SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die oorlewing van die nie-dominante tale van Suid-Afrika

’n Kommentaar deur Neville Alexander

Bydrae gelewer by Die Burger se lesingreeks, KKNK 2001

Hierdie onderwerp word vandag veral rondom die kwessie van die handhawing en oorlewing van Afrikaans as amptelike taal in Suid-Afrika bespreek. Hierdie feit is weer van die geskiedenis van ons land afkomstig, want blanke Afrikaanssprekende mense het tot ’n groot mate en in hul eie bewussyn hul voordele en voorregte reeds i.v.m. die taalstryd, d.w.s. teen die oorheersing deur Engels en Groot-Brittanje, verower. Maar, soos ek netnou sal uitwys, ons sou ’n groot fout begaan as ons in Suid-Afrika na apartheid diť vraag net in terme van Afrikaanssprekende mense wou ontleed.

Daar is in die loop van die laaste vyf jaar of wat alreeds soveel oor hierdie onderwerp gesÍ en geskel dat dit al hoe moeiliker word om iets nuuts of innoverends te uiter. Dis eintlik ’n goeie teken, want dit impliseer dat ’n hegemoniale projek aan’t kom is. Met ander woorde, met uitsondering van diegene wat ons sonder enige onbeleefdheid as onkundig kan etiketteer, word algemeen aanvaar dat die gelyke regte wat in ons grondwet aan die elf amptelike tale verseker word, ook in die praktyk toegepas moet word. Daar is eintlik nie goeie redes om voort te gaan met ’n “debat” onder mense wat in wese saamstem nie. Daar bestaan natuurlik ooglopende verskille tussen mense wat byvoorbeeld meen dat die universiteite se voertaalbeleid aan die logika van die mark oorgelaat moet word en diegene wat beweer dat dit die doodsvonnis vir ’n relatief klein taal soos Afrikaans sou beteken. As ons hierdie konflik tot voordeel van eersgenoemde groep sou uitlÍ, dan behoort dit duidelik te wees dat ons hier met ’n inligtingsprobleem te make het. Ek sÍ dit omdat dit in die moderne regsgeskiedenis en in die praktyk tog vas staan dat die dominante taal of tale altyd op die sogenaamde vrye mark sal seŽvier. As hierdie inligting aan die voorstanders van die vrye mark bekend is, dan staan ons, soos ek dit sien, voor die bekende probleem van verskuilde agendas.

Ek wil by hierdie geleentheid kortliks op drie stellinge ingaan. Hulle kan gerieflikheidshalwe soos volg opgesom word:

  • Afrikaans mag en sal nie kwyn, of selfs verdwyn, nie.

  • Afrikaans kan ’n sleutelrol in die bevestiging van die demokrasie in Suid-Afrika speel namate dit sy bates en voordele met die ander inheemse tale van die land deel.

  • Die behoud van Afrikaans en van ander Suid-Afrikaanse tale is ’n belangrike faktor in die globale magstryd tussen diegene wat die (Engels-georiŽnteerde) oorheersing van die “Noorde” teenoor diesulkes wat eerder ’n meer eweredige verspreiding van mag tussen Noord en Suid wil sien. Hierdie konflik hou verband met die veel dieper vraag van die oorlewing van die mens op aarde.

    Daar vind vandag op die terrein van taalbeleid ’n wÍreldwye stryd tussen die VSA aan die een kant en die Europese Unie aan die ander kant plaas. Japan en China, sou ’n mens kon sÍ, staan iewers tussen hierdie twee uiterstes. Engels is sonder twyfel die globale lingua franca en hierdie feit, wat doodgewoon met die veroweringe van die Britse Ryk voor die eerste wÍreldoorlog en met die res gestae van die VSA na die tweede wÍreldoorlog saamhang, gee vir die VSA, Engeland en baie van sy voormalige “dominions” (dominiums) (AustraliŽ, Kanada, Nieu-Seeland, en tot ’n mate selfs aan Suid-Afrika) ’n groot voorsprong op die wÍreldmark. As instrument vir ekonomiese bemagtiging is die kennis van Engels sonder enige kwalifikasie een van die belangrikste vaardighede wat ’n moderne mens in sy curriculum vitae kan aanhaal. Dit is dan ook die rede waarom Engels in die meeste lande van die wÍreld vandag as die eerste vreemde taal op skool aangebied en geleer word. Selfs Frankryk, die ou mededinger van die Britse Ryk, is onlangs voor die werklikheid van die hegemonie van Engels op die knie gedwing.

