ReisNet Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Bonjour Parys (Deel I)

Una Beukman, September 2005

Parys lê grys en verslete langs die Seine toe ons douvoordag op Charles de Gaulle neersak met die son wat beur op die horison. Dis my eerste keer hier en ek is op ’n maand lange besoek: gaan die stad stukkie vir stukkie verken en soos ‘n legkaart herinneringe opbou.

My verblyf is in Versailles bespreek. Die lughawe lê noordoos van die stad en ek moet derhalwe suidwes van die stad kom.

Die Metro-kaart is die eerste stukkie kopkrap wat ek optel. Daar is twintig verskillende lyne wat vervlegd deur die stad loop en dit lyk na ‘n riller. Dit is ‘n hoop gekleurde spaghettitoutjies in ‘n doolhof patroon. Hoe op aarde jy hier by die regte plek gaan uitkom, sal ‘n wonderwerk wees. Maar eintlik is dit baie effektief en uiters betroubaar. Jy moet net weet in watter rigting jy gaan en sorg dat jy op die regte kleur roete is. ‘n Oranje kaart kos €25 per week en dan kan jy onbeperk op die treine en busse ry. Van die metrostasies wat ‘n indruk gemaak het, is Louvre/Rivoili, wat jou tot binne die museum neem. Die perron is met beelde uit Egipte versier. By Hôtel de Ville pryk Nelson Mandela se gesig teen die muur in ‘n advertensie.

Tour de Eiffel is ‘n besienswaardigheid wat jy nie kan vermy nie. Dit is so Parys soos wat dit Afrika ook is – geïnspireer deur ‘n kameelperd. Wie onthou nog tolletjie-brei – die hout-garetolletjies met vier spykertjies en wol wat al in rondte gebrei word? Dit word eintlik “French knitting” genoem en hierdie toring is ‘n tolletjie brei wat onderstebo gehou word. Hierdie fenomeen van ‘n stuk gevlegde metaal staan wydsbeen en jy skrik half vir die hoogte wat dit inskiet. Onnodig om te sê dat dit onvermydelik was om tot bo te ry met die hysbak, want ek het regtig nie kans gesien vir al die trappies nie.

Die heel lekkerste van Parys is die Brasseries op die sypaadjies waar jy kan sit met jou cappuccino en croissant – and watch the world go by! Dit is juis hiervandaan dat jy kan sien hoe die mense hulle motors parkeer. Dit is die heel ingewikkeldste daad in Parys.

Die rivier Seine verdeel die stad in twee. Dan is daar 20 verskillende areas, elk met sy eie stadsaal, waarvan sommiges mooi met blomme en plante versier is. Die kasteel in Versailles, die Piramide by die Louvre en die stadsaal in St Dennis is van die plekke waar ons op die troues van Parys afgekom het. Elke kwartier kom ‘n nuwe paartjie verby om hulle troufoto’s by hierdie geboue te laat neem.

‘n Besoek aan die Louvre is onvermydelik, maar ongelukkig kan jy dit nie alles in een dag doen nie. Op sekere dae bly die museum oop tot 9 nm en van 6 nm is die tarief dan ook verlaag. Die meeste ander museums is toe op ‘n Maandag, maar die Louvre is weer toe op ‘n Dinsdag. Jy kan ‘n museumkaart koop wat geldig is vir drie dae en toegang tot 60 geboue gee, maar dit is nie ‘n goeie opsie nie, want dan kan jy nie kwaliteit tyd deurbring nie. Boonop moet jy dan baie fyn beplan, want sommige plekke is net eenvoudig toe. Ander het weer gratis toegang om een of ander onverklaarbare rede.

Eintlik het Parys ontstaan op die eiland in die rivier Seine en was die Notre Dame die eerste gebou wat opgerig is. Lees jy die geskiedenis van Parys, kom daar ‘n paar r’e op wat ‘n groot rol gespeel het. Ek noem dit in Engels – revolution, resistance, royalty en religion. Die een figuur wat ek van Parys sal onthou, is Saint Dennis. Sy kop is afgekap, maar hy het oor die bult Montmartre gestap met sy kop in sy hand, dit nog êrens in ‘n fontein afgespoel en ’n paar myl verder dood neergeval. ‘n St Dennis-standbeeld kry jy by baie kerke met sy kop in sy hand. In Montmartre was nog ‘n ander karakter wat glo deur mure kon loop.

Van Montmartre gepraat, hier is die oudste stukkie wingerd wat steeds vrugbaar is. Elke jaar word 500 bottels wyn van die oes gemaak, wat op ‘n wynveiling verkoop word. Die opbrengs word dan vir die oumense van die buurt se behoeftes aangewend.


(Deel II volg.)



LitNet: 24 Januarie 2006

Stuur alle bydraes aan reisnet@litnet.co.za en kommentaar na webvoet@litnet.co.za om 'n gesprek op SêNet, ons meningsblad, te begin.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.