SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Skrywersberaad-argief

Skrywersberaad




Ampie Coetzee   Ampie Coetzee
is in 1939 gebore. Hy studeer aan die Universiteit van die Witwatersrand. Hy is tans senior professor in die departement Afrikaans en Nederlands by die Universiteit van die Wes-Kaap. Hy stel veral belang in die verhouding tussen letterkunde en samelewing, letterkunde en die politiek.
Sy mees onlangse publikasie is ’n Hele os vir ’n ou broodmes, uitgegee deur Van Schaik en Human & Rousseau.

Erfgoed

“Dat die erwe van ons vaad’re vir ons kinders erwe bly”

Nie alles wat jy erf, wil jy noodwendig hÍ nie. Mens sou vandag selfs beter af wees as jy nie ’n plaas erf nie! Daar sal waarskynlik gesÍ word dat jou oer-oupagrootjie nie eintlik die grond besit het nie waarop hy sy opstal gebou het en waarvan hy landerye gemaak het.

Dan is dit ook so dat dit wat jy geŽrf het ’n las kan wees, ’n erflas, soos materiŽle dinge: die mooi ou staanhorlosie wat antiek is, en stukkend, en te duur sal wees om reg te maak. En as jy nie geŽrf het wat jy graag wou gehad het nie, dan kan jy ook nie die gestorwene uitskel nie. Diť is dood en jy is wees.

Om bietjie Derridaans met die woord te speel: erf — wat ook erf soos in “erfplaas” kan wees — kom van Indogermaans (orbho) en beteken ook “verwees wees”; en van Latyn (orbus) “beroof van” — soos ’n weeskind (orba) beroof is van ouers. Die wat wees geword het, erf dan die besittings van die ouers vir ’n hupstootjie in die lewe — sou mens dan verder kon improviseer.

’n Hele os vir ’n ou broodmes

Coetzee se teks is nou te koop
Maar dit gaan eintlik nie hier om materiŽle erfgoed nie. Dis die ideologie, die lewenshouding, die kultuur, die taal wat jy geŽrf het wat jou lewensloop bepaal. Dit wat jy kan ontken of probeer vergeet van, maar wat jy nie kan weggooi nie. Daarom is dit beter om dit te identifiseer, en veral bewus te wees van wat goed en wat kwaad is daarin.

Alhoewel die begin van ’n geslag, ’n volk, grys in die newels van ’n verre verlede lÍ, kan mens miskien vanuit die tekste daaroor afleidings maak. Die bestaan van die teks is, ten minste, betroubaar — dit hang net af hoe mens daardie erfgoed lees. En met die poststrukturalisme aan ons sy, kan ons omtrent alles met ’n teks doen!

Op die stofomslag van sy boek Dusklands, van 1974, waarin J M Coetzee ook vertel van die tog van Jacobus Coetzee na die Land van die Groot Namaquas in 1760 — op die stofomslag sÍ J M van homself dat hy een is van die 10 000 Coetzee’s “... en wat kan mens van hulle sÍ behalwe dat Jacobus Coetzee hulle almal verwek het?”

Hy word dus gemitologiseer as stamvader van ons almal. Maar uiteindelik word hy in J M se teks ook metafoor vir ons almal wat wit is en in hierdie land gevestig geraak het.

Die historiese feite — volgens die tekste van die tyd — vertel die volgende verhaal, in die “Relaas, gegeeven ter requisitie van den Wel Edelen gestr. heere Rijk Tulbagh, Raad Extra ordinaris van neerlands India, mitsgs. gouverneur van Cab de goede hoop en de ressorte van dien etc. etc. etc. door den burger Jacobus Coetsť Jansz. noopens den door hem gedaene Togt in en door’t Land der groote Amacquas ...”

Die relaas is gedateer 18 Nov 1760 en geteken met Coetzee se X — want hy kon nie skryf nie. Sy storie is dus aan ’n amptenaar van die goewerneur vertel, en diť sou dit dan saamgevat het in teksvorm. So word diť teks dan alreeds tweedehands.

