Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Lekker expat-treffers!

Andries Bezuidenhout

Die afgelope paar jaar is daar ’n nuwe fenomeen in Afrikaanse rockmusiek: die compilation. Daar was nog altyd compilations vir die hoofstroom-luisterliedjie gewees — dink byvoorbeeld aan die Platepraatjies-reeks van die 1980’s. Met die ontploffing in nuwe rock bands en die aantal CD’s wat uitgereik word, asook die groter gehoor wat al hoe meer na rockmusiek luister, het die compilation van Afrikaanse rock gekom om te bly. Dit het selfs ’n debat ontlok oor of Afrikaanse rock “alternatief” is of nie. Dit het begin met “Alternatief op sy beste”. Hierna is “Die vloek van die kitaar”, rock-veteraan Dirk Uys se antwoord daarop, vrygestel. Dit het ook tot debatte gelei oor wie ingesluit moet word en wie nie. Sedertdien was daar “Afrikaans met attitude” en ’n paar ander.

Ek wil nie eers my tone in die koue waters van hierdie debatte insteek nie: dis nie goed vir ’n mens se gesondheid nie. Maar ek wil my tog verstout om my eie compilation saam te stel. Natuurlik is dit net ’n idee wat waarskynlik nie uitvoerbaar is nie, maar ’n mens kan lekker pret hÍ deur te wonder oor watter songs ’n mens kan sit op:

Lekker expat-treffers!

Ja, julle het reg gelees: Lekker expat treffers. Daar is nou soveel Suid-Afrikaners wat in ander dele van die wÍreld woon dat ’n mens waarskynlik heel suksesvol ’n CD kan bemark met songs wat hulle na die huis sal laat verlang. Dalk kom ’n paar selfs terug as dit soppy genoeg is. In Suid-Afrika kan ’n mens die CD aan hulle familielede verkoop; die idee sal wees dat hulle dit as persente aan die expats stuur. ’n Mens kan dit ook direk aan expats op die internet bemark. Sodoende kom ’n paar van die dollars, ponde en jen wat hulle verdien, terug die land in. As die rand se waarde laag genoeg is, kan ’n mens sommer baie geld maak!

Ek weet ek klink nou vreeslik veroordelend teenoor expats. Dis nie die idee nie. Ek dink self elke nou en dan aan emigreer. Alle grappies op ’n stokkie. Die punt wat ek wil maak is dat daar al ’n hele versameling wonderlike songs is wat handel met die tema: om ver van Suid-Afrika te wees.

’n Mens kan seker begin by iemand wat amptelik seker beskou word as deel van die “musiek-en-liriek-beweging”, maar wat steeds ’n groot invloed op die rockers het — Koos du Plessis. Sy “Najaarsdroom” is heel toepaslik:

Nog ’n najaar in die vreemde
met my drome sonder tal.
En ek weet die winter kom weer,
met sy sneeu wat ewig val
Ek ken die Reinland-nagte,
die Alpe met sy sneeu,
die Swartwoud se geheime
en die liedjie van ’n meeu.

Veral diť Suid-Afrikaners wat in Londen met sy miserabele weer bly, sal met die volgende kan identifiseer:

Maar hier buite sterf die somer
en ek sien die blare val;
en iewers skyn die somerson
op die velde van Transvaal;
en Írens dreun die branders
aan die strande van Natal.

Haai, hoe verander dinge ook nie in die land nie. Daar is ook nie meer plekke soos die Transvaal en Natal nie, maar ’n mens weet darem wat Koos Doep bedoel. As jy deur Hampstead Heath stap in ’n poging om net ’n bietjie in die natuur te wees; as jou voete die heeltyd in die modder insak as jy net vir ’n oomblik nie op die paadjie loop nie; as jou klere deurdrenk is met Londen se koue, nat winters; as die son vir weke, vir maande agter die grys wolke skuil — dan mis jy die droŽ savannes en die ongenaakbare son wat so hoog in Afrika se blou lug hang.

Dis juis waaroor ’n ander veteraan van Afrikaanse musiek sing, al is dit in Engels (dalk heel gepas). Van Anton Goosen se CD Danzer, is een van die mooiste songs seker “Come to London”. Mikanic (Nick Turner en Mike Rennie) het ’n baie goeie weergawe daarvan gedoen by die “Anton en Vrinne”-show by Aardklop verlede jaar:

“Please”, she said, “come to London,
please me with warm words — it’s winter,
I know you’re far away, so far,
but if you’re ever up this way,
come and tell me how you are.”

