RiemTelegram - warm boekenuusArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Big Brother-huis en Twelfth Night, Playboy, Citizen Kane en meer

Big Brother en Shakespeare. Op die oog af so onversoenbaar soos Ferdi en Breyten. Vir leerders en studente is die sowat sewe weke van huismaatskykgenot wat nog voorlê egter die ideale studiegeleentheid. Volgens Eric Hadley, ’n dosent aan die Universiteit van Wallis, is Big Brother die perfekte manier om Shakespeare se werke te verstaan. In ’n proeflopie met ’n groep 11-jariges is voorbeelde uit die Britse Big Brother-huis gebruik om Twelfth Night te verduidelik. Volgens Hadley bevat Big Brother die regte kombinasie van bose karakters, helde, narre, liefdesdramas en rugstekery.

****

Playboy het ’n voet in die deur van Japan se industrie gekry — die klerebedryf. In ’n verrassende skuif het Hugh Hefner se Playboy-groep ’n $852 600-modewinkel in die hartjie van Tokio oopgemaak. Alhoewel twee skrapsgeklede Playmates of the Year die winkel geopen het, is dit geensins ’n indikasie van wat in die winkel te koop sal wees nie. Volgens Christie, Hefner se dogter en bestuurder van die Playboy-groep, is hulle doelwit om saam met modehuise soos Chanel, Louis Vuitton en DKNY mee te ding om die modebehepte Japannese se koopkrag. Derhalwe sal voorlopig eers “cute, yet revealing” klere-items vir vroue verkoop word. Wat vir die mans beskikbaar sal wees, is nie duidelik nie.

****

Sedert 1990 was daar 7 000 veldtogte in die Verenigde State van Amerika om boeke vir kinders te verban. Die vernaamste rede is vrees — vrees vir Satanisme, vrees vir seksueel eksplisiete werke, vrees vir histories bevooroordeelde boeke. Nommer een op die lys is JK Rowling se Harry Potter-boeke en ’n kortkop agter, werke van skrywers soos John Steinbeck, Mark Twain, Enid Blyton en JD Salinger. Die interessantste veldtog is pas in Waukesha, Wisconsin geloods. ’n Onderwyser het petisies laat opstel teen die Guinness World Records 2001 omdat foto’s van “die wêreld se waardevolste bikini” dalk aandag kan geniet van tienerseuns. Gelukkig weet kinders nog nie van die vreeslike bronne op die Internet nie&nbps;…

****

’n Chagall-skildery vir vrede in die Midde-Ooste. Dit was die losprys wat die International Committee for Art and Peace geëis het. In Junie 2001 is ’n R10 miljoen Chagall-skildery, Study for Over Vitebsk, vanuit die Joodse Museum in New York gesteel. In ruil vir vrede in die Midde-Ooste sou die skildery ongedeerd terugbesorg word. Iets het egter verkeerd geloop met die diewe se reëlings en die skildery is in ’n poskantoor in Topeka, Kansas, gevind. Op ’n stapel onafgehaalde pos.

****

’n Paneel van 250 gesaghebbende filmregisseurs en -kritici soos Quentin Tarantino, Bernado Bertolucci, Tim Robbins en Sam Mendes het in ’n opname deur die Britse Filminstituut Orson Welles se klassieke film van 1941, Citizen Kane, as die beste film van alle tye aangewys. Oor die tweede beste film was daar egter verdeeldheid: die regisseurs het gevoel Alfred Hitchcock se Vertigo verdien die posisie, maar kritici het gemeen Francis Ford Coppola se The Godfather en The Godfather Part II was beter.

****

Papier is passé en die e-boek was ’n flop. Innoverende bibliotekarisse van die British Library in Londen het egter met ’n idee vorendag gekom om ’n 800 jaar oue boek van £15 miljoen te red en terselfdertyd beskikbaar te stel aan belangstellendes. Die Middeleeuse teks, Sherborne Missal, is danksy moderne tegnologie nou op die Internet te besigtig. Die bladsye is geskandeer en lesers kan die fynste detail van die bladsye lees en bestudeer.

****

“It’s been a good year for the dead.” Dit was die opinie van Forbes.com na die uitreiking van hul lys van “the most profitable dead celebrities”. Dié lys, getiteld “Earnings from the Crypt”, word saamgestel om te bepaal watter celeb die meeste geld postuum verdien. Heel bo-aan die lys staan Elvis met sy verdienste van $37 miljoen in plateverkope en memorabilia. Hy word gevolg deur Snoopy se Charles Schultz met $28 miljoen en John Lennon se $20 miljoen. O ja, die syfers geld natuurlik net vir 2001.

****

Dit was ’n hartseerdag in 1985 toe Springbokradio vir die laaste keer uitgesaai het. Nou, danksy ’n 17 jaar lange veldtog deur Kevan Mardon, gaan ’n keur van die beste programme van Springbokradio heruitgesaai word. Mardon, die eienaar van die legendariese Springbokradio-ghong en ’n versameling programme, het toestemming verkry van die SAUK om deur Radio Today Community Station in Johannesburg elke Donderdag vir die volgende jaar gunstelinge soos Inspector Carr Investigates en The Creaking Door uit te saai.


Bronne: Cape Argus, BBC, Yahoo, IOL

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.