Die relaas vertel van die toestemming wat hy van die goewerneur gekry het om olifante landwaarts in te gaan skiet. Hy kon net twee olifante kry om te skiet, en het toe besluit om verder noord te trek, na die land van die groot Amacquas en die Enequas. Nadat hy vyftig dae ver getrek het, volgens hom tot anderkant die Groot Rivier, en net nog spore van olifante gesien het, keer hy terug na sy plaas by Piketberg. Die volgende jaar gaan hy weer noord; hierdie keer as spoorsnyer, kenner van die binneland, op die tog van kaptein Hendrik Hop. Hulle soektog was veral na ’n nasie Írens in die noorde, wat klere van linne gedra het, en geelbruin van kleur was (“ ... taanagtige en in lijnwaad gekleed gaande natiŽn ...”). Op diť tog word hulle ook vertel dat daar verder nog ’n ander nasie was, swarter as die Namaquas, met lang hare, borshare, kerfmerke op die gesig, wat tabak plant, baie vee besit. En dat daar ook kopermyne is. Maar net soos met Jacobus se jagtog na olifante, het hulle niks gevind nie. Miskien het die indigeen fiksies aan die voornemende koloniste voorgesit, wat hulle toe ernstig opgeneem het. En Jacobus was toe ook een van die vele vroeŽ avonturiers op soek na ’n Monomotapa, ’n onbekende “beskawing”.

Wat het dit alles met erfgoed te doen?

’n Ander Coetzee, N A Coetzee, skryf in 1958 in die joernaal Historia ’n opstel met die titel “Jacobus Coetzee: Die Boerepionier van Groot-Namakwaland”. Daarin sÍ hy dat “Jacobus Coetzee ... een van die merkwaardigste persoonlikhede in ons pioniersgeskiedenis (was)”; en dat hy gehelp het om die binneland oop te maak, op “die voorposte van die beskawing ...” was, in “die wye onbekende van ’n eie vaderlandsbodem” (aangehaal deur David Attwell, J M Coetzee. South Africa and the Politics of Writing. Berkeley: University of Calfornia Press, 1993, bl 45).

Maar in J M Coetzee se “The narrative of Jacobus Coetzee” in Dusklands word hy heeltemal anders voorgestel — veral as ’n rassis. Byvoorbeeld, hy glo ’n Hottentot is vals; “barbare het nie gewere nie. Dit is die effektiewe betekenis van barbarisme” ; “Verveeldheid is ’n sentiment wat nie beskikbaar is vir die Hottentot nie; dit is ’n teken van hoŽr menslikheid” (bls 69, 86, 90). ’n Totale kolonis. Die mymeringe van Jacobus vat die ideolgie van die kolonis treffend saam in die volgende (eie vertaling):

“Ons kan die wild nie tel nie. Wild is enkel omdat dit grensloos is. Ons kan vyebome tel, ons kan skape tel, omdat die boord en die plaas begrens is. Die kern van bome in ’n boord en skape op ’n plaas is getal. Ons bedryf met die wild is ’n onvermoeibare onderneming om daarvan boord en plaas te maak. Wanneer ons dit nie kan omhein en tel nie, reduseer ons dit op ander maniere tot getalle. Elke wilde dier wat ek doodmaak, steek die grens oor tussen wildernis en getalle. Ek het gepresideer oor die getallewording van tienduisend diere ... Ek is ’n jagter, ’n temmer van die wildernis, ’n held van enumerasie. Hy wat getalle nie verstaan nie, verstaan nie die dood nie. Die dood is so obskuur vir hom as vir ’n dier. Dit is ook waar vir die Boesman, en dit kan in sy taal gesien word, wat nie ’n prosedure besit vir tel nie. Die instrument van oorlewing in die wildernis is die geweer, maar die noodsaak daarvoor is metafisies eerder as fisies” . (bl 85)

En hy is ook ’n hardvogtige vernietiger van menselewens.

Hoe hierdie voorvader werklik was, kan ons nie weet nie. Maar ons het hier twee interpretasies: of ’n held, of ’n verdelgende kolonis. Die metafoor van die kolonis, die patriarg en die jagter kan nie betwis word nie. Die manlik-manlike. Dis ook daar in die Afrikaanse letterkunde; byvoorbeeld in Koos Prinsloo se kortverhale “And our fathers that begat us” en “Jonkmanskas”.

Dit kan ook nie betwis word nie dat die erflating van die kolonis apartheid was. Dit was die grootste, gruwelikste nalatenskap van ons voorvaders. Dit het ons godsdiens so besoedel dat selfs ons dominees ’n teologie van apartheid geskep het. Dit het ons taal so bevlek dat ons digters wat harstogtelik lief is vir Afrikaans die volgende daaroor moes skryf na die opstand van 16 Junie 1976 (en elke jaar wanneer dit die 16de Junie is, sal ons ons erflas moet gedenk):

    Ons is oud.
    Ons taal is ’n grys reservis van meer dan honderd jaar
    met die vingers styf om die snellers — ...

