SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die Afrikaanse gemeenskap en die nuwe politiek

Danie Goosen

Bydrae gelewer by Die Burger se lesingreeks, KKNK 2001

Ons praat baie oor die politiek. En ons doen dit op uiteenlopende wyses. So is daar die mistroostige gemor rondom braaivleisvure en agter ho mure. Dit is ’n gemor wat meestal ekonomies van aard is, want dit word onderl deur die begeerte om ons private belange in die eertydse kolonies van die eens vyandige Empire te gaan beskerm. Maar dan is daar ook die blymoedige jubelsange. Di jubelsange is meestal moralisties van aard. Dit word onderl deur die geloof dat indien ons net goeie bedoelinge het en almal mekaar se hande vashou, alles sal regkom. Tussen die mistroostige gemor en die blymoedige gejubel is daar ’n wye spektrum van gesprekke oor die politiek, gesprekke waarvan die aard soms aftakelend, soms insnydend, soms skeppend en selfs ook visionr kan wees.

Wat ’n mens egter nie alte dikwels in die gepraat oor die politiek hoor nie, is die vraag na die politiek self. Terwyl ons so oor die politiek praat, moet ons tog vooronderstel dat daar ’n ding soos die politiek self is, anders sou ons nie met mekaar oor die politiek kon praat nie. Juis omdat die politiek daar is, kan ons daaroor praat. Die merkwaardige is egter dat ons in al die gepraat oor die politiek bykans nooit na die politiek self vra nie. En miskien om verstaanbare redes. Want die Afrikaanse wreld het die afgelope dekades, op enkele uitsonderings na, so ’n skouspelagtige mislukking van die politiek gemaak dat die blote vraag na wat die politiek is, waarskynlik deur ons mense na ’n soort kollektiewe onbewuste verban word, vanwaar dit ons nie aan ons mislukkings kan herinner nie.

Bykans niemand in die Afrikaanse politiek, vanaf die linkses tot die regses, kan daarop roem dat hulle avontuur met die politiek nie op ’n mislukking uitgeloop het nie. Waarmee ons nie s dat daar oor alle mislukkings gerou moet word nie. Sommiges se mislukkings was ons almal ten goede. Ons noem net enkele voorbeelde.

  1. Die verligte Afrikaners

    Die politieke ideale en denkbeelde van die verligte Afrikaners — waarvan sommige nog so onlangs as ’n jaar gelede met groot verwagtings ’n besoek aan die staatspresident afgel het — l aan skerwe, volledig weerspreek deur die realiteite van die post-Mandela-mirakel-era. Hulle politieke drome — wat ek deel — oor ’n demokrasie waarin die veelheid van taalgemeenskappe tot hulle reg kan kom, blyk al hoe meer net 'n droom te wees. ’n Eenparty dominante sisteem met n taal word al hoe meer di eienskap van die Suid-Afrikaanse werklikheid. Wat daarvan ’n ware demokrasie maak, is slegs die naam.

  2. Die Nasionale Party

    Die eens magtige Nasionale Party, en politieke tuiste van Afrikaners vanaf 1912, het homself eerloos onderwerp aan die voorskrifte van ’n voorheen ignoreerbare opponent. Sy verduideliking dat di eerlose prysgawe eintlik as ’n oorwinning verstaan moet word, onderstreep die pynlike mislukking wat hom in sy doodsure vergesel. Oud-pres. FW de Klerk se belofte vr die algemene verkiesing van 1994 dat die NP, indien nie in 1994 nie, gewis in 1999 die bewind gaan oorneem — en op grond waarvan duisende Afrikaners nog vir hom gestem het — blyk nou niks mr as kaf in die wind te gewees het nie.

  3. Die regses

    Die Konserwatiewe Party, enkele jare gelede nog gesien as ’n moontlike regering met bykans 50% van die Afrikaners wat vir hom tydens die 1989-verkiesing gestem het, het uit hoofde van ’n totale verlies aan 'n sin vir die werklikheid en ’n volledige onbegrip vir die gebrek aan legitimiteit van die wit minderheidsregering eenvoudig in die niet verskiet.

