SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Skrywersberaad-argief

Skrywersberaad




Foto: AdŤle Hamblin   Jeanne Gooosen
is ’n veelsydige skrywer: digter, dramaturg, maar meer bekend as prosaÔs, met ’n roman soos Ons is nie almal so nie en ook ’n kortverhaalbundel. Haar werk is veral gemoeid met die lewe van mense in en om die Kaap in die vyftigerjare. Sy woon tans in Durban.

Dis ’n slegte gewoonte om altyd oor kultuur te praat

Erfgoed! Watter morbiede onderwerp!

Dit omvat breedweg feitlik alles — van wat in die lyn van besittings geŽrf word tot omgewing wat geskiedenis, opvoeding, kultuur, ens insluit tot by die karakteristieke eienskappe wat geneties oorgeŽrf word. Al wat ’n mens met sekerheid kan sÍ, is dat niemand dit kan ontsnap nie.

'n Uil vlieg weg
Ons is nie almal so nie
Die herdruk van Ons is nie almal so nie is beskikbaar vanaf 30 September 2000
Die onderwerp bevat dus al die elemente van ’n tragi-komedie. Gun my dus ’n mate van liriese sinisme.

In my boekrak is meer as ’n 100 moordverhale. Die motief vir minstens ’n helfte van die moorde was erfgoed. Geld, besittings, eiendom. In die geskiedenis self ken die haat, geweld, venyn en jaloesie geen perke wanneer stoflike erfgoed in die gedrang is nie. Besittings is dikwels ’n statement van mag — mag om beheer uit te oefen oor ander, mag om tropleierskap van ’n groep te bekom en mag om te manupileer. Maar, aan die ander kant, mag laat my so onverskillig soos sommige familielede se voorhuise met hulle rye en rye portrette van die voorgeslagte; wrede Afrikaners, mense wat van die vervelige dinge van die lewe gehou het. In hulle onderskeie woonbuurte was hulle die kerk se beste vriende. Hulle teorieŽ is dit wat deur dom ordentlikes bewonder word: God sit op die dak en Christus vermeerder brood en sardiens. Feitekennis bedreig, want dit kon mag laat tuimel.

Kyk na die portrette: Daardie ’n ouma! ’n Stuk sleg opgestopte wors met ’n hamburger onder haar ken vir ’n borsspeld; ’n home perm, ’n stel ontwerperstande en ’n verloofring. Op sewentien was die ou girl slaggereed om van die lewe ’n moerse sukses te maak.

Hierdie portrette van voorgeslagte met hulle oŽ wat jou oral volg en tot in aller ewigheid, maak ’n mens bang vir vryheid. Maar oor erfgoed, dit wat regstreeks of onregstreeks gesluk moet word, kan ek net uit eie ervaring praat, my eie waarneming, my (on)sekerheid en vermoedens.

Ek kom byvoorbeeld nie oor die weg met mense wat ’n gulsigheid openbaar oor erfgoed nie, hulle eie ůf die wat hulle van ander afgebedel het. Ek ervaar hulle in die algemeen as ’n siek spesie wat opgevreet is deur komplekse en gevoelens van minderwaardigheid. Daar is ’n beheptheid met die verlede, maar verdag omdat ek dikwels agtergekom het die sogenaamde liefde vir die erfgoed hoofsaaklik gaan om die uiteindelike geldwaarde daarvan. In die algemeen is diť spesie verslaaf aan begrafnisse, familie-uitlÍ en ’n alles oorheersende drang om die dood lewend te hou. Sluit dit dalk aan by erotiek? Georges Bataille sou kon sÍ.

Maar, wat het die sterkste invloed op ’n mens se lewe? Oorerwing of omgewing? Dit is die miljoendollarvraag waarmee elke tweede salonfilosoof sy tyd abstrak verdryf. Omgewing eis die onmoontlike. Reeds in die wieg vind die konfrontasie plaas. Daar is voorafbeplande riglyne. Dit is ’n erfdeel en heet opvoeding. Dit is gebaseer op jou ouers se goeie bedoelings. Hulle meen hulle het alle dinge ondersoek en die goeie behou. Wat hulle besluit die “goeie” is, word reeds vir jou as suigeling met ’n lepel gevoer. Dit word ook dissipline genoem. Hierdie dosisse goeie bedoelings moet dien as ’n fondament waarop ’n toekoms uiteindelik gebou moet word. Alles is vooraf besluit, die opvoeding tuis en ook diť van formele instansies later. Wat jy hier erf, moet van wieg tot graf duur. Is jy wederstrewig, is daar altyd die tien gebooie, God se oordeel, onterwing en nog ’n klomp giftige vreesaanjaende dreigemente en jazz.

Die toets wat geslaag moet word, is die aanvaarding en aanhang van die Freudiaanse en Calvinistiese eksegese. Tussenin is daar eksamenlokale: LeŽ akademiese formules wat min of niks bydra tot die eksistensiŽle nood waarin die mens hom bevind nie. En uiteindelik word die doel bereik deurdat jy voldoende gesosialiseer is, wat beteken jy kan nou volwaardig en saamklonterig voortwoeker in ’n gemeenskap. En hoera as jy dit (kan) maak.

Kultuur kom kitsgereed,’n erfporsie wat meer as enigiets anders bloed oor die planeet laat vloei het. Dit is ’n koue, blink parade van woorde met primitiewe en emotiewe magte. Op sy beste kan dit vergelyk word met ’n swak afgietsel van ’n stuk estetika wat ten alle koste moet bly voortleef — afarms en vrot neus ten spyt.