    Op die oog af wil dit dus voorkom asof die lemmingsvaart na eentaligheid op die planeet onstuitbaar is. In ons eie konteks sou dan beweer kon word dat diť van ons wat op meertaligheid, moedertaalonderwys, gelyke regte aan alle tale, e.d.m. aandring, eenvoudig die skrif aan die muur nie wil lees nie.

    Maar hierdie vertolking van dit wat op internasionale gebied gebeur, is nie net kortsigtig nie, dit neig in elke sin van die woord tot ’n soort doodsverlange. Ek wil hier weer eens na die wysheid van baie moderne wetenskaplikes verwys wat baie duidelik sÍ dat die behoud van biologiese, kulturele, en ek voeg by, politieke, diversiteit die enigste waarborg vir die voortbestaan van die menslike spesie op aarde is.

    So skryf Murray Gell-Mann (1994:374-375), een van die gevierde denkers van die 20ste eeu en die Nobel-pryswenner vir fisika in 1969 aan die einde van ’n fassinerende boek oor die verhouding tussen eenvoud en kompleksiteit, byvoorbeeld:

      The nearly four billion years of biological evolution on Earth have distilled, by trial and error, a gigantic amount of information about different ways for organisms to live, in the presence of one another, in the biosphere. Similarly, modern humans have, over more than fifty thousand years, developed an extraordinary amount of information about ways for human beings to live, in interaction with one another and with the rest of nature. Both biological and cultural diversity are now severely threatened and working for their preservation is a critical task.


    En verder skryf hy:

      .... (Cultural) diversity is itself a valuable heritage that should be preserved: that Babel of languages, that patchwork of religious and ethical systems, that panorama of myths, that potpourri of political and social traditions, accompanied as they are by many forms of irrationality and particularism. One of the principal challenges to the human race is to reconcile universalizing factors such as science, technology, rationality, and freedom of thought with particularizing factors such as local traditions and beliefs, as well as simple differences in temperament, occupation, and geography. (Gell-Mann 1994:341)

    Dit wat in die Europese Unie aan die gang is, d.w.s. die behoud en bevordering van veeltaligheid in die verskeie lande van die Unie en in sy verskillende institusies, is vir ons in Afrika, en veral in Suid-Afrika, van die grootste belang omdat daar, natuurlik onder heeltemal ander omstandighede, ’n suksesvolle model van veeltalige samelewing daargestel word. Die feit dat Europa oor die eeue heen die hulpbronne, vaardighede en kennis bymekaar gebring het wat so ’n bestel moontlik maak, gee vir ons die voordeel van agterlikheid, soos Leon Trotsky dit eenkeer formuleer het. Ons kan baie, maar let wel, nie alles nie, by hulle afloer en by ons omstandighede aanpas. Watter infrastruktuur, en veral binnetaalse intrastruktuur, ons benodig, om ’n sukses van ons projek te maak, word vir ons konkreet voorgewys. Teen die agtergrond van wat ek hier geskets het, behoort dit duidelik te wees dat hierdie model, en nie die Anglo-Amerikaanse model van eentaligheid nie, vir ons die aangewese een is. Die Engelse eentaligheid sal terloops op een of ander tyd weens sy siklopiese swakheid tot die nederlaag van die reus lei!

    Altemit moet ek nog vir oulaas baie duidelik sÍ dat daar geen rede is om te vrees dat Afrikaans gaan verdwyn nie. Natuurlik moet hierdie optimistiese skets van die globale historiese beweging ons nie op ons louere laat rus nie. As ons en ander nie-Engelssprekende Suid-Afrikaners nie ons moue oprol en daadwerklik aan die handhawing van die nie-dominante tale werk nie, dan is daar geen waarborg dat enige een van hulle sal oorleef nie.