  4. Die Demokratiese Alliansie

    Afrikaners wat hulle deur die “fight back”-retoriek van Tony op ’n bondel laat jaag het, bevind hulle in geledere wat geensins ’n ondubbelsinnige verbintenis tot Afrikaans het nie. Daarby sal hy hom ook in die toekoms al hoe minder tot die Afrikaanse wreld kan verbind — dit is nou as die DA gaan word wat hy belowe om te word, naamlik 'n groot party. In so ’n groot party sal die vraag van die Afrikaanse wreld tot op die rande van sy bewussyn gedwing word, nie omdat die woordvoerders van di party slegte bedoelings met Afrikaans het nie, maar omdat die realiteite van mag hom eenvoudig daartoe sal dwing. Hy sal eenvoudig nie met ’n Afrikaanse agenda massas kiesers daarvan oortuig om vir hom te stem nie;

  5. Afrikaanse kultuurorganisasies

    Ten spyte van sommige Afrikaanse kultuurorganisasies se “vertroulike” gesprekke met die maghebbers en hulle oor-die-voete-val om met korrekte spraakgebruik tog net nie aanstoot te gee nie, moet ons ons voortdurend vaskyk in hulle onmag om maar hoegenaamd op 'n effektiewe wyse in te tree vir die dinge waarvoor hulle omgee. Vertroulike gesprekke blyk al hoe minder in staat te wees om maar ’n sweempie van invloed op die gang van die geskiedenis uit te oefen. Daarby word hulle sin vir die politiek gekniehalter deur ’n nuwe isolasionisme wat, net soos in die apartheidsjare, getuig van ’n onvermo om voeling te kry met wreldwye politieke tendense en tans in die besonder met die algemeen aanvaarde idee van gemeenskapsregte.

  6. Die onpolitiekes

    Dan is daar ook onder ons mense diegene wat verkondig dat ons tog net nie nou ’n politieke bewussyn rondom Afrikaans moet wakker maak nie. Die belangrikste sosiaal-psigiese krag agter hierdie oproep is waarskynlik die na-skokke van die apartheidskuld wat op ons losgelaat is en die patologiese verlies aan politieke selfvertroue wat daaruit spruit. Maar verplaas net ’n oomblik die fokus na elders: Verbeel u dat die Walliesers of die Katalone, albei gemeenskappe wat daarin geslaag het om binne enkele dekades en met groot selfvertroue hulle onderskeie tale letterlik van vergetelheid te red en di ou tale tans o.a. op internasionale akademiese kongresse gebruik, sou ges het dat hulle mense liewers nie Wallies en Katalaans met behulp van politieke prosesse in beskerming moes geneem het nie. Die feit van die saak is dat dit juis ’n skeppende en linkse etniese politiek was wat, gedryf deur die wil om nuwe inhoud aan hulle onderskeie gemeenskappe te gee, daartoe gelei het dat di tale van vergetelheid gered is! Moet die Afrikaanse gemeenskap aan hulle s dat hulle nie 'n taalpolitiek nodig het nie, want ons — die magtige Afrikaanse taalgemeenskap — kan daarsonder? Elke oproep van die onpolitiekes is natuurlik ook altyd weer ’n politieke standpunt, dit ten spyte van hulle ontkenning dat dit politiek is. Wat di standpunt kenmerk, is dat dit gewoon ’n swak politieke standpunt is. Nrens in die wreld behaal gemeenskappe sukses met die bevordering van veeltaligheid deur middel van ’n politiek-onttrekte houding nie. Waarom sal die Afrikaanse taalgemeenskap daarin slaag?

Die politiek

Toegegee, voorgaande prentjie van resente politieke mislukkings in die Afrikaanse wreld is oordrewe. Nogtans is daar mr as ’n greintjie waarheid daarin. Maar waar laat dit ons? Dit is natuurlik moeilik om te s. En wie van ons sou so bevoorreg wees om presies te weet? Ten minste een ding kan ons egter van seker wees: Die Afrikaanse geskiedenis word nie net gekenmerk deur mislukkings nie. Inteendeel, die Afrikaanse geskiedenis word ook gemerk deur grootse dinge, heroese dinge (dit ten spyte van Mannetjies Mentz).