Dan is daar ’n deel van die song wat ’n mens so laat dink aan die vroeŽ 1990’s — aan die optimisme en die vrese. Ek hou veral van die verwysing na die trendies van Rockeystraat. Hoe verander dinge nie:

I hear they’re building a new nation,
some fear the future, and a new generation -
do the trendies still hang out in Rockey Street at night
and backyard shebeens and the shades of white ...?

Ek hoop Anton Goosen het hierdie een gesing toe hy sy shows in Londen doen. Een van my ander gunstelinge is juis Valiant Swart se “Banneling”. Dis op sy CD Deur die Donker Vallei. Ek hou veral van Agent Orange se brandende klawers op hierdie een — Hammond-orrel en klavier. Ek was heel toevallig in Londen toe Valiant so twee jaar gelede sy eerste show daar gedoen het. Dit was by die Walkabout in Shepherds Bush. Gewoonlik hang Aussies en Kiwi’s hier uit, maar daardie aand was dit stampvol met ongeveer 800 Suid-Afrikaners. Dit was ’n absolute belewenis. Valiant was daar met sy hele band. My vriende Donald en Sophia het die hele aand Windhoek Lagers vir my gekoop (hulle het ponde verdien) en ek was net-net betyds om die laaste moltrein terug na my hotel toe te vang. Ek sou beslis nie ’n taxi kon bekostig nie!

Die hele aand het ek gehoop dat Valiant “Banneling” sou speel (ek het waarskynlik my voorkeur luidkeels bekend gemaak ook). Op ’n stadium het hy dit aangekondig met iets soos: “Julle ouens moet nou terugkom, hoor! Ons het julle nodig ...”:

Gaan vra die mense in die strate
waar kom jou nuwe naam vandaan
Die plaas is stil en staan verlate
en iewers kraai die laaste haan

Banneling, banneling
jou hart is swaar
die konsertinas weergalm oor die water vanaand
Banneling, banneling
jou hart is seer
so tussen die duiwel en die donkerblou see

“Banneling” is waarskynlik geskryf met Boerekrygers op St Helena in gedagte, maar op daardie oomblik in die Walkabout in Londen kon dit spesiaal vir die geleentheid geskryf gewees het. Ek het maar vir ’n oomblik my kop laat sak om op die Windhoek Lager en die vloer te konsentreer. Ek kon nie sien of daar ’n enkele paar droŽ oŽ in die gehoor was nie, maar ek weet Agent Orange se klawers het gehuil en Albert Frost se kitaar het geween.

Op ’n ligter noot, maar dalk juis dus met meer angel, is Koos Kombuis se “Ver van die ou Kalahari”. Hy het hierdie een opgeneem in die laat 1980’s al, toe hy nog as Andrť Letoit bekendgestaan het. Dis eweneens vreemd hoe hierdie een so relevant kan bly:

Ver van die ou Kalahari
aan die grens se verkeerde kant
eet ons weer saam calamari
en lag oor die dalende rand

My gunstelingdeel van die song is die deel oor die Boeing:

Die Boeing het ons tot hier gebring
God sy dank aan die SAL
in Parys praat ons skewe Frans
en vergeet van die riots en hel.

Deesdae kan ’n mens dalk “riots” met “hijacks” vervang.

Ek geniet dit altyd as Koos by die laaste refrein op die CD (in die 1980’s was dit nog ’n kasset) kom, en hy so ewe sÍ: “Almal saam!” Dan sing hy verder, op sy eie natuurlik: “Ver van die ou Kalahari ...”

Hy sing ook op ’n stadium oor die “travellers cheques” wat veilig is, maar dat die aksente die mense nog verraai; die vlug van die “NG se tempels” en van “die sedes en die prekery”. Wel, deesdae is daar so ewe ’n NG Gemeente in Londen. Waarskynlik is daar op baie ander plekke in die buiteland ook.

Die punchline aan die einde van die song bly die heel beste: “Ons weet mos die chicken run is foul play ...”

