SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die coming of age van die tagtigergenerasie: herinnering aan boomstraat

Lo-Ammi Truter

Stellenbosch

“En opeens was ik weg vannacht, en kwam niet meer terug! Het is een grote puinhoop!” — Gert

Aan die einde van 1984 het ek boomstraat toe getrek. Na ’n vrotterige ou kommune met mos op die mure en flenterstoele van vorige bewoners in die gang. My kamer het uitgeloop op ’n groot stoep aan die noordekant, so ’n egte sondagmiddag-space vir sonsit, rook, lees en kakpraat. Die meeste van ons, die alternatiewes as jy wil, het destyds na sulke plekke toe uitgewyk om weg te kom van die kampuskonformiste met die shortbackensides, hulle koekerige girlfriends en die calvinistiese fundamentalisme waarmee hulle doene en spreke alles om hulle beklad het. Boonop was dit rrig cheap, omdat de plekke gewoonlik in wisselende stadiums van verval was. Sulke regte hole. Heerlik. Hoolbewoning, moet ek jou s, maak ’n mens vry, gee vir jou license om jou afwykings genoeg te koester dat die creative animal in jou wakker word. ’n Verborge romantiek, ’n milieu van aweregsheid en slimme moedswilligheid wat nie eintlik hoofstromers toelaat nie.

Daar was nog kommunes vol daggakoppe en layman-filosowe soos ek in daardie straat. Ons s’n was die tweede laaste huis op die regterkant, langs die woning van een van die predikante van die onderdorp se NG Kerk. Kruipafstand van die stasie; handig wanneer mens vroe mre met die trein van ’n visit by die uitgewekenes in Observatory af teruggekom het. Sadly staan daar vandag ’n swerboel townhouses vol oujongnooivirgins en jonkgetroude eenkindgesinnetjies, wat met naewe voorstedelikheid koskook, mekaar beveg, snotneuse afvee, liefdemaak. Onbewus van die spoke wat ’n oog daar hou en nooit vir ons, wat eers daar was, heeltemal laat vergeet van die aande en die dae en die zolle en die kroe, van ons woorde, van die hedonistiese gebrassery, die oor en weer gelopery, die kwetsende gevegte, die sharing en die caring en die angs en die vreugde nie. En die nimmereindigende kom-en-ganery van would-be skrywers, aktiviste, intellectuals en poets. Die dominee langsaan, wat sondagmres haastig met sy gesinnetjie kar toe koes dat hulle nie die lyke en opdrifsels van die vorige nag op langsaan se stoep moet sien nie, biddende dat die spul tog net op sal wees wanneer die kerk uitkom.

En ons, en ons ? Ons het snags kerk gehou. Die gemeente van slowboat. Die leraar was superman, wat suur onder die tong smelt, die intellek wakkermaak en nuwe insig bring. Plato, Jung, Nietzche, Marx en Engels was die profete wat ons die beloofde land in moes lei. En ’n paar ander wat ek lankal vergeet het omdat ek so min daarvan rrig verstaan het. Oom Tas, die nagmaalwyn van voorkeur.

Ons het dekonstruksie gepraat. Ons het kak gepraat. As dit nie sin gemaak het nie, moes dit ten minste goed klink. Ekself kon perdedroppings tot in die vyejam artikuleer. Abstraksie en relatiwiteit. Ons het die oplossing van armoede gesoek in die skepping van die flawless state. Ons het bepeins dat die mensdom bloot bestaan om die universe voltallig te maak, omdat hulle die noodsaaklike imperfeksie moes verteenwoordig wat die maatstaf sou wees waaraan alle ander dinge gemeet word. Dat alle gebeure perfek is in hulle onperfektheid, omdat daar nie iets soos voorsienigheid bestaan nie.