    Maar julle het nie mooi verstaan nie.
    Die Taal moet julle nog bemeester.
    Ons sal julle die ABC van vooraf voorsÍ
    ons sal julle tou-wys-maak
    met die riglyne van ons Christelike Nasionale
    Opvoeding ...

    Julle sal leer om gehoorsaam te wees,
    gehoorsaam en onderdanig.
    En julle sal die Taal leer gebruik ...

    Ons bring vir julle die grammatika van geweld
    en die sinsbou van verwoesting —
    uit die tradisie van ons voorwapens
    sal julle die werkwoorde van vergelding hoor
    stotter.

    (“Taalstryd”, Breyten Breytenbach)

En:

    Maar die taal
    is nou verbode ...

    In biblioteke vergaar duisende bande ...
    en vir linguiste wag daar
    ’n kosbare gegewe — die materiaal
    vir die analise van ’n taal
    wat in die moderne tyd ontstaan
    het en laat sterf is.

    (“Vrede”, J C Steyn)

Op 16 Junie 2000 skryf Steyn oor die Soweto-opstand:

    “Die onluste was ’n opstand teen apartheid. Maar Afrikaans moes die prys betaal. Dit bly een van die grootste rampe wat die taal getref het” (Die Burger, bl 9).

Nou is albei weer taalstryders om Afrikaans in die nuwe bedeling gelyke beregtiging te gee. Maar omdat ons vasgevang was in ons koloniale erfenis van geweld en die geweer — “die instrument van oorlewing ... is die geweer” — het ons ook die taal wat hier anders geword het en ’n nuwe taal geword het, geapproprieer vir ons — die wittes. En as ons nou stry om hierdie, grootste, erflating van ons verlede te behou, dan lyk dit vir sommige persone of ons weer binne die erfenis van die kolonis wil veg: om te begrens, die eie af te baken, getalle te gebruik vir bewyse waarom ons ’n saak het. Dit is omdat die apartheid-koloniste van die onlangse verlede nog te naby aan ons staan — van hulle is dan miskien nog familie van ons, en baie hunker nog terug na die ou dae. En al het baie van ons daardie hegemonie verwerp: hoe kan ons sÍ dat ons nie almal so is nie as ons met die erflas van kolonisme en apartheid vandag nog met die metaforiese moorde van Jacobus sit? Dis nie soos ’n ou horlosie wat ons kan weggooi nie. En wat van skuld? Kan dit ook geŽrf word? Mens kan net hoop dat die taal wat ons geŽrf het nie met die skuld van die verlede bevlek hoef te bly nie.

Alhoewel die skuldlas van die “taal van die verdrukker” minder en minder deesdae as verwyt kom, word diť van ons wat enigiets doen om te wys op die diskriminasie teen Afrikaans deur sake-ondernemings, munisipaliteite, en klein-amptenaartjies gesien as afwykendes, regses, nasionaliste, rassiste — omdat ons wit is. As ’n groep Xhosas, byvoorbeeld, beswaar sou maak teen die feit dat hulle taal ook nie die behandeling kry wat in die grondwet staan nie; sou hulle dan ook regs en rassisties wees? Mnr Ebrahim Harvey skryf in sy kolom “Left Field” in die Mail & Guardian van 23 Junie dat Afrikaans “... will not be rehabilitated in the hands of a sectionalist language movement emanating from a marginalised white Afrikaner intellectual elite that has lost its cultural moorings in the political wilderness they now find themselves in” (bl 35). Die implikasie is dan dat ons voorheen, saam met die Nasionale Party, gelukkig geleef het in die politieke paradys van apartheid! En ons het gedy in die kultuur van die kolonis wat ons geŽrf het van voorvaders soos Jacobus Coetzee! Mnr Ebrahim Harvey vertel weer terug na die ou storie van Afrikaans as die taal van die rassis. Hy noem sy artikel “Afrikaans: The product of a racist history”, en verseker ons dat swart mense wie se taal nie Afrikaans is nie dit nog assosieer met die dade van die verlede. Hoe die arme swart mense wat so ongelukkig is om hierdie gruweltaal as moedertaal te hÍ dit oor hulle lippe kan kry, is onverstaanbaar. Maar hy verseker ons dat hulle die taal sal red. Omdat dit hulle s’n is en nie ons s’n nie. Die Mail & Guardian het naamlik in 1993 al ontdek dat Afrikaans nie deur witmense gemaak is nie. Nou word ons weer daaraan herinner — en veral dat die taal nie aan ons behoort nie. Driemaal herhaal hy dit: “It is a myth that Afrikaans is the language of white Afrikaners and that it belongs to them ...”; “Therefore, this movement that seeks greater and special legal protection for Afrikaans is chauvinistic about a language that in the first place does not belong to them”; “... it appears there is not much more than the illusion of `our language’ that is left for the taalstryders”.

