ReisNet Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Boeke, België (en Betsie)

Betsie Faulhaber, 2004

Een van die weinig Afrikaanse boeke wat ek tydens ons onlangse besoek aan België te siene gekry het, was Riana Scheepers en Joons van Hulle se Verstaan my verlangste: 100 Liefdesgedichten in het Afrikaans, in 2003 uitgegee deur die Davidsfonds, Leuven. Riana het 'n ondertekende eksemplaar daarvan aan Arthur Verthé gegee, wat dit aan my gewys het aan huis by hom in Brugge. Arthur is self skrywer en bekend as letterkundige en kultuurmens in België sowel as Suid-Afrika. Hy het ons ook na Damme vir ete geneem: garnaalkrokette, friet en 'n slaaitjie; een van België se vier honderd soorte bier vir hulle, appelsap vir my. Daar, in 'n tweedehandseboek-winkeltjie, het ek, sommer interessantheidshalwe, gevra of hulle Afrikaanse boeke het. Die enigste een was getiteld Gedichten van Elisabeth Eybers. Prys: 30 euro, dws R240!

Hierna het ons by dr Hugo van Poucke-hulle in St Niklaas gekuier. Uiteraard het hy later sy enigste Afrikaanse boek te voorskyn gebring: Tweegelui: gedichten van Anton van Wilderode & Elisabeth Eybers, in 1997 uitgegee deur Lannoo in Tielt.

Op 'n straatmark in Antwerpen het ek die Nederlandse uitgawe van dr Beyers Naudé se outobiografie vir slegs 3 euro gekoop, min wetende dat ons by ons terugkeer sou verneem dat hy intussen oorlede is.

Op versoek van Walter Liekens, toerismebestuurder van Lier, het ons 'n eksemplaar van Arsène Bultinck se Afrikaanse vertaling van Timmermans se Pallieter saamgeneem op die reis (ek en Arsène was reisgenote). Pallieter staan bekend as "die mees gelese Vlaamse boek ter wêreld", volgens inligting in die Opsomerhuismuseum, waarin Timmermans se lewe en werk sterk figureer. Walter het onderneem om die boek in die huismuseum te plaas as hy dit klaar gelees het. Om dié museum ter ere van hierdie gevierde prosaïs, digter, skilder en tekenaar te kon besigtig, was eg 'n "Lierke Plezierke", om nou die titel van een van Timmermans se skilderye vir my eie doel te gebruik! Ek stel hom self ook aan die woord: "Het leven is een soep met vier troostende murgpijpen in: de drank, de liefde, de toebak en de kunst."

Die slotakkoord behoort aan Guido Gezelle, wie se standbeeld en huis ons ook besoek het:

Als zorgen mijn herte verslinden,
Als moedheid van's werelds getier
Dan zoeke ik weerom den beminden,
Dan grijpe ik den ouden Brevier ...



LitNet: 28 Junie 2005

Stuur alle bydraes aan reisnet@litnet.co.za en kommentaar na webvoet@litnet.co.za om 'n gesprek op SêNet, ons meningsblad, te begin.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.