SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Gun my een oomblik

Toast Coetzer

Ek neem aan baie van ons was al by ’n kunstefees of twee. Dit laat ons mos met daai semi-OK gevoel van kultuur, sooibrand en ’n nuwe t-shirt agter. Kwaai.

Tog is dit fokkol kultuur. Dis so aangeplakte weergawe, wat nes daai t-shirt gaan run as jy hom die eerste keer was. Êrens daar buite, in die gange van die malls, die tande van die paaie, daar lê kultuur — of so close aan kultuur as wat hierdie plek vol geboue met mense in ons toelaat om te hê.

My effe sinnelose en wanaangedrewe (as daar so woord is) (actually, fokkit, daar’s nou so ’n woord) soeke na die basiese gereedskap wat mense aandryf van die oomblik dat hulle besef hulle gaan eenvoudig moet bly lewe totdat hulle vrek, het my onlangs geforseer om mense in vakansie-mode uit te check.

Was julle al op vakansie? Bly julle in karavane? Besit julle Dozi CDs? Bleach jy jou hare, jong man? Tan jy sodat jy kan score, jong dame, jy wat skaars vyftien is maar reeds holrug ry en cheap drugs vat? Doen tannie tannie se hare nog in daai moerse gepermde style wat lyk asof dit met ’n spookasem-masjien gemaak is?

Vat byvoorbeeld Jeffreysbaai. Nice surf. Maar teen middel-Desember sit die plek so vol opdrifsels uit die binneland dat dit lyk asof die Vaalrivier in vloed is en die hele Sasolburg hier kom deposit is, pienk karre, kak hare en brandy&coke included. En dis nie eers “binnelanders” se skuld nie. Dis net die algemene barheid wat oorheers. En dis ongelooflik — die skaal waarmee ons hier te doen het is ongelooflik. Waar was ek heeldag? Wat het ek gemis? Het iets gebeur terwyl ek geslaap het? Nee! Dit was altyd so! En dis seker maar OK!

Daar’s ’n baie kak bar op die strandfront genaamd Baywatch (innoverend, eh?) waarheen julle asseblief nooit heen moet gaan nie. Eintlik het ek net twee dinge teen Baywatch, en selfs dit smuk na being ’n snobby doos.

  1. Hulle spel daai ander Mexican drink so: “Taquila”.
  2. En dan ook: “Toxic Slutch”.

Mens kon seker maar tog ge-spellcheck het op die bottel. Die plek “kook” soos iemand daar seker kon kwytgeraak het. So main oom en twee ander sidekick ooms, wat óf bande versool óf toevallige byprodukte van die gombedryf is, vorm ’n tipe cover band wat uit die een hoek die ekstra dosis son in my hoofpyn by die sekond vererger. Ek ‘t lanklaas gedrink omdat ek moes. Elke treffer wat ek nooit weer wou gehoor het nie, word hier verkrag met die siek plesier van gode wat ice-cream laat smelt in die somer maar vries in die winter. Shaggy sal nooit weer dieselfde wees nie.

Buite draal ’n deuntjie rond. ’n Kak deuntjie. So C-graad gospelsanger staan met ’n mikrofoon op die warm sement neffens die vortex (o, stuur dwelms sodat ons net kan ontsnap na ’n happy place) van die supertube en prys die Here of iemand. Binne enkele oomblikke sal daar ’n groot geel super-gospel God-op-toer-trok die dorp intrek, saam met ligte aanvalsvoertuie, grond-tot-lug-missiel-lanseerders, voetsoldate en pamflette. As jy bid, dan kom hulle seker. Is dit môre alweer Sondag? Rus God dan nie meer nie? Is eiendom goedkoop in Afganistan?

Êrens in die hart van Plett op so gazebo-verhogie staan ’n meisie van seker so 17 en sing. Sy’s blond en effens plomp en sy fokken sing, china, sy sing. Eenkant staan iemand sy balls en krap, terwyl mense op en af teen die Pick ’n Pay-trappies skuifel met hulle inkopiesakke en vakansie-goeters. Waarvoor het mense vakansie-goeters? Strandbal. Kak novel. Breërandhoed. Kinders. Plastiek-grafie. Emmer. Sambreel. Houtrakkette. Is daar niks anders om te doen op die strand nie? Niemand speel dambord nie. Niemand gooi potplante nat nie. Niemand kyk hard genoeg na die plek waar die see en die land mekaar howzit nie. So hier en daar maak iemand ’n bottel seewater vol vir ’n plaaswerker wat ongelukkig nie hierdie keer see toe kon kom nie, want hy moet die voor skoonmaak en ten minste ’n bottel baie harde drank elke dag keelaf slaan sodat, damnit, volgende jaar beter kan wees. ’n Ou swart vrou sit op die muurtjie langs die Beacon Isle-hotel in haar huishoudster-uniform. Sy kom al die afgelope 20 jaar hiernatoe.

Die son skyn harder nou. Daai meisie sing nog op ’n manier, elke keer as ek vyf girls met dieselfde denims bymekaar sien. Dieselfde Edgars-Foschini-Truworths gestapo-uniform wat nou al jare lank saamsnoer om selfs wulpse girls soos boring sekeretaresses by klein dorpies se boekhouers laat lyk. Alles is grys, selfs hulle oë. Ek wil die PAGAD van gewoonheid word. Ek wil militant wees teen alles, teen alles wat ek reeds self gedoen het of nog wil probeer. Pypbomme opgaar vir die wis en die onwis. Of die uitwis.