Mnr Harvey moes liewer niks oor taal gesÍ het nie; want iemand wat dink dat die mens ’n taal besit, verstaan nie die aard van taal nie. Ons besit geen taal nie; die taal besit ons. Dit kan ons nie help nie — of ons nou wit of groen is. Omdat dit taal ons besit, is ons bestaan daaraan gekoppel. En as ons stilbly as ons sien hoe Afrikaanse universiteite Engels word, byvoorbeeld, dan sÍ ons stilte mos net ons is bereid om te verdwyn.

En ons hoef nie vertel te word dat dit swart mense is — ook en veral — wat Afrikaans moet suiwer en red nie. (“... cleansed of its racist associations ...” sÍ Harvey. Ha! En wat van Engels?). Soms is hulle net ’n bietjie traag om aan die gang te kom daarmee! Miskien het dit darem al begin. Onlangs, in Die Burger van 22 Junie, skryf A Jappie van Mitchells Plain: “Ek is ’n Moslem. ’n Suid-Afrikaner en ’n Kaapse Maleier. Afrikaans is my moedertaal en van 85% van die Moslems in die Wes-Kaap. Ons geestelike leiers lewer hul preke byna uitsluitlik in Afrikaans. Die eerste gepubliseerde boek in Afrikaans is geskryf deur ’n Moslem geestelike van die Kaap. Die Moslems loop nie met hierdie historiese feite te koop nie, en druk dit nie om elke hoek en draai in almal se kele af nie”.

Ons sÍ nie die regering van die dag bedink bose planne om ons taal van ons weg te neem nie. Daar moet net ’n bewussyn gekweek word van respek vir ander mense se taal; nie net vir Afrikaans nie, vir die veeltaligheid van ons land. Want dan kan ons hierdie waardevolle erfenis gebruik, ontwikkel, ten volle laat deel word van die demokratiese proses in hierdie land; die moeilike pad na een-nasieskap — al is dit met elf tale.

Die voorbeelde uit die letterkunde — en dis moontlik dat daar nog meer gemaak sal word, want ons verlede is ’n kas vol allerhande vreemde dinge — is ook om te illustreer watter erfenis ons daarin het. Nie net dit in Afrikaans nie, maar ook dit in Engels. En ons wat wit en Afrikaans en Engels is, ken nie ons erflating in die letterkundes van Xhosa, Zoeloe, Sotho, Venda — en ek weet nie eens in watter ander tale daar geskryf is nie. Ek weet dit, meer as uit die geskiedenis, meer as uit die antropologie, meer as uit die sosiologie of die teologie of die filosofie, is die letterkunde die enigste medium waaruit ons onsself kan leer ken. Daar kan nog baie in die fiksie en die poŽsie van ons letterkunde gemaak word om hierdie verlede te suiwer.

Dit hoef ook nie net alles neerdrukkend te wees nie. Daar is al gespot met die koloniste, soos in Peter Blum se “Oor monnemente gepraat” — met hul ydelheid, liefde vir geld, en hulle wÍreldkolonisasie:

    Hier’s Jan van Riebeeck, bakgat aangetrek

    in sy plus-fours; Cecil Rhodes wat jou wys
    wa’ die reisiesbaan lÍ; en vorie Paalmint-hys
    ou Mies VictŰria met ha’ klein spanspek.

Daar is ook al probeer om kolonistiese figure uit die verlede vir ons tyd te herinterpreteer. Soos Antjie Krog vir Lady Anne Barnard wou poŽtiseer:

    Wees gegroet Lady Anne Barnard!
    U lewe wil ek besing en akkoorde
    daaruit haal vir die wysie van ons Afrika kwart.
    Ek knieval, buig en soen u hand:
    wees u my gids, ek — u benarde bard!

    (Lady Anne. Bramley: Taurus, 1989, bl 16)

En:

    Ek wou ’n tweede lewe deur jou leef
    Lady Anne Barnard ...

