SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Afrikaners is plesierig

Toast Coetzer

Was die fees ’n dag lank of ’n jaar lank? Want godweet, ek weet nie eers of ek daar was nie. Al die notas wat ek vanoggend in die regter-bosak van my kamera-jacket (wat stink soos ’n Rothmans-fabriek) gekry het, dui egter daarop dat ek wel daar was en dat Anton Goosen om 00:31 Sondagoggend na Kaktus iets kwytgeraak het soos “PR is PR, maar  Ö”. Dit het iets met Steve Hofmeyr of Sonja Heroldt te doen gehad. Dis seker jammer ek’t nie die hele quote neergeskryf nie. Ons blameer dit maar op die backstage-barman wat later bier vir R1 elk verkoop het.

Sonder om nou te veel kak te praat, het die fees my dit geleer:

  • Annelie van Rooyen lewe.
  • Skeurbuik is nie grappies nie.
  • Ook nie alkohol-misbruik nie.
  • Almal ken nie vir Breyten Breytenbach nie.
  • Beeskraal is die nuwe Groot Wit Hoop.
  • ’n Skerpioen steek.
  • Moenie met skoolgirls lol nie.
  • Liewe Jesus kom in alle gedaantes.
  • Afrikaanse witmense is maar lekker fokken rassiste.
  • Die chokka-vangste in Jefferiesbaai raak skraler en skraler.

    Kom ons begin by punt tien, want dis my leitmotif (ek weet nie wat dit beteken nie, maar dit klink akademies en gepas vir Litnet).

    Kort maar deeglike navorsing het daarop gedui dat die calamari-stalletjie voor die Burgersentrum (ja, daar by die big screen TV) elke dag tussen 500 en 600 porsies verkoop het. Daar’s tussen tien en vyftien calamari-ringe in elke porsie en daar kom so tussen nege en dertien ringe uit elke chokka wat gevang word. Dus, op ’n konserwatiewe estimate sterf een chokka (squid, china) vir elke porsie calamari wat bedien word. Dis minstens 500 per dag — minstens 3 500 vir sewe dae. En dis net een stalletjie. G’n wonder die chokka raak uitgevang nie. Oor so vyf jaar gaan iemand skielik een dag oplet dat mens nÍrens calamari kan koop nie. Moenie wonder nie, want ons’t dit self alles opgevreet. Dink nou aan al die hoenders, beeste, skape en volstruise wat moes afkak in die trenches om die KKNK lekker genotvol te maak. Mmm. Nou nie dat ek kla of enigiets nie — ek vreet self vleis en het minstens drie chokkas die loef laat afsteek. At least was dit moerse lekker.

     ... Anders as die Steers op Oudtshoorn, wat die kakste Saucy Burgers ooit maak. Hoe fok mens ’n Saucy Burger op? Dis net ’n bun en ’n patty en sous? Komaan, pull ’n Avis — try harder.

    Gelukkig kry Willards altyd hulle Cheese Flings min of meer perfek en SAB sit selde ’n voet verkeerd as dit by Black Label kom.

    As totale leek bly ek gewoonlik weg van dramaproduksies af (tensy dit snaaks is), want ek kan nie met heavy en/of diep goed deal nie. (Ek wil nie dink nie, ek wil TV kyk. Maar te veel TV is nie goed vir jou nie.)

    Neem byvoorbeeld Fanie’s Angels — een van die gewildste shows (’n rofweg peiling) by diť jaar se fees, waarin drie Egoli-girls onder leiding van Steve Hofmeyr se stem (as Fanie) en Jose Domingos se talent die effe meer bekende fliek af-rip en terselfdertyd skuinsweg piepie op sepies (“Amanzimtoti — Place of Water”) en rugbysterre — als terwyl hulle kak taebo-moves uitstal. Kyk, dis nogals snaaks, op dieselfde manier waarop sepies tragedies is, en natuurlik is dit alles tong in die kies, en natuurlik kom kyk almal dit net om te drool oor die sexy girls in uitdagende houdings, en dalk is dit postmodern of ironies of cholera-induced, maar damn, kan ons nie maar net rugby kyk nie? (Die krieket en rugby op die big screen was in elk geval die naaste aan reality wat enigiets by die fees ooit gekom het.) Na Fanie’s Angels vra ek vir Rob van Vuuren wat hy daarvan gedink het. “Tittilating,” is sy antwoord. Dit is wel waar. En van die drie het Natasha Sutherland (ag hoekom het Steve Hofmeyr alles in die wÍreld?) die platste magie, net vir die rekord.

