RiemTelegram - warm boekenuusArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Het die “woord van die jaar” iets te doen met wapens?

Die Amerikaanse Dialekvereniging, gestig in 1889, kies sedert 1990 jaarliks ’n “woord van die jaar”. Hierdie jaar was woorde soos embetterment (’n skepping van George W. Bush wat glo op verbetering dui), wombanization (sinoniem vir feminization), neutides (handelsnaam vir nagemaakte testikels vir troeteldiere), blog (’n verslag van persoonlike gebeure op die Net) en Iraqnaphobia sterk kandidate. Dit was egter nie ’n neologisme wat met die louere weggestap het nie, maar ’n woord wat al tydens die Koue Oorlog gemunt is: weapons of mass destruction.

* * *

Alhoewel die Harry Potter-aanhangers ongeduldig wag op die vyfde boek, het ’n vernuftige publisiteitsagent aan ’n innoverende manier gedink om skrywer JK Rowling se naam warm en geliefd in die pers te hou. Die eerste van ’n paar “simpatie-stories” het onlangs in die Britse pers verskyn. Na bewering het Rowling gedeeltes uit ’n ongepubliseerde manuskrip aan ’n negejarige Amerikaanse kankerpasiëntjie, Catie Hoch, voorgelees kort voor haar dood. Sy het ook die dogtertjie oorlaai met geskenke en persoonlik e-posse van “Jo to anybody in Gryffindor”. ’n Roerende storie — net jammer dit is ’n bietjie laat. Die dogtertjie is op 18 Mei 2000 oorlede.

* * *

Peter Pan, die seuntjie wat nie wou grootword nie, maak eersdaags sy “verskyning” in ’n hof in San Francisco. ’n Kanadese skrywer Emily Somma beweer dat kopiereg op Sir James M. Barrie se 1904 skepping verval het. Sy het ’n verhaal, After The Rain: A New Adventure for Peter Pan in Kanada gepubliseer en probeer om agente in Brittanje se aandag te lok. Sy het egter nie ’n agent nie, maar die prokureur van The Great Ormand Street Hospital for Sick Children in Londen se aandag getrek. Barrie het in 1929 die kopiereg aan dié hospitaal oorgedra. Alhoewel die hospitaal kan steun op ’n wet wat die kopiereg verleng tot 2023, het die publisiteit die nodige gedoen vir die onbekende Somma se loopbaan. Die eerste oplaag van 1 000 van After The Rain is reeds in Kanada uitverkoop en die tweede van 10 000 wag reeds in die boekwinkels.

* * *

’n Herrie het in Britse TV-kringe losgebars oor ’n dokumentêr wat oor Chinese kunstenaars uitgesaai gaan word. Die dokumentêr, Beijings Swings, van Channel 4 fokus op ekstreme kunsvorme in China. Die aanbieder van die dokumentêr, Waldemar Januszczak, het gesê die program is van waarde vir die Britse publiek omdat dit nodig is om te verstaan hoekom China “the most outrageous, the darkest art, of anywhere in the world” produseer. In die program gaan ondermeer gewys word hoe ’n kunstenaar ’n hap neem uit ’n doodgebore baba en een wat wyn drink waarin ’n geamputeerde penis gemeng is.

* * *

’n Nuwe internasionale, literêre kinderboekprys is deur die Sweedse regering ter nagedagtenis aan Astrid Lindgren ingestel. Lindgren, bekende Sweedse skrywer van treffers soos Pippie Langkous, Emile en Karelsen, is verlede jaar op die ouderdom van 95 oorlede. Die prys, met ’n waarde van $553 000, se fokus gaan wees op boeke wat kinderregte op ’n globale vlak aanspreek. ’n Paneel Sweedse skrywers en kundiges, asook ’n familielid van Lindgren sal jaarliks besluit op die prys wat aan beide skrywers en illustreerders toegeken sal word.

* * *

Bronne: AP, Reuters, Yahoo!, BBC News, IOL, The Times

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.