Die Afrikaanse taalbewegings was, soos alle ander taalbewegings van die moderne geskiedenis, by uitstek politieke bewegings. En juis dit was die voorwaarde nie vir hulle mislukking nie, maar vir hulle indrukwekkende politieke suksesse. Sonder die politieke dryfkrag agter die taalbewegings van die verlede sou Afrikaans nie ’n moderne taal en die Afrikaanse wreld nie met kollektiewe selfvertroue die openbare lewe betree het nie. Dit is ook waar van alle ander moderne tale wat mr geword het as blote private tale beperk tot kombuise en slaapkamers.

Dit bring ons meteens by die belangrikste vooronderstelling in hierdie lesing. Ons kan dit so formuleer: Soos met die taalbewegings van die verlede (en soos met die huidige dinamiese taalbewegings wreldwyd) sal die Afrikaanse lewe in die toekoms net ’n skeppende lewe wees indien dit 'n politieke bewussyn ontwikkel n di bewussyn tegelyk in voortreflike n effektiewe woorde en dade vertaal. En juis daarom is die vraag na die politiek self so belangrik. Want — om dit kategories te formuleer — geen nuwe voortreflike en effektiewe politiek sal in die toekoms moontlik wees sonder ’n grondige nadenke oor die politiek self nie.

Wat, dus, is die politiek?

Dit is bykans onmoontlik om maar net die vraag self hier behoorlik aan die woord te stel. Wat volg is slegs enkele voorlopige opmerkings.

Miskien moet ons eers s wat die politiek nie is nie.

Die politiek moet nie met administrasie verwar word nie. Dit is ’n verwarring wat Afrikaners maklik ten prooi kan val, omdat ons in die verlede, terwyl ons gedink het ons is besig met die politiek, eintlik geadministreer het. Afrikaners het hulleself immers tydens die hoogbloei van die sekurokrasie as bykans onvergelykbare administrators bewys. Wat was di paranoese sekurokrasie anders as ’n orde gebore uit die gees van die administrator?

Dit is egter nie net die ondersteuners van sekurokratiese apartheid wat politiek met administrasie verwar het nie. Die ironie is dat ook die liberale kritici van apartheid dit gedoen het. Laasgenoemde gaan uit van die standpunt dat die politiek in sy wese bloot ’n kwessie van regsprosedures en in die besonder die aanknoping van kontrakte tussen vryswewende individue is. Solank as wat di kontrakte korrek geadministreer word en die staat dus sy administratiewe plig jeens die individu nakom, so lank sal geregtigheid geskied en hoef ons onsself as individue nie verder oor die politiek te bekommer nie.

G’n wonder dat burgers vandag al hoe minder met die politiek te doen wil h nie. Want wie is geboeid met die politieke lewe as dit niks anders is nie as die wil om alles en almal te administreer?

Dit sou egter ’n tragedie wees indien byvoorbeeld die kunstenaars onder ons sou besluit dat hulle hulleself op grond van ’n misplaaste identifikasie tussen administrasie en politiek van laasgenoemde onttrek. Want die estetiese skeppingsdrang kan k — te midde van ander dinge — deur ’n politieke bewussyn bemiddel en in sommige gevalle selfs moontlik gemaak word. In ideale terme behoort estetika en politiek mekaar wedersyds te benvloed. Daarom verval die estetiese lewe sonder politiek in ’n onverskillige dandysme, terwyl die politiek sonder estetika tot blote administrasie gereduseer word.

Die politiek is egter nie ’n kwessie van administrasie nie. Inteendeel, miskien is die politiek juis die teendeel van administrasie en daarom juis 'n ruimte waarbinne die verbeeldingryke geeste tot hulle reg kan kom. Maar as dit so is, wat is die politiek dan?

Die antwoord l waarskynlik hier reg onder ons neuse, hier op die verho van Oudtshoorn, in die teater wat Oudtshoorn vir hierdie dae geword het. Kortweg: Miskien l die antwoord op die vraag wat die politiek is, opgesluit in die woord teater.

