SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

KKNK 2001 — God straf die Engelsman vir die Boereoorlog

Carina Diedericks

Bierpense en Patricia Lewis. Die reuk van braaivleis 08:00 in die oggend en dodelike brandewyn-en-coke-hangovers. Stampvol, bedompige skoolsale waarin Totius-gedigte op die maat van kwaito uitgebasuin word en volstruise getooi in Voortrekkerkappies. ’n Honderd duisend malende mense. God straf die Engelsman vir die Boereoorlog.

Die ossewaens is met mening in die nuwe millennium ingesleep en die laertrek is funky gerevamp. Soos die nagmaal op Nylstroom van ouds deel ons nou koeksisters, biltong en brandewyn in die leŽ Karoo, want die Noorde is vervuil van die onwettige immigrante, AK-47’s en Parmalat-bakkies. Maar die duisende mense, die Castle-asems, die pseudokunstenaars en Oudsthoorn se steierende hitte en/of gietende reŽn is werklik nie my scene nie. Ek verkies Woolies se koeksisters, die stilte van my huis, my vriende in hanteerbare getalle en die wete dat die shows binnekort op die plaaslike planke sal pronk.

Nou kyk, ek het al my pad geloop met die KKNK. Kort voor my eerste fees was ek vir ’n tyd lank oorweldig deur nostalgie vir volk, taal en kultuur. Nee, ek was nie bevriend met Praagtige Dan Roodt nie, nog minder gerook saam met Koos. Ek het bloot na jare in die Angel-Saksiese kloue weer Afrikaans begin lees en was verstom en verbyster oor wat sedert Saartjie Baumann en die Meisies van Maasdorp gebeur het. Eybers, Van Heerden, Leroux, Hugo en Brink het ’n landskap geskets wat ek wou verken, mense voorgestel wat ek wou bevriend, ’n taal vasgevang wat ek wou praat — ’n wÍreld geskep wat ek my eie wou maak. Fokken naÔef, ek weet.

Dis ook slegs met naÔwiteit wat ek op ’n “feestrein” sou klim na Oudtshoorn. Ek sou dit nie “feestelik” noem om deur die gevalle helde van die Afrikaanse ligtemusiekbedryf vermaak te word vir die volle twaalfuurlange reis nie. Nog minder om die skokstok in te span om dwalende hande van grillerige mans af te weer nie. En beslis nie om vir vyf dae afhanklik te wees van ’n trein se badkamergeriewe nie. ’n Stilstaande trein. Maar fees het ek gefees: vyf dae, een en twintig shows, agtien roosterkoeke, ’n Andrť P. Brink-sighting en ’n regular by Hoenderkop. Kultuurversadig.

Ek kon eers twee jaar later weer die stamina en moed bymekaarskraap om die pad na Oudtshoorn aan te durf. Soos dit ’n goeie student betaam, het my dae by die fees gedraai rondom die here Bean, Daniels en Jameson. Ek het deur poetry readings gesit en na Gert Vlok Nel se gelispel gaan luister. Ek het die fees gaan soek in donker, jazz-gevulde hoekies in die bruin dorp Bridgeton en saam met ’n digter en sy warm woorde die son sien opkom oor die Karoo-vlakte. Ek het met ’n temporary tatoo gespog en op die naat van my rug gelÍ en luister na Brasse van die Kaap se debuut. Ek was onbewus van kunstefeesdireksie-politiek en kunstenaarsgekibbel. Dit het nie saak gemaak of ek braaivleis eet omdat dit deel is van my Broederbond-heritage nie of omdat ek die regmatige dood van Afrikaans vier nie. Daar was ’n fees, ek was daar en dit was lekker.