    Maar kom ons vergelyk dit met iets meer genuine, meer teater-agtig, iets met die spreekwoordelike Barry Ronge-stamp op. Elke duim ’n koning, waarin Gavin van den Berg en Rolanda Marais skitterende spel lewer, is heeltemal die teenoorgestelde van Fanie’s Angels. Dis ernstig, dis diep, dis goed, dit laat jou dinge bevraagteken, dit forseer jou om aandag te gee. Is dit goed? Of course ja. Het ek dit meer geniet as Fanie’s Angels? Of course not.

    Noem my maar ’n leek. Of dalk like ek dit net om girls te perve.

    Maar kom ons pause vir ’n oomblik en kap eers ’n riel. Vir David Kramer en sy gunslingers wat “Karoo Kitaar Blues” so fokken ongelooflik gemaak het. Kan iemand solank begin om die CD-cover te design, sodat ons dit soos die Buena Vista Social Club oor die wÍreld heen kan stuur? Ag jissis, ek huil sommer.

    Maar dis die ou blare se wenner. Wat van die jong blare? Op die podium staan twee contenders, met die derde plek conspicuously leeg. Applous vir Karen Zoid en vir die dipstof-reps van Beeskraal. Kyk, Karen Zoid voel ’n fok. Haar band rock woes. Hulle’s nie buite beheer of noemenswaardig nuut of vars in klank nie, maar ons kan solank vir Zoid ’n gedenkplaatjie begin sandblast vir haar punk-weergawe van “Afrikaners is plesierig”. Dis ons Sex Pistols wat “God Saves The Queen” uitkak. Zoid doen dit met soveel oorgawe en woedende wellustigheid dat mens nie anders kan as om daarin te glo nie.

    En dan Beeskraal. Verlede jaar het hulle op Kaktus gespeel en ek’t gedog “ha-ha, goeie idee, kak band”, maar hierdie keer was hulle gereed, gewapen met koevoete, bospikke, Veldfokus-khaki hemde, konsertinas en ’n handvol tunes. Ek sien hulle in die Tassenberg Stalteater laat een aand, die plek bars uit sy nate, Beeskraal is aan die spits, sweet en hooi loop ons af, hulle skowwe wit van die salpeter. Ure later hoor ek vir Jongbees sÍ dat hy “laas in standerd drie so dronk was”. Wel ek gee nie om nie, die oorwinning is hulle s’n. Not My Dog in Afrikaanse boeremusiekgedaante. Dit moet mos almal met Johan Stemmet-onderbaadjies laat vlug na hulle kombuise.

    Kyk hoe kyk sy vir my, ensovoorts.

    Waarom maak Debonair’s sulke absolute walglike pizzas? En hoekom het ek en ’n Oos-Kaapse medewerker van die hoofborg se koerant een geeŽt? Gelukkig het ek access tot ’n spoeltoilet gehad.

    Op hierdie stadium: Een minuut stilte vir die hoofborg. Want sonder jou is ons niemand. En sonder jou kon ek nie elke oggend eiers en wors eet nie.

    “Gaan jy ’Om te Brendan’ kyk?”, vra ’n kollega.

    “Ek glo nie, wat is dit?”, vra ek terwyl ek probeer om ’n verwarde sms na my lawyer toe te stuur.

    “Daai Brendan Breytenbach-ding, met die bands  Ö”

    “O, nee, ek wil eerder die CD koop,” admit ek en vra haar weer net om seker te maak sy dink rÍrig sy naam is Brendan.