Vanaf die vroegste nadenke oor die politieke lewe onder die ou Grieke is die politiek gedentifiseer met die teater, d.w.s. met ’n verhoog waarop die drama van mens-wees opgevoer kan word. En op di verhoog word juis plek gemaak vir die skeppendes. Want, het sommige ou Grieke ges, dit is op die dramatiese verhoog van die politiek — of in die politiek verstaan as dramatiese verhoog — waar nie net ou dinge bevestig word nie, maar waarbinne ook nuwe dinge kan gebeur. Dit is juis in die politiek verstaan as teater dat ook ruimte gemaak word vir die koms van ’n ander stem, ’n vreemde nuanse, die onverwagte aksent (en nie net weer die eie stem, die gemeensplasige kode of die voorspelbare insig nie). Ten minste vier implikasies vir ons verstaan van die politiek vloei hieruit voort.

  • Die politiek as intense drama

    In die geskiedenis van die filosofiese nadenke oor die mens is ons as mense vanuit verskillende perspektiewe bedink en gedefinieer. William Shakespeare se definisie is m.i. egter steeds die treffendste. Shakespeare se definisie l opgesluit in sy tot clich-verworde uitspraak, naamlik dat “die wreld 'n verhoog is”. Wat beteken di uitspraak? Uiteraard mr as wat die clich te kenne gee. Die uitspraak s vir Shakespeare iets oor wie en wat die mens as sodanig is. Ons kan dit so verwoord: Volgens Shakespeare is die mens 'n dramatiserende wese. Die mens is met ander woorde vir Shakespeare mens omdat sy dramatiseer, omdat sy opvoer, omdat haar lewe altyd weer as karakter binne die ruimte van ’n teater uitgespeel word. Kortweg: Ek is, omdat ek ’n rol op ’n dramatiese verhoog speel.

    Die wyse waarop ons lewens vanaf geboorte tot en met ons dood gedramatiseer en ons rolle binne ’n drama toegeken word, bevestig Shakespeare se punt. Met ons geboorte word ons byvoorbeeld gedoop en word ons so ’n rol in ons eie lewensdrama toegewys. Dieselfde gebeur met begrafnisrituele, wat miskien niks anders is as ’n gedramatiseerde afskeid van die lewe nie. Tussen die dramatisering van geboorte en dood speel ons ’n groot verskeidenheid rolle — vanaf die dramatiese rolle wat ons in erotiese verhoudings speel tot en met die dramatisering van dinge soos groetgewoontes, tafel- en eetgewoontes, geleerdheidsrituele in die akademie, die dramatisering van religieuse oortuigings op verho soos katedrale en kerke, die dramatisering van persoonlike verhoudings by wyse van skinderveldtogte en lofprysings, die dramatisering van jagpartye rondom nagtelike vure deur byvoorbeeld die Boesmans, die dramatisering van oorlo by wyse van teatrale militre tradisies, ens. ’n Mens sou selfs kon s dat daar ’n plig op mense rus om altyd weer ons ervarings te ritualiseer en te dramatiseer. Indien ons dit nie doen nie, is ons — volgens die skrywers van groot tragedies soos Antigone en Hamlet - skuldig aan hooghartigheid en verloor ons so nie net ons plek in die wreld nie, maar ook ons wreld self. Daarom ook dat ons geteister word deur die verlede, ons gewetens, die voorvadere of selfs spoke wanneer ons die dramatisering van ons onderskeie wrelde nalaat. Shakespeare het dit ook goed besef. Die verskyning van die koning aan Hamlet in die gedaante van 'n spook s juis dit, naamlik dat die ritualisering van sy begrafnisdrama misluk omdat sy moordenaar nog op vrye voet verkeer. Daarom keer die koning in die gedaante van ’n spook terug om di rite te kom regstel. Op Hamlet rus dan ook die plig om die rite te herstel en die spook so tot rus te bring. Ons is dus nie net mens omdat ons dramatiseer nie. Ons is ook mens omdat ons altyd weer moet dramatiseer. Anders verloor ons ons wreld.

    Die belangrikste dramatiese ruimte waarin ons egter ’n karakterrol kan speel, is die politiek. Want meer as in enige ander dramatiese ritueel is die politieke ritueel die ruimte waarin die drama van mens-wees op sy mees intense aanwesig is. Die hoogte van di intensiteit is ’n funksie van die feit dat die drama van die politiek altyd — anders as in enige ander dramatiese ruimte — die onheilspellende moontlikheid berg om die verhouding tussen karakters in volledig uitsluitende terme te definieer. Dit is met ander woorde ’n drama wat op ’n oorlog kan uitloop. Juis daarom is dit ook die belangrikste verhoog wat ons met andere kan deel.