Nog twee jaar het sedertdien verloop. Ek het intussen ’n bietjie naÔwiteit afgeskud. Dis eintlik jammer, want dis dan wat ’n mens die krake in die volstruiseierdoppe sien. Dis dan wat jy wonder hoekom Pieter Fourie nie meer, kaalvoet met sy pyp vasgeklem tussen sy tande, die feessepter swaai nie en waarom geen enkele publikasie in die land ’n ophef gemaak het van ons beste dramaturg se sestigste verjaarsdag verlede jaar nie. As jy buite die beskermende sfeer van naÔwiteit en idealisme trap, is dit dan wat jy wonder of Boetman ooit tevrede gaan wees, of die Willem de Klerks ooit verantwoordelikheid gaan aanvaar en of Antjie Krog ooit gaan besluit of sy nou eintlik die taal wil ondermyn en of sy dit wil onderskraag. Jy wonder of dit nou ’n doodsonde is om Coke te drink en SAA te vlieg en met watter skrywers jy gesien kan word sonder om jou ’n Sisiliaanse vete op die hals te haal. Jy wonder waarom niemand vra hoekom een van ons begaafste bruin skrywers hom nie wil assosieer met Groot Verseboek nie. Jy wonder.

Nou ja, gelukkig bied die KKNK die perfekte podium vir ons om te debatteer en te vra en te bepreek en te gesels oor die kwessies wat ons pla. Om oor ’n bier te vier wat ons kan, en kop te krap oor die res. Nie dat dit sal gebeur nie, want as dit in ons aard was, sou die helfte van die Afrikaners nie destyds die boendoes in gedonner het en na die Noorde toe gefokof het nie. En as ons kon besluit wie die vyand was, sou ons tien teen een ook die Boereoorlog kon gewen het, want immers was ons nie so stupid om rooi baadjies te dra nie. Hoe dit ook al sy, count me out. Dis meer bevredigend om te poep in die wind as wat dit is om ’n sinvolle debat in Afrikaans te voer en vreedsaam paartie te hou.

Toe kom die nuus: vanjaar sou dit inderdaad ek, die volstruise en my uitgewer se stalletjie by die Boekeparadys wees. Genoeg om myself by die trappe te wil afgooi, maar ek had nie ’n keuse nie. Ek is die feestrein gespaar, die stampende bierpense, die lang toue om oor ’n ander se skouer te loer na Kuns en die vlooimarkstalletjie-eienaar wat ’n dream chaser aan my probeer afsmeer. Maar ek is strategies agter die gordyn geplaas van die volvet-vetes, vriendskappe, verborgenhede — die vagevuur wat die dinamika van die kreatiewe hutspot is.

Hoe dualisties ek ook al gevoel het oor die fees en sy gangers, kon niks my voorberei op die voyeuristiese orgasme wat vir my gewag het nie. Ek het my loergaatjie in die naeltjie van die fees gehad. Ek het gesluier agter ’n koerant geluister en gekyk hoe ’n kabaretsangeres halfkaal in haar rooi 4x4 voet-by-die-venster-uit sit en luister na haar teenstander se nuwe CD en oninterpreteerbare kommentare uitbasuin. Oorkant die straat by die gospelfees het Ou Nic se agent geloop en gloeiende rooi horinkies aan die kaartjiehouers verkoop. Ek het gesien hoe die mense na die Boekeparadys stroom, armsvol boeke koop en sodoende ’n embargo plaas op siniese kommentaar oor die boekebedryf. Ek het geluister hoe ’n afgunstige kunstekabinetlid ’n medeskryfster by ’n swierige boekbekendstelling kwetsend tot trane dryf en gekyk hoe ’n bekende dramaturg sy tuinier, gecollar en getie, na die openingsaand van sy nuwe drama neem.

By die bekendstelling van ’n groep passievolle jong digters se selfgepubliseerde werk het ek die trilling van ’n nuwe begin gevoel. ’n Begin nog vrygeskeld van die beloftes van triomf en kameraderie, die bedreiging van teleurstelling en rugstekery. ’n Begin wat, soos die jillende kabaretsangeres, die kyfende skryfster, die deernisvolle dramaturg en die ontvanklike gehoor, alle tekens van passie, vitaliteit, ’n tikkie onvoorspelbaarheid en lewe inhou.

En 160 000 kaartjies verkoop en R60 miljoen vir Oudtshoorn se sak is nie sleg nie. At least it’s holding back midnight.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.