RiemTelegram - warm boekenuusArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Was Jack the Ripper dalk die impressionistiese skilder Walter Sickert?

Die identiteit van die 19de-eeuse reeksmoordenaar Jack the Ripper is uiteindelik bekend. Patricia Cornwell, skrywer van die suksesvolle Kay Scarpetta-reeks, het aangekondig dat sy eersdaags ’n boek, Portrait Of A Killer: Jack The Ripper — Case Closed, gaan bekendstel. Cornwell het twee jaar en £2 miljoen spandeer om die identiteit van Jack the Ripper, wat vyf prostitute in 1888 vermoor het, vas te stel. Forensiese navorsers, historici en ander kundiges se bewyse wys die vinger na die impressionistiese skilder Walter Sickert. DNS-toetse wat op Sickert se persoonlike besittings uitgevoer is, klop met dié wat op briewe gedoen is wat Jack the Ripper glo aan Britse koerante geskryf het. Die bewerings het die kunswêreld aan die gons, maar sommige kunsskrywers glo nie dat dit té vergesog is nie. Sickert het grootgeword met ’n pa wat hom mishandel het, was ’n kompulsiewe kind en het ’n genitale gebrek gehad wat hom impotent en misvorm gelaat het. Hy het dikwels seksuele geweld uitgebeeld — sy bekendste werke is die Camden Town-reeks. Een van dié skilderye beeld ’n man uit wat besig is om ’n naakte prostituut te verwurg.

* * *

Alhoewel JK Rowling, skrywer van die Harry Potter-reeks, lank reeds volhou dat sy die reeks gaan staak na die sewende boek, is drie addisionele titels in Brittanje deur haar uitgewer gepatenteer. Ook Warner Bros, vervaardigers van die Harry Potter-films, het die titels as handelsmerke in Amerika geregistreer. As Dallas se Bobby Ewing uit die dood kon opstaan, kan Harry Potter seker ’n lewe ná skool hê.

* * *

Digters wat deur die Amerikaanse poësiegroepe International Library of Poetry, National Library of Poetry en International Society of Poets vereer of gepubliseer is, is ingeloop. Vleiende e-posse en advertensies lok niksvermoedende aspirantdigters om bydraes te lewer wat dan "gekeur" en "gepubliseer" word — teen ’n "minimale" bedrag van $50. Ongeveer 300 digters word dan in dié organisasies se 600-bladsy-bloemlesings opgeneem — ’n inkomste van $150 000. Ook word jaarlikse poësiekongresse gereël teen ’n fooi van $595 (reis- en verblyfkostes uitgesluit). ’n Nederlandse digteres, Theresa Coleman, is in kennis gestel dat sy as "Poet of the Year" in 2000 aangewys is. Sy is (op eie onkoste) na die VSA, waar sy ’n kongres bygewoon het en waar sy dan ook amptelik bekroon sou word. By die kongres kom sy toe agter dat elkeen van die 4 000 deelnemers onder die indruk verkeer dat hulle as "Poet of the Year" aangewys is. Die organiseerders het weggestap met $2,38 miljoen aan kongresgelde — sonder dat die regte "Poet of the Year" aangewys is.

* * *

Random House-uitgewers het ’n soektog geloods na ’n literêre talent van ’n spesiale aard: die skrywer vir die opvolg van The Godfather. The Godfather, wat in 1969 gepubliseer is, was die werk van Mario Puzo. Puzo is egter in 1999 op die ouderdom van 78 jaar oorlede. Die boek is verfilm, en die film word vandag nog beskou as een van die bestes ooit. Jonathan Karp, Puzo se redakteur, het gesê dat Puzo daarin geslaag het om ’n mitiese familie met sterk karakters te skep — karakters wat nog ruimte bied om uitgebrei te word. Die uitdaging vir die skrywer sal daarin lê om die huidige persepsie van die Mafia te versoen met die amper romantiese, misterieuse uitbeelding deur Puzo.

* * *

Die jeugboekmark groei — danksy die belangstelling van groter getalle volwasse lesers. By die pas afgelope Frankfurt Boekebeurs het besoekers ’n skerp toename gesien in jeuglektuur wat ook as volwasse lektuur bemark word. En die verskil lê bloot in die omslag. Harry Potter het die gier van stapel gestuur met ’n alternatiewe, ernstiger voorblad vir volwasse lesers. Ook Philip Pullman se His Dark Material staan op beide die jeug- en volwasse-lektuur-rakke — in verskillende baadjies. En nou het skrywers soos Louis Sachar, Carl Hiassen en Pullitzerpryswenner Michael Chabon gevolg met dubbele uitreikings. It’s never too late to have a happy childhood.

Bronne: Time Magazine, IOL, Yahoo!, Independent, BBC, CNN

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.