    Maar daar kon, helaas, geen sin in hierdie stukkie
    erfgoed, uit hierdie ‘totale stralende nutteloosheid’
    gevind word nie:

    maar uit jou briewe kom jy voor my staan:
    hand in die sy as ligsinnige dwaas pen
    in ink geslepe snob naÔewe liberal
    deur die nikswerd aan jou sy van standpunt verwen

    gearriveer met jou hele frivole lewe sit ek nou
    berserk
    met jou op my lessenaar: as metafoor is jy fŰkol werd
    (bl 40)

In Christoffel Coetzee se Op soek na Generaal Mannetjies Mentz word van ’n karakter en insidente uit die Boere-oorlog vertel wat reflekteer op ons meer onlangse erfenis van moorde en martelings — tydens ons nog lewende voorgangers se heerskappy. Soos Jacobus word generaal Mannetjies ook ’n metafoor vir die gruwelike uit ons verlede. Of hy werklik geleef het, maak nie saak nie, want hy leef nou in ons letterkunde as herinnering aan ’n erfenis wat ons vir altyd moet maan teen wraak en die misbruik van mag.

Uit die letterkunde kom die verhale wat ons wys op die aard van die kolonisme wat ons geŽrf het. Van wat in die onlangse verlede van hierdie land gedoen is “ter wille van selfbehoud”: die gewettigde roof van grond en woonplek, sodat die uitsig van die witmens skoon kon wees; die aanhoudings in gevangenisse; die politieke moorde.

Ek huiwer om die woord “prestasie” te gebruik ten opsigte van die letterkunde — want letterkunde-produksie is nie ’n wedstryd nie, dis ’n noodsaak. Maar ons het in Suid-Afrika letterkundes geŽrf wat besonders is; en ek weet nie of ons dit werklik genoeg gebruik nie; selfs vir ons daaglikse lewe. Die letterkunde word minder en minder gedoseer op tersiÍre inrigtings. Departemente Afrikaans en Nederlands word toegemaak. En wat gebeur op skole? Letterkunde is mos van geen nut as “uitkomsgebaseerde onderwys” nie. Wat kan jy met die kennis van die poŽsie in jou lewe doen? Geld maak? Miskien het ons in die verlede die letterkunde te dikwels beskou as dekorasie, as versiering vir die lewe. Dis egter nooit te laat om te besef dat daar altyd stories en gedigte gemaak gaan word; nie net omdat mense nie anders kan nie, maar omdat mense hulle verhouding met ander en met die wÍreld moet omskryf, beskryf, interpreteer. Omdat dit die aard van die mens is om stories te vertel, om van stories te leef.

Daar is ook ’n ander erflating wat selfs die buitensporighede van die koloniste nie kan vernietig nie. Dit is die Europese verbintenis van diegene wat hulleself Afrikaners noem. Dit is deur die taal wat hier gegroei het en uitdrukking gegee het — en nog gee — aan die land en sy mense; die taal wat ’n Afrika-taal geword het, maar wat ons ook nog koppel aan Europa. Dit is al ’n ou clichť; en miskien sÍ ons dit nie meer nie omdat ons nie “Eurosentries” wil klink nie. Maar die impak van Europa en van die Christendom op die Suid-Afrikaanse kultuur kan tog nie ontken word nie. Waar sou ons geleer het van die demokrasie? En hoe kan mens jou lewe esteties leef as jy die skrywers, die skilders, die musici verloŽn waarmee jy grootgeword het?

Die Afrikaners wat in hierdie land leef, wat gekom het uit geslagte van koloniseerders, wat as gevolg daarvan ’n groot erflas van die verlede het — ook omdat apartheid die voortsetting, die erfgoed, van kolonisme was — is egter nie EuropeŽrs nie. Hulle is indigeen; maar daar sal nog altyd in hulle leef iets van ’n Westerse estetiek, wat die erflating van hulle verre voorvaders is. Aan die demokrasie leer hulle inderdaad nog — leer ons almal in hierdie land nog.

Ampie Coetzee
30 Junie 2000

LitNet-leser: Wat dink jy van hierdie bydrae? Twee pryse van R1000 elk word toegeken aan die interessantste reaksies op referate. Stuur jou opinie aan SÍNet by redlitnet@mweb.co.za

Besoek die beraad se virtuele boekuitstallings en ondersteun ons skrywers deur hul boeke via LitNet te bestel.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.