SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Rodin en ’n marmerkraal

Deborah Steinmair

Ateljee van Glas

Ateljee van Glas
Skrywer: Marlise Joubert
Uitgegee deur: Protea Boekhuis
ISBN: 1-86919-0949-1
Bladsye: 163

’n Pragtige, wispelturige vrou bevind haar in die huis van ’n beeldhouer. Sy is die kunstenaar se muse, sy droomvrou: ’n vrou sonder verlede, tabula rasa, as ’t ware. Deur die dramatiese toestand van geheueverlies is sy gereduseer tot afhanklike, hulpelose en verloklik-raaiselagtige skepsel. Die beeldhouer kan haar na sy hand skep en herskep.

Dit dan die sepieagtige sentrale gegewe van Ateljee van Glas.

Tog is die paradys nie sonder slang nie. Die prisonier word rusteloos, flardes geheue duik op, gemoedstemminge van vroulike rebelsheid en buierigheid laat hul geld. Die beeldhouer boetseer haar skone lyf obsessief en wend geen poging aan om haar naasbestaandes op te spoor nie. Gelukkig het sy ook ’n stokperdjie waarmee sy die leŽ uurtjies vul en aan haar verwarde, geskeurde innerlike landskap gestalte gee: die weef van Afrika-kralematjies, kleurryke briewe wat stories vertel.

Dit is dan ook laasgenoemde wat lei tot die verbrokkeling van die beeldhouer se paradys - sy beveel hom met kinderlike vermetelheid om ’n reusekraal uit ’n blok marmer te kap (ek het my ’n beestekraal voorgestel, maar moes uitvind dat dit kraal soos in kraletjie was):

“Kyk na my,” sÍ sy vir die beeldhouer, “vandag is ek tog heel. Wanneer ek jou sien, word my hart wit soos die melk van koeie as hulle soggens gemelk word. Ek het jou lief. En daarom moet jy uit die blok marmer een groot kraal maak.”
Hierdie sinne is verteenwoordigend van die liriese, maar plek-plek onbeholpe styl van die roman. Op die beeldhouer se groot uitstalling trek die geliefde model al haar klere uit en gaan hurk in die marmerkraal. Perskameras flits. Die idille is versplinter.

Tog - en hiermee verklap ek nie die storielyn nie; ons vind dit reeds aan die begin van die roman uit, omdat daar telkens van tydspronge gebruik gemaak word - trou sy uiteindelik met haar redder/sipier. Hulle liefde word voorgehou as onvolmaak maar groots.

Die beeldhouer noem sy naamlose model Camille, na Rodin se geliefde minnares en model, die skone Camille Claudel, suster van die skrywer Paul Claudel en voortreflike beeldhouer uit eie reg, ’n gekompliseerde, gefolterde mens. Later sal ons uitvind dat die karakter se regte naam toevallig Milla is.

Die skrywer se gebruik van meesterwerke as interteks is interessant en ambisieus. Ateljee van Glas het ’n imposante lys gaskunstenaars. Behalwe vir Rodin/Claudel, na wie se briewe verwys word, is daar lieflike gedigte van Israel se beroemdste digter, Yehuda Amichai, in Afrikaans omgedig deur die skryfster. Na Amichai is al verwys as die mees wydvertaalde Hebreeuse digter sedert koning Dawid, ook as “die onvertaalbare Amichai”.

’n Gedig van die Meksikaanse skilder Frida Kahlo word aangehaal - nog ’n gefolterde geliefde van ’n moeilike kunstenaar. VersreŽls van Charles Baudelaire, die 19de-eeuse Franse digter wat veral bekend is vir Le Fleurs du Mal (Flowers of Evil) word ook aangehaal. Dan is daar boonop ’n karakter wie se ma met Bartho (Smit), die dramaturg, bevriend was.

Ateljee van Glas is ’n leesbare boek, ’n heerlike boek vir die leser wat glo dat die liefde alles oorwin.

Van Marlise Joubert het die volgende boeke verskyn:

’n Boot in die Woestyn, Perskor, 1971
Domus, Tafelberg, 1973
So ver en verder, Perskor, 1976
Klipkus, Tafelberg, 1978
Rode Granaat (Nederlandse vertaling van Klipkus), Anthos, Amsterdam, 1979
Ontruiming, Haum LiterÍr, 1986
Oranje Meraai, Tafelberg, 1996
Lyfsange, Protea Boekhuis, 2001
Ateljee van Glas, Protea Boekhuis, 2004

LitNet: 08 Junie 2004

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe

 

 


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.