David Kramer het ook ’n pragtige een geskryf oor ’n emigrant wat terug is in die land om sy tuisdorpie te besoek. Laurika Rauch het onlangs ’n baie mooi opname van hierdie een gedoen. Dit kom van sy Kliphard-CD. In die song stap die man deur die strate van die dorpie waar hy grootgeword het. ’n Mens kan sien hy is van die stad, want hy dra Calvin Kleins en ’n donkerbril. Hy wonder oor die klein kafeetjie wat op die hoek was, en oor die Scala Bioskoop wat oŽnskynlik gesloop is. By die Pandora bestel hy koffie en koek en wonder oor die eienares wat dink haar naam is Missies. Hy vra homself af:

Wat maak ek in die dorpie?
Hier kan ek nie bly nie
Ek bly in Toronto
Maar Toronto’s nie vir my nie
Die somers is bedompig
Die winters is te koud
Jou hele lewe hardloop jy
En eendag is jy oud.

Die karakters in David Kramer se songs is altyd regte mense — dis soms amper asof ’n mens hulle self ken. Hulle is baie keer self aan die woord en ’n mens wonder hoe hy dit regkry om sulke geloofwaardige karakters te skep binne die beperkinge van ’n kort liriek. In “’n Man Stap” skets hy met soveel begrip en eenvoud die dilemma van ontuis wees in ’n nuwe wÍreld, maar die onvermoŽ om terug te keer na waar jy vandaan kom. Aan die einde van die song stap die man na die huis waar hy as kind gewoon het en klop aan die deur. ’n Jong vrou maak oop en vra of sy hom kan help. Hy antwoord:

Jammer maar ek’s ’n vreemdeling
En my hart is in twee geskeur.

’n Vriend van ons wat van Migdol se wÍreld af kom, Piet Planter, het ook ’n baie goeie song geskryf oor hoe dit is om ’n Suid-Afrikaner in Londen te wees. (Vir diť wat nie weet nie: Migdol lÍ iewers tussen Sannieshof en Schweizer-Reneke in Noordwes. Onthou iemand nog daardie gedig van Elizabeth Eybers oor die Wes-Transvaal? Ek neem aan almal weet min of meer waar Londen is.)

Piet het vir ’n ruk lank in Londen gaan werk om te spaar. Met die geld het hy toe ’n CD opgeneem — dit behoort binnekort op die rakke te wees. Die spesifieke song waaraan ek nou dink, se naam is “Almal op die moltrein kom van Bloemfontein”. Ek dink dit gaan ’n groot treffer wees — dit vertel van daardie tipiese situasie op die moltrein in Londen: niemand gesels mos met mekaar nie en jy mag ook nie na iemand kyk nie. Dis hoekom almal met hulle neuse in boeke of in koerante sit. Bewaar jou siel as jy oogkontak maak! Maar ten spyte van al hierdie sosiale beperkinge slaag Suid-Afrikaners daarin om mekaar uit te snuffel — tot jy later dink dat almal op die moltrein van Bloemfontein af kom. Ek wil nie die song se punchline hier weggee nie — mense sal maar moet wag vir die CD.

Dit word nou laat hier waar ek voor die rekenaar sit en ek wil nog Battery 9 unplugged later vanaand in Bassline gaan sien. Daar is ’n hele paar ander wat ek ook op my compilation sou wou sit. Ek moet net een laaste keuse inkry voor ek ophou skryf — nůg een van Koos Kombuis. Sy “Afrika-lied” sÍ vir my iets oor my eie identiteit en het ’n paar probleme vir my opgelos waaroor ek lank gewonder het. Dit sÍ iets vir mense wat ons kontinent verlaat het, maar dalk sÍ dit meer vir ons wat agterbly. Koos sing oor die “ons” wat gesoute reisigers is:

Ons is ballings uit ’n paradys
Oral bekend maar nÍrens tuis.

Hierdie twee reŽls sÍ vir my oneindig baie — oor die nomadiese identiteit van mense wat in werklikheid ontuis is in die paradys waarin hulle geen onskuld meer oor het nie, maar tog moet woon. Wat “ons” gedoen het, is orals bekend. Dalk juis daarom is “ons” nÍrens tuis nie. Nie eers in “ons” eie paradys nie, want “ons” het dit verloor. Dalk was dit net nooit daar nie. Koos sluit af met:

As die nag finaal sy mantel gooi
As die son verdof van wit tot rooi
As die stede stil word, mense bang
In die woude niks meer voŽlgesang
Sal ons wat weet ons voete wend
Terug na die donker kontinent
Die laaste lente volg weldra
Ons toekoms wag in Afrika.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.