Die gekerm oor kultuur en om te behoort hou nooit op nie, ook nie die nimmereindigende familiesagas wat gereeld deur skrywers geplunder word nie. Kultuur, nes Christendom, bied seker op die ou einde beskerming en troos, maar eers nadat dit daardie mense vernietig het.

Kultuur bewapen nie en dit is ’n slegte gewoonte om altyd oor kultuur te praat. Dit is soos om spys te soek in ’n ou rommelsak vol moralismes gebaseer op geloftes van die verlede. Dit is aanvaarde fiksie soos geskiedenis dit ook is. Jy erf dit of jy dit nou wil hÍ of nie. Jou blote bestaan maak jou ’n verteenwoordiger van dit waaraan jou groep vasklou. Dit bring jou velkleur, die taal wat jy praat, gedrag en alles wat jy of ander dink jy is of nie is nie in gedrang. Jy moet byvoorbeeld volkome Afrikaner wees of ondergaan. Ter wille van oorlewing moet jy ook glo jy is daardie ding wat jy eintlik nie is nie.

Eksistensie is konflik. Vandag se oorloŽ en rewolusies het ’n duisend jaar gelede begin en oor nog ’n duisend jaar sal dit bes moontlik nog aan die gang wees. Die begin het biljoene jare gelede gebeur. Alles het verander, alles het dieselfde gebly. Plato regeer steeds. Hy stuur nog op die wÍreld af. Jy erf ’n pituÍre siel met ’n bol kak vir ’n derde oog. Die elektroniese brein met sy morele lugleegte spoeg dag na dag dieselfde boodskap uit: Pas aan of sak uit. Die wÍreld verklein. Dit is ’n universiŽle hap, die gonswoord is globalisering. Lewe (ťn dood) is gereduseer tot ’n advertensie. Die Regop Mens se waarde word ekonomies bereken. Ook vrede begin op ’n suksesvolle en beklinkte saketransaksie lyk. Die inligting bombardeer. Inligting is common, kennis raar. Lewe maak die waarheid onmoontlik. En daar was nooit genoeg tyd en energie om elke dag te ontleer en om die ou denke te verban nie. ’n Mens is nie die ding wat jy doen nie.

Die enigste erfenis wat hoegenaamd vir die menslike dilemma waarde kan hÍ, is dit wat in die gene ingeskryf is. Die veld is egter nog nie genoegsaam ontgin nie. ’n Mens weet (nog) nie hoe om dit te benut nie; waarop die disparate brein gevoed moet word sodat dit tot nut kan wees nie. Die ontsyfering van 3,1 biljoen biochemiese letters van die menslike DNS bring mee dat 97 persent van die mens se gene egter nou gekaart is. Alle belangrike eksistensiŽle vrae lei na biologie. Met nuwe kennis en die moontlikhede wat dit skep wat wag op ontginning, word die ou note dalk nou oplaas vals en kan ’n nuwe wysie ontstaan. Dogma en wetenskap kan een word: Bestemming kom nie van bo af nie, maar van die sub-menslike agente van kliere, genes, atome en golwe van waarskynlikheid. Slegs feitekennis kan intellektuele hunkering stil. Dit suiwer die siel en neem weg uit ’n wÍreld van sinne en korrupsie. Die matematisering van die menslike ervaring verryk. Die sedelesse en gelowe wat op ons afgedwing is, is organies verstrooi in die klein hoekies van die brein. In die reŽle toestand het dit geen bestaansreg nie. Werklike realiteit behels matematies berekende bewegings en meganiese beheer.

Dalk is die DNS-ketting van erflikheid ’n ander realiteit deurdat dit in die chromosone in volmaakte isolasie in die liggaam leef en terselfdertyd geskei is van die liggaam. Hulle is immers onsterflike molekulÍre strukture beskerm teen lewe en onaangeraak deur die elementÍre wette van fisika.

Dalk is die kreatiewe daad ook ’n ander realiteit. Die res sou propaganda kon wees. Dalk behoort verbeelding ook tot ’n ander realiteit, maar dit is gevaarlik deurdat dit soms te groot is. Dit vernietig egter die armoede van die dag tot dag bestaan. Daar is soms ’n flits van ’n verlore Utopia in die pre-verbale staat.

Skeppende anargie? Miskien kan elkeen dalk uiteindelik in die toekoms onbelemmerd by sy eie erf-eiendom, dws sy gene uitkom wanneer diť eers ontsyfer is. Miskien kan irrasionaliteit en abstraksies hulle uit die evolusionÍre cul de sac vry wring sodat Homo sapiens tot herstel kan herstel. Dit is soveel genadiger. Diť erfgoed moet werklikheid word. Sluk dit. Of verwerp dit. Miskien is alles propaganda. Isaac Balshevis Singer sÍ in elk geval as realiteit subjektief is, kan ’n mens seker vir jou die realiteit kies wat jou die beste pas.

Have fun.

LitNet-leser: Wat dink jy van hierdie bydrae? Twee pryse van R1000 elk word toegeken aan die interessantste reaksies op referate. Stuur jou opinie aan SÍNet by redlitnet@mweb.co.za

Besoek die beraad se virtuele boekuitstallings en ondersteun ons skrywers deur hul boeke via LitNet te bestel.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.