SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die Waterskeidingsfees

Johann Rossouw

Miskien een van die grootste ironieŽ van die onlangse Afrikaanse kultuurgeskiedenis is die wyse waarop die politiek as ruimte van menswees verdag geraak het. Dit is natuurlik te verstane, veral uit hoofde van die brute magspolitiek wat veral onder die PW Botha-bewind bedryf is en wat ook toenemend besig is om die kenmerk van die Mbeki-bewind te word. Om die ironie nog verder te vererger het van die belangrikste Afrikaanse skrywers wat “betrokke” geskryf het — op sigself ’n politieke daad — bygedra daartoe om die politiek af te maak as hoogstens ’n tydverdryf van tegnokrate en magsbelustes. Ten spyte van al die waardevolle idees wat byvoorbeeld in Breyten Breytenbach se Die Toneelstuk aanwesig is, is diť toneelstuk ook ’n voorbeeld van so ’n somber siening van die politiek.

Dit is egter so dat die datum 1994 ons in ’n heel nuwe konteks geplaas het, ’n konteks waarin die politiek self vra om herbedinking en, selfs, rehabilitasie. Een voorbeeld van so ’n poging om die politieke lewe onder Afrikaanse mense weer respektabel te maak is die lesing wat Danie Goosen onlangs by die Karoo-fees as deel van die lesingreeks gehou het tydens ’n sessie oor die vraag, “Waar vind Afrikaanse mense vandag ’n politieke tuiste?”

Goosen het gewys op die belang daarvan om politiek in die eerste plek as teater te verstaan waarbinne mense met hul belange mekaar as rolspelers ontmoet. Sterk onder die invloed van Goosen se idees het ek self gepoog om hierdie gedagtelyn verder te ontwikkel in ’n essay wat in Insig van April gepubliseer is, deur die Karoo-fees self as ’n teatrale verskynsel te verstaan, ’n ruimte waarin drama homself dag vir dag in die strate van Oudtshoorn afspeel en daar nuwe maniere van wees geskep word.

Om weer vir ’n oomblik na die “betrokke” Afrikaanse skrywers te verwys: in ’n sekere sin is hulle werk ’n voorbeeld van die ernstige breuk wat in die jare sestig tussen die kunstenaars en die politici plaasgevind het. So ’n breuk tussen die kunste en die politiek is natuurlik nie vreemd nie; trouens, enige samelewing waar die kunste en die politiek nie op gespanne voet staan nie, het rede om oor homself bekommerd te wees. ’n Gesiene ontwikkelingsaktivis merk juis onlangs teenoor my op dat sy graag ’n artikel wil skryf met die titel, “Beware of the poet that is praised by the president”.

Die Karoo-fees het sedert 1995 ’n belangrike bydrae gelewer om Afrikaans en Afrikaanse kultuur te rehabiliteer vanaf die ou nasionalistiese tydvak en weer daarvan iets dinamies te maak. Onthou julle nog hoeveel mense aan die begin gevra het of dit nie maar net ’n klomp Boere is wat laertrek oftewel ’n soort postmodernde kerkbasaar is nie? Vandag stroom mense na die Fees en dui alles daarop dat dit gaan bly groei.

Die Groep van 63, PRAAG en andere het veral die laaste jaar of wat aan die meer politieke kant van die lyn energie begin belÍ in die verhoging van ’n politieke bewussyn onder Afrikaanse mense. Hierin is iets te bespeur van ’n inspirasie om in politieke terme dieselfde reg te kry wat die Fees in kulturele terme regkry.

Uiteraard is politiek en kultuur invalshoeke op dieselfde werklikheid en behoort dit nie los van mekaar bedink te word nie. Trouens, diegene wat hoop om Afrikaanse mense weer by die samelewing betrokke te kry, behoort hulself af te vra hoe die Karoo-fees sou lyk as dit in politieke terme vertaal word. Kortom, hoe lyk ’n poŽtiese Afrikaanse politiek vandag?

Hoewel die Fees vanuit die staanspoor ’n duidelik kulturele oogmerk gehad het, was dit ook vanmelewe ’n politieke gebeurtenis. Die blote feit dat die Fees in Afrikaans gehou word — hoewel nie eksklusief Afrikaans nie — het dit ’n daad van diversiteit teenoor die heersende eentalige kultuur en politiek van Suid-Afrika gemaak. Grahamstad se Fees — soos Deon Opperman reeds voorheen op Litnet uitgewys het — gaan die kreeftegang, en wel omdat hulle hul eertydse politieke inslag as sambreel vir anti-apartheidskultuur in die nuwe bedeling verloor het en plekgemaak het vir ’n flou, liberale inklusiwiteit. Oudtshoorn, daarenteen, is deur sy blote bestaan ’n daad van alternatiewe kultuurpolitiek. Daarom bly die Fees ’n belangrike barometer van wat op ’n gegewe tydstip in die Afrikaanse wÍreld aan die gang is.

Vanjaar se Fees was geen uitsondering nie. Trouens, vanjaar se sewende Klein-Karoo Nasionale Kunstefees was in minstens vier opsigte ’n waterskeiding. Die vier opsigte is grootte, politieke inslag, nuwe subgroepe wat die Fees bywoon en die nuwe soort sigbaarheid van Afrikaans.

