ReisNet Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

!Europa! Deel II

Liezel van Beek

Vervolg van Deel I

(In ‘n warrelwindtoer het ek en Iutian vanuit Taiwan vir my sussie, Gitte, in Londen gaan kuier, nadat ons eers ‘n paar dae in Parys by vriende oorgebly het.)

Terug in Frankryk het ons weer ‘n welkome smakie Suid-Afrikaanse gasvryheid gekry by niggie Suzette en haar man Daan Human, wat professionele rugby speel vir ‘n klub in Toulouse. Behalwe vir skaapboude en hoenders in die Weber, het Suzette ook onlangs uitgevind van ‘n broodjie in die oond. Dit was natuurlik ‘n goeie rede vir feesvier en ek en Danie het lekker ingelê in die rooiwyn en foie gras.

Die kombinasie van Iutian (bedees, kunstig, en Asian) en Daan (sosiaal, sportief, en very Afrikaans) was baie interessant. Iutian se eerste woorde aan Daan was: “Hello, I’m Iutian – can I take a picture of you?” Waarop Daan gereageer het: “Sure, but you aren’t gay, are you?” en darem later “Hey Chinaman, I think I like you.” Gitte se kêrel, Christo, het ook later daar by ons aangesluit, wat gelukkig ‘n goeie balans geskep het.

Nadat ons Suzette se huis leeg geëet het, het die twee susters en die boyfriends ‘n kar gehuur vir ‘n kort kuier in San Sebastian, Spanje. ‘n Pragtige vakansiedorp langs die see met ‘n paar wonderlike ou katedrale waarin ‘n mens outomaties eerbiedig en rustig raak. Die mense daar is kleurryk en ekspressief, maar nie altyd so hulpvaardig nie – seker maar gatvol vir al die toeriste.

Ongelukkig word my herinneringe aan hierdie dorp oordonder deur ‘n ervaring in die youth hostel se vrouevleuel waar ons oornag het. Daar het ‘n monster op die bed langs ons geslaap …

Sy is ‘n ouer Kanadese vrou. Dwalend deur Europa om foto’s te neem van die grafte van gestorwe oorlogsgenerale in die hoop dat museums dit in hulle versamelinge sal opneem. Behalwe vir slegte sig, waarvoor sy bottelbodem-dik brilglase nodig het om te sien, het die arme vrou ook die ongelukkige vloek van ‘n onstabiele respiratoriese stelsel. Dit bring ‘n onaardse, onuithoudbare gesnork tot gevolg sodra haar kop ‘n kussing raak.

Met party mense moet ‘n mens net wag dat hulle op hulle sy draai sodat die gesnork bedaar, maar met haar was daar geen so ‘n verligting nie. Heelnag lank het sy geklink soos ‘n uitgespoelde seemonster wat verwoed veg om asem te haal buite die water. ‘n Verandering in posisie het eenvoudig ‘n nuwe repertoire van geluide laat inskop.

Die klank was van so ‘n afgryslike aard dat ‘n instinktiewe gevoel van vrees by ‘n mens opgekom het. Die ergste was dat die geluide hulle nie geleen het tot die idee van adaptasie nie – op ‘n lughawe of langs ‘n treinspoor raak ‘n mens later gewoond aan die eentonige, selfs oorverdowende aankondigings en sirenes. Maar met dié vrou se gesnork was daar nie vir ‘n kwartier die luuksheid van herhaling of ritme nie. Elke twee minute het ‘n nuwe gegorrel of gebrul aangedui, met ‘n sterk dosis verstik en geblaas tussenin.

Ek dink ná so ‘n nag verdien ek om my kredietkaart te straf met die paar beautiful Spaanse skoene wat ek eenvoudig nie kon weerstaan nie.

Nou is ‘n maand alweer verby sedert die oggend waarop ons sleepoog geluister het na die monster se gespog van haar heerlike nagrus. Genoeg tyd vir ‘n klomp Sjinese kleuterskool-snotkoppe om my aan te steek met hulle verkouekieme, maar nie naastenby genoeg tyd om die nuwe kaas-en-gans-lewer-rol om die pens af te werk nie.

Wat het ek geleer in die krake van die twee weke tussen Taipei-Ho Chi Min-Parys-Londen-Toulouse-Parys-Ho Chi Min-Taipei? Dat die wêreld mooier is as wat hy lelik is. (“Die lewe is ‘n lied,” het Daan vir Iutian in Afrikaans geleer.) Dat dit nie die moeite werd is om so te jaag nie. Dat al wat eendag van ons sal oorbly, die dinge is wat ons die diepste uit ons harte krap. Vir alles anders betaal ons eenvoudig te duur.

Dit laat my dink aan Christo se grappie: Hoekom is die ysbeer impotent? Want die koue het uiteindelik sy tol geëis.




LitNet: 04 Mei 2006

Stuur alle bydraes aan reisnet@litnet.co.za en kommentaar na webvoet@litnet.co.za om 'n gesprek op SêNet, ons meningsblad, te begin.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.