ReisNet Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hoenderpote vir die siel (Taiwan)

Christelle Marais, 2004


Dit het my so onverhoeds betrap soos die bakkie noedels wat vir ontbyt bedien is op ons vlug na die vreemde land. In die middel van die nag, wakker geskrik van vreemde geluide, ongemaklik gelê op die bleddie harde bed en toe die vraag. Daai onmisbare vraag wat elke Westerling op een of ander stadium homself afvra: Wat de donder soek ek in Taiwan?

GuantzlingDit het alles begin met 'n advertensie in 'n koerant, en toe die gaan loer op die webblad ... en twee weke nadat die gogga gebyt het sit ek en my man op 'n vliegtuig oppad na die klein eilandjie oos van China waar ons vir 'n jaar sou gaan Engels gee het aan klein skrefies-ogies.

Ons eerste indruk van die land was op 'n bus wat ons van die lughawe na ons nuwe tuiste vervoer het. Ons word in 'n bussie ingestamp, ons groot Westerse lywe druk die klein mensies se neusies plat teen toe vensters en ek vergruis omtrent 'n vroutjie wat op so 'n oorvol bus nog 'n spasie kon kry vir haar hond, wat sy blouwurg in 'n drasak vasgeknyp onder haar arm.

Uiteindelik kry ek 'n sitplek, maar langs 'n Taiwanese vroutjie wat besig is met haar skoonmaakroetine. Sy knip naels dat dit spat op die persoon oorkant wat sy rys probeer afsluk, sy pluk haar wenkbroue en maak haar tande skoon - die reste word aan haar kleurvolle mou afgevee. Dan "Sleeper-couch" die skrefiesoog sy bank voor my - en my groot Westerse neus druk plat teen klaargekoude kougom - mint. Ek sien skielik die grafitti op die bank terwyl my knieë teen my ore druk en ek begin bekommerd raak oor die kunstenaar (en die res van Taiwan) se Engelse vermoëns:

"Fuke you!"

'n Advertensie bo die "sleeper-couch" stoel lees: "Kunh-fu breakfast - Help you weak up every day." Skuins oorkant my sit 'n omie wat in sy neus krap en die vonds aan die toegetrekte gordyntjie afvee, langs hom 'n tiener wat sy puisie uitdruk en voor hom vee 'n meisie met 'n tissue olie van haar gesig af.

En toe stop die bus, sommer afgedraai van die hoofweg langs 'n geboutjie: toilette. Taiwanesies klim uit en met die skrum word ek ook uitgestoot.
En toe die gesoek na daai bekende porselein sitplek, met die opflip deksel en toiletrol wat lyk soos recycled koerantpapier. 'n Koue rilling oomblik - skrefiesogies soos werkerbye in en uit by hul afskortings en met die oop- en toemakery van deure tref my oog momenteel oop gate bo-op platforms met langsaan drommetjies wat oorloop van gebruikte tissues. Ek probeer visualiseer hoe mens die daad oor so oop gat moet doen, met net twee gleufies langs die gat wat wys waar jy jou voete moet posisioneer. En net daar draai ek om, terug in die bussie, bleek van skok en onsettend verward. En ek voel skaam omdat die eerste ding waarna ek verlang in die vreemde land 'n sit-toilet is.

Drie ure later en ons stop voor ons nuwe skooltjie. Twee skrefies hardloop uit om ons te groet. Ons ontmoet ook die hoof, 'n ronde mannetjie met 'n skilpadbekkie en een pinkie wat skeef staan, en heeltyd beduie. Hy praat nie Engels nie en die twee onnies tolk. Hulle gee vir ons koppies warm water en sê: "It's good for your health!" Ek sluk maar swaar aan die warm water en probeer so min moontlik drink, die toilet episode was te traumaties.

KaohsiungIn eg Taiwanese tradisie word ons met kos verwelkom. Almal sit om 'n plastiek tafeltjie op pienk stoeltjies, pakkie tissues in die middel, stokkies gereed en die marathon begin. Daar word geëet en geslurp asof daar weke laas geëet is. Die skrefies smul aan hoenderpote (dit word aan die een kant van jou mond ingeryg en aan die ander kant word die onverteerbare gedeeltes uitgespoeg), "stinky-tofu" (tofu wat ruik na baie ou skoene), rys en bloedkoekies, bamboes, vark testikels en noodels. Ek en Len sukkel met die stokkies en teen die tyd dat ek 'n hap rys op die stokkies kon forseer en 'n hap kon eet is die kos op en sop word bedien. Dit lyk soos ou braaivleis skottelgoed water. Daarna word winde gebreek om spysvertering aan te wakker en tande word skoongeskrop.

Ons word afgelaai by ons woonstel. Ek omhels omtrent die porseleinbak in die badkamer. Len probeer die stort vind. Geen stortgordyn, net 'n stortkop in die middel van die badkamer met 'n gat in die vloer.

Gou word 'n motorfiets aangekoop en ons ysterperd-affair begin. Elke Sondag verken ons verskillende dele van die eiland. Die motorfiets is gekoop by 'n kort Taiwanese mannetjie wat, om die transaksie te bespoedig, sommer Len se handtekening nagegeboots het met 'n stempeltjie waarop Len se naam in Sjinese skribbels verskyn. Die rooi ink is nog nat toe hy dit in Len se hand stop en verduidelik:"This better than writting, this Taiwanese way."

So het ons maar gewoond geraak aan die "Taiwanese way". Strate wat een keer 'n maand ruik na brand soos die kort mensies papiergeld en kos veras sodat hul oorleë oumas en oupas sakgeld en peuselhappies kan hê in die hiernamaals. Selfs speelgoed selfone word verbrand indien oupa met ouma moet praat as hy een aand saam met sy ander spookpelle wil gaan kuier. En ouma sal definintief 'n paar deursigtige vetrolletjies optel van al die bier en sjokolades wat vir haar uitgesit is. Indien ouma besluit om haar gewig dop te hou en nie al die bier drink en kos eet nie, word dit geëet deur die lewendes wat maar al te bly is oor ouma se dieet.

TainanDaar is ook 'n "Taiwannese-way" om siek te wees. 'n Verkoue word behandel met baie tissues, gemmertee en vrae soos:" When you blow nose, what colour comes out?". Na twee dae, liters tee en nog steeds 'n loop neus besluit ons om maar na 'n apteker te gaan wat Westerse medisyne verkoop. Agter die toonbank kry ons 'n mannetjie met 'n moesie op sy ken waaruit 'n lang haar krul, gelukkig kon hy Engels praat (die apteker, nie die moesie nie...) Die mannetjie het gretig Len se simptome in 'n komper ingetik. Volgens die resultaat wat hy op sy skerm gekry het, gee hy vir ons ses sakkies elk met vier pilletjies in. Die voglende aanwysings word ook aan ons gegee: "One bag when you eat, blue pill for throat ache, red pill for running nose, yellow pill for headache and orange pill to stop diarrhoea from other pills. Drink a lot of hot water, it's Taiwanese way."

Terwyl ek op my harde bed lê en hoop dat die orange pil wel werk hoor ek die radio van die stalletjie onder my kamervenster, ruik ek stinky-tofu, sluk ek warm water en ek wonder: Wat de donder soek ek in Taiwan?





LitNet: 20 September 2005

Stuur alle bydraes aan reisnet@litnet.co.za en kommentaar na webvoet@litnet.co.za om 'n gesprek op SêNet, ons meningsblad, te begin.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.