitale wÍreld, en die ywer waarmee baie Afrikaanssprekendes begin moue oprol om Suid-Afrika te maak werk, skep ek moed.

    Die Burger is byvoorbeeld nou betrokke by ’n projek van die SBA in Mitchellsplein waarby 24 hoŽrskole betrek word en die geesdrif vir Afrikaans en die herlewing van die taal in daardie gemeenskap is ongekend. Dieselfde opgewondenheid word reeds in die bruin gemeenskappe van die Vrystaat en Gauteng bespeur.

    Terwyl ons nog op die Afrika-renaissance wag en ook graag daaraan wil meedoen, is ’n Afrikaans-renaissance onder ons neuse in volle swang.

    Hierdie oplewing is belangrik, maar is dit moontlik dat ’n mens in die toekoms nog van ’n Afrikaanse mark sal kan praat in die lig van die versplintering wat uit die navorsing opdoem? Is daar verbande en groeipunte te bespeur?

    Ek volstaan met ’n enkele verwysing. Dit is opvallend dat — ondanks sosio-ekonomiese verskille — die wit en die bruin Afrikaanssprekende groepe se gunstelingprogramme op TV merkwaardig ooreenstem. Die navorsing bevestig dit.

    Radio sonder grense het by wit en bruin soliede en getroue aanklank.

    Die Burger , Beeld en Die Volksblad word deur wit, bruin en swart gelees. Dieselfde met Rapport.

    Dit is duidelik dat die media die ontmoetingspunt is waar die middelpuntvlietende kragte onder Afrikaanssprekendes teŽgewerk word. Dit is sonder tywfel die groeipunt vir die toekoms.

    Mits wit en bruin Afrikaanssprekendes se natuurlike middelpuntsoekende belangstelling rondom die media verder gevoed kan word, die ekonomiese ongelykheid onder die taalsprekers verminder kan word deur bemagtiging, en die tegnologiese avontuurlus onder Afrikaanssprekendes aangewakker word, sal die Afrikaanse woord nog lank gehoor word (en, moet ek bysÍ, die sleutel tot winste wees!).

    Doemprofete wat praat van Afrikaans as ’n swart renoster moet hul woorde sluk. Afrikaans is hier om te bly. Viva, Afrikaans!


    (1)Ads24: Projected Cash Expenditure by Language Group in the year 2000, 1999.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.