RiemTelegram - warm boekenuusArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Oor bier, Jane Austin, selfone en Alfonso Cuaron

Bierliefhebbers wat na ’n paar glase Windhoek, Beck’s, Corona of Guiness ’n kleurskouspel merk, is heel moontlik die nuutste waardeerders van “Pintilism” of sogenaamde “Scientific art”. ’n Groep wetenskaplikes in Florida, VSA, het vier jaar spandeer om patrone in gevriesde bier onder die mikroskoop vas te vang. Die resultaat is dat ek elke tipe bier ’n skouspelagtige kunswerk onder die mikroskoop vertoon wat vernuftig gefotografeer word. Die kunswerke word tans vertoon op www.microscopy.fsu.edu/beershots.

* * * *

’n Oorwerkte Messias en ’n gay budjie. Dit is van die karakters wat te sien is in drie nuwe Monty Python-sketse wat volgende maand by die Edinburgh Kunstefees opgevoer gaan word. Die sketse is geskryf deur die ontslape Monty Python-ster, Graham Chapman, en is onlangs in Los Angeles vir die eerste maal ontdek — 13 jaar na Chapman se dood. Die oorspronklike Monty Python-span het bestaan uit vyf Britse akteurs (oa John Cleese en Michael Palin) en die Amerikaanse illustreerder Terry Gilliam, en is die eerste maal in 1969 op BBC-TV uitgesaai. Dit het gou kultus-status bereik en het ’n blywende invloed op Britse komedie gehad. Om nie te praat van die kerklui nie&nbps;…

* * * *

On reflection, Angela perceived that her relationship with Tom had always been rocky, not quite a roller-coaster ride but more like when the toilet paper roll gets a little squashed so it hangs crooked and every time you pull some off you can hear the rest going bumpity-bumpity in its holder until you go nuts and push it back into shape, a degree of annoyance that Angela had now almost attained.

Vrot. Meer spesifiek “a combination of something atrocious and approriate”. Maar dit was hierdie sin wat ’n professionele woordraai-opsteller van Kalifornië die jaarlikse Bulwer-Lytton Fiction Contest for Horrible Writing se $250-prys laat wen het. Dit was die tweede agtereenvolgende jaar dat Rephah Berg die prys losgeslaan het vir die slegste openingsin van ’n roman.

* * * *

Die węreld se mees irriterende instrument, die selfoon, is ’n volle simfonie ryker. Komponis Simon Turner het ’n simfonie in drie dele, The New Ring Cycle, geskryf. Die węreldpremičre het by die pas afgelope Cheltenham International Music Festival in Gloucester plaasgevind. Die Cheltenham SIM-phone-ya-orkes, met 30 lede, het elk met ’n selfoon in die hand die simfonie aangepak en gedruk en gelui waar nodig. Die simfonie is goed ontvang, veral deur lede van die gehoor wie se selfone spontaan deelgeneem het.

* * * *

Die regisseur van die erotiese film Y Tu Mama Tambien gaan die leisels by Chris Columbus oorneem as skepper van die Harry Potter-films. Alfonso Cuaron, wat ook films soos Great Expectations en The Little Princess gemaak het, begin vroeg volgende jaar aan Harry Potter and the Prisoner of Azkaban te werk. Kritici het Cuaron se mees onlangse film bestempel as ’n “outrageously, uproariously sexed-up piece of work”. Sy slag met Harry, Hermoine en Ron behoort interessant te wees.

* * * *

’n Toring, ’n biblioteek en ’n gang. Dit is die drie plekke waar ’n skaars eerste uitgawe van Jane Austen se Pride and Prejudice in drie volumes in ’n Skotse kasteel gevind is. Die uitgawe is in 1813 gepubliseer en word beskou as Jane Austen se mees geliefde werk. Die eienaars van die kasteel het die afslaershuis Lyon and Turnbull laat kom nadat hulle “snaakse” artefakte in hulle woning ontdek het, oa ’n eerste uitgawe van Treasure Island en ’n persoonlike kiekie van koningin Victoria en haar poniekar.

* * * *

Een minuut van stilte … en prokureurs word opdrag gegee om te dagvaar. Die Amerikaanse komponis John Cage, wat in 1952 bekendheid verwerf het vir sy komposisie “4’33”, word deur ’n Britse komponis Mike Batt gedagvaar omdat Cage aan die einde van sy nuutste CD ’n snit van een minuut van stilte geplaas het. Die krediet vir die stilte is gegee aan Mike Batt. Batt voel egter nou dat hy nie in kennis gestel is nie en eis vergoeding. Bisar? Miskien, maar onthou John Cage het beroemdheid verwerf vir sy “komposisie” van vier minute en drie en dertig sekondes se stilte, getiteld “4’33”.


Bronne: Cape Argus, BBC, Yahoo

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.