In PE sak 1 200 mense toe op Ferdi teen R80 per kop. In PE sak 1200 mense toe op Ferdi teen R80 per kop. Ek wil dit weer en weer sê todat julle dit so goed onthou dat julle nagmerries daarvan gaan kry. Ons het mos niks geld nie, so hoekom sal ons dit nou nie spandeer om na een of ander semi-interessante dude op ’n verhoog te kyk nie?

Intussen swem die swartmense op King’s Beach en die witmense op Hobie Beach. Wat dit beteken, weet ek nie. In Plett is daar niks swartmense op die strand nie, net ’n security guard en so ander dude wat ten volle in beheer van die situasie is. In elke vyfde mens vir wie ek ’n flyer uitdeel, sien ek iets van myself wat ek nie like nie. Ek trap soms aspris op kinders se sandkastele as dit lyk asof hul moeders dit verdien. Ander tye weer, spandeer ek vyf minute by ’n sexy girl om haar in detail alles te vertel van die show, terwyl ek eintlik net kak chat-up-tegniek vermors op iets wat ek nie eers per mail order wil bestel nie. Mens kan mos nie sien waar oë agter die verskansing van donkerbrille heen dwaal nie.

Vandag in die koerant gelees van ’n ou wat so omtrent 14 dae in die Groot Gat in Kimberley oorleef het met net so bietjie rioolwater; hy kon slegs kwytraak “sewe dae … en nog ’n maal sewe dae”. Dis asof hy die skepper was, wat net nog ’n kans wou gehad het om alles in die tweede helfte reg te maak wat in die eerste helfte nie so mooi gewerk het nie. ’n Agterste rondte gholf wat die bogeys op die voorste rondte uitkanselleer. Surely moet ons teen nou al ’n Creation 2.0 gehad het, ten minste? En ’n People2002? Ons ‘t nuwe software nodig, iets wat ons minder sal laat aanteel, meer geld sal laat spaar en sommer net plein slimmer maak. Ek eis ’n upgrade, ek sal selfs my ou parte inruil. Dalk wou die ou in die Gat gebly het, in die grond ingekruip het sodat die Kimberley se stof hom nie meer byt in die nag nie. Vrede, onder draai die vrede rond.

Kan iemand verklaar waarom Coca Cola gebottelde water verkoop? En het julle geweet dat die Coke Bottling Plant reg langs die Noordeinde-meer in PE is? En weet julle hoe vuil daai water is? En dink dan weer waar Coke se gebottelde water vandaan kom. Tog, hoe kan ons so ’n puik maatskappy van sulke slinksheid verdink? Use it,don’t use it.

Ek wil net soms ’n geweer in my hande hê. Met hierdie geweer wil ek mense afmaai wat my grensloos irriteer. Maar wanneer daai klein waansinnige oomblik verby is, kan hulle maar weer opstaan, die tamatiesous afvee en voortgaan om my te irriteer met wat hulle my ook al irriteer. Ek wil dus daai cover band afmaai, en straatsangers wat kak is, en mense met nicer karre as ek en veral die vriendelike man wat vir my gratis Coke gee op Melkbosstrand en vertel hoe “swart” die strand op Tweede Nuwejaar was, en hoe mens “mos nie met hulle kan argumenteer nie”, en hoe dit darem maar net te erg is. Buite skyn die son — die son skyn altyd buite, leer dit maar gou — steeds harder, en kort op die hakke van Mej Melkbosstrand kom Mnr Boep en Mnr Borshare.

Somehow swel ek van die trots en koop ’n pannekoek.

In 2002 wil ek net dit hê:

  1. Genoeg geld om rent te betaal elke maand.
  2. Die vermoë om te kan onderskei tussen die tipe mens wat mens kan vertrou en die tipe mens vir wie jy ’n geweer moet aanhou.
  3. Geen mense wat ek ken wat doodgaan nie.
  4. ’n Girlfriend wat nader as 17 ure per vliegtuig van my af bly.
  5. Die tipe level-mindedness wat veroorsaak dat almal equals word en ek ’n ***s bly.
  6. Dat Boeta Dippenaar 500 lopies in drie toetse teen Australië slaan en dat ons alle moontlike sporte, insluitende yshokkie en baseball, wen. Want ek’s gatvol vir post-verloor-depressie.
  7. Dat ek minder drink en dus meer dink wanneer ek nugter is, want dit mag dalk opwindend wees. Ook: dat tequila weer goedkoop word.
  8. Dat almal in Suid-Afrika ’n presiese konsep kan kry oor hoe diep in die kak ons, die res van Afrika en die res van die wêreld is.
  9. Dat dit ons nie te veel sal ontstel nie.
  10. En lemoensap en Cheese Flings vir vroeg-oggend runs na ’n 24 hr-petrolstasie.

Hoe ons hier gekom het, weet net ons. Maar daar’s te veel van ons om ooit tot enige ooreenkoms te kom, so doen maar net wat die regering sê vir solank as wat jou sin vir humor dit kan volhou. Gelukkig irriteer min dinge my. En met my geweer? Met my geweer maai ek net dassies af wat in die son lê en my koggel met hulle tonge en klein swart ogies. Gmmf.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.