Elkeen het sy eie s gehad. Ons het soms saamgestem en soms mekaar tot op die been gekloof. Daar was nie protokolle om sensitiewe siele te verskans teen die reaksie wat hulle uitlatings uitgelok het nie. Soos Maria, die kwistige vermenger van alternatiewe gelowe waarvan sy hier en daar iets te hore gekom het, wat soms ook haar eiertjie kom l het. Wat die intellektuele slaansak geword het nadat sy ges het al wat PW kort, is tender love en meditation. Die activists het haar “Mystic Mary misfit extraordinaire” gedoop oor sy hulle so die moer in gemaak met haar airy fairy brotherly love en understanding, wat sy in gelyke mate uitgedeel het aan die folteraars en die martyrs. As iemand haar bevlieg het, het sy altyd ges ons moet oppas, ons woede gaan ons lewers aantas, en wat dit boonop aan ons arme karmas doen, wil sy, oe, nie eers aan dink nie. En dan het sy generously aangebied om ons auras te heal as ’n simbool van goodwill en forgiveness. Ek kan nie onthou dat iemand ooit van die aanbod gebruik gemaak het nie. Ons is so angry-angry deur die 80’s, kak karma en al.

Party nagte het die dorpsrondloper, ou Cry, en sy verrimpelde houvrou van hulle slaapplek in die Eerste Rivier af by ons ingesak op soek na ’n lekseltjie troos as die bedelsentjies te min was vir Granada of selfs ’n halfpint bloutrein. En solank as ons gegooi het, het hulle die ou ou liedjies vir ons gesing, omdat Cry, behalwe vir die five finger purchases by die OK Bazaar, nie ’n man was wat iets vir niks sou vat nie. Altyd songs van sy moeeeder en die jeeeere en die groot groot sadness. Ja, Stellenbosch se eie bruin briels, met ’n klankie wat agterbly lank na hulle al koers gekies het terug rivier se kant toe. Strompelend van die lekkie wat begin trek, al skellend op mekaar se ma’s se moere en anner goete.

Soms het Koos se skaduwee ook gekom. Bruno, die stokkerige vlaamse taalaktivis, verteenwoordiger van die trotse Taal Aktie Komitee, met stories van hewige taalonluste op vlaamse kampusse, fascistiese polisiemanne met traanrook en knuppels daar in Vlaandere. Die oorwinnings, selde die nederlae. Die enigste vloekwoord in Bruno se boek was Belgi. As jy die B-woord s, praat Bruno lank nie met jou nie. Tot hy iets nodig het of jy om verskoning vra, watter een ook al eerste kom.

Maar die meeste van die tyd was dit ons en ons soekende geredekawel. Ek het eenslag alles neergeskryf, want dis moeilik om te onthou, as die dag wreed breek, van die kollektiewe logika wat in die nag die antwoorde gebring het op vrae waarmee die mensdom ’n ewigheid al worstel. Ons argumente moes behoue bly vir posteriteit, want daardie nag het ons daar, binne-in die vrothuis, die groot antwoord gevind. Ek was die volgende oggend eerste wakker, styf en seer van saam met Murray en Boo op een enkelbed slaap, bewerig van ’n moerse bangbabelaas wat my begin bekruip het. Daai ding wat jou vat as jy beyond gewone hangover opgefok is. Wat jou uitmergel en laat bid dat jy tog net nie nou alleen moet wees nie en jou dankbaar maak dat jou roots wat jy afgesweer het, honderde myle ver op ’n stowwerige plaas sit. Ek het langs die bed gestaan en kyk na Murray en Boo en die slapers op die mat. Daar was lywe oral. Tot op die stoep. Twee, wat in die greep van genot die kleindood gesterf het, effens weg van die ander, nog so saamgeklem. Die lug was dik van tassenbergsweet en skoene wat te lank aan iemand se voete was, die laaste newels van die nag se swazi-twak, die vroumense se verslane scent. Dit was ’n slagveld. Een grote puinhoop. Toe ’t ek onthou van my notas. Die dokument van ons deurbraak!

Ek het tussen die le tassenbergbottels en oorskiet-slapchipspakke begin krap op soek na die kosbare papier waarop die formule van die eeue aangeteken sou wees. Ek kry. Die genie verbysterd vergete, niks van oor nie. Die antwoord alleen was daar, rel vir rel honderdmaal ondermekaar  twee plus twee is gelyk aan vyf.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.