    ’n Kenmerk van die huidige Afrikaanse wreld is sy onvermo om ’n risiko met die intensiteit van die politieke drama aan te knoop. Sonder di risiko kan die politieke drama nie gebeur nie en loop jy die gevaar om jou rol as gemeenskap aan ander akteurs af te staan. Die mistroostige gemor oor die lotgevalle van ons private besittings is ’n goeie voorbeeld. In plaas daarvan om die risiko met die intensiteit van die politieke drama aan te knoop, word eerder gedroom van ’n lewe anderkant elke moontlike vorm van dramatiese intensiteit, soos byvoorbeeld die droom oor ’n burgerlike en ondramatiese woonbuurt in Perth of Vancouver.

    Maar ook die moralistiese jubelsangers ontvlug die intensiteit van en risiko verbonde aan die politieke teater. Om die waarheid te s, hulle uitgangspunt is juis gegrond op die ondramatiese oortuiging dat elke moontlike vorm van intensiteit tussen opponerende karakters uitgeweer kan word en dat ons — versamel rondom morele waardes — uiteindelik met die dramatiek van die politiek kan wegdoen. As ons hoegenaamd in die toekoms ’n rol vir onsself sien, sal ons die intensiteit van die politieke drama moet aanvaar, met al die risiko’s daaraan verbonde.

  • Die demokratiese politiek en die geboorte van nuwe dinge

    In die demokratiese tradisie word die dramatiese intensiteite op die politieke verhoog nie toegelaat om in ’n oorlog te ontwikkel nie. Inteendeel, die demokrasie is juis demokrasie omdat dit die dramatiese intensiteite tussen karakters tot ’n wedstryd of agon tussen opponerende karakters kultiveer.

    Hoe vind di kultivering plaas? Dit word gedoen deur die akteurs op die politieke verhoog aan die gesag van deugde te onderwerp, soos die deugde van geregtigheid, goeie oordeel en politieke moed. Die demokrasie het daarom ook ’n voorkeur vir di karakters wat met hulle woorde en dade genoemde deugde in die politieke agon op die mees voortreflike wyse verteenwoordig. In die demokratiese tradisie gaan dit dus nie bloot oor die intensiteite tussen opponerende karakters nie. Dit gaan veel eerder oor die deugdelike kultivering van daardie intensiteite tot ’n subliem-dramatiese agon van woorde en dade.

    Wat was die effek van die agonistiese drama tussen politieke opponente? As die politieke verhoog aan die gesag van die deugde onderwerp word, word plek gemaak waarop nuwe dinge kan gebeur. In die woorde van Hannah Arendt: Wanneer ons politieke woorde en dade deugdelik voortreflik is, kan hulle tot die “geboortlikheid van die dinge”, d.w.s. tot die aankoms van nuwe dinge, aanleiding gee. Die politieke teater is dus teater net wanneer dit ou dinge in beskerming neem nie. Dit is veral teater wanneer dit nuwe wrelde uitlok. Juis daarin vind die politieke drama sy diepste sin.

    Dt behoort ook die diepste motivering te wees van ’n nuwe Afrikaanse politiek. Die Afrikaanse politiek van die toekoms moet nie bloot daarop bedag wees om byvoorbeeld die taal in beskerming te neem nie. As hy net dit sou doen, sou hy die drama van die politiek verskraal tot ’n blote administrasie van die verlede. Die politiek van die toekoms kan slegs toekomspolitiek wees indien dit die dramatiese ruimte skep waarbinne die Afrikaanse wreld geboorte kan gee aan nuwe dinge.