    Ek sien toe later vir die einste Brendan en sy vrou by ’n redelik verwarrende produksie genaamd Ewebeelde/Imagines waarin gedigte van Joan Hambidge onder begeleiding van twee ultramorbiede voorlesers en Spaanse danse gepleeg word. Ek dra my kakgeel Krit T-shirt en Brendan maak een of ander comment. Ek sÍ toe, “Jammer vir die kak T-shirt” en hy sÍ toe “Jammer vir die kak koerant.” En dit was my brush met literary fame vir die week.

    Gelukkig vir my het ek beter T-shirts as dit. En ek ken iemand wat dink sy naam is Brendan.

    Ek’t nie Die Toneelstuk gaan kyk nie. Dis my plig as leek om eerder te weet wat die kriekettelling is.

    Kaktus op die Vlaktes het iets gekort hierdie jaar. Natuurlik was BVK weer eens goed, natuurlik het Robin Auld gekook, natuurlik was Valiant op sy stukke, natuurlik het Not My Dog nie ’n ballade gespeel nie en ja, Akkedis mag maar aanhou met wat hulle mee besig is. Maar die naaste aan roekelose punk-geit waaraan die gig gekom het, was die verskyning van Steve Hofmeyr as gaskunstenaar tydens Anton Goosen se gig. En dis alarming. Ek dink dis waaroor die “PR is PR, maar  Ö”-quote gegaan het. Daar was geen bandelose uitbundigheid nie, geen bloed wat uit polse spuit nie, geen “Afrikaners is plesierig” wat weergalm teen die kranse nie.

    Gelukkig kry ek dit toe so ’n uur na Kaktus, in die unlikely shape van Delta Blue, ’n blues band (jy’t nie geraai nie?) wat at least elke nou en dan ’n Lightnin Hopkins-cover doen. Ek kry hulle waar hulle hul laaste set van die fees doen by die Rock Art Cafť. Ek kan sommer sien hulle’s gekettie, maar hulle rol voort. Die bassist staar voor hom uit asof hy in die hemel is en ’n Egoli-girl is die ontvangsdame, en haar ritssluiter is halfpad af, boobs wat wys. Die lead singer met sy rooi Leo Sayer-hairdo rol sy growwe stem uit vir almal om te sien. Die set eindig met ’n Doors-cover, hy’s op sy knieŽ met sy mondfluitjie, dit werk, iemand wen, iemand juig.

    Landscape Prayers is ander ouens wat diť tipe oorvloed in hulle musiek het. By hulle is daar egter nie ’n cover-version binne sig nie. Dis net hulle en die nuwe valleie wat hulle moet verken, al moet hulle soms met pangas deur die turksvye kap.

    En godweet hoekom meer mense nie by die Vlaamse Tent ’n draai gaan maak het om Gorki of Raymond Groenwoud & De Straffe Mannen te gaan kyk nie. Kwaliteit sonder moeite, sonder hassle, sonder om iemand te wees wat hulle nie al klaar is nie. So ook Het Nieuwe Snaar, wat dalk die eerste band is met ’n gimnas op viool. Skitterend.

    Die beste ding wat ek gesien het? Hands down die Nederlandse produksie Field Guide To Imaginary Behaviour. Jammer dit het eers op die derde laaste dag van die fees begin en dus min publisiteit gekry. Sjoe. Verbeel jou jy kyk Being John Malkovich, Jacob’s Ladder, TimeCode en Wielie-walie gelyk. Dit wil gedoen wees. Ek kan nie onthou wanneer laas ’n verhoogproduksie my so ’n goeie skop in die balls gegee het nie.

    Later maak alles sin, wanneer Haddad iets kwytraak soos “Kontaminasie is ’n lewenswyse.” Ons het die Huisgenoot-stage nodig, ons het die Orgasmatron nodig, ons moet maar die chokka vang, ons moet ’n kak cover-band boek om by Bokvet se Pub te speel tot die bier op is. Dis belangrik. Daar moet iets vir almal wees, iets vir mense wat hou van TV kyk en bier drink en braai.