Wat grootte betref was vanjaar se Fees volgens alle aanduidings die grootste tot nog toe. Dit op sigself is niks nuuts nie, aangesien die Fees jaarliks meer mense as die vorige jaar trek. Wat dit egter vanjaar meer voelbaar gemaak het, is die druk wat die massa mense op die infrastruktuur van die dorp begin plaas het. Dit lÍ dus voor die hand dat die indoenas van die Fees sal moet besin oor die beter benutting van bestaande fasiliteite op aanstaande jaar se Fees.

Maar die grootte van vanjaar se Fees hou ook verband met die nuwe politieke status wat die Fees nou verwerf. Hierdie politieke status het met veral twee dinge te doen. Ten eerste was oudpresident Nelson Mandela se toespraak tydens die oorhandiging van die vryheid van die munisipaliteit van Oudtshoorn ’n merkwaardige simboliese beseŽling van die bydrae wat die Fees tot Suid-Afrikaanse kultuur en versoening lewer.

Dit is natuurlik vandag hoog mode om op die versoenende aard van alles en nog wat te wys, maar wanneer dit of dat deesdae as versoenend uitgesonder word, gaan dit dikwels oor verskynsels wat gewoon die belange van die heersende orde vertolk. Nee, Oudtshoorn, as daad van werklike diversiteit met ’n outentieke kultuurinslag, is egter allesbehalwe ’n vertolker van heersende magsbelange. Inteendeel, dit wys ons die weg na die byeenbring van die breŽ Suid-Afrika en die partikuliere Afrikaanse gemeenskap op een plek. Daarom was Mandela se toespraak, wat nie geskroom het om die rol uit te spel van, soos hy dit gestel het, “wit Afrikaners” en die “coloured community” in Afrikaans nie, en beide groepe as volwaardige burgers en Afrikane te erken. Binne die breŽr magspolitiek van die land mag Mandela se toespraak dalk nie veel van ’n verskil maak nie, hoewel mens nie onnodig sinies hoef te wees nie. Feit van die saak is egter dat dit as een van die groot toesprake in die Afrikaanse geskiedenis, en ook hierdie geskiedenis as geskiedenis vir ’n stryd om bevryding, onthou sal word.

Ten tweede het die Fees se politieke status — en dit gaan terug na die ongekende grootte van die Fees — veel te doen met die wyse waarop veral president Mbeki en ander hoogwaardigheidsbekleŽrs van die ANC die afgelope jaar kleiner gemeenskappe, soos die Afrikaanse gemeenskap, vervreem het. Afrikaanse mense voel onteenseglik toenemend vervreemd van hul land van herkoms, soos onder meer gestaaf deur die groot getalle waarin hulle emigreer of hulle na ’n privaat bestaan terugtrek. Teen hierdie agtergrond is Oudtshoorn by uitstek ’n plek van gemeenskap waar mense tuis voel, sonder die bekrompenheid van die ou laermentaliteit. So gesien het president Mbeki ’n leeue-aandeel in die sukses van vanjaar se Fees gehad.

Maar presies hierdie feit het ook tot die derde opsig van vanjaar se Fees as waterskeiding bygedra, naamlik die groeiende teenwoordigheid van subgroepe wat nie noodwendig met die heersende verdraagsame etos van die Fees, wat oor soveel jare versigtig opgebou is, strook nie. Hier verwys ek veral na voorvalle van geweld wat op die Fees plaasgevind het en waarvan die ergste ongetwyfeld die dood van ’n Vrystaatse boer was nadat ’n man hom trompop op straat met ’n baksteen in sy gesig geslaan het.

Hierdie soort voorval is sprekend van die psigiese druk waaronder Suid-Afrikaners al hoe meer kom namate die marginalisering van kleiner gemeenskappe toeneem, en namate die huidige bewind nie daarin slaag om “’n beter lewe vir almal” te skep nie. Of dit nou hulle skuld is of nie, die ekonomie groei nie genoeg nie. En by ’n geleentheid soos Oudtshoorn, waar mense vryer teuels as normaalweg aan hulself gee, is onderdrukte frustrasie en geweld ongelukkig deel van die werklikheid. Kan die Fees in die toekoms help om ’n uitlaatklep vir sulke frustrasies te wees, om sulke donker energie esteties of feestelik na bo te bring, en nie by wyse van geweld nie?

Die vierde opsig waarin die Fees vanjaar ’n waterskeiding was, setel in die nuwe soort sigbaarheid van Afrikaanse kultuur wat daar was. Dit klink miskien vreemd om so ’n stelling ten opsigte van die Fees te maak. Wat ek spesifiek bedoel, is dat Afrikaanse sigbaarheid op nuwe maniere na vore kom. Vanjaar het ek baie meer gevatte Afrikaanse slagspreuke op jongmense se T-hemde gesien — net soos ek my verstom het aan hoeveel jongmense skielik spontaan bymekaar kom om ou FAK-liedjies te sing. Wat dit op neerkom, is ’n herontdekking van ouer motiewe en selfversekerdheid by Afrikaanse jongmense — van wie dit dikwels beweer word dat taal nie vir hulle ’n besonder belangrike aangeleentheid is nie — wat nie altyd so was nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.