  • Politieke teater en die innerlike

    Die heersende verbruikerskultuur moedig ’n kultuur van onpolitieke innerlikheid aan. Hoe mr verbruikerskultuur ons het, hoe meer het ons klubs wat ’n innerlike lewenstyl aanmoedig: selfontblotingsklubs, belydenisklubs, saamhuilklubs, ens. G’n wonder ons wreld lyk soos hy lyk nie. Hoe meer ons ons toevlug tot ’n selfkoesterende innerlikheid neem, hoe meer keer ons ons re op die sogenaamde uiterlike wreld, met voorspelbare gevolge: ons strate vervuil en word slegs instrumentele deurgange tot privaat-afgegrensde wonings; ons pleine word plekke sonder di’n locus genius; ons dorpe word le en verlate gehuggies; ons stede word tuistelose en verrinneweerde ruimtes. Kortweg: die uiterlike wreld verval, eerder as wat dit dramaties-potiese plekke bly waarop mense mekaar ontmoet en gemeenskaplikheid so bevestig kan word.

    Die politiek verstaan as teater bevry ons van die kultuur van innerlikheid en al die selfgerigte patologie eie daaraan. Om die waarheid te s, laasgenoemde (ons private lewens) word op die politieke verhoog agter 'n masker (of die gesig van die “openbare persoonlikheid”) weggesteek. En juis dit stel ons in staat om ons rol as burgers tussen ander burgers te speel.

    Die politieke masker vervals nie soos wat die puriste nog altyd geglo het nie. Die politieke masker bevry ons eerder van die private deur ons by andere te betrek. (Die puristiese kritiek op die masker berus op die verkeerde vooronderstelling dat daar ’n “pure” werklikheid agter die masker op te spoor is. Vanuit 'n “dramatologiese” perspektief is daar nie ’n maskerlose werklikheid op te spoor nie. Daar is eerder altyd weer nog maskers agter bestaande maskers. Die kritieke vraag is dan ook nie, soos in die purisme, hoe agter die maskers deurgedring kan word nie, maar hoe maskers altyd weer met groter nuanse en ’n gevoeligheid vir die aanwesigheid van ’n veelheid ander openbare persona bedink kan word.)

    Sowel diegene in die Afrikaanse wreld wat ekonomies mor as die moralistiese jubelsangers is vasgeskryf in ’n kultuur van subjektiewe innerlikheid (en 'n puristiese agterdog teen “gemaskerde uiterlikheid”). Die politieke dramatiek kan ons egter van ons selfgerigte obsessies bevry en ons oopstel vir die drama van die wreld — dr buite.

  • Politieke teater en lokale demokrasie

    Die politiek verstaan as ’n teater is nie vanselfsprekend aanwesig nie. Politieke teaters moet eerder altyd weer met moeite opgerig en versorg word. En dit is nie iets wat vandag noodwendig in die proses van globalisering gebeur nie. Vanaf die tagtigerjare gee die globaliseringsproses eerder aanleiding tot die ontbinding van dramaties-politieke verho. In die proses word die politieke verhoog vervang met die kultivering van privatistiese lewenstyle. Agtiende-eeuse stede soos Londen en Parys het byvoorbeeld nie 'n skerp onderskeid tussen die teaterlewe en die politieke lewe op die strate gehandhaaf nie. Teater en straatpolitiek was dikwels dieselfde ding.

    Tegelyk het di teaterstede van destyds aan die lewe van teater en politiek ’n voorkeur bokant die private lewe gegee. Die proses van globalisering, daarenteen, verbreed die gaping tussen politiek en teater en moedig sodoende 'n privatistiese lewe en die kultus van verbruik aan. So word ons eerder verbruikers as politieke teatergangers en -deelnemers. Daarom dat die innerlik-private lewe (en al die depressief-burgerlike laste eie daaraan) vir ons so belangrik geword het, eerder as die openbare verhoog en die risikos daaraan verbonde.

    Die kultuur-politieke eis van vandag is om te midde van die proses van globalisering, nuwe plekke, nuwe teaters, nuwe dramatiese ooptes vir die politiek te skep. Die interessante is dat juis dit vandag gebeur: Orals in die wreld, en ten spyte van globalisering (of as gevolg daarvan?), skep lokaal-demokratiese gemeenskappe (d.i. nuwe vakbonde, regionale groepe, etniese groepe, omgewingsgroepe, gender-groepe, ens.) politieke teaters waarbinne nuwe wrelde kan oopgaan.