    Die rol van Afrikaans in die alliansie tussen die nie-dominante tale van Suid-Afrika

    Wat wel waar is, is dat ’n samewerking, bondgenootskap of alliansie van die nie-dominante tale en hul sprekers in Suid-Afrika daartoe kan lei dat ’n ewewig tussen al die tale van die land herstel en gehandhaaf kan word. Die sleutelbeginsel in hierdie opsig is dat ons enige neiging tot diglossie op die gebied van amptelike tale moet teenwerk. Dit is myns insiens die bestemming waarheen die huidige praktyk in die staatsdiens, in die parastaatsondernemings en in baie van die grootste, selfs histories Afrikaanse firmas, op pad is. As daar nie wal gegooi word nie, sal ons binnekort die situasie hÍ waar ’n taal soos Afrikaans net in die kerk of in gesins- en gemeenskapskonteks en altemit nog gedurende die eerste drie jaar op primÍre skool gehoor gaan word. Natuurlik sal ons ook nog radioprogamme en betaaltelevisie kan “geniet”. Dit is immers die situasie waarin alle ander Suid-Afrikaanse amptelike tale, Engels uitgesonder, hulself bevind. En wie wil beweer dat die Afrikaanse pers sy lewensvatbaarheid sal behou wanneer die aantal mense wat die taal kan lees en skryf begin afneem?

    Ek kan hier net herhaal wat ek twee jaar gelede in dieselfde forum gesÍ het. Om hierdie scenario te vermy, moet Afrikaanssprekende mense ’n vennootskap met ander Afrikataal-sprekers teweegbring. Nie omdat die sprekers van Afrikaans, of die taal self, te swak is nie, maar omdat dit die enigste manier is om ’n nuwe etnies gebaseerde taalstryd te vermy. Ons kan dit in die nuwe Suid-Afrika nie bekostig om verdere verdeeldheid doelbewus te bevorder nie. Taalbeleid kan verdeel, soos ons oorgenoeg weet, of dit kan versoen en integreer. Dit is my benadering in hierdie saak dat die geskiedenis op ’n baie paradoksale wyse vir Afrikaanssprekende mense en hul leierskap die geleentheid bied om op ’n grootse manier die eenheid in die diversiteit van die Suid-Afrikaanse samelewing te versterk en te onderskraag deur sekere inisiatiewe op hierdie gebied te neem.

    Daar is baie wat gedoen kan word as dit ons vertrekpunt is dat niestaatsorganisasies wat hulle met die handhawing van die Afrikaanse taal en literatuur besig hou, hulle ekwivalente in ander Afrika-tale te hulp sal gaan wanneer hulle genader word en as hulle dit kan doen. Ek verwys hier weer eens na die uitstekende werk wat in hierdie verband deur die BŁro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal by wyse van die opleiding van leksikograwe vir Afrika-tale gelewer word. ’n Ander mooi voorbeeld is die opleiding van tolke, insluitend gebaretaaltolke, wat deur die Taalfasiliteringsprogram van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat aangebied word. Hierdie soort bydrae moet vermenigvuldig word; dit is nie net vir die uitbou en behoud van die demokrasie in Suid-Afrika noodsaaklik nie, dit is een van die natuurlikste maniere om regstellende aksie sonder enige verwysing na ras of kleur te bevorder. Dit is ook een van die belangrikste maniere om te verseker dat die wil van Afrikaanssprekende mense in Suid-Afrika om die status en gebruik van die taal te behou nie ’n masker is vir die strewe na die behoud van minderheidsvoorregte wat uit ’n ander tydvak afkomstig is nie.

    Dit is terloops van die grootste belang om hier op te teken dat in al die inheemse Afrika-tale vandag, sulke organisasies van die burgerlike lewe ontstaan, want dit beteken dat mense nie meer net na die owerhede kyk om “iets te doen” nie. Dit beteken ook dat die taaltrots wat so lank verdring was, vandag sonder apologie uitdrukking vind. Dit is vir my byvoorbeeld een van die sprekendste dinge in my daaglikse werksomstandighede dat my Xhosa-sprekende kollegas al hoe meer in die teenwoordigheid van nie-Xhosasprekers hul taal gebruik en verwag, soos so dikwels van hulle verwag word, dat die toehoorders verstaan wat hulle sÍ.