    Wie sal in Patricia Lewis se gesig kan lag? Not me. Dis soos die T-shirt sÍ: “Patricia Lewis Saves”. Sy doen meer as dit. Sy maak die bestaan van die res moontlik. Die teenpool is mos belangrik. Sonder die suidpool is die ewenaar net ’n rumour.

    Vat maar vir Zebulon Dread (one-man army; sy eie republiek) as die black hole wat namens ons alles sÍ wat ons nie wil sÍ nie. Hy is die balans van duisende tannies en ooms. Soos in sy nuwe uitgawe van Hei Voetsek oor die einste Brendan Breytenbach: “Hoekom doen jy nie iets goed vir die Afrikanermans nie en gee hulle ’n paar tips om hulle dan nou uit die missionary position te kry nie, huh? Dan kan mens jou mos waardeer, maar nou wil jy so alewig aankarring op die dem bliksemse intellektuele vlak dat ons net wil kots. Ek doop jou die KorstVader van die Afrikanervolk!”

    Om rond te staan naby Zebulon wanneer hy Hei Voetseks verkoop, is om binne-in ’n sosiologieprojek te staan. ’n Oom loop verby en mompel iets soos: “Dis vulgÍr.” Zebulon hoor dit: “Apartheid was vulgÍr. Jy’s eng. Jy’s glads so styf soos ’n klei-os se poephol.” Die oom draai nie om en konfronteer Zebulon nie, Zebulon word nie gebliksem nie. Want hy praat die waarheid. Hoor maar hoeveel mense praat van Zebulon as “daai loud kaffer” of so iets. Hoor maar hoe praat iemand oor ontbyt van die Metro-Rapport as die “hotnotskoerant”. Hoor maar hoe praat iemand van “die perses”, hoor maar hoe praat iemand van Marc Lottering as ’n “snaakse Hotnot”. Ons het darem nog fokken ver om te gaan. Die fees is anyway net ’n virtual reality-projek met skitterende marketing wat ons laat dink ons is OK, ons is so fokken cool, ons is so vry, ons is so KULTUUR-bewus. Sosatie-sosatie-kultuur: ryg dit in, vreet dit op, kak dit uit.

    Lank lewe Oudthsoorn. Mag daar volgende jaar ’n atoombom op die fees val sodat ons minder kak in die land van Kanaan kan hÍ. En minder useless opinies.

    Wel, actually like ek vir Brendan Breytenbach. En daai CD van hom is skitterend. Enige ander Afrikaanse skrywer wat iets soortgelyks wil probeer, kan hom-/haarself die moeite nou al spaar. Dit gaan moeilik getop word.

    Dit het dalk te doen met die dilemma van die vrou by die stasie, minute voor Die Burger se much-maligned feestrein terug Kaap toe gedraai het. Sy roep my dronkerig nader met “Skerpioene steek!”, wat my onmiddellik intereseer, want dis tog dalk ’n pick-up line wat sadomasochisme kan insluit as nagereg. Gou blyk dit dat dit ’n feit is dat treintoilette stink, net soos dat skerpioene noodgedwonge steek. Toe slaan sy egter die spyker op die kop: “Wanneer kots jy en wanneer pomp jy?” Ek het nie geweet nie, maar sy’t verduidelik. Dis ’n universele dilemma. Wanneer kots jy en wanneer pomp jy? Haar naam was Salome Johnson, van Mosselbaai, so as jy haar ken, klop haar op die skouer.

    Dis maar jou keuse. Kots of pomp?

    Sy’t gepraat van die treintoilet.

    Het ek iets genoem van skoolgirls? Dank die vader vir Piet Botha se raad, wat altyd in my agterkop klingel wanneer die swak mens in my dit oorweeg om iets simpels te doen: “Want ’n vrou sal jou doodmaak as sy kwaad is / in ’n donker kamer met ’n haelgeweer.” Dankie, Piet. Tot hiertoe is ons nog ongeskonde, ondanks al die bier en gratis Klipdrift (dankie, Hoofborg) en gratis muskadel wat ek saam met Sarel Seemonster (um, Lochner de Kock, vir die wat nie kinders was in die 80’s nie) gedrink het.