    Dieselfde eis l vandag op die Afrikaanse gemeenskap. As ons opnuut inhoud aan die Afrikaanse lewe wil gee, sal plekke oopgemaak moet word waarbinne ons anderkant die enger privatistiese lewe kan tree en waar ons as 'n veelheid van selfs botsende stemme kan deelneem aan die teatergebeure wat die politiek is. Wat beteken dit in konkrete terme?

    Eerstens:      Dit beteken dat herkenbare Afrikaanse ruimtes oopgemaak moet word in strate, pleine en koffiekroe van dorpe en stede, d.i. plekke waar ons, soos tans in die strate en teaters van Oudtshoorn, opgeneem kan word in die klank- en beeldteater wat ons taal moontlik maak. Plekke moet m.a.w. oopgemaak word waarbinne die klanke en beelde van ons taal uit die strate, pleine en koffiekroe na ons teruggekaats word en ons onsself in di klank- en beeldteater kan erken. Indien dit nie in bestaande strukture moontlik is nie, moet nuwe lokaal-demokratiese plekke daarvoor oopgemaak word. Waarom? Sonder ons taal hoorbaar en sigbaar in strate en kroe verdwyn ons tot ’n privatistiese versameling van individue wat slegs kontraktueel aan mekaar verbind word. Maar ook omdat ons deel-wees van so ’n klankteater op strate, pleine en koffiekroe die konkreet-politieke voorwaardes skep aan die hand waarvan ons saam met taalgelykes kan deelneem aan die herskepping van ons taalgemeenskap. Dinge soos strate, pleine en koffiekroe is in die moderne tyd nog altyd di dramatiese ruimtes vanwaaruit moderne kulturele hergeboortes geloods word.

    Tweedens:      Dit beteken ook dat ons op skole en universiteite plekke in stand moet hou waarbinne studente aan ’n Afrikaanse akademiese teater kan deelneem. Ons het daarom ’n politiek nodig aan die hand waarvan byvoorbeeld minstens twee Afrikaanse universiteite met die regering beding en parallel-medium-onderrig grondwetlik aan die ander histories Afrikaanse universiteite verskans moet word. Sonder die verskansing van Afrikaanse akademiese teaters verdwyn ’n klein taalgemeenskap soos ons binne die privatistiese ruimtes wat die proses van globalisering aanmoedig. Maar mt die dramatiek van die akademiese lewe en die geleerdheidsrituele eie daaraan word die Afrikaanse gemeenskap in staat gestel om homself te herskep.

    Derdens:      Bogenoemde beteken ook dat die Afrikaanse gemeenskap ’n polities-bedingde en staatsondersteunde verteenwoordigende raad (letterlik 'n politieke teater) moet skep waarop die Afrikaanse gemeenskap gemeenskaplike sake kan uitspeel. Dit behoort ’n forum te wees wat oor die magte beskik om byvoorbeeld k Afrikaanse belastinggeld aan Afrikaanse skole en universiteite te bestee. Kultuur as teater is direk afhanklik van 'n ekonomiese “onderbou”. Daarsonder verdwyn die rites van saam-wees en word ons gewoon oorgegee aan ’n individualistiese bestaanstryd. Maar met die hulp van so ’n ekonomiese onderbou word ’n politiek-dramatiese struktuur moontlik waarop ons aan mekaar kan verskyn en waarmee die herskepping van ons wreld kan plaasvind.

    Oudtshoorn versinnebeeld die grootste enkele voorbeeld van die esteties-politieke lewenskrag in die Afrikaanse wreld. Soos geen ander gebeurtenis die afgelope dekades nie word dit gedra deur die begeerte om die Afrikaanse lewe dramaties ten tonele te voer en sodoende nuwe wrelde van sin en betekenis oop te maak. Oudsthoorn is nie ’n metafoor van mislukking nie, maar van dramatiese voortreflikheid. Die risiko-volle uitdaging aan die Afrikaanse gemeenskap is om die teater wat Oudtshoorn vir enkele dae is, uit te brei na strate, dorpe, stede, skole, universiteite en 'n verteenwoordigende raad. So kan ons word wat ons lank reeds is, naamlik akteurs op die verhoog van die wreld.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.