    Daar is sekere voorwaardes aan hierdie projek gekoppel. Ek haal uit my vorige toespraak op die Kunstefees aan:

      En hier kom ons by die punt aan, waar groot foute gemaak kan word, as ons nie goed oppas nie. Dit is van die grootste belang dat diegene wat die tegniese vaardighede het nie sonder deeglike beraadslaging inisiatiewe vir andere van stapel stuur nie. Waar om hulp gevra word, moet dit aangebied word as dit moontlik is en waar belangrike inisiatiewe geloods is maar nie volgehou kan word nie, moet ingespring word. Die heel beste model is natuurlik diť waar taalwerkers en/of moedertaalsprekers besef dat iets gedoen moet word om bv die geletterdheid of `n leeskultuur in een of ander Afrikataal te bevorder en waar hulle by die (Afrikaanse) spesialiste uitkom en saam met hulle die relevante projekbeplanning uitwerk en die toepassing daarvan noukeurig monitor.


    Met ander woorde, ons moet enige aanduiding van paternalisme en beterwetery vermy. Uiteindelik is dit die sprekers van hierdie of daardie taal self wat moet besluit of hulle hul taal in ’n sekere rigting wil laat ontwikkel. ’n Mens kan adviseer, maar jy moet nie voorskryf nie. Ek meen veral op die gebied van vertaling van literÍre en wetenskaplike werke vanuit Engels of Afrikaans bestaan daar groot moontlikhede om hand by te sit en om die leeskultuur te bevorder, waarsonder geen modernisering van ’n taal moontlik is nie. Gelukkig bestaan instansies soos die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad wat die geloofwaardigheid onder Afrikataal-sprekers het en wat dus sekere impulse kan gee wat altemit eers na baie jare se gesukkel spontaan vanuit die kringe van die sprekers van een of ander taal sou gekom het.

    Die oorlewing van Afrikaans na apartheid

    Kom ons vra onsself na hierdie paar oorwegings ivm die problematiek van veeltaligheid in ’n moderne staat soos Suid-Afrika wat die voorland van Afrikaans is. Ek wil dit baie duidelik en sonder enige kwalifikasie sÍ: In ’n demokratiese Suid-Afrika gaan Afrikaans nie uitsterf nie. Watter definisie van taaldood ons ook al aanvaar, geen Afrikaanssprekende mens hoef bang te wees dat die taal binne die volgende generasie of wat van die aarde sal verdwyn nie. Brenzinger en Dimmendaal (1992:3) se definisie waarvolgens ’n taal “dood” is “... when there is no longer a speech community using the language” is een van die liberaalste in die linguistiek. As dit ons vertrekpunt sou wees, dan is dit duidelik dat die taal wat ons vandag hier praat, heelwat blaaskans het. Maar selfs as ons ’n konserwatiewe benadering soos diť van Laponce (1984:94) as ’n maatstaf sou neem, skyn dit vir my dat daar geen rede is om paniekbevange te wees nie. Laponce haal die sogenaamde “law of language death” van Dressler en Wodak-Leodolter aan waarvolgens “... a language dies shortly after it has lost its last unilingual zone”. Daaruit sien ’n mens weer hoe bedrieglik sulke “wette” in die geesteswetenskappe is. Wat Afrikaans betref bestaan daar al lankal nie meer so ’n sone van eentaligheid nie. Altemit is daar ’n paar lappies grond op die platteland waar die nefies geen ander taal magtig is nie, maar ons sou seker nie na hierdie verskynsel as ’n sone van eentaligheid verwys nie. Hierdie Kunstefees is self ’n goeie bewys dat twee- en selfs drietaligheid nie noodwendig tot die uitsterf van ’n taal hoef te lei nie.

    Maar dan moet daar aan sekere voorwaardes voldoen word. Na een daarvan het ek alreeds verwys, naamlik dat tweetaligheid sonder diglossie behou moet word. Dit kan net geskied as die “swakker” taal of tale dmv wetgewing beskerm word. Dit moet baie duidelik gesÍ word, want daar is mense wat glo dat dit voldoende is as in die grondwet edele gedagtes oor gelykheid van taalregte en terloops ook van ander burgerlike regte gepraat word. Tensy hierdie beginsels in afdwingbare wetgewing geboekstaaf word, kom al die mooi praatjies in die grondwet op blote lippediens neer.