    “Is jy gedrink of is jy gerook?” vra iemand aan iemand op die stoep van die Stalteater terwyl Valiant vuurwater by sy keel afgooi en vertel van die dag toe hy in ’n put geval het. Niemand antwoord nie, want ons weet bier en melk is basies dieselfde. Ons suig maar net aan bruin tepels, jammer dit maak ons nie bruin nie.

    Die volgende notas op my stukkie papier kan ek nie verklaar nie:

    “ek dink dis woes cool”
    “ek geen nie om nie, ek sien nie genoeg mense met hoede op nie”
    “definitief”
    “Egoli”
    “Kruger-rande”
    “Minder as 5 keer”
    “Geld spandeer — rooi verf”
    “Nee”
    “R50-whiskey”
    “Post-kolonialisme”
    “Cyberkolonialisme”
    “Ek voel nie dat die grense wat getrek is  Ö”
    “Bergies”
    “ Ödoktrine van anargisme. Sal jy stem?”
    “dis jou keuse”
    “Pick ’n Pay, Gardens”
    “Brink”
    “Jammer, u aansoek is reeds te laat.”

    Die ander deel wat ek nie kan plaas nie, is:

    “Sweet jy bloed?”
    “Ek het al die fondasies gegooi.”

    Kan die persone wat in hierdie gesprekke betrokke was, my asseblief kontak. Ek voel baie weird oor memory-loss.

    Frances Goodman se “Voice of Reason” (audio, in die Principia-kollege) sÍ dit skitterend: “People should be more vigilant against other people.” Dis omdat ons nooit weet hoe vervangbaar ons is totdat iemand soos Dave Southwood foto’s uitstal van “People Who Other People Think Look Like Me” nie. Skitterend.

    Eindelik dan, kry ons vir Liewe Jesus. ’n Paar dae voor Goeie Vrydag. Dis laat, laaste rondes lankal verby. Oom Boet kom leun op ons, swaar. Hy kan skaars loop, so ons belowe om hom huis toe te vat. Soos wafferse dissipels (net agt, maar anyway) lei ons hom oor die water. Hy vertel ons van sy droom. In sy droom is hy in Marokko en sy huis kyk uit op ’n Makro-drankwinkel. Dis Oom Boet se paradys. Toe mompel hy iets van “’n krip” en “herberg” en ons weet ons het die regte man beet, ons val neer en betoon eer, raak sy kleed aan, ’n verblindende wit lig vel ons neer.

    Eindelik kry ons Oom Boet by die huis — dis net verby AVBOB. Hy loop na die hek toe, voel in sy sakke en draai toe om en vra of ons nie “die slek se heutel” gesien het nie.

    Ons het nie, maar ons het die Messias gesien. Ons het ook ’n FariseŽr gesien. Sy naam was Johan, maar hy sÍ in die nuwe Suid-Afrika is hy ’yer-highness’. Hy’t gedink Johann Rossouw is B.J. Vorster. En Dowwe Dolla is as “mevrou Vorster” aangespreek. Yer-highness is ’n local en sÍ hy hou van die fees, maar hy hou ook daarvan om “’n kak in sy eie dorp te vang,” so hy sal bly wees as dit oor is. Ook ons medewerker van die Oos-Kaap het ’n punt beet: “Dis tyd om die finale oplossing in werking te stel.”

    Toe gaan slaap ons maar.

    Verbeel jou jy’t die Maandag na die fees in Oudtshoorn wakker geword. Bo jou draai aasvoŽls. Kraaie is besig om die oŽ van Red Bull-reps en Sarie-hunks uit te pik. Tolbosse tol deur die strate. Iemand het Írens ’n radio aan vergeet. Dit klink soos Karen Zoid wat sing.

    Afrikaners is plesierig. Dit kan julle glo.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.