    Ek wil hier ook duidelik sÍ dat ek nie vir die verskansing van taalregte as groepregte te vinde is nie, wel wetend dat ek in hierdie opsig van baie van my mees waardeerde kollegas verskil. Om by die voorbeeld van die universiteit te bly: ’n universiteit wat voorgraads Afrikaansmedium-klasse aanbied, maar ook toesien dat ander tale op sekere maniere voorgraads en veral nagraads geakkommodeer word, is, soos ek die saak sien, nie “’n Afrikaanse universiteit” nie. Dit is wel ’n universiteit waar die handhawing en die verdere ontwikkeling van Afrikaans as taal gewaarborg word; ’n Afrikaans-georiŽnteerde universiteit, dus. Sulke universiteite is ’n conditio sine qua non vir die voortbestaan van Afrikaans as wetenskapstaal en as taal van die hoŽr kultuur. En, wanneer ander taalgemeenskappe of groeperinge binne hierdie gemeenskappe na dieselfde soort fasiliteite vir die behoud van hul tale begin vra (en hulle gaan dit wel doen!), dan sal dieselfde ook vir daardie tale geld. En, les bes, dan sal die voorbeeld en die ervaring van die Afrikaans-georiŽnteerde universiteit(e) weer eens die pad vir hulle vergemaklik.

    Ek meen ons moet aanvaar dat daar ruimte onder ons is om van mening te verskil oor hoe ons met ons etniese erfenis moet omgaan. Solank ons toesien dat ons die bevolking van Suid-Afrika bymekaar hou, dat hulle nie op grond van sogenaamde ras, taal, kultuur of ander kenmerkende verskille onstabiel raak en uitmekaarspat nie, het ons almal die reg om vir ons visie van ’n toekomstige Suid-Afrika te mobiliseer. Wat die taal self betref is dit baie duidelik dat die grondwet, die taalwet waarmee ons op die oomblik besig is, die feit dat Afrikaans die derde grootste taal in die land is, die wil van Afrikaanssprekende mense om hul taal te handhaaf, die bestaan van talle Afrikaanse organisasies en projekte, die dinamiek van die moderne Afrikaanse literatuur, musiek- en verhoogkunste en die tegniese en tegnologiese kundigheid en infrastruktuur waarop voortgebou word, die beste basis vir die instandhouding van die taal is.

    Ek besef vandag dat dit nodig is dat taalwetgewing wat van toepassing op die privaatsektor is, ernstig oorweeg sal moet word. Dit is vir my verbysterend om te moet erken dat die triomfalisme van die anglofiele party in Suid-Afrika ons op dieselfde soort ramp afstuur wat destyds deur die hubris van drr. Verwoerd en Eiselen veroorsaak was. Afgesien daarvan dat ’n beleid van uitsluitlik Engels op handels- en industriŽle gebied uit die ekonomiese hoek gesien kontraproduktief is, moet dit tog duidelik wees dat deur so ’n beleid die middelmatigheid in ons hele samelewing ingeprogrammeer word. Dit bevoordeel net Engelssprekende mense en saai doodgewoon die drakesaad van toekomstige konflik.

    Natuurlik sal ons versigtig te werke moet gaan. Suid-Afrika is nie BelgiŽ of Kanada, of selfs Switserland nie. Maar ons kan nie toelaat dat die onheilspellende alliansie tussen die swart middelklas en die groot Engelse firmas ons blindelings in die afgrond dwing nie. ’n Beleid van funksionele meertaligheid op alle gebiede moet in ’n gees van pragmatisme wat op die beginsel van taalregte as menseregte berus, toegepas word.

    Aangehaalde bronne

    Brenzinger, M. (ed.). 1992. Language Death. Factual and Theoretical Explorations with Special Reference to East Africa. Berlyn en New York: Mouton de Gruyter.
    Gell-Man, M. 1994. The Quark and the Jaguar. Adventures in the Simple and the Complex. Londen: Little, Brown and Co.
    Laponce, J. 1984. The French language in Canada: tensions between geography and politics. Political Geography 3 (2): 91-104.

    Neville Alexander
    Direkteur: PRAESA
    Universiteit van Kaapstad
    7 April 2001.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.